PDA

View Full Version : Pa wees en balans



Willem
Oct 6th 2008, 09:57 AM
Hi,

ek voel ek is besig om balans te verloor deur net te raas en raas en pak te gee, vir alles wat seun stout doen, nou begin ek dink dat dit is oor die gebrek aan komplimente on opbou wat ek begin besef ek beisg is om te vergeet.Duiwel steel tyd en mens raak so besig... :B

Of is dit net normale 3 jarige optredes?:help:

Hoe maak mens met 3.5 jariges wat net alles in extremis wil doen? Sag is nie in sy werledbeeld nie, behalwe as hy kom flikvlooi :kiss:

Lanie
Oct 6th 2008, 10:58 AM
Hi Willem...

Kindertjies grootmaak is 'n onderwerp waaroor ons tot in einde van dae kan gesels want die uitdagings is nimmer-eindigend (is dit 'n woord?)

Moenie so hard wees op jouself nie - 3jariges is 'n spesie op hulle eie. Ek het nog nooit 'n 3-jarige ontmoet wat nie sy of haar ouers met tye teen die mure uitdryf nie. Al is jy die volwassene is jy ook maar net 'n mens en ek meer as enige iemand anders verstaan hoe die kleintjies mens kan druk tot jy ontplof. :blush:

My leuse vir enige streke is "dis net 'n fase" :D

Ek weet nie of jy lief is vir lees nie, ek self kan Pappa nie met enige iets omkoop om enige boek te lees as dit nie gaan oor vlieghengel, 4x4 of bergfietsry nie :rolleyes:, maar ek gaan 3 boeke vir jou aanbeveel.

1. Kweek kinders met karakter - Hettie Britz
2. Kweek gesonde gesag - Hettie Britz
3. Geestelike Groei van kinders - John Trent, Rick Osborne & Kurt Bruner.

Die 2 boeke van Hettie Britz is regtig 'n "eye opener" gewees want dit is werkboeke en jy moet eers jou eie "issues" uitsorteer voordat jy aan jou kind kan begin skaaf.

Ek beveel ook Gretha Wiid se ouerskapreeks aan. Dis 'n stel cd's wat onder ander handel oor positiewe ouerskap, kinderseksualiteit, dissipline en so aan.

My skoonma preek altyd so bietjie vir my en skimp dat mens nie kinders uit 'n boek kan grootmaak nie, maar hierdie het my al regtig baie gehelp.

Sterkte!

Die Filadelfieer
Oct 6th 2008, 11:46 AM
Die terrible two's is ..... uhhmm.... terrible.
Dit is gewoonlik die tyd waar hulle begin om grense vas te stel, en te kyk hoe ver die outjies jou kan druk. Ek is self nog 'n nuwe ouer, maar my raad is stel grense vas, wat hy mag en nie mag nie, en hou daarby, maak nie saak wat nie.
As dit vir alsations werk, hoekom nie vir seuntjies nie ? ;)

Lanie
Oct 6th 2008, 11:56 AM
Die terrible two's is ..... uhhmm.... terrible.


Net jammer niemand vertel vir ons dit begin al op 1 en 'n half nie en hou partykeer aan tot hulle 4 is. :spin:

Jy's reg, Fila.....Grense is die antwoord. Iemand het ook eenkeer vir my di wonderlike raad gegee. As jou kleintjie onmoontlik raak (veral as hy/sy nie die enigste kind is nie) vat jy hom en gee one-on-one aandag. Sommer vir 'n hele Saterdag of wanneer ookal. Dis 'n baie waar ding dat kinders aandag spel as T-Y-D.

Die Filadelfieer
Oct 6th 2008, 12:16 PM
Net jammer niemand vertel vir ons dit begin al op 1 en 'n half nie en hou partykeer aan tot hulle 4 is. :spin:

Jy's reg, Fila.....Grense is die antwoord. Iemand het ook eenkeer vir my di wonderlike raad gegee. As jou kleintjie onmoontlik raak (veral as hy/sy nie die enigste kind is nie) vat jy hom en gee one-on-one aandag. Sommer vir 'n hele Saterdag of wanneer ookal. Dis 'n baie waar ding dat kinders aandag spel as T-Y-D.


Dit is baie waar, net jammer pappas kan nie altyd so baie tyd soos wat hulle wil aan die kinders spandeer nie. Ek probeer oor naweke opvang waar ek kan, en veral Sondae na midagete stuur ek vir mamma kamer toe vir 'n broodnodige midagslapie en dan jol ek en seuntjie mekaar stokflou. Die formule werk nogals vir ons, en veral nou dat dit weer lekker warm is kan ons heeldag buite speel. Hy "help" my ook met dingetjies in en om die huis, wat gewoonlik beteken dat dit my 4 keer langer vat om iets gedoen te kry, maar dit maak nie saak nie, ek geniet die tydjies wat ons saam kan spandeer.

Son of the South
Oct 6th 2008, 12:54 PM
...Net jammer niemand vertel vir ons dit begin al op 1 en 'n half nie en hou partykeer aan tot hulle 4 is....


Jaaa, ek ken van terrible two's en f*** viers, ha ha! Jammer vir die swets woord, maar 'positive confession' sal nie help nie. Erken eerder dat kinders grootkry nie altyd maklik gaan nie en dat mens dit in afhanklikheid moet aanpak. Party fases gaan vir party kinders maklik en met ander verg dit bietjie meer volharding. Net sodra jy dink jou probleempies is abnormaal erg, dan kom jy agter hoe gemiddeld jy eintlik maar is.

Vriende van ons se laaitie was vir 'n lang ruk heel dwars, maar met konsekwente optrede (lees pakslae) het hulle die jong boompie gebuig gekry. Ons kleinman het weer 'n fase van bednatmaak deurgegaan agv skool aanpassings probleme wat ons raadop gehad het. Dit is nou weer 'n ding waarvoor foeter heeltemal onvanpas is. Bevestig maar net baie jou liefde en gee versekering. Gelukkig was dit net 'n fase...

Ek het ook baie boeke gelees (soos bv. Om Seuns Groot te Maak en ander). Die kernboodskap vir my was dat 'n mens BETROKKE moet wees by jou kind en wees KONSEKWENT. Kinders soek grense en raak onseker as die grense nie duidelik is nie.

Ek glo ook maar in die lat: "'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt." Een van die grootste foute wat jy kan maak is om kort-kort aan jou kind te 'tik'. Ja nee kyk, ek slat vir hulle GOED, hulle skuif sommer op hulle bassies op die vloer rond want dit brand! Soms moet jy net die mat behoorlik onder hulle uitpluk. :o Gelukkig is dit nie gereeld nodig nie; ek kan nie eers onthou wanneer laas nie. As die pak oor is en die trane :cry: klaar geloop het, is my kinders verseker van my liefde :kiss: en is ons nog het so lief vir mekaar soos altyd :hug:, maar hulle weet gewis daar is grense wat nie oorgesteek moet word nie. Aanranding? Nee, liefde op die Bybelse patroon.

Sonia Smit
Oct 6th 2008, 12:55 PM
Net jammer niemand vertel vir ons dit begin al op 1 en 'n half nie en hou partykeer aan tot hulle 4 is. :spin:

Wat praat jy van 1 en 'n half? :lol: Jy't moeilikheid van die oomblik wat hy kan agterkom hy het voetjies waarmee hy kan loop!:lol:

Ek weet 'n mens voel maar altyd aardig na 'n pakslae sessie, maar dis partykeer nodig. Wat ons doen is na die pakslae sessie vat my man Tiaan en hy praat mooi met hom, of Tiaan kom self na ons toe en soek troos. :saint: Shame hoe kan jou nou vir sulke ogies kwaad bly :D

Lanie
Oct 6th 2008, 02:00 PM
Ek glo ook aan pakslae, solank jy nie vir alles slaan nie. Die straf moet by die oortreding pas. My kids kry pak as hulle moedswillig ongehoorsaam of disrespekvol is, mekaar seermaak, en as hulle agterbaks is (ek wil nie graag die woord skelm gebruik nie).

Het enige van julle raad vir kinders wat baie baklei en heeltyd in mekaar se hare is. Ek voel nie altyd om pakslae daarvoor te gee nie, behalwe as hull handgemeen raak, want hulle is nie regtig stout nie, hulle irriteer mekaar net verskriklik en raak katterig ( la vroumens).

Willem
Oct 6th 2008, 02:23 PM
Dankie Lanie,

My suster het al van die gepraat, kon nit nie die naam onthou nie en effens vergeet van die boeke.

1. Kweek kinders met karakter - Hettie Britz
2. Kweek gesonde gesag - Hettie Britz

sal ma onthou van die T Y D en effort maak om hom meer aktief te betrek? Bly om te hoor dis nie uniek nie ouens.

:idea:

Son of the South
Oct 6th 2008, 02:47 PM
Ek glo ook aan pakslae, solank jy nie vir alles slaan nie. Die straf moet by die oortreding pas. My kids kry pak as hulle moedswillig ongehoorsaam of disrespekvol is, mekaar seermaak, en as hulle agterbaks is (ek wil nie graag die woord skelm gebruik nie).
Ek stem!

Het enige van julle raad vir kinders wat baie baklei en heeltyd in mekaar se hare is. Ek voel nie altyd om pakslae daarvoor te gee nie, behalwe as hull handgemeen raak, want hulle is nie regtig stout nie, hulle irriteer mekaar net verskriklik en raak katterig ( la vroumens). Ek soek ook nog daai raad! Ten minste so lank bietjie troos: As dit goed gaan tussen Pa en Ma, dan baklei die kinders op hulle beste. As dinge begin sleg gaan tussen Pa en Ma, voel die kroos 'insecure' en dan baklei hulle nie. Ek kan darem rapporteer, myne baklei soos kat en hond. :rofl:Veral hier na die einde van die vakansie toe het dinge begin rof raak. Hulle bly darem nog beste maats.

Willem
Oct 6th 2008, 02:53 PM
Ek stem!
Ek soek ook nog daai raad! Ten minste so lank bietjie troos: As dit goed gaan tussen Pa en Ma, dan baklei die kinders op hulle beste. As dinge begin sleg gaan tussen Pa en Ma, voel die kroos 'insecure' en dan baklei hulle nie. Ek kan darem rapporteer, myne baklei soos kat en hond. :rofl:Veral hier na die einde van die vakansie toe het dinge begin rof raak. Hulle bly darem nog beste maats.

Divide and conquer in reverse! Maak hulle saam kwaad/in 'n span vir iemand/iets anders! Op christelike manier:saint:(sal baie inisiatief benodig:pray:)

Ek onthou altyd dit gekry as ek met boetie of sussie baklei het het altwee saamgestaan teen my.:blush:

..... kom dit nie ma alles neer op die bloedjies wat verveeld raak nie? Ek weet ek en die meisiekind het cabin fever gekry party naweke voor die kinners gekom het...:hmm:

Die Filadelfieer
Oct 6th 2008, 02:59 PM
Ek los al die pappas en mammas met 'n versie wat vir my persoonlik al wat 'n opvoedingstegniek opsom :



Psalm 119:9 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

Lanie
Oct 6th 2008, 03:50 PM
Ek los al die pappas en mammas met 'n versie wat vir my persoonlik al wat 'n opvoedingstegniek opsom :

:hmm: Miskien moet ek vir skoonma s daar is tog 'n boek waarmee mens jou kind kan grootmaak. :hmm: :idea:

Daar's nou weer 'n ander "obstacle". Oupa's en ouma's wat inmeng...al is dit met die beste bedoelings....

Sonia Smit
Oct 7th 2008, 07:12 AM
Het enige van julle raad vir kinders wat baie baklei en heeltyd in mekaar se hare is. Ek voel nie altyd om pakslae daarvoor te gee nie, behalwe as hull handgemeen raak, want hulle is nie regtig stout nie, hulle irriteer mekaar net verskriklik en raak katterig ( la vroumens).

Weet jy wat het my pa met ons 3 meisikinders gedoen? Wanneer ons so katterig was, en ook handgemeen geraak het, het hy vir ons elkeen 'n beld gegee, ons toegemaak in die kamer (natuurlik was hy by) en vir ons ges ons moet mekaar slaan en as ons nie slaan nie gaan hy slaan. Ons het dan natuurlik ons o uitgehuil :cry:, maar geen houe is geslaan nie. Ons het natuurlik daaruit geleer en ons het naderhand nie mekaar te lyf gegaan nie;).

Ek s nie jy moet dit met jou kinders doen nie:o, want dis nie lekker nie!

Ek het ook 'n probleem met 'n ouma wat inmeng. Ek het gesukkel om Tiaantjie te speen van die dummy, maar dit eventually reggekry. Maar toe hy sy been gebreek het, het hy onthou hy het dummy gedrink en die dokter het vir ons ges ons moet dit vir hom gee want dit sal hom troos (dit was vir hom traumaties!). Elke geval, ek het hom toe weer begin speen, en hoe meer ek s hy mag nie die dummy drink nie, hoe meer steek my skoonma die ding weg, en wanneer hy vra word dit in sy mond gedruk :B

Dit is die verstreurendse ding as jy iets probeer reg doen, en die ouma meng so in :mad:

Willem
Oct 7th 2008, 08:42 AM
Eerstens moet ek se, dat ek geseen is met 'n 2de ma in baie opsigte.

Maar wat ons gedoen het is dat ek en my vrou praat en dat sy dan met haar ma praat en se dat sy ons gesag ondermyn , maar dat sy maar kan bederf ens. dis op die of daai punt wat ons besluit om so te maak.

Sy het juis weer gehelp met die speen waar ons as ouers rustig was en vertou het hy sal self speen soos hy self van ander goed gespeen het.

Son of the South
Oct 7th 2008, 11:21 AM
Ek het 'n oulike idee afgekyk om die kleingoed te vermaak:

Gaan koop 'n pakkie kaasworsies (cheese grillers). Ek het so 'n klein braaitjie, maar enige braai of braaiplek sal reg wees. Maak vir hulle 'n paar kole en reik elkeen uit met 'n fondue vurkie. Net die basiese instruksies word gegee vir die veilige gebruik van die fondue vurkie. Nou moet elkeen self sy eie worsies braai. LOS hulle, laat hulle leer. Die worsies is mos eintlik klaar gaar, so hulle kan dit eintlik nie te veel verkeerd kry nie.

Dit is SO eenvoudig, maar vir die kortvolk was dit 'n GROOT ding. Selfs die nefie en niggie wat al die tienerjare begin betree het dit geniet. (Hulle kom uit 'n gebroke huwelik en het natuurlik self nog nooit die kans gehad nie.) Dit was vir die niggie net so 'n groot ding om die vuurhoutjie te mag trek. Die ouer kinders kan seker self die vuur ook maak.

Lanie
Oct 7th 2008, 12:48 PM
Jip, kinders blom as jy vir hulle "grootmens" verantwoordelikhede gee. My girls is nog klein, maar hulle kan al self tee en koffie, oats en slaai maak. Ek leer hulle so kort-kort ietsie nuuts en dan voel hulle 10-vrou sterk ;)

paidforinfull
Oct 7th 2008, 06:46 PM
Hi,

ek voel ek is besig om balans te verloor deur net te raas en raas en pak te gee, vir alles wat seun stout doen, nou begin ek dink dat dit is oor die gebrek aan komplimente on opbou wat ek begin besef ek beisg is om te vergeet.Duiwel steel tyd en mens raak so besig...
Haai Willem - kinders grootmaak is nie kinderspeletjies nie. My eie dogter is al getroud en uit die huis (ek het al twee kleinseuns), en, soos hulle seg "hindsight is always 20/20". Ek is ook al jare 'n onderwyseres, en verstaan kinders redelik goed (ek hoop ten minste so).

Streng wees en grense stel is baie baie belangrik, maar dit beteken nie noodwendig jy moet kwaai wees, skree, raas en pakgee nie (alhoewel 'n goeie pakslae op die regte tyd - veral wanneer hulle iets gevaarliks doen -wonders kan verrig).

Jou nee moet jou nee wees, en jou ja jou ja. Of hulle nou skop, skree of wat ookal, hulle kan nie hulle eie sin kry nie. Staan vas by jou besluit, en moet nie ingee nie. Moet nie kwaad word nie - bly kalm. Straf hulle liewers as om met hulle te raas. Ek weet dit is makliker gese as gedaan, maar met bietjie oefening en baie selfbeheersing kan mens dit nogal regkry. Mens kan ook bid en vir die Here vra om in hierdie saak te help. Wysheid is nodig. Selfbeheersing is nodig.

Ek kan duidelik aan my studente sien wie se ouers op hulle skree of wat ookal - hulle raak geniepsig en lelik met ander kinders. Nee wat, so moeilik as wat dit mag klink, probeer maar kalm bly.

Dis nou ook glad nie nodig om alles aan 'n kind te verduidelik nie, maar soms is dit nodig. Hulle leer by ons. Ons woorde en dade beinvloed hulle. Baie.

En nog net een ding - jy dink 3 is erg? Wag vir 12-15 ...... (sidder sidder sidder).
Blessings.

Willem
Oct 7th 2008, 08:49 PM
Ek is ook al jare 'n onderwyseres, en verstaan kinders redelik goed (ek hoop ten minste so). :hug:laat my nou so na my ma verlang... sy was ook onnie wat die knack met ons kinners gehad het

Streng wees en grense stel is baie baie belangrik, maar dit beteken nie noodwendig jy moet kwaai wees, skree, raas en pakgee nie (alhoewel 'n goeie pakslae op die regte tyd - veral wanneer hulle iets gevaarliks doen -wonders kan verrig). :)dankie, darem op die regte pad daar, die skree en emosie (kwaad word ) dink ek die Vader het weggevat toe ek verantwoordelikheid gevat het vir die straf van die kinners.

Wysheid is nodig. Selfbeheersing is nodig.:idea:Meer doen en minder preek?

Ek kan duidelik aan my studente sien wie se ouers op hulle skree of wat ookal - hulle raak geniepsig en lelik met ander kinders. Nee wat, so moeilik as wat dit mag klink, probeer maar kalm bly. :o dis wat my pla, hy begin vir my se dat hy my gaan slaan as ek nie doen wat hy wil he nie.Nou worrel ek dat dit al is wat ek doen...

Ons woorde en dade beinvloed hulle. Baie.:eek:dis daai dophou en doen wat jy doen wat ek oor bekommer... jy moet so oplet

En nog net een ding - jy dink 3 is erg? Wag vir 12-15 ...... (sidder sidder sidder).:idea: Solank ek in eerste ses ? jaar die regte fondasie gele het glo ek die res sal homself uitwerk, natuurlik met BAIE BAIE GENADE EN GEBED:pray:

Groete en dankie

Lanie
Oct 8th 2008, 04:41 PM
Ek het vandag baie goeie raad raakgelees. - Moet nooit rens heen gaan sonder 'n kind nie. Pa, as jy die bakkie se olie moet vervang, vat vir boeta saam. Of vat vir jou dogtertjie saam as jy gaan inkopies doen, Mamma. Ek weet dis 'n vreeslike oefening want hulle kan lastig raak, maar ek het ook al gevind as jy een op 'n slag saamvat is hulle nie so onhebbelik nie. Deur jou kind weg te vat van boetie of sussie af, kry jy al sy aandag en hy joune. Dis die ideale geleentheid om aan julle verhouding te werk. Ek moet bieg dat ek gewoonlik 'n verskoning uitdink om hulle nie saam te vat nie, maar dit gaan nou verander! Wat ons ook 'n ruk terug begin doen het is om 2 keer 'n maand beurte te maak om 1 van die dogtertjies uit te vat en iets te doen wat vir hulle lekker is. So Pappa en ousus sal gaan visvang (en sy vang self, hoor!) en ek en kleinsus "skilder" of gaan koop bestandele en bak dan koekies. Volgende keer vat ek weer vir ousus en ons gaan neem foto's in die veld en pappa en kleintjie gaan eet 'n roomys by Wimpy en doen window-shopping. Ek lag my dood want hy wil dit glad nie saam met my doen nie, maar hy loop blykbaar heel gedwe agter haar aan en oe en aa oor als wat sy wys. :lol:

Willem
Oct 8th 2008, 08:09 PM
...pappa en kleintjie gaan eet 'n roomys by Wimpy en doen window-shopping. Ek lag my dood want hy wil dit glad nie saam met my doen nie, maar hy loop blykbaar heel gedwe agter haar aan en oe en aa oor als wat sy wys. :lol:

Dis oorlat hulle ons net liefhet :hug::kiss:en dink ons is heroes! en ons wil nie daai bubbles bars nie:o:eek:...

:ppdis lekker om 'n groot sterk pappa te wees:pp

Julle gee ons shopping lyste en goed om reg te maak by die huis!:hmm::rofl::rofl::bounce:dan kan mans vrouens ok mos nie verstaan nie, ons moet hulle/julle net liefhe soos wat Christus ons liefhet....:help::pray:

simonpetra
Oct 9th 2008, 05:26 PM
Ek leer baie by julle. Sal maar notas maak vir waneer my engeltjie in 'n eksperimentele engeltjie verander.

Die gesels oor siblings wat so met mekaar baklei herinner my aan een vakansie toe ek so 5 was. Ons was in Desember oppad terug van die see af en ek en ouboet kon nie van "die lyn in die middel van die sitplek" af bly nie. Pa het drie keer gewaarsku dat hy ons gaan aflaai en laat huis toe loop en die vierde skoot stop hy toe en laat ons uitklim.

Pa het sy bes probeer om baie streng vir ons te preek maar ek en ouboet staan toe so en kaalvoet-trippel en "shoe-shoe" "awh-awh" op die warm teer dat ons ouers uitbars van die lag en uit jammerte terug laai in die kar. Nodeloos om te se ons wat tjoepstil tot in die Vaal.:rofl:

Likkedilla
Oct 14th 2008, 11:12 AM
Ek wil ook maar net s, al die raad wat hierbo gegee is, word saamgevat in Gretha Widd se "Disipline tuis aan die voete van die kruis" Dis is 'n moet om te h vir elke mamma, pappa en grootouers. As ek onthou sal ek die kontak besonderhede gou more saambring werk toe en kom post