PDA

View Full Version : Hoe Bibleforums my gehelp het!



CFJ
Jul 26th 2008, 09:25 AM
Baie mense vra my wat doen ek vir 'n lewe. My antwoord het soos ek al meer hier betrokke geraak het, begin vorm na, "besigheidsman en 'n voltydse bediening". Baie van die gesprekke en debatte waarin mens gevorm kon word, om met die regte gesindheid die waarheid te verdedig en ook te erken waar mens in jouself ontbreek aan die volheid van die waarheid, kon ekself hoofsaaklik wat mens kon leer op Bibleforums en dan ook ander internet forums, myself leer verwoord. Inderwaarheid het Jesus my leermeester geraak en Bibleforums was een van die plekke waar Hy dit die meeste kon bewerk. Mens leer met die tyd om detail te negeer en op die groter prentjie te fokus. Jesus plus iets laat mens in detail verval en die eenvoud van wat Christus se kruis self beteken, is werklik die krag van die Evangelie.

Reeds sedert 2002 is ekself betrokke by Bibleforums (Bibledatabase) en dan ook sedert verlede jaar by Afrikaanse Lighuis (ook op Bibledatabase)... en so onlangs soos 17 Julie hierdie jaar, was ek bevoorreg om op 'n sending-uitreik in ZambiŽ vir 3 weke te kon wees. Alhoewel die Here dit telkemale bevestig het dat ek spesifiek ZambiŽ toe moes gaan, het ek nie vooraf geweet presies wat ek daar sou doen nie, behalwe dat dit oor siele sou handel, wat vir die Here kosbaar is.

Die deel waar ons gewerk het in ZambiŽ, is 'n sterk SDA (7de Dag Adventiste) vesting. Vir ongeveer 2 jaar was ek die moderator in die "World Religions" forum en dit het handiger tepas gekom as wat ek ooit sou kon besef het. Net die week voor die uitreik, dit het ek eers na die tyd besef, was ek vir 'n week in die Kaap saam met 'n besigheidskontak en ons het 'n groot deel van daardie week oor die werking van die wet gesels. Min sou ek besef dat dit presies hierdie gesprekke sou wees, wat spontaan mens net laat weet het wat om te sÍ, t.o.v. mense wat werklik gebind is aan persoonlike nakoming van die wet. Veral toe mens meer in detail kon ingaan oor die SDA's se wetsonderhouding en hoe die mens dit nie kan doen nie, maar deur aan Jesus Christus vas te hou en Hy dit dan namens jou doen, het elke liewe lidmaat van die SDA wat ons mee gesels het, besef wat Jesus werklik vir ons kom doen het. Elke een wat verlos was van die binding van wetsonderhouding, wou Jesus onmiddelik persoonlik ontmoet en mens kan net bid dat God nou daar sal werk, om hierdie mense vir Sy koninkryk te behou. Die ideaal sal natuurlik wees om so gou moontlik weer daar te kan kom, want mens moet dissipels maak en om te leer in die lering (Rom 12), is iets wat enige verantwoordelike gelowige met 'n sielelas, behoort na te kom. Jong gelowiges se grond moet voorberei word, sodat hulle kan vrug dra...

Dit sal aangenaam wees om meer detail later te kan gee, maar selfs die tyd wat ek moderator kon wees in die "Dreams, Visions and Prophecy" forum, het met tye handig te pas gekom. Veral hierdie forum het vir myself met tye totaal onnodig gevoel toe ek self daar was, maar in die praktiese sendingveld blyk dit dat niks wat mens vir die Here doen, onnodig is nie. Dit is maar net so kort getuienis oor wat Bibleforums vir my kon beteken... en mens leer uit eie ondervinding dat hierdie in die ware sin van die woord, 'n lewende kampus is waar mens feitlik alles kan leer wat nodig is om vir die Here te werk!

Etienne Marais
Jun 13th 2009, 11:29 PM
Bible forums het my ook gehelp. Lignet en Bible forums het my gehelp om van ander chatrooms af weg te bly. Ek wil net se dat ek op die Kyknet forum versoek het om Villa Rosa ook vyf aande per week te wys net soos my ander sepie stories 7 de Laan en Binnelanders. My versoek was so verslaawend dat ek dit op die Kyknet forum oor en oor herhaal het. Dit het die mense geireteer. Ek doen nie gewoonlik sulke goed nie maar my versoek was so verslawend dat ek dit nie kon help nie. Ek het toe so uit gevind dat party kletskamers gevaarlik is omdat skelms in party kletskamers uithang. Ek het die Kyknet Forum toe gelos en nou skryf ek net op plekke waar ek met Christenne te doen kry soos Lignet. Mense kan eerder in Christelike kletskamers skryf as om in kletskamers te skryf waar mens nie weet mens met skelms chat nie. Ouens het een keer op die Kyknet forum vir my gejok dat Villa Rosa in april sou eindig. Dit het nie eers gebeur nie. Een van die karakters Astrid in Villa Rosa is 'n regte heks en nog iemand het vir my gejok en gese Astrid sou almal se lewens op die einde verwoes. Dit het ook nie eers gebeur nie. Hiermee se ek uit die goedheid van my hart vir mense om van kletskamers waar daar skelms uithang weg te bly en eerder op Christelike klestkamers te gaan. Ek het ook op Lignet gelees van die gevaar van die Mixit kletskamers. Die Mixit kletskamers is plekke waar daar skelms uithang en dit is vieslike chatrooms.

Willem
Jun 14th 2009, 02:55 PM
Baie mense vra my wat doen ek vir 'n lewe. My antwoord het soos ek al meer hier betrokke geraak het, begin vorm na, "besigheidsman en 'n voltydse bediening".


Dit is maar net so kort getuienis oor wat Bibleforums vir my kon beteken... en mens leer uit eie ondervinding dat hierdie in die ware sin van die woord, 'n lewende kampus is waar mens feitlik alles kan leer wat nodig is om vir die Here te werk!
Dankie Ferdi,

Sit bietjie perspektief by en maak my net lus of nog meer te leer en te chat.