PDA

View Full Version : Sit jy?? Wettisme deel 2



Ta-An
Jul 21st 2008, 07:15 PM
http://shalach.org/BibleSearch/NTCommandments.htm


Hierdie link sal jou neem na dit (Wet) soos voorgeskryf aan Chritene in the NT

Geniet!!!! :D

David2
Jul 21st 2008, 08:27 PM
Anneke
Hierdie is 'n baie mooi samevatting van die uitdagings, aansporings, opdragte, ideale wat vir Christene in die nuwe bedeling voor gehou word. Die leer van die Christelike geloof is van die vroegste tye af opgedeel in drie dele: Genade, verlossing en dankbaarheid. Die eerste ding wat 'n ongeredde mens moet leer, is nie wat hy moet doen nie, maar wat God se aanbod van Genade is, daarna volg die verlossing as hy dit in die geloof aanvaar. Daarna kom die lewe van dankbaarheid. Hierdie opdragte wat in jou skakel uitgespel word, sal byna almal tuisgebring kan word onder die reels van dankbaarheid. Dit is wat 'n mens doen om te wys jy is 'n Christen en om God te dank vir die verlossing.

Ek het so vinnig deur die lys gescan en dit is opvallend dat die OT tipe van fisiese verordeninge nie daarin voorkom nie. Hier is nie wette oor feesdae, die Sabbat, reinigingseremonies, offers, voedsel, klere ens. nie. In die geval van Hand. 15:20 wat ook in die lys voorkom, is dit duidelik dat dit nie 'n NT opdrag aan Christene was nie, maar die Jode in Jerusalem wat dit van die heidene verwag het. In elk geval word sommige van die voorskrifte van Hand. 15:20 elders deur Paulus ontken, soos bv. die voorskrif dat hulle nie voedsel mag eet wat aan afgode gewy is nie.

Dit wat in werklikheid "die wet" genoem word en wat in die Nuwe Testament na verwys word as "skaduwees" en "eerste beginsels" is nie op Christene van toepassing nie en kom ook nie in hierdie lys voor nie.

Verder moet ons ook oplet dat daar 'n geweldige groot verskil is tussen die najaag van 'n geestelike deug soos liefde, blydskap, lankmoedigheid ens. en aan die ander kant die nakoming van 'n fisiese "wet", verordening of ritueel. Eersgenoemde kom uit die wedergebore hart en word gedryf deur die liefde van Christus terwyl laasgenoemde 'n vereiste is wat op klip of papier staan en wat jy moet gehoorsaam. Van hierdie tweede een is ons bevry om genadiglik in die eerste een ingelei te word.

Om dit wat ons nou net gesÍ het te bevestig is een van die "wette" wat hier aangegee word juis: "Be not entangled again with keeping the law (Galatians 5:1)" en "Let no one judge you with regard to meats, drinks, holy days, new moons, and sabbath days (Col. 2:14-17; Romans 14:5-7)."

Die inleiding van hierdie lys nuwe testamentiese "wette" begin reeds met die hoogs betekenisvolle bevestiging dat die hele wet van Moses, insluitende die 10 gebooie, nou tot tiet is: "They are not to be confused with the 10 commandments which were abolished with the law of Moses."

Die Filadelfieer
Jul 22nd 2008, 06:59 AM
Baie dankie vir die skakel An, dit bevestig so baie van wat reeds rondom die Wet en Wettisme geskryf is. Hierdie sal nogals 'n oulike Bybelstudie maak ! :hug:

Soos wat David sÍ, bevestig dit maar net weer dat die Wet bloot skaduprentjies is van Nuwe Testamentiese vervullings en beloftes, die vleeslike teenoor die geestelike.

Ta-An
Jul 22nd 2008, 11:08 AM
Dit is lekker om te weet ons doen nie die dinge om deur G_d aanvaar te word nie, maar omdat ons Hom lief het, dat dit van ons voortvloei :pp

Ta-An
Jul 22nd 2008, 12:01 PM
:hmm:
Titus3:9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.

VERMY 'GESLAGSREGISTERS' Ek wonder hoekom?? Behalwe dat dit nutteloos en doelloos is :hmm:

Son of the South
Jul 22nd 2008, 01:42 PM
:hmm:
Titus3:9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet,want dit is nutteloos en doelloos.

VERMY 'GESLAGSREGISTERS' Ek wonder hoekom?? Behalwe dat dit nutteloos en doelloos is :hmm:


Ek is nou nie 'n kenner op die gebied nie, maar ek weet die Europese koninklikes is baie gesteld op hulle bloedlyn.

Ek het byvoorbeeld al 'n 'conspiracy theory' raakgelees op 'n bedenklike webtuiste dat prins William die antichris is en dat sy geslagsregister bewys hy is 'n afstammeling van koning Dawid of iets. Ek weet hulle versterk hulle argument met sterrewiggelarye en die feit dat hy Diana se seun is en hulle koppel haar met die afgod Diana, en, en, en... Ek kan nie die detail onthou nie, maar ek weet dit was 'n uitgebreide bogspul.

Daar is natuurlik net soveel storietjies oor die geslagsregisters van die Amerikaanse withuis wat weer gekoppel word aan die van die Europese koninklikes en dan raak die storie net nog meer absurd en deurmekaar.

Kyk, ek glo die twak nie; wat my ontstel daarvan is dat 'iemand' dit glo. Ek hoop nie dit is werklik die rede waarom die Europese koninklikes let op hulle BLOU BLOED nie? Dit klink vir my nou regtig nutteloos en doelloos.