PDA

View Full Version : Allo!



CoffeeCat
Oct 3rd 2008, 03:47 AM
hallo, vriende! Ek probeer om te leer afrikaans.... dit is 'n baie pret taal... mei Ek asseblief oefen praat afrikaans met u? Ek vra verskoning vir die sleg grammatika! :lol:

Phil Fourie
Oct 3rd 2008, 06:05 AM
Ja jy mag maar op ons oefen ;)

Lanie
Oct 3rd 2008, 06:54 AM
Hallo Koffiekat, ;) :wave:

Jy is welkom om jou afrikaans hier te oefen. Jy is reg, dit is 'n lekker taal! Van waar kom die begeerte om afrikaans te leer?

paidforinfull
Oct 3rd 2008, 11:37 AM
hallo, vriende! Ek probeer om te leer afrikaans.... dit is 'n baie pret taal... mei Ek asseblief oefen praat afrikaans met u? Ek vra verskoning vir die sleg grammatika! :lol:



Hallo CoffeeCat. Dis baie goed om jou hier te sien. Jou Afrikaans is nie te sleg nie - wie het jou geleer? Hoop om jou nog baie hier te sien. Blessings.

Sonia Smit
Oct 3rd 2008, 01:56 PM
hallo, vriende! Ek probeer om te leer afrikaans.... dit is 'n baie pret taal... mei Ek asseblief oefen praat afrikaans met u? Ek vra verskoning vir die sleg grammatika! :lol:




Jou Afrikaans is goed! Veral omdat jy dit al kan tik! :D Waar het jy geleer? En ek stem saam - dis 'n wonderlike taal en ek is nie een oomblik spyt ek praat dit nie!:pp

Lanie
Oct 3rd 2008, 01:58 PM
Ek wonder nou net, is daar ander nasies ook, wat so trots is op hulle taal, as wat ons, op ons s'n is? :hmm:

Sonia Smit
Oct 3rd 2008, 02:01 PM
Ek weet nie:hmm: En mens kan nie dink dat hulle Afrikaans wou "geban" het nie. Miskien dink ek die Franse is so trots op hulle taal - dit is immers ook 'n baie mooi taal, maar ek sal die nie aanleer nie, klink te tegnies :rofl:

marline
Oct 3rd 2008, 02:24 PM
Die zulu's is net so trots op hul taal. Daar is Zulu's wat weier om 'n ander taal te praat, en so dwing hy anders taliges om zulu aan te leer.

Lanie
Oct 3rd 2008, 04:28 PM
:D Ekke het al 11 jaar die begeerte om Zoeloe aan te leer! Dis jammer daar's nie 'n Zoeloe forum waar ek kan oefen nie....:lol:

Sonia Smit
Oct 6th 2008, 09:06 AM
Op die stadium van die geveg wil ek die swart taal leer wat meestal en landwyd gepraat word - ek hoef dit nie te kan praat nie - maar net te verstaan! :rofl: Dis nogal frustreurend wanneer hulle oorslaan na hulle eie taal en jy het nie meer 'n clue wat aangaan nie!

Die Filadelfieer
Oct 6th 2008, 11:38 AM
Hallo Koffiekat,
Oefen voort, ons sukkel nog so plek plek om Phil se skrywes ook te verstaan.

Lanie
Oct 6th 2008, 11:40 AM
Hallo Koffiekat,
Oefen voort, ons sukkel nog so plek plek om Phil se skrywes ook te verstaan.

:D :lol: :rofl:

Lanie
Oct 6th 2008, 11:47 AM
Op die stadium van die geveg wil ek die swart taal leer wat meestal en landwyd gepraat word - ek hoef dit nie te kan praat nie - maar net te verstaan! :rofl: Dis nogal frustreurend wanneer hulle oorslaan na hulle eie taal en jy het nie meer 'n clue wat aangaan nie!

Vir my gaan dit nou weer oor respek. Ek het ongelooflik respek vir iemand wanneer hulle met my in my moedertaal gesels wanneer dit hulle tweede taal, of selfs derde taal is. Ek sal graag dieselfde respek wil verdien en ook betoon deur met iemand in hulle moedertaal te kan kommunikeer.:D En ek dink dis :cool:! :lol:

Sonia Smit
Oct 6th 2008, 12:20 PM
Ek dink net nie dit sal so lekker klink as daar 'n vreemde taal uit my mond uitkom nie! :lol:

Smuggler
Oct 8th 2008, 02:58 PM
Ek hoor dat Afrikaans is 'n Hemelse taal . . . Dit het geen aardse waarde meer nie . . .:rofl:

Smuggler
Oct 8th 2008, 03:01 PM
Ek hoor dat Afrikaans is 'n Hemelse taal . . . Dit het geen aardse waarde meer nie . . .:rofl:

Ek stel voor dat daar 'n kommisie van ondersoek saamgestel word om die ketter op te spoor wat die stelling uitgedink het . . .!:idea:

Sonia Smit
Oct 9th 2008, 11:06 AM
Ek stel voor dat daar 'n kommisie van ondersoek saamgestel word om die ketter op te spoor wat die stelling uitgedink het . . .!:idea:

Ek stem 100% saam jou vir die kommisie want daar is baie stellings en woorde wat uitgedink is wat ondersoek moet word :lol: