PDA

View Full Version : My dogter Mari-Elize



Likkedilla
Oct 1st 2008, 07:04 AM
Ek vra ook vandag julle voorbidding vir Mari-Elize, sy word die 5de November in Kalafong Hospitaal opgeneem en word die 7de in haar knieg geopereer. Sy is baie bang en dis haar sterk been wat geopereer word. Bid asb vir haar en vir my vir kalmte.

Ta-An
Oct 1st 2008, 07:25 AM
:pray: 4 Mari-Elize en haar Mamma :hug:

Phil Fourie
Oct 1st 2008, 07:32 AM
Ek bring julle voor ons Koning :pray:

Sonia Smit
Oct 1st 2008, 08:08 AM
Sterkte vir julle en onthou die Here hou die hele familie se hande vas!
:pray:

CFJ
Oct 1st 2008, 08:20 AM
My gebede is met Mari-Elize en met jou Likkedilla... :pray:

Likkedilla
Nov 11th 2008, 01:40 PM
Mari-Elize is toe Vrydag geopereer en als het goed afgeloop. Die dokter sÍ dit wat hy gedoen het was 'n sukses. Die enigste sleg is dat my kar voor die hospitaal gesteel is terwyl sy in die teater was.

Dankie vir al julle gebede ook.

CFJ
Nov 12th 2008, 09:08 AM
Mari-Elize is toe Vrydag geopereer en als het goed afgeloop. Die dokter sÍ dit wat hy gedoen het was 'n sukses. Die enigste sleg is dat my kar voor die hospitaal gesteel is terwyl sy in die teater was.

Dankie vir al julle gebede ook.

Bly om te hoor Likkedilla. Soms word mens se dankbaarheid getoets, soos met jou kar wat gesteel is, gemeet teenoor die operasie wat suksesvol was.

Sonia Smit
Nov 12th 2008, 10:10 AM
Mari-Elize is toe Vrydag geopereer en als het goed afgeloop. Die dokter sÍ dit wat hy gedoen het was 'n sukses. Die enigste sleg is dat my kar voor die hospitaal gesteel is terwyl sy in die teater was.

Dankie vir al julle gebede ook.

Jammer om te hoor van jou kar wat gesteel is, ek het gehoor dis 'n baie algemene ding wat gebeur by Kalafong omdat daar nie behoorlike parkering is nie, maar ek is baie bly dat dit goed gegaan het met jou dogter se operasie. Prys die Here dat dit 'n sukses was! :pp

protea
Nov 13th 2008, 02:49 PM
Ek vra ook vandag julle voorbidding vir Mari-Elize, sy word die 5de November in Kalafong Hospitaal opgeneem en word die 7de in haar knieg geopereer. Sy is baie bang en dis haar sterk been wat geopereer word. Bid asb vir haar en vir my vir kalmte.

Ons is SO bly alles het goed afgeloop Likkedilla! As ek mag vra : Hoekom is daar aan die GESONDE been geopereer en wat het hulle aan hom gedoen?:hug:

Likkedilla
Nov 14th 2008, 07:18 AM
Ons is SO bly alles het goed afgeloop Likkedilla! As ek mag vra : Hoekom is daar aan die GESONDE been geopereer en wat het hulle aan hom gedoen?:hug:

Goeie more,
Albei haar bene is gesond, hulle is net nie reg ontwikkel nie, haar STERK been dra haar deur. Sy is geobore sonder knieskyfies onder andere. haar regter(swak) been kan byvoorbeeld nie vanself reguit maak nie, as sy staan en haar voetjie op die grond druk dan "lock" sy haar been agtertoe en kan dan haar been so normaal as moontlik gebruik. Haar linker(sterk) been het egter 'n sterker spiertjie ontwikkel. Wanneer sy haar voet teen die grond sit, kon sy die spier van die buitekant van haar been oortrek oor haar knieg om die plek van die knieskyfie in te neem, dan kan sy die beentjie bietjie meer normaal gebruik, soos om ondersteuning aan die regter been te gee. Sy kan dan bv op een beentjie spring of tou spring met die regtervoet bo-op die linker een.

Nodeloos om te sÍ sy val baie. So het sy toe op die linker knieg geval en baie seer gekry. Dit het 'n vogbal op haar knieg gevorm wat baie pynlik was. Die vogbal was ook in die pad van die spier wat sy heen en weer beheer het. Ons is dr toe hoofsaaklik oor die pyn. Hy sien toe aan die buite kant van haar knieg is 'n iets en hy vermoed toe dat 'n stukkie knieskyfie is wat begin groei het. Hy moes oopmaak om die pyn gedeelte te behandel. Dit was toe inderdaad 'n stukkie knieskyf maar heel op die verkeerde plek. Hy het dit nou oorgeskuif na die middel toe en die spier wat sy so skuif geheg aan die binnespier(wat baie klein was) sodat haar been nog sterker kan wees.

Die regter been is BAIE BAIE swak en omdat sy nie nou die linker been kan gebruik met die gips en pyn nie, kan sy ook nie regkom met haar krukke nie. En dis ook nie gewone krukke nie. Haar arms kan nie reguit maak nie, en daarom kan sy nie met gewone krukke loop nie. Ek en 'n vorige kollega het vir haar self krukke ontwerp waarmee al die krag op haar elmbogies gedruk word. Dis eintlik baie oulik. Ons het die vorige keer dit vir haar van aluminium pype gemaak. Hierdie keer het ons die onderkante regte krukke gebruik en bo ons konkoksie opgesit.(ook van Aluminium)

Jammer vir my opstel, maar dis so lekker om te kan sÍ wat op my hart is sonder dat iemand my stil maak

Ta-An
Nov 14th 2008, 07:37 AM
:pp Bly om jou weer te sien :pp

Die Filadelfieer
Nov 14th 2008, 08:06 AM
Lik,
SÍ asb vir Mari-Elize dat daar sommer 'n klomp omies en tannies oor die hele land is wat vir haar bid.
Soms is die ouers se geestelike pyn baie erger as hulle kinders se fisiese swaarkry. Ek bid vir jou vir krag en insig gedurende tye soos hierdie.

Likkedilla
Nov 14th 2008, 09:25 AM
:pp Bly om jou weer te sien :pp
Dankie, ek kon my password nie onthou nie, en ek het 'n paarkeer gevra daarvoor maar nooit ontvang nie, ek moes ver gaan soek tussen al die papiertjies om dit te kry en kan toe nie glo ek is so stupid om iets so voor die handliggend te vergeet nie. Maar die laaste tyd was my koppie baie blond.

"Lik,
SÍ asb vir Mari-Elize dat daar sommer 'n klomp omies en tannies oor die hele land is wat vir haar bid.
Soms is die ouers se geestelike pyn baie erger as hulle kinders se fisiese swaarkry. Ek bid vir jou vir krag en insig gedurende tye soos hierdie"

Dankie ek maak so. Ek is seker dis slegs gebede wat my deurdra.
Het julle al die liedjie van Ronel Erasmus gehoor waar sy sing: "U het my deurgedra" Dit bly deesdae in my kop speel

Onder andere: U het my belowe, gesÍ U dra my deur. U het my deurgedra, U het my deurgedra.

protea
Nov 14th 2008, 12:41 PM
Likkedilla ,
Ons bid vir julle hele huisgesin die Here se VREDE toe en ons WEET Hy het julle hierdeur gedra en sal nog verder dra want Hy doen nooit halwe werk nie. Dit wat jy geskryf het is vir ons baie interessant en vergewe ons asb die vrae. Ek glo die Here hou daarvan as ons spesifiek bid. Die Here weet ook van jou motortjie wat nou wie weet waar toer... Ook daar sal Hy op Sy unieke manier voorsien. Wees verseker van ons gebede :hug: Baie lievvvvde en soeiiiiinkies

protea
Nov 14th 2008, 04:20 PM
Likkedilla,
julle boerepatent (of liewer 'moeder'patent?) klink geniaal! Wil jy nie vir ons n foto van die krukke op die forum plaas nie? My man is min gepla oor die estetiese van n patent , net solank hy WERK!

Likkedilla
Nov 17th 2008, 11:07 AM
Ek sal gou vanaand neem en more vir julle wys.