PDA

View Full Version : Bid ook asb vir Berno, LienQ se seun



Likkedilla
Oct 1st 2008, 07:06 AM
Berno gaan Saterdag Kimberley toe en word Maandag aan sy oog geopereer.

Sterkte julle twee en ons glo God sal julle ook dra.

Ta-An
Oct 1st 2008, 07:28 AM
Mag die Groot GeneesHeer self die lem in Sy hande neem, en vir Berno veilig deurdra :pray:

Phil Fourie
Oct 1st 2008, 07:33 AM
Ek bid saam met jou vir hulle ook

Sonia Smit
Oct 2nd 2008, 07:38 AM
Here, U weet dat 'n operasie nooit lekker is nie, maar soms nodig is. Vader ek weet dat U in beheer sal wees van die operasie wat gaan plaas vind. Ek dra die Dokter en sy span op na U, dat hulle fris en vars sal wees. Ek bid ook U beskermende bloed oor Berno en LienQ. Amen

CFJ
Oct 3rd 2008, 06:57 AM
Berno gaan Saterdag Kimberley toe en word Maandag aan sy oog geopereer.

Sterkte julle twee en ons glo God sal julle ook dra.

Sterkte LienQ en Berno! God help julle... :pray:

Likkedilla
Oct 6th 2008, 08:01 AM
Sterkte vir vandag Nolene, mag God met julle wees.

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 09:01 AM
Sterkte vir vandag Nolene, mag God met julle wees.

Weet jy dalk hoe die operasie afgeloop het?

Likkedilla
Oct 10th 2008, 10:09 AM
Jammer dat ek nou eers kom terugantwoord. Berno het toe Kimberley toe gegaan en die professor Maandag oggend gesien. Hy het toe gesÍ dat Berno se ogie eers geopereer kan word as hy 15 is hy word nou 12. Hy het die volgende dag teruggevlieg en LienQ het hom op die lughawe gaan haal.

Dankie vir julle almal se gebede. Ek sien dit as gebedsverhoring dat hy nie geopereer is nie. Hy het homself aanvaar soos hy is en wou nie regtig gaan vir die operasie nie, en ook omdat sy ma nie by hom kon wees nie.

protea
Oct 12th 2008, 01:51 PM
Gerrie-Dirk was verlede week in n baie ernstige motorongeluk betrokke en is met menigvuldige beenbreuke en ernstige hoofbeserings Bloemfontein toe gevlieg vir behandeling. Kom ons tree ook vir hom by ons Vader in asb?:pray: