PDA

View Full Version : Nuwe Studie Bybel Sien die Lig



Antonvs
Sep 16th 2008, 05:14 AM
Daar is 'n nuwe studie Bybel wat die lig sien - 10 Oktober 2008

Dit beloof om 'n uitstekende stuk te wees, dit is veral gerustellend dat daar etelike baie konserwatiewe akademia wat dit saamgestel het.



Gaan besoek http://www.esvstudybible.org/#formats




In 'n neute dop (jammer vir Engels)

Die Filadelfieer
Sep 16th 2008, 07:03 AM
Dankie Anton, ek gaan definitief 'n kopie in die hande probeer kry. Is die ESV 'n vertaling op sy eie, of is dit gebaseer op 'n ander bestaande vertaling ?

Phil Fourie
Sep 16th 2008, 12:07 PM
ESV is die English Standard Version as ek myself nou nie misgis nie :hmm:

Antonvs
Sep 16th 2008, 11:18 PM
ESV is 'n baie goeie Engelse vertaling - dis 'n moderne Engelse vertaling maar is uit goeie grond tekste gedoen.

Die vetalings span wat relatief konserwatief.

Elimelek
Sep 17th 2008, 10:16 AM
Beste Antonvs, Phil Fourie, Die FiladelfieŽr en kie.

Ek gebruik die English Standard Version verskriklik baie. Dit staan in die KJV- RSV-NRSV tradisie en is dus 'n woord vir woord vertaling. Daar is ook nie gevoelige gender-aanpassings nie. Die vertaling is op die Nestlť-Aland Novum Testamentum Graece (27e uitgawe) en die Biblia Hebraica Stuttgartensia gebaseer - dus kritiese uitgawes, maar daar is heelwat voetnotas vir diť wat die meerderheidsteks van die NT verkies. Al wat somtyds hinderlik is, is party onnatuurlike voorsetsels en tussenwerpsels wat nie goed op die Engelse oor klink nie. My gewone kopie van die Bybel bevat ook 'n bondige konkordansie van meer as 2 600 woord-inskrywings as 'n adendum. Ek het self al baie waarde daaruit geput. Klik op http://www.esv.org/ vir meer inligting.

Daar is reeds 'n Reformation Study Bible (red. RC Sproul, 2005 Ligonier Ministries) wat op die ESV-teks gebaseer is. Ek vind diť betrokke Bybel bietjie eensydig, maar ek dink daar sal baie wees wat dit geniet.

Die ESV Study Bible lyk baie belowend. Waarvan ek hou in die PDF-proewe, is die kaarte wat maak dat jy dadelik jouself in jou gedagtes kan orÔenteer en die tydlyne. (Ek hoop net nie dat daar 'n Genesis-tydlyn gaan wees nie ;).) As die illustrasie van Salomo se tempel 'n aanduiding is van wat verwag kan word, is ek baie-baie opgewonde. Ek het bietjie gevluglees. In die proewe is daar dele wat "konserwatief" oorkom, maar nie so veel soos die Refomation Study Bible nie. Dit is moeilik om tans te sÍ hoe gebalanseerd dit is.

Dit ESV Study Bible hou baie belofte in. Die naaste teks in Afrikaans wat hiermee vergelyk is die Bybellenium Eenvolumekommentaar van CUM (1999). Hoewel laasgenoemde dalk meer inligting bevat, is die ESV Study Bible op die oog af visueel meer aantreklik en bevat dit die volledige Bybelteks.

Ek vermoed die Bybel in Praktyk (ook van CUM, 1993) mag dalk 'n bietjie afgewater voorkom teen die ESV Study Bible. Die Verklarende Bybel (Lux Verbi, 1989) - hoewel ietwat verouderd - kan dalk ook in dieselfde kader as die ESV Study Bible val.

Sal die Bybel in Suid-Afrika beskikbaar wees? Ek raak saam met jou opgewonde Antonvs.

Groete
;)

Elimelek

Lanie
Sep 17th 2008, 11:37 AM
Dankie vir die skakel Elimelek. Jy weet nie dalk waar mens die ESV kan aflaai nie.

Antonvs
Sep 18th 2008, 06:32 AM
Ek kan julle ouens dalk help om hierdie Bybel te kry

Ek kan dit vir julle kry vir US$ 40.00 dalk minder, ek weet nie hoeveel
dit in SA kos nie, maar ons kan dit dalk na 'n sentrale punt in SA aflewer.

Elimelek
Sep 18th 2008, 10:29 PM
Beste Lanie en Antonvs

Die ESV is beskikbaar as 'n module van e-Sword. Die gewone ESV is by die Bybelgenootskap vir R38 beskikbaar. Die ESV is ook beskikbaar is CUM en Gospel Direct. Antonvs, is die ESV Bybel waarvan jy praat dan die ESV Study Bible?

Vriendelike groete
;)

Elimelek

Antonvs
Sep 19th 2008, 11:03 PM
Korrek sien my eerste plasing

Elimelek
Dec 7th 2008, 12:07 AM
Beste Antonvs en andere

Die ESV Study Bible is tans by CUM Boeke (in SA) teen 'n allemintige R600 beskikbaar. Soos ek voorheen geskryf het, is die Bybel in Praktyk en die Verklarende Bybel Afrikaanse ewenknieŽ.

Wat maak die Bybel die moeite werd om te koop?



Sy kleur kaarte en illustrasies.



Die kaarte van belangrike veldslae, waar die rigters opgetree het en hoe Palestina daarna uitgesien het word handig op plekke geplaas waar dit nodig is om die teks te verhelder. (Daar is ook kaarte agterin die Bybel om vinnig na te slaan)
Die illustrasies van die tabernakel (en al sy toebehore), die tempel (Salomo se tempel, Nehemia se tempel, Herodus se tempel ens.) en van 'n sinagoge breek die Bybelteks sommer onmiddelik oop.
Tydlyne en dinastie organogramme help jou om vinnig boeke in hulle groter geheel te plaas en mense tot verhouding met mekaar en ander te verstaan.
Prente van 'n stad se uitleg. Stede soos Jerusalem (in verskillende tye), Jerigo, EffesiŽrs ens. se stadplanne word gegee. Dit oriŽnteer jou dadelik en maak die Bybelverhale wat jy lees meer werklik.



Sy teksnotas (veral op die Nuwe Testament)



Dit is interessant dat die Nuwe Testament so 'n bietjie dikker voorkom as gewoonlik die geval in 'n Bybel is. Die soms uitgebreide teksnotas is hiervoor te danke/wyte (afhangende van jou perspektief). Die notas is versigtig geskryf en probeer om die verskillende moontlike interpretasies van belang uit te wys. Gewoonlik seevier 'n Evangelies-behoudende standpunt in die verklarings en inleidings van die boeke. Ek dink die inleidings is 'n sterkpunt van die Bybel.



Relevante Artikels aan die einde van die Bybel



Aan die einde van die Bybel is daar 'n hele paar kort artikels onder die volgende groot hoofde geskryf:

Biblical Doctrine: An Overview

True Theology: Knowing and Loving God
The Bible and Revelation
What it means to know God
The Character of God
The Trinity
The Person of Christ
The Holy Spirit
The Work of Christ
Mankind
God's Relationship with Creation
Sin
Salvation
The Church
Last Things


Biblical Ethics: An Overview

Biblical Ethics: An Introduction
The Beginning of Life and Abortion
Bioethics
The End of Life
Marriage and Sexual Morality
Divorce and Remarriage
Homosexuality
Civil Government
Capital Punishment
War
Lying and Telling the Truth
Racial Discrimination
Sterwardship


Interpreting the Bible

Interpreting the Bible: An Introduction
Interpreting the Bible: An Historical Overview


Reading the Bible
The Canon of Scripture
The Reliability of Bible Manuscripts
Archaeology and the Bible
The Original Languages of the Bible
The Septuagint
How the New Testament Quotes and Interprets the Old Testament
The Bible in Christianity
The Bible and World Religions
The Bible and Religious Cults
History of Salvation in the Old Testament: Preparing the way for Christ.




Ek het nie al die opskrifte geplaas nie, maar ek dink dat dit die onvattendheid van die ESV Study Bible belig.

Nog 'n belangrike sterk punt van die Bybel is dat as jy die Bybel gekoop het jy volledige toegang tot die ESV Study Bible (notas, prente en al) aanlyn het. Ek dink dat dit maak dat die ESV Study Bible kop en skouers bo ander studiebybels uittroon.
Ek het nog nie genoeg in die Bybel gelees nie, maar tot op hede is ek baie beÔndruk. Die notas is redelik gebalanseerd, hoewel ek soms met van die artikels aan die einde van die Bybel verskil - van dit smaak te veel Amerikaans. Tog dink ek dat hierdie Bybel 'n nodige en waardevolle bydrae lewer om gesprek in die Christendom aan te wakker.

Antonvs, jy't seker nou al 'n rukkie jou kopie van die ESV Study Bible. Hoe vind jy dit? Is hier iemand anders wat iets oor diť Bybel te sÍ het?

Vriendelike groete
;)

Elimelek