PDA

View Full Version : Die Seerkry lewe

Sonia Smit
Sep 30th 2008, 09:08 AM
Hoe herstel iemand van te veel seerkry? :giveup:

Ek en my man was borrelend vir die Here. Ons het vir Hom gewerk, en mense het ons gebruik omdat hulle weet dat hulle ons kan vertrou, maar hoekom kry mens so baie seer, en hoekom laat ons dit elke keer toe dat ons moet seerkry?

Doen ons dit doelbewus? Raak mense geestelik jaloers? Hoe herstel 'n mens na die hoeveelste keer?

CFJ
Sep 30th 2008, 10:16 AM

Hallo Sonia en welkom by ons!

Dat ons hier op aarde gaan seerkry, is gewis en dat dit deur mense gaan wees, is 'n hartseer gegewe. Dit wat jou pla, is wat my ook geweldig pla en toe vind ek uit dat iemand soos Dawid, net so baie gewroeg het met hierdie selfde gedagte en ongelooflik baie Psalms handel spesifiek oor dit. Dit is ongelooflik moeilik en byna onmoontlik om hierdie soort seerkry te verwerk, behalwe as mens besef, mens hoef dit nie self te doen nie, maar God sal dit namens ons doen.

Moses word allerwe beskou as die sagmoedigste mens in die Bybel. Hy het feitlik nooit en net op uitsondering, terwyl hy die Israeliete moes lei, homself laat geld. Elke keer as mense hom seergemaak het, het hy in alle sagmoedigheid en ek glo in groot hartseer, na God gegaan en homself 100% verlaat op God se genade. God het sonder uitsondering afgereken met sy "vyande". Dawid leer ons dieselfde les en juis hieroor is hy gereken as die liefling van God. Dawid het uitgevind dat God ons Trooster is en dat dit die enkele ding is, wat die Here werklik vir ons wil wees. Omdat Dawid ten volle gebruik gemaak het van hierdie uitnodiging van God, het hy ook God se liefling geword.

Die ironie is, dat hoe meer mens jouself wil laat geld teenoor diegene wat jou seermaak, hoe seerder kry mens. Ons moet soos Moses raak, sagmoedig... en soos Dawid, getroosdes. Jesus het nie verniet die volgende ges nie..., "En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe." (Joh 14:16-18 AOV)

Seerkry, moes ekself leer, kom net as mens jouself wil laat geld, want daar staan, "Ek is met Christus gekruisig, en k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het." (Gal 2:20 AOV)

Ek lees net gister iets wat Angus Buchan geskryf het,

James Calvert, 'n groot sendeling, is na die Fidji-eilande gestuur om die Woord aan die kanibale te gaan verkondig. Die kaptein van die skip was huiwerig om die klein groepie mense daar af te laai en het by James Calvert gepleit: "Dink weer hieroor na. Hierdie mense gaan julle moontlik doodmaak." Die man van God het geantwoord: "Dit maak nie saak nie, ons het reeds gesterf voordat ons hierheen gekom het."
In geloof alleen kan ons lewe en moet ons lewe, want die wortel van hierdie geloof is God self..., "En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en n beloner is van die wat Hom soek." (Heb 11:6 AOV)

Ek is oortuig Dawid en ook Moses, het Hebrers 11:6 'n realiteit in hul lewens gehou...

Gene
Sep 30th 2008, 10:27 AM
Hoe herstel iemand van te veel seerkry? :giveup:

Ek en my man was borrelend vir die Here. Ons het vir Hom gewerk, en mense het ons gebruik omdat hulle weet dat hulle ons kan vertrou, maar hoekom kry mens so baie seer, en hoekom laat ons dit elke keer toe dat ons moet seerkry?

Doen ons dit doelbewus? Raak mense geestelik jaloers? Hoe herstel 'n mens na die hoeveelste keer?

Sonia

Jy vra 'n moeilike vraag - hoekom? Mense het nou maar eenmaal voete van klei, en mense maak seer. Ek self is geneig om mense op 'n voetstuk te plaas en het self al baie seergekry. Daarom se die Psalmdigter in Psalms 146:3 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=19&CHAP=146&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=3) Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie. 4 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. 5 Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God, "

Jy moet net nie toelaat dat die seerkry in die lewe jou ontmoedig om voort te gaan om te doen wat die Here van jou vra nie. Dink maar aan hoe seer Jesus gekry het toe Sy liefde in die grond vertrap is, en Hy tot die uiterste toe verneder en gepynig is deur dieselfde mense vir wie Hy sy lewe afgele het. En onthou altyd dat ons eendag beloon gaan word vir die swaarkry en die seerkry wat ons ter wille van Sy Naam moet deurmaak.

So wat ek vir jou wil se, is, ek weet nie hoekom dit gebeur nie. En ek weet dis nie maklik om die stukke elke keer op te tel en voort te gaan nie. Maar dis wat die Here van ons verwag. En dis wat Hy eerste bereid was om vir ons te doen. En die beste van alles is, as 'n mens bereid is, dan gee Hy ook vir ons die krag om voort te gaan. Om te gaan le, om tou op te gooi en moedeloos te word, is om reg in die satan se hande te speel.

Vasbyt! En sterkte!

Eugene

Sonia Smit
Sep 30th 2008, 10:43 AM
Baie dankie julle. Dis net vir my baie hartseer en baie moeilik om die stukke op te tel.

Ek weet vergewe en vergeet, en natuurlik vryspraak, is die oplossing, maar dis moeilik...

CFJ
Sep 30th 2008, 11:12 AM
Sonia,

Ek skuif die draad na die regte forum toe en glo dit sal reg wees met jou... :)

Sonia Smit
Sep 30th 2008, 11:15 AM
Sonia,

Ek skuif die draad na die regte forum toe en glo dit sal reg wees met jou... :)

Dis reg met my :)

Elimelek
Sep 30th 2008, 11:25 AM
Beste Sonia

Jou verhaal is baie kripties. Jy skryf egter:
...hoekom laat ons dit elke keer toe dat ons moet seerkry?

Dalk is dit omdat julle nog glo dat mense inherent goed is. In die kerk is dit mos die laaste plek waar 'n mens gemeenheid, jaloesie, afguns ensovoorts, verwag. Ongelukkig is dit 'n gegewe dat die mense naaste aan jou jou dikwels die seerste maak. Wanneer dit in die kerk gebeur, is dit egter uiters goor.

Sterkte!
;)

Elimelek

Die Filadelfieer
Sep 30th 2008, 11:40 AM
Ek lees net gister iets wat Angus Buchan geskryf het,

James Calvert, 'n groot sendeling, is na die Fidji-eilande gestuur om die Woord aan die kanibale te gaan verkondig. Die kaptein van die skip was huiwerig om die klein groepie mense daar af te laai en het by James Calvert gepleit: "Dink weer hieroor na. Hierdie mense gaan julle moontlik doodmaak." Die man van God het geantwoord: "Dit maak nie saak nie, ons het reeds gesterf voordat ons hierheen gekom het."

En hierby wil ek graag byvoeg : Die Here werk net in mense se harte waar Hy 'n goeie oes verwag.

Ek weet dit klink erg soetsappig, maar soveel keer het ek bogenoemde as 'n realiteit in my en andere se lewens ervaar en waar geneem dat ek nie anders kan as om dit te glo nie.

Sterkte Sonia, en as jy meer spesifiek met iemand wil gesels, miskien op 'n meer persoonlike vlak, laat weet een van die moderators, en ons rel dit vir jou.

Sonia Smit
Sep 30th 2008, 11:50 AM
Filadelfieer,
Ek het nodig om dit van my hart af te kry. Dit bou nou al so lank in my op dat ek begin bitter voel...

Ek waardeer almal se insette, maar miskien moet ek dit op 'n meer persoonlike vlak met iemand bespreek....

Optimis
Sep 30th 2008, 11:53 AM
Hoe herstel iemand van te veel seerkry? :giveup:

Ek en my man was borrelend vir die Here. Ons het vir Hom gewerk, en mense het ons gebruik omdat hulle weet dat hulle ons kan vertrou, maar hoekom kry mens so baie seer, en hoekom laat ons dit elke keer toe dat ons moet seerkry?

Doen ons dit doelbewus? Raak mense geestelik jaloers? Hoe herstel 'n mens na die hoeveelste keer?
CFJ en Gene het so mooi geantwoord maar ek voel om ook 'n iets te s.
Ek moes leer, ja mense raak geestelik jaloers ... dis 'n ding wat mens nie verwag onder Christene nie maar dit gebeur.
Hoe herstel mens na die hoeveelste keer?......soos die vorige kere....
hmm hoe werk dit nou weer ... vryspreek, vergewe, vergifnis vra omdat ons verkeerd was Sy wonderlike vergewing aanvaar? (nie altyd so maklik vir die vlees nie) en sommer alles wat oorgebly het vd vyand weg te jaag in Jesus se naam!!!
Maar opgee neeeee, dis gelukkig nie vir ons nie ons sal wel leer en leer en net meer en meer vir Hom beteken .... leer was nog nooit lekker nie!!

Sonia, wees verseker die seer wat jy ervaar is tydelik, as jy wil vat dit as opleiding vir wat jy nog sal moet doen om Sy naam uit te dra!!!!

Prys die Here vir alles: dit pas in die plan wat ons nog nie verstaan nie!!!

Sonia Smit
Sep 30th 2008, 12:00 PM
Dis dalk wat my onderkry - die feit dat ons dit nie van Christene verwag nie - en dalk nog erger - van die Herder van die gemeente nie.

Die Filadelfieer
Sep 30th 2008, 12:15 PM
Sonia,
Jy kan 'n draad in "Chat to the Moderators" oopmaak, hierso (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=84), as jy meer vertroulik wil gesels.

paidforinfull
Sep 30th 2008, 12:15 PM
Dis dalk wat my onderkry - die feit dat ons dit nie van Christene verwag nie - en dalk nog erger - van die Herder van die gemeente nie.
Sonia - dit is ongelukkig so dat mense (Christene of te nie) maar nog steeds mense is wat swakhede het. Mens verwag dit net nie van die kinders van God nie, en nog minder van God se herders, dis al. Ongelukkig gebeur dit meer as wat mens besef. Een van my man se segoed is "die kerk is die enigste plek wat sy eie soldate afskiet". Hoe ernstiger mens oor die Here is, en hoe meer die Here mens gebruik, hoe kwater raak die vyand. Gaan dit die duiwel baat as hy New Agers stuur om jou aan te val? Nee - jy gaan mos nie na hulle luister nie. Dus gebruik hy die swakhede van mede-Christene om dit te doen.

As mens in die bediening staan gebeur dit ongelukkig baie, maar nou ja. Mens durf nie dat die duiwel dit regkry om jou werk vir en in God te vernietig nie.

(Ek persoonlik moes al baie die gebed bid "Here, gee my asseblief 'n dik vel soos 'n seekoei of 'n renoster, maar maak my hart sagter en sagter vir ander mense.")

Dit help om te weet dis nie persoonlik nie, maar dit die satan is wat mens wil vernietig. Bly sterk in God. Staan vas. Moenie terugval nie. God is met julle. Vir ewig. Amen.

Sonia Smit
Sep 30th 2008, 12:22 PM
Sonia,
Jy kan 'n draad in "Chat to the Moderators" oopmaak, hierso (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=84), as jy meer vertroulik wil gesels.

Baie dankie. Ek gaan onmiddellik so doen!

Sonia Smit
Sep 30th 2008, 12:24 PM
Een van my man se segoed is "die kerk is die enigste plek wat sy eie soldate afskiet".

Baie dankie,

Hierdie segoed van jou man was nou vir my soos 'n openbaring!

simonpetra
Sep 30th 2008, 01:30 PM
(http://www.amazon.com/Boundaries-When-Take-Control-Your/dp/0310247454/ref=pd_bbs_sr_1?ie=UTF8&s=books&qid=1222780996&sr=1-1) (http://www.amazon.com/Boundaries-When-Take-Control-Your/dp/0310247454/ref=pd_bbs_sr_1?ie=UTF8&s=books&qid=1222780996&sr=1-1)Hi Sonja

Seerkry in die kerk is omtrent een van ons Christene se eerste lesse. Mense stel mens altyd teleur. Maar ek wil graag aan jou 'n boek voorstel. Die boek help mens om die lyn te trek waneer dit kom by mense. Dit beteken nie ons moenie uitreik nie en ons gaan nie seer kry nie. Maar dit help laat ons nie onsself te dun smeer en buite die wil van God probeer werk nie.

boundaries: When to Say Yes, How to Say No (http://www.amazon.com/Boundaries-When-Take-Control-Your/dp/0310247454/ref=pd_bbs_sr_1?ie=UTF8&s=books&qid=1222780996&sr=1-1) by Henry Cloud and John Townsend

Sonia Smit
Sep 30th 2008, 02:26 PM
boundaries: When to Say Yes, How to Say No (http://www.amazon.com/Boundaries-When-Take-Control-Your/dp/0310247454/ref=pd_bbs_sr_1?ie=UTF8&s=books&qid=1222780996&sr=1-1) by Henry Cloud and John Townsend

Hi,
Baie dankie, ek gaan die boek soek waar ek dit kan koop! :D

paidforinfull
Sep 30th 2008, 04:28 PM
Baie dankie,

Hierdie segoed van jou man was nou vir my soos 'n openbaring!
Haai Sonia - ek wil net ook byvoeg dat daar (prys die Here!) baie meer positiwiteit as negatiwiteit in die kerk is. Mens moet maar net vir diegene wat andere afbreek, teenwerk, ens. bid, sodat die Here hulle kan aanraak en help om ook genesing te kry. Ons het almal maar ons eie swakhede waarmee ons sukkel - niemand is perfek nie. Wees maar net bedag op die feit dat aanvalle wel vanaf binne die Christengemeenskap kan en sal kom. (Moet net nie toelaat dat julle verbitterd word of julle vreugde hierdeur verloor nie.)

Ek hoop en bid dat die Here julle saak so sal beredder dat alles ten goede sal uitwerk. :pray:

Ta-An
Sep 30th 2008, 06:44 PM
'n Ander beskrywing van 'n kerk is : "n Vergadering van Sondaars" Want daarom het Jesus vir ons gekom.

Sonia Smit
Oct 1st 2008, 06:19 AM
Vanoggend wil ek aan julle almal baie dankie s :hug:!

Ek kyk vanoggend na alles met nuwe o. Julle almal het my o oopgemaak en ek het weer 'n hele paar lesse geleer.

Julle is almal baie kosbaar!:pp

Dankie ook vir julle gebede :pray: en ek dra julle almal baie beslis in myne ook op!

Optimis
Oct 1st 2008, 06:29 AM
Ek kyk vanoggend na alles met nuwe o.
Dis wonderlik Prys die Here!!!!!
Gaan jy nou ook soos ek elke dag die kerke en kerkedienare aan ons groot God opdra? Hulle is ook maar net mense en het baie gebed nodig....(ons mag hulle nie skiet nie) Maar ons kan vir hulle bid!!!! ha ha haa

CFJ
Oct 1st 2008, 06:58 AM
Vanoggend wil ek aan julle almal baie dankie s :hug:!

Ek kyk vanoggend na alles met nuwe o. Julle almal het my o oopgemaak en ek het weer 'n hele paar lesse geleer.

Julle is almal baie kosbaar!:pp

Dankie ook vir julle gebede :pray: en ek dra julle almal baie beslis in myne ook op!

Fantasties Sonia, ons dien 'n baie groot en barmhartige God. Dankie Vader, dankie Jesus, dat almal van ons vanoggend 'n getuienis kan h oor Sonia en hoe U in haar werk! Dankie dat ons wt, U lewe!! :pray:

Sonia Smit
Oct 1st 2008, 07:00 AM
Dis wonderlik Prys die Here!!!!!
Gaan jy nou ook soos ek elke dag die kerke en kerkedienare aan ons groot God opdra? Hulle is ook maar net mense en het baie gebed nodig....(ons mag hulle nie skiet nie) Maar ons kan vir hulle bid!!!! ha ha haa

Ek gaan defenitief (en baie beslis) die kerke en die kerkedienare aan God opdra! Ek besef ook nou hulle werk is nie altyd maklik nie en ek het geleer ons almal maak foute!

PS: Skiet is dalk nie so goeie idee nie :lol: