PDA

View Full Version : Gedig: Welkom By God's Huis ('n Gedig)



paidforinfull
Oct 4th 2008, 03:35 PM
Haai - hierdie is nou my eerste poging om 'n gedig in Afrikaans te skryf sedert Std. 1. Hier is nou nie 'n spesifieke plek vir Afrikaanse gedigte nie, so ek plaas dit maar hier. Ek hoop dit is reg so?

Welkom By God's Huis
deur Belinda van Rensburg

Welkom hier by God se Huis -
ons hoop jy voel sommer gou tuis;
jou broers en susters wag vir jou
om saam met hul God's Ryk te bou.

Bring iemand saam of kom alleen
kom in die hitte of die reŽn,
Hier is 'n plekkie net vir jou,
jou kinders en jou man of vrou.

Welkom, Welkom, kom tog in
sodat ons almal saam kan sing
tot God's verheerliking en eer,
en uit Sy Woord uit saam kan leer.

Kom drink met ons 'n koppie tee
en deel met ons jou vreug en seer;
kom kyk hoe ons ons tyd bestee
saam met mekaar en met ons Heer.

Optimis
Oct 5th 2008, 05:34 AM
Dis pragtig, het jy nog die std 1 gedigte?

Ta-An
Oct 5th 2008, 01:15 PM
Welgedaan!!! :pp

Sien , mens moet net pribeer ;)

Antonvs
Oct 5th 2008, 06:45 PM
Wonderlik

Waarom nie jou gawe in span om "Afrikaanse Gesange" te dig wat Skrif getrou is en ryk is in Bybel

paidforinfull
Oct 5th 2008, 09:42 PM
Dis pragtig, het jy nog die std 1 gedigte?
Dankie.

Nee, ek het dit nie meer nie, maar ek kan nog onthou hoe dit begin het -

Die Mier
Sy soek hier en sy soek daar
sy maak kossie bymekaar
.......

(En toe kom ek in die moeilikheid by my juffrou omdat ek kwansuis die gedig iewers afgeskryf het. Het toe vir meer as 40 jaar nie weer geskryf nie, maar is nou weer aan die gang.)
Blessings :)

paidforinfull
Oct 5th 2008, 09:44 PM
Dankie vir al die bemoediging en mooi woorde. Dit beteken vir my baie. Blessings.

Ta-An
Oct 6th 2008, 10:51 AM
(En toe kom ek in die moeilikheid by my juffrou omdat ek kwansuis die gedig iewers afgeskryf het. Het toe vir meer as 40 jaar nie weer geskryf nie, maar is nou weer aan die gang.)
Blessings :) Ek hoop dit het saam met vergifnis hand aan hand geloop :D

paidforinfull
Oct 6th 2008, 04:42 PM
Ek hoop dit het saam met vergifnis hand aan hand geloop :D
Haai weer - ja, ek het haar natuurlik al laaaaaaaankal vergewe, en ook 'n les daaruit geleer. Ek is nou self 'n onderwyseres, en ek moedig altyd my studente aan om hulle talente te gebruik en te ontwikkel. Dus skuld ek eintlik daardie juffrou 'n dankie. ;)