PDA

View Full Version : Is dit skinder?



Lanie
Sep 14th 2008, 05:20 AM
Kom ek skets gou vir julle die agtergrond van hierdie vraag. Ek sit so rukkie terug 'n artikel en lees op e-kerk se huweliksbladsy en my oog vang 'n brief. Dis 'n vrou wat hulp vra en ek besef ek weet wie dit is nog voordat ek tot onder lees want haar omstandighede klink baie bekend (ons bly in 'n klein dorpie, julle) Ek ken haar want my man het al saam met hulle 4x4 gery en hulle was by 'n ouerskapkursus wat ons bygewoon het. Maar ons ken mekaar nie persoonlik nie. In elk geval, ek bid toe dadelik want haar brief raak 'n baie seer punt in my kinderverlede aan (stiefouers). Ek kry toe 'n vreeslike dringende gevoel dat ek haar moet bel en met haar gesels en saam met haar te bid. Maar ek s toe vir myself dat ek nie kan nie want wat sal sy dink as 'n vreemde vrou haar uit die bloute bel en vir haar wil bid. 3 ure later bel sy my om te vra of ek vir haar foto's sal neem. Ek was totaal uit die veld geslaan. Sy het my kaartjie al 2 maande terug by 'n kollega gekry en het nou 'n fotograaf nodig. Ek en sy het toe daardie middag bymekaargekom en saamgebid.

Wat ek nou vir julle wil vra is of ek julle kan vra om vir hulle te bid want die Here druk hulle verskriklik op my hart. Maar ek sal meer inligting moet gee want hulle is in 'n baie moelike situasie en ek het geleer mens moet spesifiek bid.:pray::pray::pray:

Ta-An
Sep 14th 2008, 05:50 PM
Weet jy Lanie, ek voel as mens regtig onder leiding van die Heilge Gees bid, sal Hy jou lei hoe om te bid :)

Dit is wonderlik hoe G_d mens voorberei vir 'n taak, jy was gewillig nog voor jy gevra was om dit te doen,,,,,, dit is absoluut fantasties hoe G_d mens voorberei vit Sy werk.

Rut
Sep 14th 2008, 06:21 PM
Weet jy Lanie, ek voel as mens regtig onder leiding van die Heilge Gees bid, sal Hy jou lei hoe om te bid :)

Dit is wonderlik hoe G_d mens voorberei vir 'n taak, jy was gewillig nog voor jy gevra was om dit te doen,,,,,, dit is absoluut fantasties hoe G_d mens voorberei vit Sy werk.


Lanie, ek stem saam met ACCM, :o, skies ACCM, ek het nou jou naam vergeet. Ek is goed met gesigte.:)

Ek hoor jou, oor die wonder of dit skinner is. Nee. As dit nou op 'n ander forum was:confused, miskien. Sal self bietjie op E-kerk gaan loer.;)

Die gebed van een regverdige, dra krag. :pp

Ons moet ook in geloof vasstaan met die hulp van die HG, in die "laat u koninkryk kom..., laat U wil (nou) geskied..." en daarna die hoop fakkel aan die brand hou, - dat een vir een huwelik daarbuite tot sy volle geregtigheid in Christus sal ...manifisteer. Daar is baie hartseer daarbuite, ons bid sommer vir almal wat seer het op hierdie gebied.

Wanneer die HG hierdie persone van Sy teenwoordigheid oortuig, hul dit sal aangryp en 'n 180% omdraai ...(wil)

Groete
Rut

Lanie
Sep 14th 2008, 07:11 PM
Weet jy Lanie, ek voel as mens regtig onder leiding van die Heilge Gees bid, sal Hy jou lei hoe om te bid :)

Dit is wonderlik hoe G_d mens voorberei vir 'n taak, jy was gewillig nog voor jy gevra was om dit te doen,,,,,, dit is absoluut fantasties hoe G_d mens voorberei vit Sy werk.

Anneke, ek wens ek kon s ek was gewillig, maar ek het uit die huis gevlug en in die Checkers se gange met die Here geredeneer of Hy die regte meisie beet het want ek het nie die ondervinding om iemand in hierdie omstandighede by te staan nie.:confused En toe herhinner Hy my aan wat ek 'n ruk terug gelees het. I don't call the qualified, I qualify the called.....

Kan ek op jou staatmaak om vir hierdie vroutjie te bid?:pray: Hulle het dit regtig BAIE nodig.:hug:

Ta-An
Sep 14th 2008, 07:41 PM
..... En toe herhinner Hy my aan wat ek 'n ruk terug gelees het. I don't call the qualified, I qualify the called..... Inderdaad.... Dit is wat Hy doen, as jy gewillig is, sal Hy jou bemagtig


Kan ek op jou staatmaak om vir hierdie vroutjie te bid?:pray: Hulle het dit regtig BAIE nodig.:hug:Ek sal nou gaan, maar dit is eerstens jou plig :pray:

Lanie
Sep 15th 2008, 05:48 AM
Ek sal nou gaan, maar dit is eerstens jou plig :pray:

Natuurlik, maar hoe meer gebede hoe beter. Jy bid dalk vir goeters waaraan ek nie eers dink nie, en andersom. ;)

Optimis
Sep 15th 2008, 07:39 AM
Prys die Here vir die wonderlike uikomste vir die "'n baie moelike situasie " en Prys die Here vir Lanie se oprigting om U wil deur haar te laat geskiet.
AMEN

Ta-An
Sep 15th 2008, 06:33 PM
Natuurlik, maar hoe meer gebede hoe beter. Jy bid dalk vir goeters waaraan ek nie eers dink nie, en andersom. ;)Ek het gisteraand vir haar ingetree en vir jou,,,,,

Die Gees sal jou lei, luister net mooi :hug:

Die Here het jou haar lat herken om haar te help, maar ook om volle genesing vir jou te bring....

Snaaks hoe die Here mens oprig om andere te help deur jou pyn wat jy verwerk het...so soort van 'skoling' wat mens kry deur te groei deur beproewing :hug:

MrT
Sep 15th 2008, 07:50 PM
Lanie

Ek dink glad nie dis skinder nie. PM die details en ek sal hulle op my gebedslys plaas.

Groete

Lanie
Sep 16th 2008, 06:05 AM
Baie dankie, vir julle almal.:hug:

Ta-An
Sep 22nd 2008, 11:06 AM
Hoe gaan dit met 'Haar'??

Lanie
Sep 23rd 2008, 07:45 AM
Hoe gaan dit met 'Haar'??

Hulle het Sondag teruggekom van hulle wittebrood af. Ek sal haar seker nog in hierdie week sien om hulle troufoto's af te gee. Sal dan tydjie h om te gesels en te hoor hoe dit nou gaan.

protea
Sep 24th 2008, 09:58 AM
Hulle het Sondag teruggekom van hulle wittebrood af. Ek sal haar seker nog in hierdie week sien om hulle troufoto's af te gee. Sal dan tydjie h om te gesels en te hoor hoe dit nou gaan.

Lanie , die fotonemery was n briljante skuif van n volmaakte Opperwese om jou in kontak met haar te bring. En daardie dringendheid wat op jou hart gele is om vir hulle te bid, glo ek kom OOK van die Here, want kyk net hoe het die dinge toe in plek geval. EN jy het NOG n kontakbeurt wanneer jy die fotos gaan aflewer... Ons bid dat die woorde van jou mond direk van die Heilige Gees af sal kom!:hug: