PDA

View Full Version : My man se toekoms



Sonia Smit
Oct 7th 2008, 01:01 PM
Hi julle outjies :D

Ek het asseblief julle hulp nodig :help:. My man is vandag in kennis gestel dat hulle mense gaan moet begin afdank, hy werk in die motor industrie.

Hy is in 'n seniors pos, en van sy mensies onder hom gaan hulle werk verloor. Hy is ook onseker oor sy eie werk - hy is eintlik goud werd vir die maatskappy waar hy nou werk, maar soos ons as mens is, is ons maar bekommerd.

Ek vra dat julle asseblief saam met ons sal bid dat die Here hom sy werk sal spaar - die werk wat hy doen het hy nie per toeval gekry nie. Elke keer het God vir hom net beter en beter gegee, en ons dank die Here elke dag dat Christiaan 'n werk het. Hy was voorheen werkloos vir baie lank, maar toe het die Here hom geseen met 'n baie Junior pos en binne 7 jaar het hy homself opgewerk (met die hulp van die Here) tot 'n seniors pos. Hy doen op die oomblik 3 mense se werk want van die mense het al bedank en dan het hy die werk maar oorgevat.

Ek weet dat die Here net die beste vir ons wil h want ons is Sy kinders. :pray: asseblief saam met my?

Dankie julle!

CFJ
Oct 7th 2008, 02:20 PM
Hi Sonia,

Elke opregte soeke na God se genade, word sonder uitsondering beloon.


Waarlik, daar is n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
(Spr 23:18 AOV)

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en n beloner is van die wat Hom soek.
(Heb 11:6 AOV)
:pray:

marline
Oct 7th 2008, 02:25 PM
Sonia, ook ons het vandag gehoor dat my man se kontrak in India nie hernu word nie. Hy het nog net werk tot 30 Okt. Hy het 6 jaar daar gewerk, en nou dit. Ek weet waardeur julle gaan, want hier is daar ook net bekommernis. Maar soos jy tereg se, die een deur gaan toe, dan gaan 'n ander oop. En onthou, niks in die lewe gebeur toevallig nie, GOD het 'n doel met alles, en is dit dalk 'n manier om ons iets te leer of te wys? Ek bid vir jou, of nog beter, kom ons bid soggens tussen 7 en 8 saam oor die saak. Hou vas aan die HERE.:hug: