PDA

View Full Version : Die Hemel is 'n werklikheid.

Lanie
Jul 9th 2008, 07:41 AM
Drie van my vriendinne in die geloof het Choo Thomas se boek, Die Hemel is 'n werklikheid, gelees. Ek het 'n paar keer verby die boek geloop in CNA en dit opgetel maar kon myself net nie sover kry om dit te koop nie. Dit voel eerlikwaar asof my gees daarmee bots al weet ek nie regtig waaroor dit gaan nie. Nou het die een vriendin haar boek in my hande gestop en gevra om dit te lees. Dit staan nou in my boekrak.

Ek het twee vrae.
1. Is daar iemand wat die boek dalk gelees het en vir my dalk kan sÍ wat hulle daarvan gedink het.
2. Hoekom voel ek so "funny" om die boek te lees terwyl my vriendinne wat 'n baie langer pad met die Here stap en baie sterker verhoudings met Hom het as ek, (altans dit voel vir my baie keer so) geen probleem daarmee gehad om die boek te lees (en daarvan gehou het) nie?

Phil Fourie
Jul 9th 2008, 07:45 AM
Hoekom voel jy funny Lanie?

Want die Gees van God in jou is totaal gekant teen hierdie gemors. My raad, gee die boek eerder terug vir jou vriendin en se vir haar die Heilige Gees in jou weerhou jou van dwaling en dan deel jy sommer met haar dat sy eerder moet soek vir kennis in die Woord en slegs die Woord.

Sonder om verder daarop in te gaan, want dan gaan ons die draad kontroverse sake toe moet skuif en jy het nog nie toegang tot daardie forum nie, los die boek uit, dit is nie van God nie, dit leer nie wat die Bybel leer nie en jy het baie goeie rede om "funny" te voel oor die boek, dit is die gawe van onderskeid van die Heilige Gees en dit is beter om nie daarteen te gaan nie.

Groete en baie seen vir jou
Phil

Die Filadelfieer
Jul 9th 2008, 08:29 AM
Hallo Lanie,
Ek beaam wat Phil sÍ 100% .
Daar is 'n baie goeie rede hoekom jy snaaks voel oor die boek, maar ons kan nie in te veel detail ingaan sonder dat die draad geskuif moet word nie. Dit betrek ondere andere 'n baie bekende Suid afrikaanse dame wat graag mense verwys na hierdie boek.
In kort : bly weg, dit is absolute twak.

Phil Fourie
Jul 9th 2008, 12:05 PM
Laat ons net a.s.b. sover moontlik hier by die draad bly en so aan.

Groete
Phil

Son of the South
Jul 9th 2008, 12:21 PM
In dieselfde artikel merk die Burger op dat daar wel 'n paar ander "goeie" boeke in die boekwinkel is wat mens eerder moet koop. Hulle sÍ daar is onder andere 'n nuwe boek van Julian Muller op die rak wat mens veel liewer moet koop. Ek het ook na die boek gaan kyk. Die Titel is "Die opstanding" Julian is professor in praktiese teologie by Pretoria. In die boek neem hy duidelik die standpunt in dat die opstanding van Jesus nie 'n fisiese gebeurtenis was nie. Ons moet Jesus nou ontmoet in ander mense. Hy sÍ ons moet dag na dag leef in die verwagting om Jesus weer te ontmoet. Maar nie by die wederkoms nie. Nee, Jesus is vir hom nie nou in die hemel nie. Ons kan Hom net in ander mense ontmoet.

Hierdie kommentaar het nie betrekking op die onderwerp van hierdie draad nie. In stede daarvan dat ons 'n nuwe draad begin en weer hierdie onderwerp van voor af deurtrap, verwys ek julle eerder na vorige drade waar dit reeds omvattend bespreek is. Belangstellendes kan dit dan eerder daar volg.

CFJ het al lankal die valsheid van die Nuwe Hervormers (soos die uwe Julian) se siening uitgewys. Hier is 'n baie interessante draad oor die onderwerp:
http://bibleforums.org/archive/index.php?t-94616.html

Die Filadelfieer (http://bibleforums.org/member.php?u=23339) het ook 'n goeie gesprek gehad wat die waarheid uitwys:
http://bibleforums.org/showthread.php?t=107394

Phil Fourie
Jul 9th 2008, 12:26 PM
Vir die laaste keer, sal ons a.s.b. by die onderwerp van die draad bly, anders gaan die draad kontroverse sake toe moet gaan en die openings plaser (Lanie) het nog nie toegang tot daardie forum nie. So, groot asseblief los die name

Lanie
Jul 9th 2008, 02:41 PM
Dankie vir die terugvoer. Dit verwar my net dat die Heilige Gees my kon waarsku om nie die boek te lees nie voordat ek eers geweet het presies waaroor dit gaan, maar nie dieselfde vir my vriendinne wat net so lief is vir ons Koning nie. Ek gaan nou iets vra wat ek dalk nie moet vra nie maar - kan dit wees omdat hulle baie meer charismaties is en meer oop is vir sulke "vreemde" ervarings?

Die Filadelfieer
Jul 9th 2008, 03:04 PM

Lanie,
Ek het self beleef hoe mense op hol gaan met iets sensasioneel soos hierdie. (Hierdie is egter glad nie die enigste voorbeeld nie )

Persoonlik dink ek dit is 'n geval waar die Woord van God net nie meer genoeg is vir mense nie. Ons is 'n samelewing van sensasiesoekers, waar ons kultuur en ons waardes bepaal word deur 7de laan en Days of our lives. In hierdie omgewing gaan mense natuurlik dinge soos hierdie aangryp, net soos die stom laaitie wat sulke mooi briefies vir sy mamma skryf en die hemel in die proses openbaar, en basta of dit waar is of nie, want dit is tog so mooi.....

Ek vermoed as ons terug beweeg na die waardes van die Bybel, waar die huisgesin as 'n hegte eenheid die eerste stappie na die Liggaam van Christus raak, gaan ons nie meer sulke nonsens soos hierdie duld nie.

Antonvs
Jul 10th 2008, 05:06 AM
Ek beaam 100% wat Phil daar se: BLY WEG!!! (Jesaje het gedink Hy sterf voor die troon van God - Jes 6; Paulus was beangs toe hy Jesus in sy glorie sien). Ag, kom ons bid tog net vir mense se onderskeid oor boeke.

'n Bybelse en uitstekende weergawe oor die onderwerp HEMEL / HEAVEN sien Randy Alcorn se boek "Heaven" en nou in Afrikaans "Hemel"

Sterkte

PS: Ek het hom hoor praat by 'n konferensie - wat 'n wonderlike man van God.

Lanie
Jul 10th 2008, 05:56 AM
Dis jammer dat julle nie op te veel besonderhede kan ingaan nie. Ek sou graag wou weet wat presies fout is met die boek. Ek gaan die boek vir my vriendin teruggee maar voel ook verplig om met al drie te praat oor die boek, en my beste vriendin (sy is die een wat my na die Here gelei het) gaan nie net 'n vae verduideliking aanvaar nie. Sy gaan "specifics" soek.

Kan een van julle dalk vir my 'n pm stuur met meer besonderhede of is dit teen die reŽls?

Phil Fourie
Jul 10th 2008, 06:02 AM
Lanie

Dit is doodreg dat iemand vir jou beter via PM inlig hieroor.

Ek nomineer vir Die Filadelfieer en Anton vir dit ;) :P

Groete
Phil

Die Filadelfieer
Jul 10th 2008, 07:41 AM
Lanie,
Ek sal vir jou 'n meer gedetaileerde pm skryf. Jy kan egter solank aan die volgende dink : Vra iemand wat die boek gelees het om dit te evalueer aan die hand van die laaste paragraaf van Openbaring :

Op. 22:16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink mŰrester.
17 En die Gees en die bruid sÍ: Kom! En laat hom wat hoor, sÍ: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Sien jy watse verskriklike dinge word hier gesÍ ?
Indien Thomas se bewerings wel waar is, is Openbaring nie die laaste boek in die Bybel nie, maar wel "Heaven is so real" !
Sien jy hoe gevaarlik is hierdie boek ?

Gene
Jul 10th 2008, 08:48 AM
Ons moet onthou dat die satan homself vermon as 'n "engel van die Lig" om christene te bereik. 2 Korintiers :11:13-15 "Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. 14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig. 15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke."

Dis juis boeke soos hierdie, wat op die oogaf vir 'n oningeligde lyk na 'n pragtige "christelike" boek, wat so gevaarlik is. Daarom dink ek ons moet, veral in hierdie tyd, bid vir onderskeidingsvermoee. En daarom dink ek dit is noodsaaklik dat christene die Bybel beter leer KEN, sodat alles wat teenstrydig daarmee is, raakgesien en verwerp kan word.

Phil Fourie
Jul 10th 2008, 09:23 AM

Ek kan nie anders as om te be-aam wat Eugene hier skryf nie, ons moet mense leer terugkeer tot die Woord, as hulle die Woord ken, sal dit nie nodig wees om hulle te leer om weg te bly van die dwaling af nie, want hulle sal dit self raaksien en besef dit is nie van God af nie

Die Filadelfieer
Jul 10th 2008, 11:30 AM
Phil,
Dit is duidelik dat die meeste van ons hier redelik sterk voel oor hierdie boek. Dalk is dit tyd vir 'n oordentlike resensensie oor die publikasie, wat dink jy ?

Ta-An
Jul 10th 2008, 11:30 AM
Weet jy Lanie....

Ek weet dat die hemel 'n werklikheid is, want G_d het dit geskape, maar ek sal nie my verwagting op die hemel wil bou op 'n ander se ondervinginge nie ;)

G_d het elke een van ons so spesiaal gemaak dat Hy homself aan ons sal openbaar, en dit spesiaal sal maak vir elke een van ons.

Dat mense ervaringe het wat ons nie kan verstaan nie, is moontlik, .... maar hulle ervaringe kan nie as evangelie verkondig word nie....

Van die goed wat sy beskryf is morele standaarde, goed wat die Heilige Gees wel aan ons openbaar en mens as "common sense" kan beskryf..... maar dit daar gelaat, as ons as Christene leef soos wat G_d aan ons voorgeskryf het, dan sal dit nie nodig wees om gewaarsku te word deur andere se ervaringe nie ;)

So ek sou vir my vriendin sÍ: Ek sien met groot verwagting uit na my eie ondervinding van die hemel, en wil dit nie tweedehands beleef nie.

Son of the South
Jul 10th 2008, 02:24 PM
Phil,
Dalk is dit tyd vir 'n oordentlike resensensie oor die publikasie...

Ek kry nie een goeie Afrikaanse resensie oor die boek raak ge-Google-eer nie. Ek verstaan die boek is in elk geval oorvertaal uit Engels: Heaven is so Real. Dalk is daar 'n goeie engelse een waaruit ons iets kan wys word; ek het ongelukkig nie nou self die tyd om te kyk nie.

Antonvs
Jul 10th 2008, 09:48 PM
Sou iemand vandag 'n "Openbaring" ontvang dan kan dit "selfs die Bybel geheel en al ondermein" - die probleem soos Fila uitwys gaan nie oor wat in die boek staan nie maar die beginsel van iemand wat nadat ons die Bybel voltooi en volledig aanvaar het, kom hier iemand en sÍ "koeiee, veskoon my ek het ook iets by te las; die Bybel is ongelukkig nie soos julle gedink het klaar geskryf nie'

Son of the South
Jul 11th 2008, 08:56 AM
Na so bietjie rondkrap het ek op die volgende engelse resensie afgekom wat vir my lyk of hulle weet waarvan hulle praat:

http://discerningtheworld.wordpress.com/2007/12/17/choo-thomas-heaven-is-so-real-is-it-really/

(Jammer dis in engels, maar soos ek genoem het, ek kon nie 'n goeie afrikaanse ene opspoor nie.)

Antonvs
Jul 12th 2008, 04:04 AM
Wonderlike werk - die skakel v/d Webwerf hierbo geplaas is uitstekend. Dankie S. of the S.

Goeie gehalte werk en mense met onderskeid oor hierdie saak van "Hemelse Ervaringe"

Gaan besoek gerus http://discerningtheworld.wordpress.com

dis 'n bediening wat veral vals leeraars ontbloot en 'n oproep maak tot Bybelse onderskeiding.

Wat goed is dat hulle veral die "nie-logiese" aard van die "Word-Faith Movement" uitwys.

Geniet dit ook --> Het iemand hierdie Pastoor gesienhttp://discerningtheworld.files.wordpress.com/2008/05/wolf_sheep.jpg?w=460&h=291

Lanie
Jul 12th 2008, 08:55 AM
Wonderlike werk - die skakel v/d Webwerf hierbo geplaas is uitstekend. Dankie S. of the S.

Jy het die woorde uit my mond gevat. Ek gaan defnitief bietjie op die webwerf "rondkuier".:):):)

africacut
Jul 12th 2008, 09:43 AM
lanie
ek verstaan jou vraag en jy soek drigend antwoorde oor die boek
as jy belangstel kontak my persoonlik by
EDIT Persoonlike e-pos uitgevee,vir sekutriteits doeleindes, kontak my via PM indien jy die e-pos addy soek: Dankie, ACCM
dan stuur ek vir jou info en het in dvd in afrikaans wat ek gratis aan jou sal pos om jou en jou vriende te help
ek gaan verseeker nie rond gorel soos baie ander op die draad en hier vat en daar vat en somer van die draad afval en dink ek is slim en gee antwoorde
tyd is kosbaar
lewe is kosbaar
daar is so baie misleiding in die kerk vandag
baie boeke/teachings om mense te meslei
ek hoop en glo om so gou as moontelik in persoonlike epos van jou te kry
groete
ek

Roelof
Jul 12th 2008, 10:44 AM
lanie
ek verstaan jou vraag en jy soek drigend antwoorde oor die boek
as jy belangstel kontak my persoonlik by

Ek sien die boek word deur sekere deelnemers met geweld afgeskiet.
Ek het dit baie leersaam en interessant gevind.
Ek kon niks vind wat bots met die Bybel nie.
Dit het my laat uitsien na die Hemel.

africacut
Jul 12th 2008, 01:00 PM
dit gaan nie oor met geweld afskied dit gaan oor liefde vir DIE WAARHEID
EN OM EENIGE GEESTELIKE BOEK/EN OOK VERSEEKER TEACHINGS/TEACHERS TE BEOORDEEL MET DIE BYBEL AS MAATSTAF
DIT IS IN BYBELS OPDRAG TOETS DIE GEES
SO ROELOF AS JY TEVREEDE IS OOR DIE BOEK LAAT DIT SO WEES
MAAR AS DAAR ANDER CHRISTENE DIE GEES/BOEK WIL TOETS GEE ASB RUIMTE
EN MOENIE VERWAG DAT JOU OPINIE NET SO AANVAAR MOET WORD

PASOP VIR BUITE BYBELSE OPENBARINGS EN DINGE WAT ONBYBELS IS

ALLE KINDERS VAN JESUS IS NIE POPOS
JY KAN OOK MAAR GERUS MY EPOS KRY EN MY PERSOONLIK EPOS DAN STUUR EK OOK VIR JOU IN GRATIS DVD
AS JY IN LEERBARE GEES HET EN NIE DALK ALREEDS BESLUIT HET JY WIL NIKS ANDERS HOOR EN GLO NIE
HOOR DIE WOORD
VERSTAAN DIE WOORD
VERSTAAN DIE WOORD

DIE BYBEL IS DUIDELIK OOR DWALINGS

STERKTE

Ta-An
Jul 12th 2008, 02:44 PM
africacut...

Ek hoop verseker dat jy die Capslock net perongeluk raak geslaan in jou pos.... want dit lyk of jy vir ons skree :confused

Jy het nie 'n bekendstelling gepos nie,,, so eers wil ek jou Welkom heet hier by ons.

Ek hoop jy het jou van die reŽls vergewis, want dan sal ons lekker saam kuier. ;)

Deur bloot all ander predikers af te skiet en jou eie CD te propageer, laat mens nogals 2X dink voordat ons daarop sal wil reageer.

Leef, en laat leef.

'n Mens wat 'n sagte antwoord het, win baie meer as hy wat met 'n stoom-roller van woorde dood wil saai. :hug:

Spreuke 15:1 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=20&CHAP=15&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=1) 'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.

Ta-An
Jul 12th 2008, 02:51 PM
Ek sien die boek word deur sekere deelnemers met geweld afgeskiet.
Ek het dit baie leersaam en interessant gevind.
Ek kon niks vind wat bots met die Bybel nie.
Dit het my laat uitsien na die Hemel. Roelof, sy praat bv. van 'n plek waar geaborteerde babas gehou word op afwagting dat hulle mammas moet bekeer..... die Skrif maak geen verwysing daarna nie, en dit is sensasioneel.... Ek weet dat G_d nie alles aan ons openbaar gemaak het nie, wat vir my van belang is meer as enigiets anders,,,,, Gaan terug na die begin toe, en leef vir Christus, met alles wat in jou is..... Die Bybel het nie net 'n NT nie, ;) gaan skeur die wit bladsy tussen die OT en NT uit :idea:

:hug:

Lanie
Jul 12th 2008, 08:29 PM
lanie
ek verstaan jou vraag en jy soek drigend antwoorde oor die boek
as jy belangstel kontak my persoonlik by
EDIT Persoonlike e-pos uitgevee,vir sekutriteits doeleindes, kontak my via PM indien jy die e-pos addy soek: Dankie, ACCM
dan stuur ek vir jou info en het in dvd in afrikaans wat ek gratis aan jou sal pos om jou en jou vriende te help
ek gaan verseeker nie rond gorel soos baie ander op die draad en hier vat en daar vat en somer van die draad afval en dink ek is slim en gee antwoorde
tyd is kosbaar
lewe is kosbaar
daar is so baie misleiding in die kerk vandag
baie boeke/teachings om mense te meslei
ek hoop en glo om so gou as moontelik in persoonlike epos van jou te kry
groete
ek

Beste Africut...

As 'n mede boetie/sussie (jammer, ek het nog nie 'n bekendstelling van jou gesien nie, so ek weet nie) in Christus hoop ek jy vat die volgende met selfde gesindheid as wat ek dit bedoel.:hug:

Jy kom vir my ietwat soos die spreekwoordelike "bull in a chinashop" voor. Ek het op hierdie forum nog net liefde en verdraagsaamheid ervaar en jou benadering skrik my effens af. So, dankie vir die aanbod van die DVD, maar op hierdie stadium gaan ek nie daarvan gebruik maak nie. Ek hoop net jy voel nie geafronteer nie want dis nie my bedoeling nie.

Welkom by die forum.:hug:

Lanie
Jul 12th 2008, 08:44 PM
Dankie vir almal se terugvoer. My "mind" is opgemaak oor die boek. Ek het dit gister vir my vriendin terug gegee maar kon nie regtig met haar gesels nie want daar sit toe 'n antie in haar haarsalon wat dink die boek is "wonderlik" en toe vir my wil begin preek.:D Ek voel eintlik nou ek moes dalk die "uitdaging" aanvaar het en met haar gesels het daaroor maar dit was vir my effens ongemaklik om in 'n salon vol mense die tannie wat so seker van haarself is tot ander insigte te bring. Sy het darem ook die boek wat Anton aanbeveel het gelees en aangebied om dit vir my te leen.;)

Ek gaan my vriendinne verwys na die webwerf wat S. of the S. gegee het. Dit het wat fout is met die boek goed genoeg verduidelik en sommer ekstra inligting gegee oor goed wat op die vrou se webwerf is.

Weereens dankie. Dis wonderlik om mense te hÍ waarna ek my kan wend met sulke toffies wat ek nog nie reg is om alleen te kou nie.:hug::hug::hug:

Roelof
Jul 13th 2008, 04:20 AM
Roelof, sy praat bv. van 'n plek waar geaborteerde babas gehou word op afwagting dat hulle mammas moet bekeer..... die Skrif maak geen verwysing daarna nie, en dit is sensasioneel....

ACCM

Oor hierdie een stem ek met jou volkome saam.
Ek gebruik sekulere boeke, internet nuus, forumpos en e-posse baie as 'n aanknopingspunt om dan later oor die Evangelie en die volle waarheid van die Woord te gesels.

Antonvs
Jul 14th 2008, 07:34 AM
Lanie jy het hierdie met soveel wysheid hierdie saak hanteer. Jy het die situasie gelees - en besluit watter "hill you want to die on" - hierdie was nie die een nie. Ek glo dit was nie die tyd en plek om die tannie tot insig te bring nie.

Daar sal dalk 'n dag en 'n tyd kom - maar daardie dag was nie die tyd nie.

Nogtans wou jy die waarheid laat deurkom; God vereer en mense se gevoelens in agneem - 'n moelike kombinasie om te balanseer - tog jy het die saak so goed hanteer.

Ek hoop werklikwaar Randy Alcorn se boek sal vir jou inspireer en ook 'n aanknoop punt wees vir baie gesprekke.

Phil Fourie
Jul 14th 2008, 07:38 AM
Anton vat dit baie goed saam, ek is ook baie trots op die manier hoe jy die situasie hanteer het, met baie insig.

Snaaks dat jy nou juis hierdie woorde gebruik Anton, die hele naweeks sit hierdie "Aint no hill to die on" seding in my kop vas :lol: Profeties, ek se jou (NET 'N GRAPPIE :saint:)

Lanie
Jul 14th 2008, 07:41 AM
Dankie Anton,

Ek kom agter dat die Heilige Gees my deesdae nogal baie lei.......

Sy het wel gesÍ dat die boek in hoŽ teologiese taal geskryf is en dat iemand wat nie'n agtergrond in teologie het nie, sal sukkel om die boek te verstaan......

Lanie
Jul 14th 2008, 07:54 AM
ek is ook baie trots op die manier hoe jy die situasie hanteer het, met baie insig.

Aaaaaah, shucks......dankie man. Dit voel nie altyd of ek soveel insig het nie, jong. Diť dat ek julle ouens so peper met die vrae. Daar nog so baie wat ek moet leer.:hug:

Phil Fourie
Jul 14th 2008, 08:18 AM
Jy kan enige tyd vra Lanie, jy het 'n pragtige leerbare gees, iets waarna ons almal meer kan streef, ek veral

Groete
Phil

CFJ
Jul 14th 2008, 12:08 PM
Drie van my vriendinne in die geloof het Choo Thomas se boek, Die Hemel is 'n werklikheid, gelees. Ek het 'n paar keer verby die boek geloop in CNA en dit opgetel maar kon myself net nie sover kry om dit te koop nie. Dit voel eerlikwaar asof my gees daarmee bots al weet ek nie regtig waaroor dit gaan nie. Nou het die een vriendin haar boek in my hande gestop en gevra om dit te lees. Dit staan nou in my boekrak.

Ek het twee vrae.
1. Is daar iemand wat die boek dalk gelees het en vir my dalk kan sÍ wat hulle daarvan gedink het.
2. Hoekom voel ek so "funny" om die boek te lees terwyl my vriendinne wat 'n baie langer pad met die Here stap en baie sterker verhoudings met Hom het as ek, (altans dit voel vir my baie keer so) geen probleem daarmee gehad om die boek te lees (en daarvan gehou het) nie?

Hallo Lanie,

As jy sou belangstel, kan jy my 'n privaat-boodskap stuur, dan reŽl mens 'n gratis DVD (Pastoor Dries van As) wat in Afrikaans al die nodige detail vir jou kan verskaf, om Choo Thomas te ontmasker.

Jy kan ook in hierdie draad (http://bibleforums.org/showthread.php?t=106947&highlight=Mary+Baxter) gaan lees, wat handel oor Mary Baxter en wat baie dieselfde trant volg as Choo Thomas. Daar word slegs gekyk na wat die Skrif oor die hel aan ons wil openbaar en die realiteit vir ons vandag. Sou mens slegs op die Bybel oordeel, kan beide Choo Thomas en Mary Baxter se visioene maar met 'n knippie sout en eish geneem word... :D

Phil Fourie
Jul 14th 2008, 12:26 PM
My maggies Ferdi, hallo, is jy terug uit donker Afrika, het jy darm al 'n bad gehad :lol:

CFJ
Jul 14th 2008, 12:54 PM
Jip Phil ek is terug, dankie oor jou innige meegevoel oor die gebadtery, ek het darem my eerste warm bad in Lichtenburg gehad en was nogal spyt dat ek nie Eugene se telefoon nommer gehad het nie, want hy bly mos daar... :bounce:

Nie dat ek nou saam met hom wou bad nie, maar ons kon dalk 'n broodjie saambreek, hy het 'n hart vir sendingwerk... :cool:

Phil Fourie
Jul 14th 2008, 01:01 PM
Nee, dan is ek bly, ek sien uit na die draad wat jy gaan oopmaak om met ons alles te deel van jou sendingreis ;)

CFJ
Jul 14th 2008, 02:42 PM
My maggies Ferdi, hallo, is jy terug uit donker Afrika, het jy darm al 'n bad gehad :lol:

Phil,

Kyk bietjie wat maak witsand aan mens se voete en dŠn dink jy aan 'n warm bad... :lol:

Ons het teen hierdie spannetjie hieronder sokker gespeel en 6 teen 1 in die stof gebyt, stof wat eers op Lichtenburg afgekom het...

Son of the South
Jul 16th 2008, 01:44 PM
Mag die Woord die laaste woord hÍ hieroor?

Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Dankie e-Sword!

Gene
Jul 17th 2008, 06:56 AM
Jip Phil ek is terug, dankie oor jou innige meegevoel oor die gebadtery, ek het darem my eerste warm bad in Lichtenburg gehad en was nogal spyt dat ek nie Eugene se telefoon nommer gehad het nie, want hy bly mos daar... :bounce:

Nie dat ek nou saam met hom wou bad nie, maar ons kon dalk 'n broodjie saambreek, hy het 'n hart vir sendingwerk... :cool:

Ferdi

(Ons is nou heeltemal van die onderwerp af, maar ek moet jou net hierop antwoord) Jy is nie naastenby so spyt soos ek nie, dit sou wonderlik gewees het.... Nietemin, ek het nie eens geweet vn jou reis nie. Wil jy nie asseblief gehoor gee op Phil se versoek en 'n draad oopmaak om meer daaroor met ons te deel nie? Te oordeel aan die foto (en die feit dat julle deur Lichtenburg gereis het) was julle waarskynlik in Botswana - ek het vir jare lank daar bedien en die plek en sy mense sal altyd 'n spesiale plek in my hart he.

Groetnis!

Eugene

CFJ
Jul 18th 2008, 08:20 AM

Hi Eugene,

Ek sou jou graag wou sien, maar ons was ongelukkig deel van 'n konvooi van 6 voertuie en moes maar inval by die tye soos neergelÍ was. Mens was ook so moeg dat ek byvoorbeeld onmiddelik gaan slaap het om die volgende oggend vars te kon wees vir die tog terug Suid-Kaap toe.

Ek maak later graag so draad oop, maar sal so bietjie wag voor ek dit doen. Ek is werklik versigtig om myself nie bloot te stel aan geestelike hoogmoed nie... en wil eers tot verhaal kom, voor ek God se Naam wil eer vir alles wat Hy deur myself en ander gedoen het. Ek dank Hom net dat hy my byvoorbeeld, waardig geag het om vir Hom diensbaar te kon wees.

Voor ek vergeet, ons was wel deur Botswana, maar die uitreik was in ZambiŽ, Kalobolelwa. Die plek waar ons bedien het, is in hoofsaak 'n SDA vesting (die gebied oorvleuel ook met Nuwe Apostels en die Roomse Kerk) en mens moes maar eers die binding van die wet by hulle breek, waarna Christus dan maklik vir hulle aanneembaar was, net soos Hy is.

protea
Jul 20th 2008, 03:36 PM
As n mens baie artikels op die forum of elders lees, is daar feitlik onmiddellik kritiek van mense op persone se bedienings of boeke wat hulle geskryf het en dit hinder my geweldig . Daarom bid ek ook vir die Here om NOG n groter gawe van onderskeiding. Ek stem saam met 1 Joh 4 :1waar daar opdrag gegee word om alles te toets aan die Woord sodat die suiwer Woord verkondig kan word.

Ek kry die indruk by baie skrywes dat ons as mens die Here in n boksie wil sit en Hom so wil voorskryf en manipuleer hoe en waar Hy moet beweeg en hoe en waar Hy wat moet doen. Dit is vir my so oneindig hartseer.

Die hooftemas van Choo Thomas se Hemel is n werklikheid en die boek oor die Hemel van Mary Baxter is : Bekeer jou , want die Wederkoms van Jesus is naby! Dis die dringende boodskap wat almal moet hoor ,want ons glo almal dat die tyd elke dag minder raak na die Wederkoms. Waarom die geweldige afkraak van so n oproep tot bekering?

Wie is ons om God te probeer manipuleer as Hy in Sy alwyse raad buite-Bybelse middele wil gebruik om mense na Hom te trek? Ons kerk het die vakansie n uitreik Msinga toe gehad en om die jong mans te betrek, is n sokkerwedstryd die Woensdag gereel. Die wonder daarvan was dat die 'chief' van die stam vir die eerste keer in die 17 jaar wat die uitreik gehou word teenwoordig was EN die sokkerspan (van almal jong manne!) was die volgende dag weer daar en al die sokkerspelers is na Jesus toe gelei!!! Die sokker wedstryd gaan nou n jaarlikse instelling wees en ek glo die 'chief' gaan dit op sy lysie van 'geleenthede-om-by-te-woon' skryf. Was die buite-Bybelse middele wat gebruik is onBybels?

Ek sien in beide vrouens se boeke net een ding: Ons aanbid SO n genadige en liefdevolle God wat nie wil he dat EEN mens verlore moet gaan nie! As net een siel vir Jesus gewen kan word daardeur dan was die skrywe daarvan die moeite werd.

Ta-An
Jul 20th 2008, 05:29 PM

.Dit is so waar, het ons as Afrikaners/Christene so beterweterig geword...dat ons nie meer kan onderskei nie, of is dit 'n gees van Trots??:hmm:

Antonvs
Jul 25th 2008, 04:12 AM
ACCM - Ek dink 'trots' (simptoom van trots is beterweterig) is op hierdie stadium die grootste enkele stremming op die werk van God onder Suid Afrikaners (as geheel).

1. Die Afrikaner sÍ ek gee nie om wat die Bybel sÍ nie "my Kerk is my Kerk"

2. Die Khosa sÍ "ja dit is jou Afrikaner God se manier van dinge sien" maar my "god" is my god.

En so kan ons aangaan - ek wil ook nie 'n karikatuur skep hierbo nie (bloot ter illustrasie maar as die skoen pas),

Op 'n dag hoor ek van 'n proffie v/d VSA wat SA gaan besoek het om oor o.a. "dispensationalism" te praat. Hier is sy waarnemings: "Die mense het baie om te sÍ, maar wou nie regtig hoor wat ek of die Bybel wou sÍ nie; want dit het nie gestroop met hulle kultuur en agtergrond nie."

Protea - Ek dink rakende "Visione en Hemel "ervarings" - dit is nie ons wat God in 'n boksie sit nie - dit is God self wat die bakens en beperkinge daargestel het. Daardie gesegde "everything goes" is nie waar as dit by God kom nie -

Nou, die uitreik deur sokker is nie wat ek noem kwaadaardig nie - want sou die sokker byeenkoms geiendig het by 'n suiwer Woord en Evangelie verkondiging - "GREAT." Ook dan weer het ek ook gesien dat mense eers wil sokker speel, maatjies raak, jare lange vriende word en dan en eers dan word die Evangelie gepreek - dit noem ons ontspanning en kruis-kultuur ervaringe nie Evangeliesasie nie.

Terug by "Visione oor die Hemel" - dit het geen vergelyking met die sokker konsep nie. Eerstens hierdie boeke is in stryd met die Bybel en tweendens malignant; skadelik of dalk nog godslaterend TENSPYTE van dat die skrywers "preek bekeer julle" - onthou "die middel heilig nie die doel nie" dit noem ons pragmatisme, d.w.s. net so lank ons resultate kry maak nie saak hoe ons dinge doen nie. Ek hoor baie ouens op TBN preek "repent, come to Jesus" but don't forget to make an offering to our ministry" -

Nou pragmatisme en trots kan twee goeie vriende wees - d.w.s. die trotse pragmatis sal sÍ "man moenie my vertel wat om te doen nie - jy kan mos sien wat ek (of ander) doen werk, en ek het doen dit so, want my pa en sy oupa het dit so gedoen -en dit werk (ongeag of dit in stryd is met die Bybel).

Okay, ek stop hier maar ons moet onthou dat Israel se val was a.g.v. harkoppigheid /trots lees gerus Handelinge 7 van so vers 9 vanaand.

CFJ
Jul 25th 2008, 08:15 AM
As n mens baie artikels op die forum of elders lees, is daar feitlik onmiddellik kritiek van mense op persone se bedienings of boeke wat hulle geskryf het en dit hinder my geweldig . Daarom bid ek ook vir die Here om NOG n groter gawe van onderskeiding. Ek stem saam met 1 Joh 4 :1waar daar opdrag gegee word om alles te toets aan die Woord sodat die suiwer Woord verkondig kan word.

Ek kry die indruk by baie skrywes dat ons as mens die Here in n boksie wil sit en Hom so wil voorskryf en manipuleer hoe en waar Hy moet beweeg en hoe en waar Hy wat moet doen. Dit is vir my so oneindig hartseer.

Die hooftemas van Choo Thomas se Hemel is n werklikheid en die boek oor die Hemel van Mary Baxter is : Bekeer jou , want die Wederkoms van Jesus is naby! Dis die dringende boodskap wat almal moet hoor ,want ons glo almal dat die tyd elke dag minder raak na die Wederkoms. Waarom die geweldige afkraak van so n oproep tot bekering?

Wie is ons om God te probeer manipuleer as Hy in Sy alwyse raad buite-Bybelse middele wil gebruik om mense na Hom te trek? Ons kerk het die vakansie n uitreik Msinga toe gehad en om die jong mans te betrek, is n sokkerwedstryd die Woensdag gereel. Die wonder daarvan was dat die 'chief' van die stam vir die eerste keer in die 17 jaar wat die uitreik gehou word teenwoordig was EN die sokkerspan (van almal jong manne!) was die volgende dag weer daar en al die sokkerspelers is na Jesus toe gelei!!! Die sokker wedstryd gaan nou n jaarlikse instelling wees en ek glo die 'chief' gaan dit op sy lysie van 'geleenthede-om-by-te-woon' skryf. Was die buite-Bybelse middele wat gebruik is onBybels?

Ek sien in beide vrouens se boeke net een ding: Ons aanbid SO n genadige en liefdevolle God wat nie wil he dat EEN mens verlore moet gaan nie! As net een siel vir Jesus gewen kan word daardeur dan was die skrywe daarvan die moeite werd.

Hallo protea!

Ek verstaan jou siening, want ek het byvoorbeeld Mary Baxter se boek 2 keer gelees, juis omdat dit so reg lyk. Toe ek egter haar besoek aan die hemel en haar besoek aan die hel met die Skrif toets, toe ontdek mens die volgende.

Wat kon Paulus ons vertel van die hemel, na hyself weggeruk was tot in die 3de hemel...?

Ek weet van Ďn man in Christus, veertien jaar geledeóof dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet ditódat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. En ek weet van so Ďn manóof dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet ditó dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat Ďn mens nie mag uitspreek nie.
(2Kor 12:2-4)

Wat moes die ryk man leer, rakende die Skrif se alleen-gesag, betreffende die hel...?

En hy sÍ: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuuró want ek het vyf broersóom hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sÍ Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na diť luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sÍ vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
(Luk 16:27-31)
Moses en die Profete is die Ou Testament (OT)... en die OT sÍ nie eers baie oor die hel nie... Ons is totaal blind vir die dinge wat in die hemel is, want Jesus sÍ dit self...

As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
(Joh 3:12)
Dit is soos om vir 'n blinde te vertel hoe lyk blou of geel. Wat presies in die hemel wag, kan ons nie nou weet nie en ek glo werklik dat Mary Baxter en ook Choo Thomas, se verbeelding met hulle weggehardloop het. Die Skrif getuig teen hulle getuienisse, so glo ek in my hart...

Antonvs
Jul 25th 2008, 04:50 PM
Ferdi wat jy met jou vorige plasing gedoen het was great - nee eerder prysenswaardig. Dit is wat mens geestelike onderskeiding noem - toets alles aan die Skrif - soos die Bereans met Paulus gedoen het (in nederigheid).

Dit spreek boekdele ook oor jou karakter - i.e. die nederigheid waarmee jy dinge deur gewerk het. Ek dink jy het vir jou self gesÍ "ek mag dalk verkeerd wees, kom ek lees die boek weer - sodat wat ek sien en lees, dit gaan meet met die onfeilbare Woord van God (want ek is 'n gevalle mens en kan nie net op my eie persepsies vertou nie.)"

Jou plasing is so kragtig en tot die punt ek KAN niks meer kommentaar skryf nie (tussen jy en Son of the South het julle terug gedraai na die Skrif vir antwoorde - en soos hulle hier sÍ "you nailed it").

Ferdi - miskien gebaseer op my vorige plasing (net voor joune as antwoord op Anneke se plasing oor die nasie se hardkoppigheid) kan ons dalk praat op 'n nuwe draad oor hoe die "gevallenheid / verdorwenheid / 'depravity' van die mens manifesteer in trots / hardkoppigheid en dit die natuurlik gevolg het geestelike blindheid en gebrek aan onderskeiding.

Ek sal graag vir mense wil wys hoe hierdie belangrike leering - Total Verdorwendheid v/d Mens in soveel aspekte van die samelewing manifesteer - en ook hoe 'n gebrekkige siening hiervan lei tot die samelewing en regering wat ons vandag sien.

Willem
Aug 11th 2008, 12:15 AM
Enige iemand die gelees?

Sal graag goeie review wil lees; onder die skrif se lig sodat ek weet voor ek opgewonde raak oor God en boek aanpass wat nie Sy waarheid verkondig nie.:confused

Phil Fourie
Aug 11th 2008, 06:26 AM
Willem

Ek het nog nie dit gelees nie, maar ek het 'n baie pertinente standpunt hieraangaande. Die Woord se duidelik in Openbaring dat daar 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde sal kom, dit pla my baie dat mense dinge sien wat nog nie eers daar is nie.

Dan, kyk byvoorbeeld and Paulus waneer hy in die liggaam of die gees (?) na die derde hemel opgegaan het (dit is nie die nuwe hemel nie, dit is waar God is en waar Jesus nou voor God sit as jou advokaat), dit wat hy daar gesien het was onuitspreekbaar, Johannes self kan nie die dinge uitspreek wat hy in die hemel sien nie (3de hemel), hoekom nou skielik hierdie mense wat vir jou so in detail kom verduidelik hoe dit daar lyk, dat gaan heeltemal teen die basis wat die Skrif daar vir ons stel.

Dit is natuurlik maar net my nederige opinie hieraangaande ;)

Groete
Phil

Antonvs
Aug 12th 2008, 03:49 AM
Arme Johannes, Jesus se geliefde dissipel het nie eens ervaar wat baie van hierdie skrywers ervaar het nie.

Roelof
Aug 12th 2008, 12:45 PM
Willem

Ek het nog nie dit gelees nie, maar ek het 'n baie pertinente standpunt hieraangaande. Die Woord se duidelik in Openbaring dat daar 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde sal kom, dit pla my baie dat mense dinge sien wat nog nie eers daar is nie.

Phil, baie waar woorde, dit MOET nog kom.

Willem
Aug 12th 2008, 07:52 PM
Dankie Phillip,

Dit is wat ek so geniet hier, die Woord is eerste, alles moet daaraan gemeet word. En ek het nog nie genoeg gelees nie, maar ek kan manne "en dames!" wat al het vra en eerlike antwoorde kry. Het nog nie gedink aan die nuwe hemel en nuwe aarde nie, maar dis definitief nie soos die Cho iets vrou se "besoeke" nie. Dit het net verkeerd gevoel.

Wat ek wel uit die biek uit sal vat is dat mens nie eers sal kan dink hoe dit moet wees om in God se teenwoordigheid eendag te moet wees nie.
Eph 3:20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
Eph 3:21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Antonvs
Aug 22nd 2008, 06:45 AM
Hier is 'n pakket met diagramme oor die Hemel

Geniet dit.

http://cid-ae4774f56733d422.skydrive.live.com/self.aspx/Bible%20Resources/Diagram%20on%20Heaven%20by%20Randy%20Alcorn.zip

{b.g. is nie 'n webtuiste nie, maar wel 'n databasis}

Antonvs
Sep 5th 2008, 04:42 AM
Hier is 'n baie oulike blaadjie oor die Hemel.

Geniet dit! Aflaai adres hieronder - dit is 'n zip-file met drie blaadjie - druk dit uit - en versprei

http://35t2aa.bay.livefilestore.com/y1phkiDcun9c1U_DKUGY_i_QXPkpAqC-EBtWEo_I53dlvoPEpz00yjHpPaWgJppciJilziwYig0yw0/Diagram%20on%20Heaven%20by%20Randy%20Alcorn.zip?do wnload

AJR
Apr 17th 2012, 11:34 AM
Hi Lanie

Hoop dit gan goed?Wil net uitvind of jy toe die boek van Choo Num gelees het"Die Hemel is n Werklikheid"

Johnny
Apr 17th 2012, 11:41 AM
Hi Lanie Hoop dit gan goed?Wil net uitvind of jy toe die boek van Choo Num gelees het"Die Hemel is n Werklikheid"

Hallo AJR. Lanie is nie regtig meer betrokke op die forum nie, maar so tussen die os en die jas......glo jy die storie? Volgens die Bybel kan NIEMAND hemel of hel toe gaan en dan terugkom aarde toe om te vertel hoe dit daar was nie. Lees gerus die hele Lukas 16 en ek haal die laaste gedeelte aan:

Luk 16:27 En hy sÍ: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuuró Luk 16:28 want ek het vyf broersóom hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Luk 16:29 Toe sÍ Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na diť luister. Luk 16:30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Luk 16:31 Maar hy sÍ vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

Dit is sommer 'n bog (boek) storie. :yes:

Esme'
Jun 29th 2012, 11:55 AM
Dis 'n oud draad maar ek wil tog iets noem wat ek tussen 'n post van Ferdi en 'n stuk van Choo Thomas se boek besef het:

As 'n demoon jou beset (demon possession) sal jy in jou gebeente aangeval word en daar sal sekere vaste of primÍre patrone wees en skielike onbeheersde woedebuie en ook selfmoord kan iets wees wat in jou manifesteer. Hierdie demoon/-ne kan jou op die grond neerwerp en rukkings laat kry. Jy sal bepaald iewers jouself moes oopstel, waar die demoon in jou kom woon het en 'n demoon wat in jou woon wil jou hele lewe omvÍr-werp. Met 'demon oppression' sal die patrone nie so vas wees nie en gaan dit meer oor demone wat 'n woning in jou soek en nog nie dit kon kry nie. Sulke demone sal jou byvoorbeeld net vasdruk in jou bed en vlug weer na 'n tyd. Iewers sal daar tog 'n sekondÍre patroon wees, soos 'n sekere program op televisie waarna jy kyk en dan daarna val hulle jou aan of 'n plek wat jy van tyd tot tyd besoek of 'n persoon wat jy besoek of 'n ritueel wat jy iewers beoefen.

Uittreksel uit Heaven is so real:

I had another profound spiritual experience on Easter Sunday 1995. While attending services with my family at Puget Sound Christian Center, my body began to shake violently, and we had to stay for second service. I was experiencing the same phenomenon known among Quakers, Shakers and early Pentecostals.
Since then, my body never stops shaking in church or during my prayer time at home.

Let op die rooi deel van Ferdi se post en wat Choo Thomas ondervind het......dit laat my maar net wonder...

Esme'
Jun 29th 2012, 12:24 PM
Ek het Heaven is so real op PDF en het so paar hoofstukke daarvan gelees maar toe ook daardie 'gevoel' gekry wat my laat ophou lees het.

Volgens Choo Thomas het sy elke keer voor haar besoeke aan die hemel begin ruk en 'groan' vir 20 - 30min. En dit was altyd in die nag, in die duistenis...

Nou kyk, ek weet nie veel van die onderwerp af nie, maar dit klink nie vir my na God se werk nie, baie meer na 'iets' wat van haar besit neem, soos Ferdi verduidelik in die deel wat ek aangehaal het in my vorige post.

Gelukkig weet ek ook, diegene wat die boek gelees het en glo en geniet het en aangee vir ander om te lees, dit onwetend van die waarheid gedoen het, en dit aan die einde Choo Thomas self is wat verantwoording sal moet doen, nie die 'slagoffers' wat haar boek gekoop, gelees, versprei en geglo het nie.

Ongelukkig is die meerderheid Christene nie so vertroud met die Woord nie, en nie almal maak 'n studie van alles wat hulle lees om die egheid daarvan te bepaal nie.

Die Filadelfieer
Jun 29th 2012, 12:32 PM
Let op die rooi deel van Ferdi se post en wat Choo Thomas ondervind het......dit laat my maar net wonder...

Ek dink nie jy hoef te veel te wonder nie ! ;)