PDA

View Full Version : JR Church



Die Filadelfieer
Jul 15th 2008, 09:57 AM
JR Church, van die nou bekende groep Prophecy in the News (http://www.prophecyinthenews.com), het lewerkanker.
Ek wil vra dat die wat geroepe daartoe voel, asseblief vir hom sal bid.

CFJ
Jul 15th 2008, 02:35 PM
Ek bid graag vir hom Fila. Miskien kan mens ook 'n gebed plaas op die skakel vir voorbidders... :pray:

David2
Jul 15th 2009, 03:14 PM
Ek het die voorreg gehad om gister in gesprek te wees met JR Church in sy kantore in Oklahoma City. Wat sy gesondheid betref, vertel hy dat die kwaadaardige gewas in die laaste scan weer kleiner is, maar dat die gevaar totaal nog nie verby is nie. Hy werk nog elke dag en mens kan gereeld sy daaglikse "prophetic update" op sy website (http://prophecyinthenews.com)sien.

JR het my en Elsa op 'n vinnige toer deur sy kantore geneem en uiteindelik het ons gaan sit in die ateljee waar sy televisie, video en daaglikse "update" opgeneem word. Ek het die geleentheid gehad om aan hom 'n paar vrae te vra oor profetiese kwessies. Eerstens het ek gevra oor sy interpretasie van Babilon in Openbaring 17-18. Hy het erken dat hierdie 'n moeilike deel is waaroor daar baie interpretasies beskikbaar is. Baie Christene meen dit is Rome (sewe heuwels ens.). JR se hy het al drie verskillende interpretasies voorgestaan. Hy het dus al twee keer oor die saak van mening verander. (Waarvoor ek hom krediet wil gee - te veel mense hou eenvoudig krampagtig vas aan hulle eie interpretasie omdat hulle reputasie daardeur op die spel is). JR meen dat "Babilon" nie net een stad kan wees nie. Daar is eenvoudig nie so 'n stad wat die hele handel en besigheid globaal in homself sentreer nie. Baie beslis ook nie Rome nie. Dink maar aan die grootste handelstad wat daar vandag is. As dit verwyder word, sal mense eenvoudig die volgende oomblik 'n ander hoofsentrum kies vanwaar hulle sal handel dryf - soos dit op 9-11 gebeur het toe die WTC in NY in een uur verwoes is. Hy glo "Babilon" is eerder die Verenigde Nasies wat onder beheer van die Antichris sal wees en alle handel in die wereld sal beheer.

Die dier het tien horings. Die VN sal in die verdrukking deur tien verenigde blokke in die wereld werk. Noord-Amerika is reeds besig om te verenig en 'n gesamentlike geldeenheid op die been te bing vir Mexiko, VSA en Canada. Afrika is op 'n soortgelyke pad. Europa het reeds sy Euro. Oos-Europa werk in die rigting en het reeds gesamentlike handel, Australasie, Rusland, China, die Arabiese state, ens. Tradisioneel het ons aan die tien horings gedink as net die herstelde Romeinse ryk, m.a.w. Europa, maar die wereld is vandag tog 'n bietjie groter as die destyds-bekende wereld.

Ek het JR ook uitgevra oor wat hy in die Midde-Ooste verwag en die gevaar van kernwapens in Iran. Wanneer gaan Iran gestop word en deur wie? JR is nie meer so seker dat Iran gestop gaan word nie. Obama stel dit nou totaal duidelik dat hy geen optrede teen Iran deur Israel of deur wie ookal sal steun nie. En ook nie enige sanksies teen Iran sal steun soos wat George Bush voorgestaan het nie. JR meen daar mag poings van Israel alleen wees om Iran te stop, maar dat dit waarskynlik nie suksesvol sal wees nie. Iran gaan kernwapens bekom en gaan volgens Eseg. 38-39 die hoof-vennoot van Rusland wees in sy aanval teen Israel wat op die slag van Armaggedon gaan uitloop. Armaggedon gaan waarskynlik 'n kernoorlog wees. Net God kan Iran stop en dit gaan waarskynlik wees by die wederkoms wanneer Jesus in die lug gaan verskyn en elke knie voor Hom gaan buig.

Verder het ek JR ook gepols oor Evangelisasie - veral teenoor Israel. Is hy nie ook bekommerd daaroor dat Christene so baie na Israel verwys, hulle soveel ondersteun en besoek en tog so bitter min doen om Israel in hierdie laat krisisuur weer met hulle enigste Hoop en Verlosser te konfronteer nie? Ek het vir hom gese dat ek self in 'n Gereformeerde skool opgelei is (hoewel ek toe reeds Chiliasties en pro-Israel was). Ek het in die klas gehoor hoe ant-Chiliastiese en anti-Israel professore ons as Chiliaste daarvan beskuldig dat ons baie oor Israel te se het, maar min indien enige iets doen om Israel te evangeliseer. Chiliaste glo eenvoudig dat Israel reeds die God van die Bybel aanbid en dus OK is, of hulle glo dat Israel wel gered sal word by die wederkoms en dat ons nou niks daaraan hoef te doen nie. Ek het destyds nie baie gehou van die kritiek nie, maar vandag moet ek erken dat daar baie waarheid in steek. JR het nie baie hierop reageer nie. Hy het egter wel saamgestem dat evangelisasie in alle omstandighede vir hom belangrik is en dat ons as Christene verseker 'n taak het om ons insig van Jesus as enigste hoop en ons kennis van die profesie met hulle te deel.

Ons het hande geskud, ek het hom hartlik bedank vir die geleentheid om nogal daar in sy ateljee met hom te sit en gesels. Ek het op sy tydskrif ingeteken, 'n paar boeke en video's gekoop en 'n paar geskenke van hom gekry - nog boeke en vorige uitgawes van sy maandblad op CD.