PDA

View Full Version : Bid vir Kenneth !!!



Tanya13
Oct 1st 2008, 05:55 AM
Hi al my nuwe christen maaikies!!!!

Ek weet ek ken julle nog nie so goed nie, maar ek wil 'n groot guns vra???

Kan julle my asb help om vir my neefie "KENNETH" te bid.:pray:
Hy was skoon van drugs af maar nou omdat een meisie sy hart gebreek het :cry:het hy nou weer trug gegan daarna en word nou in die hospitaal gehou om te herstel.:(

:pray:Ek bid en vra dat die drugs wat hom vashou & vasbind los gebreek sal word en dat hy sterker sal word en ander mense kan help!!!!

Ek sal julle hulp regtig waardeur!!!!!!!!!!! :help:

Ek weet in God is alles moontlik!!!!:amen:

Groete Tanya

Phil Fourie
Oct 1st 2008, 06:13 AM
Tanya

Weet verseker, dat ek saam met jou gaan bid, maar eerstens as jy nie omgee nie wil ek iets vra.

Het jou neef (Kenneth) al Jesus aangeneem as sy persoonlike Verlosser en Saligmaker?

Tanya13
Oct 1st 2008, 10:13 AM
Hi Phil!!!

Ek wil net 'n groot dankie vir jou gee omdat jy so omgee...
Dankie dat jy dit sit sodat almal kan bid!!!

Ek dink hy het.
Maar is nie regtig seker nie!!!

Dankie weereens

Phil Fourie
Oct 1st 2008, 11:54 AM
Hi Tanya

Askies as my vrae bietjie hard oorkom, maar ek wil graag he dat jou nefie verlos word van die dwelms. Dit is hoekom ek vra of hy Jesus as sy Verlosser en Saligmaker aangeneem het, want slegs deur die reddende genade wat God vir ons deur Jesus gee, kan hy hierdie binding breek, niks anders sal werk nie, daarom moet ons seker maak dat hy dit weet en op Jesus alleen vertrou vir sy Verlossing, in hierdie wereld, asook in die ewigheid.

Weet steeds dat ek beslis saam met jou gaan bid.

Het jy kontak met hom?

Tanya13
Oct 1st 2008, 12:59 PM
Hi Phil.

Nee dis reg dat jy vra. Ek weet jy wil net help.
Ja ek het nou en dan telefoniese kontak met hom maar omdat hy nou Krugersdorp toe verwys is sien ek hom nie meer so baie nie. Hy is net so oud soos ek. Ek het ook op bible database 'n gebed gekry wat hulle vir dwelm verslawendes geskryf het. Ek gan dit vir sy ma e-pos. Ek is seker dit sal hom ook help. Het jy dalk iets as iemand die Here as hulle verlosser en saligmaker wil aanneem om te bid??

Ons almal bid en glo maar net vir die beste.

Dankie weereens vir als.
Lekker dag!!

Tanya:pp

Tanya13
Oct 1st 2008, 01:10 PM
Jammer om so lastig en plaerig te wees phil. . .

Ek wil net weet hoe kry ek my gebed op die engelse prayers dat die mense daar ook vir Kenneth kan bid..

Thanx

Tanya

Phil Fourie
Oct 2nd 2008, 06:33 AM
Tanya

Gaan na die forum Prayer en plaas dit net daar, jy maak net 'n nuwe draad daar oop ;)

Weet jy, al wat jou neefie moet doen is om te besef dat hy 'n sondaar is, dat hy homself nie kan red nie, dat slegs deur Jesus Christus aan te neem en sy offer vir sy sondes aan te neem en te besef dat Jesus die enigste weg is na God toe. Dan moet Hy na Jesus toe draai, weg van die wereld af, hom bekeer na Jesus toe en vir Jesus vra dat Hy sy Verlosser en Saligmaker sal wees. Niks trick nie niks oulike rympies nie, net 'n opregte hard van iemand wat besef hy is 'n sondaar wat homself nie kan red nie, wat vra dat Jesus hom sal verlos.

Dan moet iemand 'n pad saam met hom begin stap om hom te help in sy geestelike groei, want jy moet onthou dat hy dan soos 'n baba is in die geloof en iemand sal hom vir 'n ruk moet begelei.

Hou my a.s.b. op hoogte, ek gaan aanhou bid vir hom.

Groet
Phil

CFJ
Oct 3rd 2008, 06:51 AM
Hallo Tanya,

Daar is 'n Afrikaanse webbladsy wat handel oor dwelms en dwelmverslawing, maar gister kon ek glad nie hierdie webbladsy opspoor nie. Die inligting wat mens daar kan kry behoort baie te help, maar ons kyk maar of mens dit vandag kan kry.

Intussen glo ek ons gebede kan wonders verrrig! :pray:

David2
Oct 3rd 2008, 01:54 PM
Tanya
Hou moed en volhard in die gebed. Die gebed van 'n regverdige het groot krag. Ek bid ook saam met jou. Wat Phil s is waar. Dit is krities belangrik dat Kenneth sekerheid sal h dat Jesus sy Here en Verlosser is.
Groete
David