PDA

View Full Version : Blink Nuwe Webwerf



Antonvs
Sep 7th 2008, 03:55 AM
Wie van julle het al by http://www.graceunlimited.co.za/
besoek afgelÍ?

Dit is 'n konserwatiewe en bybelse webwerf wat poog om Suid Afrikaners by die waarheid uit te bring.

Willem
Sep 7th 2008, 06:42 AM
Hi Anton,

vanoggend gaan loer, toe sien ek Ken Hovind (DrDino ) as een van sy favourite links. Die man is tronk toe vir belasting bedrog in Amerika ( Vrugte ? ) en baie site het hulle al van hom gedistansieer omdat hy di waarheid partykeer "buig" om mense te oortuig van skepping vs evolusie.

Ek voel net nie OK oor die ou nie , maar oor die bybelse akkuraatheid van graceunlimited sal ek maar moet wag totouens soos julle kon loer en praat.
Ek moet nog baie swot :blush:

Dankie vir die link, sal dit hou vir toekoms

Phil Fourie
Sep 8th 2008, 06:16 AM
Willem

Aangaande Dr. Hovind, ja ek stem nie saam met alles van hom nie, ek keur nie sy besluit om te weier om belasting te betaal oordat hy nie 'n korrupte regering wil ondersteun goed nie, maar weet jy hoeveel mense het al tot bekering gekom deurdat sy DVD's hulle anders laat dink het en terug laat keer het tot geloof in die Woord.

So ja, as mens is hy baie feilbaar, maar as evangelis het hy 'n kragtige impak.

Net so 'n ietsie om te herkou ;) :)

Groete
Phil

Antonvs
Sep 9th 2008, 04:08 AM
Is dit nie so waar van ons wereld raamwerkie nie - ons kry 'n skatkis voor ons deur een oggend vol goud en edel-gesteentes. So, grawe ons deur die skatkis en kry 'n brons kandelaar wat min werd is, dalk R1000. So vat ons die skatkis en plaas dit op die sypaadjie vir wie ookal om op te laai. Al brommende gaan ons die huis in - "wat kan ek nou maak met 'n skatkis wat 'n brons kandelaar in het - dis belaglik"

Willem, ek dink jy sal sien ek verwys na jou plasing. Ja, ek stem saam oor Kent Hovind, wat ookal (nie belasting bedrog maar belasting wyering - feite-feite).

Weet jy ek het GEEN hoop vir die Christendom onder mense wat meer suiwer as die ander een wil wees -die resultaat is "afstig en afstig en afstig en afstig en afstig . . . " Mense wat tipies die skatkis wegsmyt oor daar durf nou 'n brons kandelaar tussen in was.

Wees versigtig - ek is nie 'n ou wat almal wil "happy" hou nie -ek self streef vir die waarheid en ja ek is weereens glad nie 'n Hovind vriend nie, maar soms kyk ek iets soos 'n skakel oor - en wag dat die Here daardie persoon oortuig van anders, en as hy nie sal ek hom in liefde raad gee.

Willem, het jy enigsins na iets anders op die webtuiste gaan kyk? Daar is soveel goeie goed veral met sy "drug rehab"


Broeders, "gentleness, kindness and patience" - Dankie nogsteeds vir jou interaksies hier op die webwerf

Willem
Sep 9th 2008, 08:51 PM
Hi Phil,

ek self het deur sy video's 'n ander insig oor bybel gekry en dit as meer letterlik as voorheen beskou en wereld as meer "mislei/verlei" :idea:

Tans besig om te luister na Chuck Missler se mp3 preke oor bybel en wetenskap en seker maar dieselfde? :hmm:Ek het nie die kennis om te oordeel oor alles wat hy/hulle preek nie, maar die basis is dat my geloof in God se woord as onfeilbaar versterk word, en opgebou word as enigste verwysing van waarheid en betroubaarheid (is ek nou skynheilig :eek: ) ek stem ook saam dat God baie mense gebruik, maar sal nog steeds nie reg voel om Dr Hovind aan 'n nie-gelowige voor te hou , sonder om uit te wys dat hy soos ons almal ook foute het en maak nie.

Ek is net bang om weg te dwaal en verkeerde mense te begin volg i.p.v Jesus Christus self! Ken myself ook nou al....raak opgewonde oor alles en onlangs gelees dat Satan mense juis aanval as jy moeg, gestres, opgewonde ens is en nie op Jesus fokus nie, maar op die emosies.

AntonVS,
Dankie vir die teregwysing,(die feite het ek verkeerd:blush:) het ook die ope brief aan Angus gelees(probeer, maar ver bo-oor my kop en so lank en complicated!?) Het net nie "rustigheid gevoel oor wat ek tot dusver daar gelees het nie. Sal weer gaan lees en soek en soos jy se die skat daar kry? Miskien is ek nog nie reg om die site se skat te verstaan nie? ( net 2,5 jaar oud :pp Dankie Here ! )

Dis ook hoekom ek die forum so geniet, ek kan my vrae vrae en opinies kry ( in liefde :hug: ) en die gemeenskap op die manier ook deel en so groei in Christus.

dankie ook vir julle ""Broeders, "gentleness, kindness and patience"" en veral geduld met "kinners" soos ek.

Antonvs
Sep 10th 2008, 06:41 AM
Willem, jy het my vermaning goed hanteer - great!!

Jy is ook by die regte plek hier - so groei ons almal saam in die Here

So sluip jy Yster met Yster.

Phil Fourie
Sep 11th 2008, 06:12 AM
Willem

Ek wil tog ook saam met Anton se, dankie vir jou wonderlike sagmoedige en leerbare gees, ek geniet jou plasings en insette hier vandat jy hier aangekom het. Ons almal word maar soms vermaan, dit is nie veronderstel om lekker te wees nie, maar ons moet onsself daaraan gaan evalueer en indien nodig regstellings maak. Sjoe, ek is al so baie vermaan en ek geniet dit nogsteeds nie baie nie :lol:

Ek wil eintlike 'n draad gaan oopmaak oor tug, ek hoop julle gaan almal deelneem, want ek dink dit is 'n baie goeie onderwerp.

Tot later dan en groete
Phil

Antonvs
Sep 12th 2008, 08:21 PM
Ek dink gister aand in 'n vergadering dat ons iets moet doen oor "Tug / Dissipline en die rol van Dissipelskap"

Soos een van die Sprekers genoem het "kerk dissipline" is 'n uitgestorwe Bybelse praktyk.

Weet jy na 25 jaar in my ou kerk het niemand my ooit in liefde vermaan nie, slegs 'n toegewyde Sondag skool juffrou het my in Graad 2 nader geroep, en my so sag-kuns vermaan dat ek nooit die Bybel gelees het op 'n gereelde basis nie - dit het 'n onuitwisbare indruk op my gemaak