PDA

View Full Version : Onrein en heilig?



Willem
Sep 9th 2008, 10:43 PM
Mat 15:10 En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesÍ: Luister en verstaan!
Mat 15:11 Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
Mat 15:12 Daarop kom sy dissipels nader en sÍ vir Hom: Weet U dat die FariseŽrs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?
Mat 15:13 Maar Hy antwoord en sÍ: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.
Mat 15:14 Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as Ďn blinde Ďn ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.
Mat 15:15 En Petrus antwoord en sÍ vir Hom: Verklaar vir ons hierdie gelykenis.
Mat 15:16 Maar Jesus sÍ: Is julle dan ook nog sonder verstand?
Mat 15:17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?
Mat 15:18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is diť wat die mens onrein maak.
Mat 15:19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
Mat 15:20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.


Gelees wat Phil laasjaar gepos het oor die woorde wat mens spreek en hoe dit soos dolksteke kan wees, dit juis ok vanaand gekry in kommunikasie kursus, toe onthou ek die en hoe dit my getref het.

Eers gedink dat dit ook se dat ek letterlik nie hoef te bekommer oor wat ingaan nie, want dit maak nie onrein nie:B Ek bid vir wysheid en die "vrees van God" en ek dink dit kom stadig maar seker...God weet hoe om te leer en wat ek nodig het:D

Nou verstaan ek dat dit wat nie Liefde is nie en uit ons hart kom en wat ons dan kies om te se ( die tong het mag oor lewe en dood ? ) ons onrein maak en van God "verwyder" ? tot ons die sonde bely? en Hy ons weer rein maak ...?

Ek het help nodig:giveup: ......tog , Hy sal die werk wat Hy begin het voltooi:pp en dan sal ek ook eerlik kan getuig ek vrees God soos Sy woord bedoel en heilig wees want God is heilig

Gene
Sep 10th 2008, 08:07 AM
Nou verstaan ek dat dit wat nie Liefde is nie en uit ons hart kom en wat ons dan kies om te se ( die tong het mag oor lewe en dood ? ) ons onrein maak en van God "verwyder" ? tot ons die sonde bely? en Hy ons weer rein maak ...?

Ek het help nodig:giveup: ......tog , Hy sal die werk wat Hy begin het voltooi:pp en dan sal ek ook eerlik kan getuig ek vrees God soos Sy woord bedoel en heilig wees want God is heilig


Hi Willem

Jy is heelteml reg. Dit wat in 'n mens se hart leef, is wat jou onrein maak, en dit word geopenbaar deur dit wat by die mond uitkom. En glo my, ons het almal hulp nodig. Ek loop hierdie pad darem al ongeveer 15 jaar, en steeds skrik ek soms vir dit wat by my mond uitkom. Dis maklik om te let op die woorde wat mens gebruik wanneer jy normaal met ander mense omgaan, maar in 'n situasie waar jy nie tyd het om te dink nie, soos wanneer jy skrik, of wanneer jy jou skielik vererg..... Dis sulke tye dat ek besef hoeveel onreinheid daar nog in my hart leef. Maar dis 'n groeiproses, en 'n mens word met tyd al meer en meer gevorm om te word soos wat die Here wil he jy moet wees. Heiligmaking is 'n proses, dit gebeur nie oornag nie.

Die Filadelfieer
Sep 10th 2008, 01:13 PM
Ek kan maar net saam met Eugene getuig, ons almal het hulp nodig, maar juis die besef hiervan is genoeg bewys dat die Here in ons harte werk op ons pad na heiligmaking. Ek stel voor dat ons nie net vir onself nie, maar ook vir mekaar bid dat die Here ons oŽ oopmaak vir ons tekortkominge, en die krag om dit te oorkom sover as wat dit menslik moontlik is.