PDA

View Full Version : Gedig: As jy net weet



Trudie Myburgh
Sep 12th 2008, 06:52 AM
'n Mond wat lag,
oŽ wat ween,
'n hand wat gee,
'n hart wat kwyn
'n Liggaam wat swoeg,
'n siel wat wroeg.

Uit eie boesem het jy jou siel bevlek
'n geroeste minora blade,
oop are, vel met rooi bevlek
so het ek jou ondek

Het jy in die donker dieptes saligheid gevind?
Dalk die rigting na vrede ondek?

Om hand in eie boesem te slaan,
sal jy nou voor God moet staan.

paidforinfull
Sep 26th 2008, 10:48 PM
Haai - dis 'n pragtige gedig. Ek weet nie of baie mense hier van SA af is wat dit kan verstaan nie (ek is nuut op die Forum). God bless.

Trudie Myburgh
Sep 29th 2008, 12:22 PM
Thanks, Ek is bly jy hou daarvan en welkom, ek is self ook nie lank hier nie. Ek kry soveel blessing hier, baie van die gedigte wat ek lees maak vir my soveel sin. As ek soms bedruk voel, kom lees ek en ervaar net weer God se nabyheid in ons lewens. Daar is soveel waarvoor ons dankbaar kan wees. So baie mense word aangeraak deur gedigte wat geskryf word. Anyway, thanks weereens. Mag God jou lewe aanraak en vervul met liefde.

Ta-An
Sep 29th 2008, 06:16 PM
Trudie het jy self geskryf??

Ek is in trane......

CFJ
Sep 30th 2008, 11:19 AM
Welkom by ons Trudie. ACCM het die draad vir ons hiernatoe geskuif. Hierdie forum word gekombineer met 'n paar ander, maar almal is welkom om hulle gedigte in hierdie forum te plaas.

Dit is 'n mooier as mooi gedig. Ek het nooit van gedigte gehou nie, totdat ek agtergekom het ek verstaan dit nie, maar toe ek dit eers verstaan, toe ontdek ek een van die mooiste dinge aan die mens bekend!

Trudie Myburgh
Apr 1st 2009, 10:01 AM
Baie dankie julle almal vir julle verwelkoming en mooi woorde. Ek was baie lank laas op die net, dinge was bietjie rof die laaste tyd, maar ek is bly om terug te wees.

ja, ek het die gedig self geskryf, was 'n tyd wat ek self daaraan gedink het om my lewe te neem, maar dank die Vader ek was nie suksesvol nie. Sy genade dra ons deur.

Gedigte was maar altyd my manier om deur moeilike tye te kom.

Ek hoop ek hoor meer van julle ouens,

Geseende dag.
Trudie

protea
Apr 4th 2009, 04:46 AM
Baie welkom Trudie! Wat sal ons in krisistye in ons lewens maak as ons nie ons Anker het nie, ne?! Dank die Here vir Sy beskermende Hand!
Ek het lank gelede van n ongelowige baie groot melkboer gehoor wat in een week sy vrou verloor het na n operasie, sy massiewe dam wat drie spilpunte moes voed het gebreek en toe asof dit nog nie genoeg was nie kom daar n verwoestende veldbrand en brand baie van sy weidings tot niet. My vraag is nou : Wat maak mense wat NIE vir Jesus as n Anker het nie? Hoe kom hulle hulle krisisse te bowe? Ek wil my nie eens in so n scenario INDINK sonder Jesus nie!:cry:

Cornelia Russell
Apr 9th 2009, 09:30 PM
WOW!!!! dit het my "goosebumps" gegee!!!

Trudie Myburgh
Apr 14th 2009, 08:08 AM
Trudie het jy self geskryf??

Ek is in trane......


Hi ACCM - Ja ek het self geskryf. Julle ouens moet maar verskoon as dit lyk of ek besig is om rond te trap hier, maar ek sukkel nog om mooi te verstaan hoe alles werk.

Christus liefde
Trudie

Trudie Myburgh
Apr 14th 2009, 08:12 AM
Baie welkom Trudie! Wat sal ons in krisistye in ons lewens maak as ons nie ons Anker het nie, ne?! Dank die Here vir Sy beskermende Hand!
Ek het lank gelede van n ongelowige baie groot melkboer gehoor wat in een week sy vrou verloor het na n operasie, sy massiewe dam wat drie spilpunte moes voed het gebreek en toe asof dit nog nie genoeg was nie kom daar n verwoestende veldbrand en brand baie van sy weidings tot niet. My vraag is nou : Wat maak mense wat NIE vir Jesus as n Anker het nie? Hoe kom hulle hulle krisisse te bowe? Ek wil my nie eens in so n scenario INDINK sonder Jesus nie!:cry:
Protea - God is so wonderbaarlik goed. As ek terug kyk na my lewe tot by 95, WEET EK dat daar 'n lewende God is wat oor ons besorg is. Ek kon nooit verstaan waar God is en hoekom Hy nie hoor as ek roep nie, maar Hy was altyd daar. As mens so terugkyk na jou lewe (nie met begeerte om terug te gaan nie) om te sien waar jy vandaan kom en hoe jy gekom het waar jy is, wel ek het verbaas gestaan.

Alle eer aan Hom wat alomteenwoordig is en in beheer is van my lewe!

Trudie Myburgh
Apr 14th 2009, 08:15 AM
WOW!!!! dit het my "goosebumps" gegee!!!
Cornelia,

Ja, net so het ek trane in my oŽ gekry toe ek jou Sondag op die verhoog sien en met hoeveel passie jy die rol van Maria vertolk het, ek is seker daarvan God het jou gebruik om 'n paar harte aan te raak. Gebruik jou talent sus, en God bless!!

Karen1
Jun 9th 2009, 04:08 PM
Hierdie is werklik baie goed geskryf en baie diep en seer...besonder mooi Trudie.