PDA

View Full Version : Intresante voedsel kombinasies



Ta-An
Jul 9th 2008, 07:25 PM
Ek eet gewoonlik so tussen 9 en 10 vm 'n vrug, en het nou begin om die vrug te versap.....
Papaja fyn met soyamelk en soya melkpoeier maak 'n goeie plaasvervanger vir Yoghurt :idea:

..... bg gebruik ek nou as basis vir my vrugte yoghurt.... ek voeg daarby gekapte neute, en kiwi vrug,1 skyf pynappel en vars basil gee daaraan 'n interesante smaak sensasie :idea:

Vanaand het ek 'n groente en vrugte kombinasie in die voedsel verwerker gesit en 'n heel interesante smaak bekom...... 1/2 wortel, hanvol snap~peas (in die dop), 2 spinasie blare en 2 buite groen-blare van brokkolie, 1/2 papaja, 1/2 appel, 2 vars gherkins ( Israeli komkommers), met 1/2 K soyamelk en 1 eetlepel soyamelkpoeier.... as ek rou beet gehad het sou ek 'n 1/2 klein beet ook bygevoeg het..... en wat 'n interesante smaak, en groen kleur :D Beet gee 'n mooi rooi kleur aan so 'n mengsel ;)

protea
Jul 11th 2008, 06:08 PM
Die meisies en ek het vanaand sit en huil van die lag voor die kaggel. Ek het gepraat oor n sekere gars produk wat n maatskappy kommersieel droog en in n poeiervorm as voedselaanvulling aan die publiek bekendstel. (Dit proe regtig nes lusern).Ek stel toe voor om jou eie gars te saai (so n half kg op n slag) en dan die jong lote af te sny en te verpulp saam met n vrugtesap . Dis mos BAIE goedkoper. Een van die kinders se toe: Aangesien gars koeikos is, noem ons dit dan n sMOOthie:D....

Ta-An
Jul 11th 2008, 06:41 PM
Yup sMOOthies is nogals lekkerrrrrrrrrrrr!!!