PDA

View Full Version : wolke kan nie swaarte vat nie



Hester
Sep 21st 2008, 10:43 AM
:confused Daar word gesÍ dat God eendag vir ons sal kom op 'n wolk. Ek vind dit moeilik om te glo dat dit kan gebeur aangesien 'n wolk nie vastheid het nie, dit is net 'n lugleegte of dis vol water, so hoe kan God op 'n wolk kom, Hy sal mos dwarsdeur val. Kan ek ASB 'n atwoord of verduideliking kry op die vraag, dit pla my nogals baie. :confused

Hester

CFJ
Sep 21st 2008, 12:21 PM
Hallo Hester!

Baie welkom by ons! Die vraag wat jy vra, is feitlik onmoontlik om wetenskaplik te verduidelik, maar 100% moontlik om te glo. In Jesus se eie woorde sÍ Hy,


As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hÍ.
(Joh 3:12-15 AOV)
Daar is iets wat geweldig baie konfrontasie veroorsaak en ook onvermoŽ in mense se geloof veroorsaak. Daardie "iets", is die punt waar aardse realiteite, hemelse werklikhede word. Die mens het 'n keuse, maar die vraag is, op watter punt werk God en waar/wanneer kom aan Hom alleen, al die heerlikheid en eer toe?

Geen mens kan bid en sÍ, "dankie vir my eie aandeel nie". Elke gelowige wat God behaag, sal bid, "dankie vir dit wat U alleen gedoen het!". En ook vÍrder, "aan U kom al die eer en aanbidding en heerlikheid toe, aan myself niks, want ek is niks".

Dit is juis vanuit hierdie posisie, waar ons niks is, waar vrae soos jy hier vra, moeilik beantwoord kan word. Tog is daar 'n maklike antwoord, die antwoord is bloot die volgende...


-En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

-Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beŽrwe nie; ook beŽrwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

-Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

-Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

-En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(1Kor 15:49-54 AOV)
Op aarde is daar dinge, wat ons 'n verstaan kan gee, van die hemelse. As die Here nie 'n huwelik op aarde gegee het nie, sou geeneen van ons, 'n huwelik met Hom kon voorstel nie. As die Here vÍrder nie 'n beeld van die hel op aarde kon gee nie, sou die hemelse werklikheid nooit verstaan kon word nie. Alles werk so, vir elke aardse realiteit, is daar 'n hemelse werklikheid. Jy kan jou eie aardse sonde byvoorbeeld sien en ervaar, maar dit wat Adam gedoen het, die sonde wat hy gedoen het wat ons almal affekteer, is onbegryplik. Al wanneer dit begryplik word, is wanneer God ons natuur kom verander by wedergeboorte. Hierna het mens nie meer 'n sondige natuur nie, maar mens word steeds gekonfronteer deur jou eie sonde, dit wat aards is. Jou konsep van die hemelse lÍ nou in jou begeerte om nie te sondig nie. Dit is met tye net hierdie konsep, wat mens voortdryf om God te behaag, want niks anders kan ons 'n hemelse verwagting gee, as die nuwe natuur wat dit begeer nie (Efe 4:24; Kol 3:10).

In Jesus se goddelike staat, kon Hy dinge doen wat ons menslike verstand nie kan begryp nie. In Sy Godheid, kon Jesus op water loop, deur mure loop, sondes vergewe, mense genees, verskeie wonderwerke doen en baie ander dinge. Tog het Hy gesÍ...


Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
(Joh 14:12-14 AOV)
Ek weet nie of dit jou vraag antwoord nie Hester, maar as mense hierdie werke deelagtig raak wat Hy van getuig het, dan bevestig dit die hemelse werklikheid, wat ons menslike verstand nie kan begryp nie, maar ons kan dit glo...

Optimis
Sep 21st 2008, 03:45 PM
Ek vind dit moeilik om te glo dat dit kan gebeur aangesien 'n wolk nie vastheid het nie, dit is net 'n lugleegte of dis vol water, so hoe kan God op 'n wolk kom, Hy sal mos dwarsdeur val.

Hester, jy laat my terugdink aan my jare as student, "sky-dive" (toe ek nog gedink het dis goed om uit 'n werkende vliegtuig te spring) was een van die dinge waaraan ek baie tyd en geld aan spandeer het.
Soms het die weer vinnig verander, die eerste keer toe ek deur 'n wolk geval het, was sooo lekker dis so sag en klam ..... tot jy deur die wolk is .... dan val jy deur die reŽn!!!!! Stel jou voor, so 200 myl per uur en die reŽn tref jou in jou gesig en selfs jou hande, dit was rÍrig baie seer!!!

Dit het my laat dink daar is baie dinge wat ons kan sÍ oor (dankie vir 'n goeie antwoord CFJ) Hy kom op die wolke en die wolke is lekker ..... Kom ons maak ook seker ons aanvaar Hom as ons persoonlike verlosser!!!! Want na die wolke wil ons tog nie (hel) seer hÍ nie.

Ta-An
Sep 21st 2008, 08:45 PM
Wat beteken die :"Hy kom op die wolke" Eerstens dat Hy uit die Hemele gaan kom,vanuit Sy woonplek... Net soos Hy opgevaar het na die hemel, vandaar gaan Hy kom.

Simboliese taal gebruik

In teenstelling met ter helle neergedaal, want die wat Hy kom haal, gaan ook op die wolke..... weer beklemtoon dit Op in die lug in, na die hemel toe,

En onthou, Almal, moet dit gaan kan sien...soos 'n weerligstraal in die wolke..

Dit sal ook wees soos 'n vaandel in die hemele, vervulling van OT Jesaja 49:22 So sÍ die Here HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; (opsteek ) in die lug in opsteek

Thomas Marx
Sep 23rd 2008, 01:45 PM
En onthou, Almal, moet dit gaan kan sien...soos 'n weerligstraal in die wolke..



Iemand het 'n paar jaar gelede 'n interessante gedagte hieroor met my gedeel:

Die vraag was, hoe sou almal Jesus sien terugkom, want die aarde is mos rond?

'n Moontlike antwoord kon wees dat dit per TV gebeeldsend sou kon word.

CFJ
Sep 23rd 2008, 01:58 PM
Iemand het 'n paar jaar gelede 'n interessante gedagte hieroor met my gedeel:

Die vraag was, hoe sou almal Jesus sien terugkom, want die aarde is mos rond?

'n Moontlike antwoord kon wees dat dit per TV gebeeldsend sou kon word.

'n Ander goeie verduideliking wat ek al gehoor het, was een van David Pawson. Hy reken ons almal gaan 'n verniet vlug Israel toe kry, wanneer die engele ons kom haal en ons almal in 'n groot samekoms gelyktydig gaan sien hoe Jesus weer met die wolke kom en op die Olyfberg gaan staan. Net voor Sy koms, word die ligte afgesit soos by groot teaters, waar Hy dan daarna in groot heerlikheid gaan verskyn...


Mat 24:27-31 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. (28) Want oral waar die dooie liggaam lÍ, daar sal die aasvoŽls saamkom. (29) En dadelik nŠ die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. (30) En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. (31) En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

Ta-An
Sep 23rd 2008, 05:26 PM
'n Moontlike antwoord kon wees dat dit per TV gebeeldsend sou kon word.
Dan gaaan dit nog BAIE lank wees voor Hy kom,,, want wat van arme Afrika waar mense te arm is vir TV :hmm:

Willem
Sep 29th 2008, 10:02 PM
:confused Daar word gesÍ dat God eendag vir ons sal kom op 'n wolk. Ek vind dit moeilik om te glo dat dit kan gebeur aangesien 'n wolk nie vastheid het nie, dit is net 'n lugleegte of dis vol water, so hoe kan God op 'n wolk kom, Hy sal mos dwarsdeur val. Kan ek ASB 'n atwoord of verduideliking kry op die vraag, dit pla my nogals baie. :confused

Hester


Hester, as jy begin dink oor Wie op die wolk gaan kom en nie oor die wolk nie, raak dinge makliker. Nie duideliker nie, net makliker want Hy is almagtig, alwetend, alomteenwoordig en wat ek onlangs begin leer HY IS...

nie iets nie, net IS , al ons idees word omskryf deur boundaries en grense, maar Hy het nie grense nie...:D dis goed om te weet Hy is lief vir jou !

Hester
Oct 5th 2008, 05:46 PM
:DEersterns baie dankie vir die baie mooi en insiggewende antwoorde wat ek ontvang het. Dit help nogal as daar iemand is wat antwoorde kan gee.:pp

:confusedMy volgende vraag wat ek het: iemand wat saam met my man werk kom met die storie: Die haan wat op die kerktoring is, wat is die doel en betekenis daarvan. Die ou sÍ dat dit duiwels is en dat almal wat by daai kerk dienste bywoon gedoem is tot die verderf. Kan iemand meskien dit vir my verklaar. :help:

Baie Dankie
:pray:
Hester

Antonvs
Oct 5th 2008, 06:28 PM
Of die weerhaan duiwels is weet ek nie maar lees hier meer hieroor http://www.mieliestronk.com/www_weerhaan.html (lees net hierdie blad res van werf onbeproef)

Ek sal nie te veel maak van die weerhaan wat 'n stuk yster is wat in die 1900's as die Weervoorspelling gedien het - sodat jy moet weet of jy warm moet aantrek vir kerk.

Ek is meer bekommerd oor die "vals-voorspellings" en "vals-leeraars" binne in die kerk geboue - die Woord van God verwrong - wat duidelik van die duiwel is.

Hester
Oct 8th 2008, 02:33 PM
:confused Ek het weer gaan dink oor my vraag van die wolke en tot die volgende gekom: God is mos nie mens nie volgens die bybel en as God nie mens is nie dan moet Hy mos Gees wees wat op 'n wolk sal kom, maar hoe sien mens 'n gees en hoe gaan ons weet dat dit God is, en as God gees is dan moet die wolke ook mos gees wees, hoe nou, ek verstaan nog steeds nie. :help:

Willem
Oct 8th 2008, 08:04 PM
:confused Ek het weer gaan dink oor my vraag van die wolke en tot die volgende gekom: God is mos nie mens nie volgens die bybel en as God nie mens is nie dan moet Hy mos Gees wees wat op 'n wolk sal kom, maar hoe sien mens 'n gees en hoe gaan ons weet dat dit God is, en as God gees is dan moet die wolke ook mos gees wees, hoe nou, ek verstaan nog steeds nie. :help:

Hester, GOD is so groot en so almagtig dat ons aanhou dink in menslike terme...:giveup: ek het opgegee om te probeer

Ek weet net dat as Hy se dis hoe Hy kom en ons sal Hom almal sien, sal dit so wees!:pp
Onthou die aarde is rond ook nog, hoe sien die in dag en die in nag hom op wolke gelyktydig? Vir my le die antwoord in die feit dat Hy se dat hy die sterre in die holte van Sy palm meet? ( dis moontlik nie presies reg nie maar beginsle bly :blush: ) SO as Hy wat so groot is day hy ligjare in die holte van Sy hand meet kom, dan dink ek vlieg alles wat ons gedink het by die deur uit!:pp :amen:

Miskien sal indescribeable, 'n dvd van Louis Giglio jou help om te besef hoe klein ons is en hoe groot die skepping is en hoe amazing / ongelooflik / onbeskryflik God se skepping en liefde en genade vir ons is.:D

O en onthou, jy is nie net mens nie maar het 'n gees in jou dis hoekom ons nie diere is nie, en as die gees Sy Heilige Gees is wat in jou kom woon het, dan sal Hy mos sorg dat jy dan kan sien.:pp:pray:

paidforinfull
Oct 8th 2008, 08:16 PM
:confused Daar word gesÍ dat God eendag vir ons sal kom op 'n wolk. Ek vind dit moeilik om te glo dat dit kan gebeur aangesien 'n wolk nie vastheid het nie, dit is net 'n lugleegte of dis vol water, so hoe kan God op 'n wolk kom, Hy sal mos dwarsdeur val. Kan ek ASB 'n atwoord of verduideliking kry op die vraag, dit pla my nogals baie. :confused

Hester
Haai Hester - Jesus het dan op water geloop, en Hy kan sekerlik op die wolke ook kom. Hy is ons Skepper, en kan doen nes Hy wil. Ons is gebonde aan ons fisiese wereld en -wette, maar Hy nie. Blessings.

Elimelek
Oct 9th 2008, 12:13 PM
Beste Hester

Ek sou graag wou weet waarom sy vraag oor Jesus wat op die wolke sal kom vir jou (of jou vriend(in)) so belangrik is. Dat Jesus sal kom is belangrik. Hy sal kom soos Hy gegaan het.

In my beskeie opinie kan 'n mens nie die gedagte dat Jesus op die wolke sal kom buite die antieke Bybelse wÍreldbeeld verstaan nie. Die wÍreld is as 'n drie-verdiepinggebou gesien, met die hemel as die boonste verdieping, die aarde as die middelste en die doderyk as die onderste. Om tussen die verdiepings te beweeg is 'n vuurwa of 'n wolk as vervoermiddel gebruik. Verder was berge halfwegstasies tussen hemel en aarde en dus die plekke waar God en mens ontmoet het (dink maar net aan Moses op die berg, Elia ens.). Die antieke mens het wolke gesien en aangeneem dat dit solied is, dus was dit goeie vervoermiddele. (Vir sommige mense was die son 'n vuurwa wat oor die hemelruim getrek het.)

Wanneer ons dan sÍ dat Jesus weer op die wolke gaan kom, sÍ ons Jesus sal kom soos Hy gegaan het - op die wolke. Of dit fisies so is dat Jesus op die wolke sal kom is eintlik nie so belangrik as dat hy sal kom nie.

Ek dink nie ons weet vandag presies hoe Hy sal kom nie. Toe Hy opgevaar het na die hemel het die dissipels dit in die beste woorde tot hulle beskikking gestel. Vandag glo heelwat Christene dat Jesus van ons dimensie direk oorgegaan het in 'n geestesdimensie by God die Vader.

Uiteindelik kom alles weer by die vraag uit, waarom dit so belangrik is om presies te weet hoe Jesus op die wolke gaan kom?

Groete
;)

Elimelek

Sonia Smit
Oct 13th 2008, 06:29 AM
So paar verse wat die Heerlikheid van die Here beklemtoon:

Psa 104:1 Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleedó
Psa 104:2 wat Uself omhul met die lig soos met Ďn kleed, wat die hemel uitspan soos Ďn tentdoek;
Psa 104:3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
Psa 104:4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.

Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Mat 26:64 Jesus antwoord hom: U het dit gesÍ. Maar Ek sÍ vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.

Mar 13:26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.

Maar toe kom ek ook op die vers af:
Ecc 11:4 Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.

Ek stem saam met wat gesÍ word, ons moenie dat die wolke vir ons belangrik wees nie, ons moet net wag op die Seun se terugkoms om ons te kom haal!

Gene
Oct 13th 2008, 07:36 AM
:confused Ek het weer gaan dink oor my vraag van die wolke en tot die volgende gekom: God is mos nie mens nie volgens die bybel en as God nie mens is nie dan moet Hy mos Gees wees wat op 'n wolk sal kom, maar hoe sien mens 'n gees en hoe gaan ons weet dat dit God is, en as God gees is dan moet die wolke ook mos gees wees, hoe nou, ek verstaan nog steeds nie. :help:

Hi Hester

Jy moet verstaan dat ons in staat is tot baie meer as wat ons van weet. Ons menslike liggame en verstand is baie beperk. Daar is sooooveel waarvan ons nie weet nie. Paulus se in 1 Korintiers 13:12 "Want nou sien ons deur 'n spieŽl in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is." (Glas het nie in die Bybelse tyd bestaan nie, en die spieels wat gebruik is, het nie so helder beeld gegee soos die spieels wat ons vandag ken nie - dit was 'n verwronge beeld amper soos wanneer jy jou weerkaatsing in 'n stuk blik sien, daarom dat Paulus die beeld van 'n spieel hier gebruik) Die feit is, ons het geen benul nie.... Ons kyk vanuit ons menslike liggame met menslike oe en probeer verstaan met ons menslike verstand, wat alles maar baie beperk is. God is in staat om enigiets te doen, en al kan ons baie dinge nie op hierdie stadium verstaan nie, belowe die Bybel dat ons wel eendag sal verstaan...

Die detail oor hoe dit gaan gebeur op die dag van die wederkoms, is nie op hierdie stadium aan ons bekend nie. Maar dit is genoeg vir ons om te weet dat Jesus weer gaan kom, dat Hy gaan terugkom soos wat Hy weggegaan het, en dat almal oor die wereld Hom sal kan sien. Ons hoef ons nie nou moeg te maak oor hoe en waar en wanneer nie. Dit is (op hierdie stadium) vir God alleen om te weet. Ons moet net aanvaar dat dit gaan gebeur, omdat die Here dit gese het, en Hy kan nie lieg nie.