PDA

View Full Version : Getuienis oor my seun



Likkedilla
Oct 1st 2008, 06:57 AM
More almal, ek het vanoggend 'n baie groot begeerte om dit met julle te deel.

Hier op die forum het ek my vrae gevra oor geloofsgenesing en antwoorde gekry en so het julle vir my seun se asma gebid. Ek voel net dat ek nie kan stil bly oor sy vordering nie.

Hy was op hulle avontuur kamp saam met die skool vir 5 dae. Ek het kortisoon en pompie en anti-histamien ingepak met 'n rits voorskrifte. Hulle was naby Waterval-Boven en het in 'n denneplantasie geslaap. Hy het vir hom 'n bed van dennenaalde gemaak en aan alles deelgeneem saam met die ander kinders. Toe ek hom vra wat het sy borsie gedoen, s hy vir my hy het elke oggend een kortisoon pilletjie gedrink en en net twee keer sy pompie gebruik. Julle, hy het in die verlede 4 pilletjies 3 keer per dag gedrink en 'n pompie met 200 toedienings het hom miskien 3 weke gehou.

Die afgelope naweek het ons 'n familie fees langs die Vaalrivier gehad en hy het sedert die kamp twee weke gelede nog nie een kortisoon, anti-histamien of pompie gebruik nie.

Dankie Here vir U genade.

Phil Fourie
Oct 1st 2008, 07:27 AM
Dit is 'n wonderlike getuienis, baie dankie dat jy dit met ons gedeel het, ek bid steeds vir jou seun dat die Here Sy hand oor hom sal hou en hom sal genees.

Groete
Phil

Ta-An
Oct 1st 2008, 07:31 AM
Die Here is GROOT!!! Prys Sy NAAM!!! :pp
Maleagi 4:2 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=39&CHAP=4&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=2) Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

Die Filadelfieer
Oct 1st 2008, 12:37 PM
Baie dankie vir jou getuienes, dit is regtig wonderlike nuus.
Wys jou ook net wat gebeur as kinders groot word soos wat die Here dit eintlik wil h : Buite. Nie in die huis voor 'n Playstation nie.

Likkedilla
Oct 2nd 2008, 06:12 AM
Baie dankie vir jou getuienes, dit is regtig wonderlike nuus.
Wys jou ook net wat gebeur as kinders groot word soos wat die Here dit eintlik wil h : Buite. Nie in die huis voor 'n Playstation nie.

In daardie opsig is ek baie gelukkig, al drie my kinders is BUITE kinders. Hulle bly in die dag alleen by die huis en gistraand was ons hele erf agter met stokke, rame, ysters, stene ens besaai, soos wat hulle goeters buite gebou het en daarmee gespeel het. En dan is daar 'n playstation in die huis en hulle mag speel as dit te warm buite is. Die kleintjie se gesiggie was bloedrooi gebrand gister en hulle het nie aan die playstation geraak nie.(Ek het nie die playstation vir hulle gekoop nie)