PDA

View Full Version : Is rook verkeerd ?



Die Filadelfieer
Oct 7th 2008, 11:48 AM
So wat dink julle ouens ? Ek is huiwerig om die woord "verkeerd" met "sonde" te vervang, alhoewel dit eintlik maar op dieselfde ding neerkom, nie waar nie ? Wat mens dalk ingedagte kan hou, is die alternatief : As 'n ding nie sonde is nie... is dit dan tot eer van die Here ?

Gene
Oct 7th 2008, 12:18 PM
Ek dink engiets wat nadelig is vir jou liggaam, is verkeerd. Dit sluit in rook, oormatige gebruik van sterk drank, ooreet ens. Die Heilige Gees oortuig 'n mens van sonde, en wanneer rokers die Here ontmoet, word hulle gedring om op te hou daarmee. Dis nie in alle gevalle ewe maklik nie en dit neem soms baie lank, maar ek het nog nooit 'n wedergebore kind van die Here ontmoet wat vrede het oor sy rookgewoonte nie.

Phil Fourie
Oct 7th 2008, 12:25 PM
Uit persoonlike ondervinding :hmm:

Ja, SONDE ;)

CFJ
Oct 7th 2008, 12:53 PM
Net soos Phil, kan ek ook uit persoonlike ondervinding tot geen ander slotsom kom, as dat rook verkeerd is nie. Mens voel skoon 'n ander mens as jy ophou rook en die verslawende effek maak mens 'n slaaf van zolle en skywe. Ek het darem al in 1992 opgehou, maar iemand het eendag gesÍ, David Pawson ek dink, dat al weet hy nie 100% of rook verkeerd is nie, weet hy 100% dit ruik al reeds soos wat hy dink die hel sal ruik.

Smuggler
Oct 7th 2008, 12:55 PM
Ek het 2 sienings :2cents: oor hoekom ek dink Rook is 'n sonde.
Sienig 1: In die Skeppings verhaal (wat nou nie eintlik 'n verhaal is nie, maar die waarheid) is daar vir Adam gesÍ om te heers oor die aarde, diere en ook plante. As ek nou nie kan nee sÍ vir 'n ou tabak plantjie se rookies nie, dan heers hy mos nou oor my . . .:thumbsdn:

Sienig 2: Die rede hoekom meeste mense rook is om te kan "cope" met hulle lewensstyl. Hulle kies om die Gees "uit te sit" en iets fiesies/vleeslik te gebruik om hulle vlees te kalmeer. Die bybel sÍ my vlees moet sterf en nie gekalmeer word nie . . .:thumbsup:

Wat sÍ julle . . .:yes: of :no:

Lanie
Oct 7th 2008, 01:20 PM
Ek het 'n paar vriende wat al opgehou rook het, nadat hulle, hulle lewens aan die Here oorgegee het. Prys die Here!:pp

Een van hulle was lank terug 'n alkoholis, maar is met genade daarvan verlos (net agv biddende ouers wat "tough love" toegepas het). Hy het so 2 jaar terug sy hart vir die Here gegee maar het die heeltyd vir my gesÍ dat hy nooit sal ophou rook nie. Maar moenie die krag van Christelike groepsdruk onderskat nie. Hy het nou al 12 weke terug opgehou en kyk glad nie terug nie.....:)

Sonia Smit
Oct 7th 2008, 02:16 PM
Ek kan uit persoonlike ondervinding ook sÍ dat rook 'n sonde is. Ons liggame is die woning van die Heilige Gees en moet rein gehou word.

Ek stem ook saam, wanneer jy ophou rook voel jy sommer 'n ander mens!:pp. Partykeer voel ek nog swak in myself en die temptations is daar, maar ek onderdruk dit want die gewoonte van die ou sigaretjie opsteek is nie van die Here nie:amen:, in iedergeval ons het in onsself gesterf die dag toe ons die Here in beheer geplaas het:pp

marline
Oct 7th 2008, 03:00 PM
Kyk, of dit nou sonde is of nie, ek haat daardie gewoonte. My ma is dood daarvan na 'n lang lang lyding, Als ruik na rook, die matte, die gordyne en mens se klere. Ek het die stryd met 2de handse rook in my huis, en verpes dit om in die tv kamer in te kom en dit stink so dat mens nie asem kry nie. Partykeer is dit so koud dat ek nie die deur kan oop maak nie, dan het ek 'n keuse, of ek versmoor of ek verkluim. Nee wat, as als wat rookdingetjie is van die aarde af kan verdwyn is ek seker dit is nie net ek wat gaan juig nie. As dit so ongemaklik is vir mense, moet dit sonde wees!!:(

simonpetra
Oct 7th 2008, 03:13 PM
Ja, rook is 'n euwel. Na my wedergeboorte het dit my erg gepla. Maar dit was glad nie maklik om los te kom van die gewoonte nie. Dit het baie probeerslagte, gebed en uithouvermoe gevat! Nou is dit ek en daai teveel choklit;)

Ta-An
Oct 12th 2008, 09:40 AM
Al wat ek vra is : Het jy 'n skoorsteen?? :o

Maar soos Eugene sÍ: Dit is nie 'n groter sonde as oorgewig nie :idea:

Son of the South
Oct 12th 2008, 12:41 PM
Nee, my ringe is nog goed.

Ek het elders al vertel dat my vrou in die bediening was voor ons getroud is; sy was in Hillbrow by MES en jeugwerker by Aucklandpark NGK. Sy het vir agt jaar 'skelm' gerook (terwyl sy in die bediening was) en ek het haar gedwing om op te hou toe ons getroud is. OK, nie gedwing nie, net voor 'n keuse gestel: of sy hou op rook en ons trou, of ek los haar net daar en dan. :D

Sy rook nou al vir agt jaar nie meer nie (net so lank as wat sy gerook het) en sy sÍ sy word nog altyd soms lus.

protea
Oct 12th 2008, 01:21 PM
Ek het een keer n praatjie gehoor waar n kundige oor die onderwerp gepraat het , en hy beweer toe dat dit makliker is om van dagga-verslawing gerehabiliteer te word as van nikotien-verslawing. So , dink 2 keer voordat jy n sigaret aansteek:idea:

Phil Fourie
Oct 13th 2008, 06:47 AM
Protea

As nikotien in botteltjies verkoop geword het, sou dit 'n skedule 8 medikasie gewees het, dit is die selfde kaliber as goed soos morfien :o

Sonia Smit
Oct 13th 2008, 02:44 PM
Al wat ek vra is : Het jy 'n skoorsteen?? :o

Maar soos Eugene sÍ: Dit is nie 'n groter sonde as oorgewig nie :idea:

Ek weet dit gaan nou oor rook hier, maar daar is baie mense wat oorgewig is weens verskeie mediese probleme, nie noodwendig net van ooreet nie :hmm:
Ek sien enige verslawing maar net so erg soos die ander verslawing :D

paidforinfull
Oct 13th 2008, 04:55 PM
Rook is nie net sleg vir die liggaam nie, maar hoe kan mens nou vir Jesus getuig as jy met 'n sigaret in die hand staan?

Ek het self eers gerook, maar prys die Here, Hy het my die krag gegee om op te hou rook (ek sou dit nie op my eie kon gedoen het nie).

chisel
Oct 14th 2008, 09:44 AM
As iemand dalk 'n doring in die vlees het en graag van dit ontslae wil raak kan ek getuig dat hierdie webwerf uitstekend is: http://www.settingcaptivesfree.com/home/

Die kursusse is nie net vir rook nie, maar ook dinge soos alkohol misbruik, dobbel, pornografie, rook, owerspel ens.

Die kursusse is gratis en die 'mentors' is almal mense wat met God se hulp oorwinning oor hierdie dinge behaal het en mens help.

Ek het so 4 maande terug opgehou rook deur die Breath of Life kursus, en kan getuig dat dit werk, en nie vir die verslawing nie, maar die kursus versterk ook mens se verhouding met God...

simonpetra
Oct 16th 2008, 03:09 PM
Nee, my ringe is nog goed.

Ek het elders al vertel dat my vrou in die bediening was voor ons getroud is; sy was in Hillbrow by MES en jeugwerker by Aucklandpark NGK. Sy het vir agt jaar 'skelm' gerook (terwyl sy in die bediening was) en ek het haar gedwing om op te hou toe ons getroud is. OK, nie gedwing nie, net voor 'n keuse gestel: of sy hou op rook en ons trou, of ek los haar net daar en dan. :D

Sy rook nou al vir agt jaar nie meer nie (net so lank as wat sy gerook het) en sy sÍ sy word nog altyd soms lus.
My man het dieselfde ultimatum aan my gestel toe ons verloof was. Ek vat toe maar my woef (wat saam met my gekuier het) en my koffie beker en vat die pad terug komune toe want ek kon nie vir iemand anders ophou rook nie. Hy moes my vat soos ek is of my los soos ek is.

Hy bel my toe darem die volgende oggend om my te vat soos ek is. Ek het 2weke na ons honemoon opgehou rook- vir Die Here.

Lanie
Oct 16th 2008, 03:40 PM
My man het net na ons getroud is vir my gevra wat sal my laat ophou rook. Ek sÍ toe ek sal ophou as ek eendag swanger is. Wel, 3 maande na ons troue was ek swanger! :lol:

Son of the South
Oct 19th 2008, 06:13 PM
My man het dieselfde ultimatum aan my gestel toe ons verloof was. Ek vat toe maar my woef (wat saam met my gekuier het) en my koffie beker en vat die pad terug komune toe want ek kon nie vir iemand anders ophou rook nie. Hy moes my vat soos ek is of my los soos ek is.

Hy bel my toe darem die volgende oggend om my te vat soos ek is. Ek het 2weke na ons honemoon opgehou rook- vir Die Here.
:rofl::rofl::rofl: Bly om te hoor ek is nie alleen nie.

Laat ek myself korrigeer, ek kan niemand laat ophou rook nie - die feit dat my vrou na agt jaar nog nie weer gerook het nie is maar net 'n bewys dat God se genade genoeg is. Ek was maar net die instrument in die HoŽr Hand.

MercyChild
Nov 6th 2008, 03:53 PM
Sjoe, ek is 'n roker, maar het seker al die antwoorde gekry wat ek nodig het om te weet dat rook verkeerd/sonde is.
Bid asb saam dat ek ook die verlossing daarvan kan geniet!:B

Son of the South
Nov 6th 2008, 06:06 PM
Sjoe, ek is 'n roker, maar het seker al die antwoorde gekry wat ek nodig het om te weet dat rook verkeerd/sonde is.
Bid asb saam dat ek ook die verlossing daarvan kan geniet!:B
Ek kan onthou van seevakansies by Hartenbos toe ek nog 'n klein laaitie was. Dit was so lekker om in die see, sand en son te baljaar. Hier teen die einde van die dag het die seewater verdamp van jou lyfie af, die sout klou aan jou vel en alles is vol sand. Die son het jou gepeper en jy voel sommer moeg en sat. Dan vat jou Mamma jou en was jou lyfie en jou hare mooi skoon. DIT IS SO LEKKER OM SKOON TE WEES!

:pray: Mag Hy jou help

Die Filadelfieer
Nov 7th 2008, 07:12 AM
Sjoe, ek is 'n roker, maar het seker al die antwoorde gekry wat ek nodig het om te weet dat rook verkeerd/sonde is.
Bid asb saam dat ek ook die verlossing daarvan kan geniet!:B

Ek sal verseker vir jou bid Linda.
Ek het self 'n getuienis in hierdie verband. Ek was 'n strawwe roker, so ten minste 40 sigarette 'n dag, maar het, nadat die Here dit op my hart gelÍ het, en 'n enkelle gebed later, heeltemal opgehou rook.... binne oomblikke . Dit is nou amper 6 maande later, en ek kan met dankbaarheid sÍ dat ek nog nie weer gerook het nie.

Nikotien verslawing is baie erg, en verseker is dit nie 'n maklike ding om te oorkom nie, maak nie saak wie wat vir jou vertel nie. As jy egter vir die Here vra om jou te help is daar tog geen rede hoekom Hy dit nie sal doen nie ?

Ek het 'n paar aande gedroom ek rook weer, en het die volgende oggend kwaad vir myself opgestaan ! :D Dit was maar net nog 'n teken vir myself dat ek nie weer moet beging nie, en dat ek my en die mense rondom my net gaan teleurstel indien ek weer sou begin. Ek is 100% seker dat ek dit nie sonder die Here se hulp sou kon doen nie.

Baie sterkte, laat ons weet hoe dit gaan.

Philip dT
Nov 7th 2008, 10:32 AM
Die mens se wil is soos 'n spier wat geoefen moet word. 'n Verslawing maak dat jou wil om teen te staan verswak is in 'n bepaalde area. Mense met 'n verslawing vind dit dikwels ook moeilik om nee te sÍ vir ander versoekings in hulle lewens, of is dikwels ongedissiplineerd in ander areas in hulle lewens.

Die kern van om vry te wees om van 'n verslawing is dat jou wil onder die beheer van die Gees staan, en nie onder die beheer van die vlees nie. Dit neem tyd om die wil te oefen, om selfbeheersing te oefen. Maar met God se hulp is enige iets moontlik.

Dit help dus om jou wil te oefen om vir ander (makliker) dinge in jou lewe nee te sÍ, voordat jy by die groot een begin.

of andersom.

Dit help nie jy wil ophou rook, maar maak nie ook pro-aktiewe besluite om nee te sÍ vir ander versoekings in jou lewe nie. En dit is waar ek by Vim wil aansluit. Rook is dikwels net die manifestasie van 'n dieper probleem, nl. om jou wil te laat beheer deur die Heilige Gees.

MercyChild
Nov 7th 2008, 10:42 AM
Dankie vir die raad julle ouens.

Phillip ek verstaan presies wat jy bedoel. Ek is reeds besig om sekere verslawings op die oomblik te oorwin. Ek voel sommer beter en gesonder. My uitkyk op die lewe het skoon verander.

Hartlik dankie vir julle gebede!:hug:

Philip dT
Nov 7th 2008, 04:05 PM
Dankie vir die raad julle ouens.

Phillip ek verstaan presies wat jy bedoel. Ek is reeds besig om sekere verslawings op die oomblik te oorwin. Ek voel sommer beter en gesonder. My uitkyk op die lewe het skoon verander.

Hartlik dankie vir julle gebede!:hug:

Plesier, en baie sterkte en seŽn!

YOLANDI HORN
Nov 20th 2008, 09:06 AM
NET DIE FORUM WAARNA EK SOEK :lol:.

JULLE MENSE EK IS 'N ROKER:blush:. EN JA EK EN MY MAN HET AL VELE ARGUMENTE GEHAD DAAROOR, EK SÍ ELKE KEER EK GAAN OPHOU EN DOEN DIT NET NIE:blush:. EK VOEL GEBIND REGTIG GEBIND, EK DINK DIS WAT MY VERHOED OM SEKERE SEŽNINGE TE ONTVANG, MY GEESTELIKE OŽ EN ORE IS TOE... BOT TOE!!

DAAR IS SEKERE DINGE WAT EK GRAAG WIL ERVAAR MAAR EK VOEL SOLANK EK ROOK SAL DIT NOOIT MET MY GEBEUR NIE. EK HET BESLUIT MY NUWEJAARSVOORNEME IS DEFINITIEF: HOU OP ROOK - HEELBO AAN MY LYS. EK WEET DIS VER BAIE VER MAAR DIT IS MY DOELWIT.

DIT GAAN MOEILIK WEES MAAR EK MOET NET DEURDRUK, MISKIEN MOET EK VAS (DIT HET EK NOG NOOIT GEDOEN NIE) DAN WEET EK VERSEKER DIT GAAN GLAD VERLOOP.

DALK MOET EK OOK NET DIE REGTE ONDERSTEUNING KRY - STEL IEMAND DALK BELANG OM MY RA-MAATJIE (ROKERS ANONIEM) :rofl: TE WEES.

NEE, JULLE RÍRIG EK WIL OPHOU ROOK EN EK MOET, EK HET NOU GELEES DIT IS WRAGTIG 'N SONDE MAAK NIE SAAK WAT EK MYSELF WIL WYS MAAK NIE... S O N D E :yes:

Die Filadelfieer
Nov 20th 2008, 09:35 AM
Hallo Yolandi,
Wat keer jou om nou op te staan, jou pakkie siggarette in die asblik te gaan gooi, en te sÍ "Ek is klaar met rook" nie ? Om die waarheid te sÍ, daag ek jou sommer nou uit om dit te doen ! As jy wil kan ons die deelnemers hier vra om vir jou te bid indien jy so 'n drastiese stap wil neem.




(Ns : Kan ek jou vra om asb nie alles in hoofletters te tik nie ? Dit beteken in internetprotokol dat jy eintlik besig is om te skree )

Sonia Smit
Nov 20th 2008, 09:51 AM
Hi Yolandi,
Weet jy, ek en my man het ook gerook. Ons het 'n besluit gemaak om op te hou rook, en ons het. Ons was vasberade gewees, ja dit was moeilik want ons vriende en my sussies het ook gerook, maar weet jy Jesus het ons deurgedra.

Wat my man gedoen het, elke keer as hy lus geraak het vir 'n sigaret het hy 'n appel geŽet. Ek het weer water gedrink. Miskien kan dit jou ook help, kry iets waarmee jy die sigaret kan vervang - iets gesond want as jy gaan oorgee aan sweets of so iets kan dit dalk ook nie help nie.

Maar ek bid dat Jesus jou sal bystaan deur hierdie besluit, mens moet net regtig vasberade wees en die duiwel wys dat hy nooit hou vas op enige manier in ons lewens het nie!

So 'n klein versie vir jou:
1Co 3:16 Weet julle nie dat julle Ďn tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
1Co 3:17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
1Co 3:18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wÍreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
1Co 3:19 want die wysheid van hierdie wÍreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
1Co 3:20 en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

Lanie
Nov 20th 2008, 10:06 AM
Hi Yolandi,

Probeer regtig die skakel wat Vim hier bo gegee het. Ek gee dit sommer weer. http://settingcaptivesfree.com

Ek het al 3 jaar terug opgehou rook, maar ek het ook daar gaan inloer nadat Vim vir ons die link gegee het. Daar is spesifiek 'n bybelstudiekursus vir mense wat wil ophou rook en jy kry 'n mentor of so iets wat jou dag vir dag bemoedig en raad gee en vir jou bid. Ek sal ook vir jou bid. :pray: :hug:

Groete

YOLANDI HORN
Nov 20th 2008, 10:31 AM
Sorry Fil, ek het dit nie geweet nie, Jammer!!!
Dalk voel ek lus om te skree??? Nee, ek grap sommer. :D

Fil, ja ek voel iets keer my...iets. Dis so 'n slegte gewoonte, ek gaan gou loer op die skakel wat Lanie gegee het.

Dankie ook aan julle 2 dames vir julle insette en versies, neem dit beslis ter harte:kiss:

Philip dT
Nov 20th 2008, 10:50 AM
Net raad oor vas (want jy noem om dalk te vas). Mens kan nie sommar net in 'n vas inspring nie. Want jou liggaam stel al die opgehoopte gifstowwe dan vry. Mens kan baie erge hoofpyne kry of baie siek raak as jy dit nie reg doen nie.

Jy moet:

1) fisies gesond wees
2) jy moet af van kaffiŽne wees vir ten minste 2-3 dae voor jy begin vas. Nog beter as jy heeltemal af van kaffiŽne is 'n week voor jy begin vas.
3) jy moet van enige verslawende middel af wees voordat jy begin vas - 'n week of wat voor dit. Om te rook tydens vas is nie 'n goeie idee nie. Hou betyds op rook voordat jy begin vas (verkieslik 'n week).
4) jy moet verkieslik ook jou etes afskaal en probeer om baie gesond te eet voordat jy begin vas: 5 klein porsies op 'n dag. Moet ook nie te veel vleis eet voordat jy begin vas nie. Sny vleis verkieslik uit twee dae voordat jy begin vas. Konsentreer op veselryke kos (vrugte en groente). Dinge soos pasta is goed om bietjie stamina te gee voordat jy begin vas.
5) Die oomblik as jy begin vas moet jy nie werk doen nie. Oor 'n naweek of vakansie is die beste. Jou liggaam moet dan rus, want hy het al sy reserwe energie dan nodig. Jy moet spaarsamig wees met jou eie energie en ook genoeg slaap.
6) Volgens die Bybel gaan vas altyd saam met gebed. Die doel van vas is om by die Here uit te kom en sy stem te hoor. Dit is nie 'n "hunger strike" nie.
7) Neem genoeg vloeistof in as jy vas. Jy kan 'n suiwer water-vas doen. Hoe skoner die water, hoe beter. Kraanwater is nie altyd ideaal nie. Sommige mense drink onversoete, natuurlike sap ook tydens vas, of rooibostee. Beslis net nie koffie of drankies met kaffiŽne in nie.
8) As jy jou vas breek moet jy dit geleidelik doen. Moenie te veel eet as jy jou vas breek nie. Vermy vleis aan die begin. Begin met groente en vrugte. Vrugte smaak op hulle lekkerste as jy 'n vas breek.

Sonia Smit
Nov 20th 2008, 11:01 AM
Hi Phillip,
Baie dankie vir hierdie!

Lanie
Nov 20th 2008, 11:49 AM
Baie dankie, Philip. Dis nou regtig ietsie wat ek gaan uitdruk en hou.



5) Die oomblik as jy begin vas moet jy nie werk doen nie. Oor 'n naweek of vakansie is die beste. Jou liggaam moet dan rus, want hy het al sy reserwe energie dan nodig. Jy moet spaarsamig wees met jou eie energie en ook genoeg slaap.


Ek is nogals baie aktief en sal nie daarvan hou om my oefenprogram te onderbreek nie, maar sal jy voorstel mens doen glad nie enige oefening terwyl jy vas nie? :(

Lanie
Nov 20th 2008, 11:52 AM
Baie dankie, Philip. Dis nou regtig ietsie wat ek gaan uitdruk en hou.



Ek is nogals baie aktief en sal nie daarvan hou om my oefenprogram te onderbreek nie, maar sal jy voorstel mens doen glad nie enige oefening terwyl jy vas nie? :(

Kan een van julle asseblief hierdie post skuif na die vas- draad toe? Dankie.

Philip dT
Nov 20th 2008, 01:30 PM
Lanie, nee, ek sal beslis nie oefeninge doen as ek vas nie. Dit is hoegenaamd nie 'n goeie idee om aan te hou met oefeninge as jy vas nie. Jou bloedsuiker kan ernstig daal. Jy kan ook baie maklik 'n blackout kry. Of jou hart kan onder geweldige stres kom. Dit kan lewensgevaarlik wees. Jou liggaam het al sy reserwes nodig vir sy normale funksies. Hy moet in 'n staat van rus wees as jy vas.

Lanie
Nov 20th 2008, 03:20 PM
Dankie Philip. Ek moet sÍ dis nie goeie nuus nie. :cry:

Antonvs
Dec 29th 2008, 10:26 PM
Na 23 April 1999 was dit laaste keer wat ek 'n sigaret in my mond gestop het - jy sien hierna wou ek alles in my vermoe doen om so 'lank moontlik te leef' om die Woord te verkondig - sigarette sou hierdie jare beroof het van my.

manieverster
Jan 2nd 2009, 10:27 PM
Ek is 'n roker en ek het nee gestem en dit lyk vir my ek is die enigste persoon sover wat dink dit is nie verkeerd of 'n sonde nie. Verstaan mooi, ek verfoei dit en het al 'n paar keer opgehou om net na 3 maande weer te begin. Ongelukkig rook my vrou en my stiefdogter en -seun. Wanneer ek dan in die aand TV kyk dan rook almal om my en maak my lus. Ek glo ook dit is alles in die kop en as 'n mens jou kop kan regkry dan het jy klaar halfpad gewen. Geloof in God en jouself het die is natuurlik die grootste faktor. :help: As julle nou saam met my bid sodat nie net ek nie maar ook my vrou and stiefkinders kan ophou rook dan kan dit mos aljimmers net goed gaan. Die probleem is hulle wil nie ophou rook nie!:help:

Manie Verster

Lanie
Jan 3rd 2009, 05:13 AM
Manie, ek sal verseker saam met jou bid....:hug: :pray: :pray: :pray:

mari
Jan 5th 2009, 10:40 AM
Ja, rook is verkeerd.....

net soos enigiets anders wat jou liggaam benadeel :
oor-eet
oor-stres
oor-werk
junkfood
oor-gim
extremesport
boks / bakleisport


Moederlief het altyd gese : enigiets met "te" is sonde - behalwe te voet en te perd !



.... en, OK, nou gaan iemand my seker weer bykom ;) ... maar ekke trek 'n skuifie..... so 5 per dag..... VIR GESONDHEIDREDES !!..... baie erg sensitiewe sinusse wat darem soortvan desensiteer met 'n goeie mentol brand........

.... begin toe ek verpleeg het ( pasiente kon toe nog in die bed rook en 'n suster se enigste raad vir my erge hoesbuie was - trek self ) jare opgehou, 3 jaar gelede weer begin toe die dokter weer wou sny om die sinusse onder beheer te kry...

....baie manklik om op te hou, maar sinusontsteking binne 2 dae.... raak nie vanniekopaf as die pakkie leeg en die winkel ver is nie..... :spin: ... doen dit net eenkant op my eige, nooit in geselskap en nooit in die huis nie.....


..... so... waar 'n rokie is, is soms 'n ander vuurtjie....;) .... m

CFJ
Jan 5th 2009, 10:46 AM
Hmmm, uitgevang nÍ, ek wou sÍ, watse rokie trek daar agter die quad...? :lol:

mari
Jan 5th 2009, 11:44 AM
Hmmm, uitgevang nÍ, ek wou sÍ, watse rokie trek daar agter die quad...? :lol:


hey, hey..... gaan preek vir Phil..... sy 2-stroke besoedel, my 4 stroke makierokie...... ( net die drywer..... :() ......

;) m

marline
Jan 11th 2009, 06:57 PM
Gooi ek toe my speelgoet uit die prem uit!!!! Kyk, ek het mooi gepraat, en gesmeek, maar niks help nie. Toe verlaat ek maar die vertek elke keer as hy die skuifie aansteek, Naderhand gaan dit so erg, as ek loop brand daar een in die hand, as ek terug kom brand die volgende een, ens ens. Ek wip my toe, en vra hom wie is hy om te besluit wanneer ek moet rook? Nou het hy met laptop en al garage toe getrek!!!!:B:B:B

mari
Feb 17th 2009, 03:27 PM
Het iemand hier besluit om my sondigheid aan te vat :pray: ..... ???


indien wel.... BAIE DANKIE !!!

ek het sowaar opgehou rook............

Sondag na kerk die laaste skuifie getrek, was te lui om op die bike te klim om nog te gaan koop..... en whalaaaaaah, hallelujah....... sommer net daar opgehou en nie weer nie !!!


:pp .......... m

marline
Feb 20th 2009, 03:35 AM
ek het sowaar opgehou rook............

Hoe gaan dit met die ophou? Ek dink dit is 'n wonderlike besluit. Ek hoor mense wat ophou rook se smaak en reuk verbeter ook . Byt vas, ek dink nie dit is 'n maklike pad nie, want anders as met ander verslawings, word mens nie so ondersteun nie. Sterkte.

Brendac
Feb 20th 2009, 03:59 AM
So wat dink julle ouens ? Ek is huiwerig om die woord "verkeerd" met "sonde" te vervang, alhoewel dit eintlik maar op dieselfde ding neerkom, nie waar nie ? Wat mens dalk ingedagte kan hou, is die alternatief : As 'n ding nie sonde is nie... is dit dan tot eer van die Here ?

I hope you don't mind me responding in English - smoking is not something that will keep you from God, however, it is something that has a hold over you and controls you. I have just given up - it has not been easy, but with the Lord's strength I got the victory. It can definitely ruin our testimony and keep us from being with people that we need to be with and attending functions that we need to attend, and all because of a silly little white thing that tends to control our lives.

I have smoked for some years and even during that time had a wonderful relationship with the Lord, however, He desires that we walk in the freedom that He purchased for us on Calvary.

All I can say is don't get into condemnation over smoking and don't allow others to get you into condemnation; you need to just keep praying and asking the Lord to take it from you. The secret here is to really surrender all to the Father and let Him take these things out of your life!

mari
Feb 20th 2009, 07:24 AM
Hoe gaan dit met die ophou? Ek dink dit is 'n wonderlike besluit. Ek hoor mense wat ophou rook se smaak en reuk verbeter ook . Byt vas, ek dink nie dit is 'n maklike pad nie, want anders as met ander verslawings, word mens nie so ondersteun nie. Sterkte.


dit gaan nogal heel goed, Marline, dankie ...... dit was sommer net so 'n "spur of the moment" besluit en netso oor en gedaan..........

ek het maar min gerook, so 5 sigarette 'n dag en ver uitmekaar uit, sommige dae het ek ook "geskip" as dit te besig geraak het .... ek het nooit in geselskap of binneshuis gerook nie ( natuurlik nooit in die workshop tussen die petroldampe nie ! ) ...... rook was soortvan my wegkom tyd waar almal my uitlos en ek eenkant kon kom en bietjie "reflect" op die dag........ nou doen ek dit nog steeds ( raak net weg stoep toe ) maar sonder die stookie ......... dis hoekom my manlief eers gister agter gekom het ek het opgehou... he-he....... hy het altyd gespot en my sigarette aangebied wanneer ek probeer ophou het, hoewel hy die een is wat dit die meeste verpes ....... nou is dit te laat :rofl:


my rokery was nogal simpel, come to think of it..... ek probeer 'n redelik reguit pad lef ( vloek ens nie ) en het in die verlede ander veroordeel wat skeeftrap........ toe besluit ek sommer om te begin rook, want dan kan ek nie vinger wys nie........ stupid ne ?! ........


.... die rook het wel vir sinus gehelp, maar dis ook nonsins .... sluk eerder sinus pille as teer !! ......


aaaai, dis darem snaaks hoe mens jouself allerande dinge kan wysmaak om rebellie te regverdig !!!!


rookvrye groete
m

Son of the South
Feb 20th 2009, 02:41 PM
I hope you don't mind me responding in English - smoking is not something that will keep you from God, however, it is something that has a hold over you and controls you. I have just given up - it has not been easy, but with the Lord's strength I got the victory. It can definitely ruin our testimony and keep us from being with people that we need to be with and attending functions that we need to attend, and all because of a silly little white thing that tends to control our lives.

I have smoked for some years and even during that time had a wonderful relationship with the Lord, however, He desires that we walk in the freedom that He purchased for us on Calvary.

All I can say is don't get into condemnation over smoking and don't allow others to get you into condemnation; you need to just keep praying and asking the Lord to take it from you. The secret here is to really surrender all to the Father and let Him take these things out of your life!The sigaret does the smoking, you are just the sucker!

Keep up the good fight and welcome in our corner of the world.

mari
Feb 20th 2009, 06:57 PM
The sigaret does the smoking, you are just the sucker!

:rofl::pp:bounce::pp:rofl:


that's why ..... :giveup:

Prophet Daniel
Mar 7th 2010, 05:34 PM
Ja! Alle ongeregtigheid is sonde. Rook is nie geregtigheid teenoor jouself en ander nie!