PDA

View Full Version : Boeke - lees ons nog?

Antonvs
Sep 29th 2008, 12:58 AM
As jy as Christen nooit weer iets anders behalwe jou Bybel lees nie, maar het 'n keuse van vyf boeke om te lees is hierdie die boeke om te lees

http://bibleforums.org/blog.php?b=1019

Sou jy dalk meer wou lees: hier is 'n aanlyn verwysing van boeke wat ek in my biblioteek het en as waardevol beskou vir elke Christen wat meer wil leer
http://books.google.com/books?uid=12737141399778180477

David2
Sep 29th 2008, 07:56 AM
Dankie Anton
Ek dink dit is 'n uitstekende idee om hier ook te praat ook boeke wat vir fundamentele Christene van waarde is.

Ek dink nou sommer aan die klassieke boek van Paul Little oor die waarheid en betroubaarheid van die Bybel: "Weet waarom jy glo". Die boek het 220 bladsye en is netjies in Afrikaans vertaal en by CUM beskikbaar. In die tyd waarin ons leef waar die Bybel van alle kante afgetakel word, is hierdie 'n kostelike boek om ons te help om die fundamentele waarheid en betroubaarheid van die Bybel te bevestig en te verdedig.

Nog 'n boek wat ek graag wil aanbeveel gaan oor 'n kragtige beskrywing van die evangelie waaraan ons glo: "An urgent call to a serious Faith" deur Dave Hunt. Hy het baie boeke geskryf en hierdie is een van sy bestes.

protea
Nov 8th 2008, 05:00 PM
Magrietatjie,patatatjie ,dis beslis die aangrypendste boek wat ek in dekades gelees het. (En ek is al baaaaaie oud...);)

Mackenzie Phillips se jongste dogter, Missy , word ontvoer en wreed vermoor tydens n familie vakansie en tekens van haar moord word in ou 'shack' in die Oregon boendoe gevind. Vier jaar later ontvang Mack n suspisieuse nota, vermoedelik van God om hom uit te nooi vir n naweek na die veelbewoe 'shack'. Wat Mack daar aantref sal hom vir ewig verander.

As jy nog nie vir jou n Krismisboks gekoop het nie , DIS HY HIERDIE!:hug:

Son of the South
Nov 8th 2008, 10:49 PM

:huh: EINA! Kan iemand asseblief hierdie dolk uit my hart uit trek?

Die Britse weergawe van hierdie boek is breedvoerig bespreek aan die Engelse kant, onder andere hier (http://bibleforums.org/showthread.php?t=137323) en hier (http://bibleforums.org/showthread.php?t=140685). (Protea, mag ek vra dat jy asseblief daar gaan lees en jou aanbeveling heroorweeg.) Ag nee man, siesa, ek dink daai boek is nonsies!

protea
Nov 9th 2008, 11:15 AM

Son , soos jy geregtig is op jou opinie is ek op myne.

Son of the South
Nov 9th 2008, 01:34 PM
Son , soos jy geregtig is op jou opinie is ek op myne. Heeltemal reg so, Protea. Ek wil niks wegneem van jou reg tot 'n eie opinie nie. Ek wil net 'n beroep doen dat jy asseblief na ander se opinies ook gaan kyk voordat jy 'n boek so sterk aanbeveel. As jy dan nog glo jou opinie is geldig, dan is dit goed so.

Op 'n ander draad elders het iemand opgemerk dat engele slegs as manlik voorgehou word in die Bybel. Hier sit ons met 'n boek wat God die Vader uitbeeld as 'n swart vrou. Ek is nie oortuig dat dit so goed ontvang sal word deur ander lede op die forum nie.

Grace Life
Nov 15th 2008, 09:26 AM
Hi Anton , Ek is beindruk met jou biblioteek van geestelike boeke . Ek het so by myself gewonder wat ek met al die boeke gemaak het wat ek al gelees het . Ek het later begin besef dat boeke soms koring en kaf kan bevat . Dat sekere dinge in die boeke wat ek gelees het in my hart bly vassteek het en ander net weer uit my gedagtes verdwyn het .

Wil jou vra ,wat dink jy sal jy onthou as jy skielik more jou hele biblioteek verloor en niks meer kan oplees nie ?

Ek sien jy lees Randy Alcorn redelik sterk . Ek ken hom nie en ook nie sy boeke nie ,maar sy aanhalings pas nie vir my lekker by die Woord nie . Sy konteks kan sekerlik meer lig bring . Ek lees op die Blog dat hy die volgende beweer :

"Heaven has largely fallen off our radar screens, because we make earth our heaven" - Randy Alcorn.
"This world is the closest unbelievers will come to heaven and believers will come to hell" - Randy Alcorn.

Hoe sal jy dit met die volgende Woord in verband bring ?

Matt 6:10 AOV
(10) laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

en ook :

Matt 26:29 AOV
(29) Maar Ek sÍ vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.

Kon hulle in die hemel weer van die vrug van die wynstok drink ?

Antonvs
Nov 15th 2008, 11:27 PM
Eerstens aan Protea / S.o.S

Daar word genoem deur Protea van die reg op opinie - wie het 'n reg tot enige iets - die mens kan slegs aanspraak op sy reg om hel toe gestuur te word - dis sy enigste regverdige reg.

Ook, soos S.o.S genoem het ons het geen reg om iets wat ons God laster aan te beveel - ek wonder net hoe iemand twintig na veertig ure kan neem om snert te lees as jy iets ordentelik en bybels kan lees. Maar weereens bewys dit net vir my die geestelike blindheid in die nasie.

Tweedens, aan Grace Life

Ek volg Randy se bedienning en het baie respek vir die man - ek glo hy is van die min outeurs wat 95% woord getrou is - man ek het nog selde 'n boek gelees wat ek 100% dink die persoon het alles reg.

Na Randy se illustrasie en jou teks verwysings verstaan ek nie lekker nie - maar soos ons kan sien is dat hy van hiperboliese illustrasies gebruik maak om 'n punt te maak. Net soos ons sal se "die mens is vrot van sonde" - die mens is verdorwe maar "vrot" nie in die sin van die woord soos 'n appel stronk nie. So verwysing na Wyn drink in die Hemel - ek glo daar sal wyn wees in die Hemel.

Wat ek sal onthou is uit elke boek is daar 'n gold nugget - 'n geheel beeld b.v. Piper se "Don't Waste Your Life" = Leef vir God nie vir jouself nie.

Heaven van Alcorn = Hemel is meer aards as wat ons dink - dis nie 'n plek van wolke en harpe nie.

Elke boek wat ek lees het potlood merke - notas en pyltjies. As ek iets wil opsoek weet ek presies waar om oor 'n saak weer op te lees. So as jy my vra vertel my meer oor "Vrye-Wil" sal ek jou na Jonathan Edwards verwys - "A God Entranced Vision of All things"

Dankie vir jou belangstelling.

Anton

T

Grace Life
Nov 18th 2008, 03:19 PM
Dankie Anton ! Ek verstaan jou antwoord . Randy gebruik hiperboliese illustrasies en ek moet hom in daardie lig verstaan . Jy sal weet ,jy het sy boeke deurgelees .

Ek het nou al 'n paar keer die bergip "vrye wil" op die forum gelees waarna jy ook nou verwys . Ek het nie 'n idee waaroor dit gaan nie .

Ek wil eerder oor goeie nuus praat ,boeke daaroor ? , laat waai maar met die name !

Groetnis

Antonvs
Nov 19th 2008, 05:56 AM
Ok, as jy daarin wil klim kan ek dalk vir jou aanbeveel die book

"God Entranced Vision of All Things" - John Piper *maklik leesbaar

"Bondage of the Will" - Martin Luther

Dit is nogal kompleks maar b.g. boek deur John Piper is leesbaar en verstaanbaar. Daarin verduidelik hy vrye-wil soos dit deur die Bybel weergegee word.

Gaan na hierdie skakel, dan lees jy bladsye 201-222 - Gratis op die internet. (Sommige bladsye nie daar nie)

Dan praat ons bietjie later wees, hoekom lees ons nie almal hierdie bladsye en bespreek dit later?

http://books.google.com/books?id=4p8I8Cx7O9kC&printsec=frontcover&dq=god+entranced&ei=7KkjSaTbFZLYlQS2vMnyCA#PPA201,M1

Grace Life
Nov 19th 2008, 02:12 PM
Hi Anton , Ons mis mekaar bietjie oor vrye wil . Kom ek verduidelik weer . Ek lees kort kort die begrip vrye wil raak. Dit word in koerante ,forums ,universiteite deur gelowiges en nie gelowiges geopper en bespreek . Elkeen wat wil hardloop daarmee rond soos hulle goed dink . Hulle maak soos hulle wil . Ek persoonlik het nie 'n aptyt om aan die resies deel te neem nie . Ek sal nooit kans kry om die Woord in te neem as ek aan alles moet deelneem wat mense uitdink nie .

Groetnis

protea
Dec 26th 2008, 06:25 AM
Magrietatjie,patatatjie ,dis beslis die aangrypendste boek wat ek in dekades gelees het. (En ek is al baaaaaie oud...);)

Mackenzie Phillips se jongste dogter, Missy , word ontvoer en wreed vermoor tydens n familie vakansie en tekens van haar moord word in ou 'shack' in die Oregon boendoe gevind. Vier jaar later ontvang Mack n suspisieuse nota, vermoedelik van God om hom uit te nooi vir n naweek na die veelbewoe 'shack'. Wat Mack daar aantref sal hom vir ewig verander.

As jy nog nie vir jou n Krismisboks gekoop het nie , DIS HY HIERDIE!:hug:

Hi , ek wil julle n geheim vertel terwyl die 'kwaibabiekies' met vakansie is: Ek het The Shack al 4 keer deurgelees en ELKE keer was dit die moeite werd. Sjuut, moenie se nie...;)

Antonvs
Dec 27th 2008, 07:33 PM
Protea - ek wil graag vra dat jy kommentaar lewer op my "review" by

http://bibleforums.org/showthread.php?t=152271

Ek nooi jou om 'n "kritiese ontleding" van my "kritiek" sal doen.

protea
Dec 28th 2008, 08:14 AM
Anton, ek maak so.