PDA

View Full Version : Chuck Missler Bible in 24 hours

Willem
Sep 11th 2008, 09:20 PM
Vriend en broer het my die gegee om na te luister , mp3 en powerpoint wat saamgaan, het nog net op pad werk toe en terug in kar geluister, maar die fisika en wetenskap wat hy na verwys is WOW en die beste is dat 'n kollega wat saam met my ry en PAGAN is actually ook luister en dit interresant vind en die goed oor genesis wil gaan oplees in haar ma se bybel!:pp Die Here besig om my gebed te verhoor of gaan iemand anders oes waar die saad val?:bounce:

Paar basic punte,

tyd is nie konstant nie! Atomiese horlosies verloor of wen tyd a.g.v hoogte bo seespieel :eek:en as hulle om aarde reis!:rofl: so die hele millinions and onions of years ago ding mag dalk nie so baie onions weg wees nie:rofl:

"space" kan geskeur word, gespan word gerol word; bybel se ook so :idea:

Daar is blykbaar 10 dimensies aan space..... vogens fisika en quantum fisika en wiskundig bewys:note:( ek moet die powerpoints gaan research !)
een of ander rabbi in 14de eeu het dit al uitgefigure deur Genesis en Exsodus ? te lees.:rofl: 4 ken ons lengte hoogte breedte en tyd, ander ses is MOEILIK om te verstaan vir my plat kop.:(

Dit vat ons 6000 jaar om terug te kom by Genesis 1 waar God se "laat daar lig wees"

Terloops wat was die oorsprong van die lig? As God lig kan maak sonder 'n kersie of gloeilamp of son of ander sterre, dan kon Hy mos die lig wat Onions and onions of years gevat het om by ons te kom van ander sterre af ook gemaak het waar dit moes wees om op regte "tyd" by ons te kom....

Rut
Sep 12th 2008, 09:39 AM

Hallo Willem

Ja, al hierdie “kennis” soos wat Skrif bevestig sal vermeerder, en is baie interresant om al die teorie van die slim mense te gaan naslaan. Dit gaan soms my verstand te bowe wanneer sommige nie Skrif ‘n kans wil gee rakende die wetenskap et al nie, want 99.9 % van hierdie sg “new found knowledge” kan mens net weer terug verwys êrens in die Woord.

Eerstens wil ek noem ek myself nie aan enige denominasie gelowiges verbind nie (weet ook nie eintlik hoe nie. :confused Ek beleef almal as deel van die liggaam) is dit soms interresant as ek dinge bedink en dit later moet raak lees. Daarin vind ek in opsigself ‘n bewys dat daar niks nuuts onder die son is nie. Die woorde of interpretasie daarvan deur mense of wetenskaplikes mag egter verskil, maar die IS, en die Woord bly onveranderlik..

Hul sê “Science is not something that is natural to mankind” Die wetenskaplike Loren Eiseley het beklemtoon dat die wetenskap “an invented cultural institution” is en ‘n “unique soil” nodig het om dit te laat floreer. Wat my bring by jou vraag oor die oorsprong van Lig , of die “unique soil”, dan.

Hierdie Lig, is die Heilige Gees wat gesweef het oor die waters toe die aarde woes en leeg was. In hierdie Lig of Heilige Gees, is die som totaal van alle wetenskap vasgevat. ( Ek sien die Christian Science verstaan dit ook so, maar weet nie veel oor hul God aanbiddings beleid nie. Soos ek verstaan is daar by hul die “no sin, no cross” waarmee ek nie saam stem nie. Ek is in ekstase oor die feit dat ek WEET ek ‘n Verlosser nodig het!:pp

Dr. HL Willmington vat dit mooi vas in “Willmington’s Guide to the Bible”
“First day: the creation of light (Gen1:2-5)
The Holy Spirit moved (vibrated) upon the earth. From this omnipotent, vibrating energy source began to flow our energy waves – waves of heat and sound magnetism. Thus, the created universe was energized. The earth rotating on its axis also began at this time. Both energy and matter were now present in the space, mass, time framework. The three basic types of force fields were now in effect.

gravitational – the force between two objects
electro-magnetic – the force between the electron and the nucleus of an atom.
nuclear – the force between the proton and neutron within the atom.

Ek wil ook net byvoeg – Hy gaan verder deur te sê “Some mistakenly believe that the Holy Spirit first came to earth at Pentecost in Acts 2, and that he will leave at the rapture. But here he is pictured in the second verse in the Bible.”

Terloops, ek lees êrens dat die alomteenwoordigheidsbegrip aan die 8ste + dimensie toegeken word. Wat dit vir my interresant maak wiskundig nou, is God se alomteenwoordigheid (…-9,-8,-7…..-1, 0 +1 +2 +3,+4,+5…+7,+8,+9… )oral, of die IS, is. Al beweeg iemand bv. in die -4 dimensie bly hy steeds in God se alomteenwoordigheid. Die O op die grafiek verteenwoordig vir my Christus, of die skeiding tussen die positief en die negatief. Sonder 0 kan daar nie 1 wees nie, dus is 0 die belangrikste faktor. God/Christus/HG is vir my niks en alles gelyktydig. Ek weet nie, miskien praat ek snert, maar wanneer iemand die stelling maak van jy kan nie vir God wegkruip nie, kom hierdie wiskundige konsep by my op.

Groete
Sister Rut

Die Filadelfieer
Sep 12th 2008, 10:38 AM
Chuck Missler is een van my gunsteling teoloë, alhoewel die dinge wat hier bespreek is vir my nuus is. Ek het redelik van sy goed bestudeer aangesien hy ook heel uitgesproke oor die snertstorie wat hulle evolusie noem, insluitend sy nou bekende grondboontjiebotterteorie.

Hierdie klink heel interesant. As een van julle dalk 'n skakel of bronverwysing vir my het sal ek dit kwaai wardeer.

Willem
Sep 14th 2008, 09:50 PM

http://www.khouse.org/

Wat is die grondboontjie botter teorie?

Die Filadelfieer
Sep 17th 2008, 06:37 AM
http://www.khouse.org/

Wat is die grondboontjie botter teorie?

Geniet ! (http://www.youtube.com/watch?v=qq1HOxwFZCY&feature=related)

Die basiese idee is dat daar nie nuwe lewe in grondbootjiebotter spontaan kan ontstaan sonder invloed van buite af nie.

Willem
Sep 17th 2008, 09:51 PM
Ja glad nie wetenskaplik en herhaalbaar nie, die hele verwerkte voedsel bedryf moet in hulle sokkies bewe oor die dag wat new life on earth uit een van hul botteltjies uitspring en hulle hof toe gesleep word daarvoor