PDA

View Full Version : Bid vir Melanie.



Lanie
Jun 7th 2008, 10:36 AM
Ai julle, my hele lyf is die ene hoendervleis. Ek het nou net uitgevind my dogtertjie se kleuterskooljuffrou se man is gisteraand in 'n motorfietsongeluk oorlede. Sy is nog so jonk en hulle is maar 9 maande getroud gewees. Tree asseblief vir haar in. Gee asseblief ook miskien raad oor hoe ek simpatie kan bewys. My pa het selfmoord gepleeg toe ek 20 was en van toe af weet ek glad nie hoe om op te tree en wat om te s as iemand 'n geliefde aan die dood afstaan nie.

CFJ
Jun 7th 2008, 11:33 AM
Hi Lanie,

Om te bid dat sy vrede mag h, is seker die belangrikste, want dan beteken dit dat Sy God se wil aanvaar as goed vir haar omstandighede. :pray:

Hoe jy haar moet benader, sal baie te doen h met wat haar stand in Christus is. Iemand wat baie naby aan Jesus is, se vrede kom gouer en makliker. Weet jy of haar man gered was?

Ta-An
Jun 7th 2008, 02:16 PM
Amen Ferdie....
Ons vra vir Vrede vir hierdie jong vrou by die Vader :pray:

protea
Jun 7th 2008, 02:31 PM
Ons bid dat die Vader vir Melanie in Sy liefde sal toevou en haar Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan , sal gee. Mag sy Jesus as haar Anker ervaar in hierdie moeilike tye:pray:

Lanie
Jun 7th 2008, 08:01 PM
Dankie vir julle gebede. Ek weet ongelukkig nie of haar man gered was nie. Ek weet defnitief dat sy 'n christen is, maar is nie seker hoe diep haar verhouding met die hemelse Vader is nie. Ek dink daaraan om vir haar blomme te koop met 'n kaartjie wat my kleintjie gemaak het, met 'n gebed vir haar en dit dan self vir haar te vat.

Roelof
Jun 9th 2008, 01:43 PM
Dankie vir julle gebede. Ek weet ongelukkig nie of haar man gered was nie. Ek weet defnitief dat sy 'n christen is, maar is nie seker hoe diep haar verhouding met die hemelse Vader is nie. Ek dink daaraan om vir haar blomme te koop met 'n kaartjie wat my kleintjie gemaak het, met 'n gebed vir haar en dit dan self vir haar te vat.


Mooi idee.

Gee haar net liefde, besorgheid en ondersteuning.
Los geloofsgesprekke vir baie later.

Lanie
Jun 9th 2008, 02:59 PM
Dankie Roelof,

Ja, ek sien nie kans om nou te diep gesprekke met haar te h nie, soos ek vroer ges het, slaan ek eintlik heeltemal toe as ek simpatie moet betoon as mense iemand verloor het. Maar vanoggend toe ek op die forum ronddwaal kom ek af op die beradingskursus wat die 20ste Junie begin en ek het dadelik die handboek bestel, ek wou al lankal so iets doen maar nadat ek die hele naweek oor Melani geloop en dink het en nie geweet het hoe om haar te benader nie, was dit asof die Here my daarna toe gelei het om dit raak te sien en vir my ges - nou is die tyd om dit aan te pak, moenie langer uitstel nie! Ek is baie opgewonde daaroor!

Ta-An
Jun 9th 2008, 06:28 PM
Lanie, soms is woord nie nodig nie, net 'n ou drukkie spreek soms meer as baie woorde :hug:

Roelof
Jun 10th 2008, 06:42 AM
Dankie Roelof,

Maar vanoggend toe ek op die forum ronddwaal kom ek af op die beradingskursus wat die 20ste Junie begin en ek het dadelik die handboek bestel, ek wou al lankal so iets doen maar nadat ek die hele naweek oor Melani geloop en dink het en nie geweet het hoe om haar te benader nie, was dit asof die Here my daarna toe gelei het om dit raak te sien en vir my ges - nou is die tyd om dit aan te pak, moenie langer uitstel nie! Ek is baie opgewonde daaroor!

Lanie

Die Heilige Gees sal jou lei.

Doen dit !!!! :pp:pp:pp

Etienne Marais
Jun 14th 2009, 12:30 AM
Ek is baie jammer om van die motor ongeluk te hoor.:cry::cry::cry::cry: Kom ons bid dat die Here elke mens wat vanaand hartseer is van alle pyn sal genees en sal aanraak. Ek tree in vir Melanie. Here u weet wat verkeerd is en hoekom sy gebed so nodig het.