PDA

View Full Version : God praat met jou/my



Willem
Sep 11th 2008, 08:20 PM
Vandag heerlike gesprek met kollega en broer by werk gehad waar hy baie met my gedeel het , spesifiek oor die doop met heilige gees en dat hy begin voel dat die Here drasties in sy lewe werk. OOK getuig oor goed wat awesome was, maar die kan ek nie herhaal nie.:pp

Punt is hy se my toe dat hy altyd gewonder het hoe mense se dat God met hulle praat en dat hy beleef dat waar hy gedagtes kry hy dit toets teen of dit "positief is " ( hou aan ek het ook geworry:hmm: ) in teenstand met selfsugtig wat die vlees sou wil he of sondig wat versoeking van Satan sou verteenwoordig.

Verduidelik toe verder dat die positief is om ander te help teen wat sy verstand vir hom se , soos om tannie by wie hy verbyry ,'n "lift" aan te bied na hy "gevoel/gedagte/instruksie" kry om haar op te help, dit terwyl hy laat is vir afspraak. Die geval is dit toe 'n ouma wat op pad is om na kinders te gaan kyk, want ma moes hospitaal toe gaan vir een of ander krisis en toe is die vriendin wat moes kyk nie beskikbaar nie.

Hy borrel sommer oor dit wat hy beleef en se dit kom al lang pad en hy moes leer om te luister en te toets teen woord en; se hy: moelikste gehoorsaam te wees.:hmm:

Nou...is daar bybelse bevestiging oor hoe die Gees in ons harte en gedagtes praat; ek onthou net een wat se dat jy 'n stem agter jou sal hoor wat se nie die pad nie as jy verkeerd loop ( iewers ou testament gelees :B wens ek kan verse onthou):help:vir my bid vir nuwe verstand en geheue van God af?

Lanie
Sep 12th 2008, 09:04 AM
Nou...is daar bybelse bevestiging oor hoe die Gees in ons harte en gedagtes praat; ek onthou net een wat se dat jy 'n stem agter jou sal hoor wat se nie die pad nie as jy verkeerd loop ( iewers ou testament gelees :B wens ek kan verse onthou):help:vir my bid vir nuwe verstand en geheue van God af?

Jesaja 30:21 ...en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat sÍ: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.