PDA

View Full Version : Vas/Fasting



marline
Oct 7th 2008, 02:04 PM
Ons bestudeer hierdie week om te vas. Ek het die vorige besprekings oor die onderwerp gelees, en baie daaroor geleer. Daar is net een ding wat ek onseker oor is. My vriendin praat van mense wat nie self bereid is om te vas nie, dan vas sy namens hulle. Werk dit so? Ek weet jy kan saam met iemand vas, maar namens iemand anders is nou weer 'n ander vraag. Kan julle my dalk help?

CFJ
Oct 7th 2008, 04:39 PM
Hi Marline,

Mens kan vas oor iemand of vir iemand of met iemand (soos jy ook genoem het), maar om namens iemand te vas blyk onmoontlik te wees. AS ek nou sommer 'n afleiding mag maak, dan is dit miskien wat bedoel word, om terwyl julle vas iemand op die hart te dra in daardie tyd. Die rede hoekom mens nie namens iemand kan vas nie, sal dieselfde rede wees hoekom mens nie namens iemand voor die regterstoel van God sal kan staan nie...


Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.
(2Kon 14:6 AOV)

So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
(Rom 14:12 AOV)

Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
(2Kor 5:10 AOV)

Phil Fourie
Oct 8th 2008, 07:10 AM
Ek stem saam met wat Ferdi hier se, uit persoonlike ondervinding het ek reeds al baie male vir mense gevas, maar ek kan werklik nie namens iemand vas nie, net soos ek nie namens iemand kan bid nie, want ek kan nie namens iemand in 'n verhouding met God staan nie.

Vas is in my opinie en uit my persoonlike ervaring 'n intense verlenging van gebed, daarom kan jy dit nie namens iemand anders doen nie.

Groete
Phil

Phil Fourie
Oct 8th 2008, 07:10 AM
Ek stem saam met wat Ferdi hier se, uit persoonlike ondervinding het ek reeds al baie male vir mense gevas, maar ek kan werklik nie namens iemand vas nie, net soos ek nie namens iemand kan bid nie, want ek kan nie namens iemand in 'n verhouding met God staan nie.

Vas is in my opinie en uit my persoonlike ervaring 'n intense verlenging van gebed, daarom kan jy dit nie namens iemand anders doen nie.

Groete
Phil

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 07:24 AM
Ek het myself nog nie gevas nie, en ek kry skaam vir my rede, maar ek weet net nie hoe om dit te doen nie. :blush:

Vir my, die blote idee om nie te eet nie klink bietjie erg. Miskien sien ek dit in die verkeerde lig, maar ek moet ten minste een keer 'n dag eet anders pla dit my totdat ek eet...

Vas is vir my nog 'n probleem waarmee ek worstel :blush:

Phil Fourie
Oct 8th 2008, 07:28 AM
Sonia

Jy sal weet as en wanneer die Heilige Gees jou daartoe lei, dan sal Hy jou ook die krag gee om dit te kan doen ;)

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 07:39 AM
Dankie Phil :D
Partykeer wanneer mense praat en hulle sÍ hulle het gevas oor sekere sake, dan voel ek maar so bietjie skuldig hier binne want ek het dit nog nie gedoen nie, maar soos jy sÍ die Heilige Gees sal my lei :pp

Phil Fourie
Oct 8th 2008, 07:43 AM
Ja Sonia, jy het niks om oor sleg te voel nie, die Heilige Gees werk met elkeen van ons verskillend en dinge moet altyd gebeur op Sy tyd. Mense wat wel vas en ander dinge doen, moet oppas dat hulle nie daarmee probeer spog, asof hulle nou 'n spesiale geestelike prestasie behaal het nie, want dit is baie verkeerd.

Die belangrikste in jou geestelike lewe is bestudering van die Woord en kommunikasie met God, kry jou verhouding in orde en die res sal gebeur soos God dit van jou verwag, wanneer Hy dit van jou verwag :)

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 07:58 AM
Is dit waar dat wanneer jy vas niemand daarvan mag weet nie?

Phil Fourie
Oct 8th 2008, 08:13 AM
Sonia, kom ons kyk na wat die woord se:

16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sÍ vir julle, hulle het hul loon weg.
17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,
18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Matt 6:16-18

So, ek glo Jesus se hier dat wanneer jy vas dit nie daaroor gaan dat jy nou vir almal probeer wys dat jy besig is om te vas nie, maar dat jou vas gaan oor jou verhouding met God en dat jy dit vir Hom doen en nie om deur mense gesien te word nie. Wanneer ek byvoorbeeld vas en iemand bied my iets aan om te eet, dan se ek nee dankie, as hulle wil weet hoekom, dan se ek ek is besig om te vas. Gewoonlik gee dit dan vir my 'n kans om te getuig oor hoekom ek vas, maar belangriker die evangelie te deel.

Vas is 'n baie persoonlike ding tusse jou en God, dit het niks met ander mense te doen nie, daarom moet ons nie loop en uitbasuin dat ons besig is om te vas nie, want ons doen dit nie vir mense of om deur hulle raakgesien te word nie, ons doen dit vir God.

Ek hoop ek maak sin :)

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 11:35 AM
Baie dankie jy maak hope sin :D en ek leer nou baie :pp
My volgende vraag: Kan jy van enigiets vas of beteken om te vas om jou van kos te distansieer? Maak my vraag sin?

Phil Fourie
Oct 8th 2008, 12:31 PM
Sonia

Algemeen glo ek dat die wat die Bybel ons leer is om van kos te vas, maar dit beteken vir my om een van jou menslike behoeftes eenkant te plaas en op te offer om eerder te fokus op God. M.a.w. as jy so voel (en ek weet dit is nogals 'n algemente praktyk) kan jy bevoolbeeld van jou TV vas as jy voel dit is iets wat tyd tussen jou en God roof, dan se jy byvoorbeeld jy gaan die TV vir 'n maand afsit en eerder dan daardie tyd wat jy sou gebruik het om jou sepies of stories te kyk gebruik om te spandeer in gebed met God of om saam met jou gesin huisgodsdiens te hou. Ek probeer as ek vas toelaat dat so min moontlik van my menslike begeertes en behoeftes prominent moet wees en dat ek eerder die tyd wat ek byvoorbeeld nie werk of saam met vriende en familie of kerkdinge spandeer nie, met God te spandeer sonder onderbrekings.

Ek hoop ek maak nogsteeds sin :)

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 01:04 PM
Baie dankie Phil, ek verstaan vas nou baie beter :D
Dit klink eintlik baie maklik... maar ook baie belangrik...

Phil Fourie
Oct 8th 2008, 01:15 PM
Dit is ja Sonia ;)

marline
Oct 8th 2008, 01:36 PM
Baie dankie julle, Ek kom nou net van ons YESHIVA B'rit Hadassah klas af. Om van voedsel te vas beteken nie dat jy geheel en al van eet af hoef te gaan nie, alhoewel jy kan dit ook doen. Vloeistof mag wel geneem word.

Ek kan bv, nie heeltemal niks eet nie omdat ek bloedsuiker probleme het, maar jy onttrek jou bv van soetgoed of so iets. Dit is dan gedeeltelike vas, maar soos Phil sÍ, die belangrike ding hier is om dit in ootmoediging te doen, en meer tyd saam met jou Skepper deur te bring.

Ons is besig met die Feeste van Israel, en dit is daarom dat ons vas o.a. behandel het.

mari
Oct 8th 2008, 02:02 PM
Marline..

het jy al gehoor van 'n "Daniel's fast".... dit is wanneer jy net groente, vrugte en water inneem vir 'n tydlank....... behalwe vir die gesondheidsvoordeel beteken dit ook dat jy die tyd wat dit neem om ander kosse voor te berei aan gebed en Bybelstudie kan spandeer.......

... ek stem heeltemal saam met Phil.... vas gaan oor eie fisiese behoeftes opsyskuif vir afsondering tot God en nie soseer oor die sonder kos bly nie....... daarom kan uitskakel van ander dinge ook 'n "vas" wees ..... dit gaan nie oor die "opoffering" as sulks nie, maar die tyd in afsondering om jou geestelewe en verhouding met jou Vader te verryk ....

groete en geniet jou studie...

m

Phil Fourie
Oct 9th 2008, 06:55 AM
Baie dankie julle, Ek kom nou net van ons YESHIVA B'rit Hadassah klas af. Om van voedsel te vas beteken nie dat jy geheel en al van eet af hoef te gaan nie, alhoewel jy kan dit ook doen. Vloeistof mag wel geneem word.

Ek kan bv, nie heeltemal niks eet nie omdat ek bloedsuiker probleme het, maar jy onttrek jou bv van soetgoed of so iets. Dit is dan gedeeltelike vas, maar soos Phil sÍ, die belangrike ding hier is om dit in ootmoediging te doen, en meer tyd saam met jou Skepper deur te bring.

Ons is besig met die Feeste van Israel, en dit is daarom dat ons vas o.a. behandel het.

marline

Hoe vind jy die studie oor die feeste, dit is nogals baie insiggewend ne ? ;)

marline
Oct 10th 2008, 02:43 PM
Hi Phil,
Hierdie feeste is iets wat mens mos sommer net verby lees en dan van vergeet want dit het mos niks met ons te doen nie!!! Maar, ek moet sÍ, vandat ons dit bestudeer kom ek agter wat dit als behels, en het ek tot ander insigte gekom.
Ons het Michael van Jews for Jesus by ons gehad, en by hom 'n boekie gekoop "The Fall Feasts of Israel" Wat 'n wonderlike boek. Dit vul Prof. Wimpie se leerlinge wonderlik aan. Ek het studies nog nooit so geniet soos hierdie nie!!
Daar is net een ding wat ek bitterlik oor spyt is, en dit is dat ek hierdie so laat in my lewe ontdek het.

Phil Fourie
Oct 10th 2008, 09:49 PM
Ja, dit is waarlik wonderlik wanneer mens hierdie dinge begin raaksien in die OT, die hele OT wys heen op Jesus

Son of the South
Oct 12th 2008, 09:03 AM
Ja, dit is waarlik wonderlik wanneer mens hierdie dinge begin raaksien in die OT, die hele OT wys heen op Jesus
Iemand het op 'n keer vir my gesÍ dit help nie om korter as drie dae te vas nie. Daar is nie noodwendig 'n vreeslike diep geestelike rede voor nie; dit is bloot prakties. Die eerste twee dae is jou liggaam net besig om te de-tox en hoofpyne en asem wat sleg ruik is algemeen. (Ek verwys nou eintlik spesifiek na die vas van voedsel waar mens net water inneem.)

Om te vas was ook altyd vir my groot ding waarteen ek vreeslik opgesien het. Ek lyk so lekker, want ek eet so lekker! :blush: Dit is nogal so dat wanneer mens werklik besig raak met God, jou menslike behoeftes vanself op die agtergrond skuif. Selfs na die derde dag, dan voel dit vir my asof mens maar net kan aanhou vas. Eet is lekker as jy die vas breek, maar dit is nie soos wanneer jy op dieet is en crook nie. Ek meen, jy is lus om te eet, maar of jy nou eet of later maak amper nie saak nie.

protea
Oct 12th 2008, 09:47 AM
Om sonder kos te bly en net water te drink is nie vir my n ontbering nie. Daarom vas ek deur dinge wat ek regtig ontbeer . Bv as ek die dag vas, dan skakel ek die dag glad nie my rekenaar aan nie. Dis vir my n erg ontbering! Om nie televisie te kyk nie , is ook nie vir my n ontbering nie want ek kyk nooit TV nie. Ek dink dis elke ou se eie keuse hoe hy gaan vas en watter dinge vir elke individu belangrik is of nie.:idea:

CFJ
Oct 12th 2008, 04:36 PM
Om sonder kos te bly en net water te drink is nie vir my n ontbering nie. Daarom vas ek deur dinge wat ek regtig ontbeer . Bv as ek die dag vas, dan skakel ek die dag glad nie my rekenaar aan nie. Dis vir my n erg ontbering! Om nie televisie te kyk nie , is ook nie vir my n ontbering nie want ek kyk nooit TV nie. Ek dink dis elke ou se eie keuse hoe hy gaan vas en watter dinge vir elke individu belangrik is of nie.:idea:

Dis nogal 'n mooi manier om dit te stel protea. Om te vas is onthouding van wÍreldse dinge en sluit meer in as voedsel.

YOLANDI HORN
Nov 20th 2008, 06:29 AM
HI JULLE

JONG EK HET OOK NOG NOOIT GEVAS NIE, SO SONIA HOEF NIE ALLEEN TE VOEL NIE, EK LEER SO BAIE VANDAT EK GISTER GEREGISTREER HET OP HIERDIE FORUM, MAAR JA EK HET OOK BAIE ISSUES.... VIR EEN:EK IS 'N ROKER EN VOEL DAT DIT MY BIND, MY NUWEJAARS VOORNEME IS WEL OM OP TE HOU ROOK, EK HET AL BAIE GEDINK DAT EK MOET VAS DAN SAL DIE HERE MY VERSEKER DAARDEUR DRA EN EK SAL NIE SO SUKKEL OM DIE ROKERY TE LOS NI (soos bv. die ontrekkingssimptome ens):blush:

YOLANDI HORN
Nov 20th 2008, 07:04 AM
Jong ek het nou kommentaar gepos oor vasting, maar weet nie dit lyk nie of dit wys nie?

Philip dT
Nov 20th 2008, 10:56 AM
Skies, ek sien nou eers hier is 'n aparte draad oor vas. Ek gaan herhaal hier wat ek op die rook-draad ook gepos het:



Mens kan nie sommar net in 'n vas inspring nie. Want jou liggaam stel al die opgehoopte gifstowwe dan vry. Mens kan baie erge hoofpyne kry of baie siek raak as jy dit nie reg doen nie.

Jy moet:

1) fisies gesond wees
2) jy moet af van kaffiŽne wees vir ten minste 2-3 dae voor jy begin vas. Nog beter as jy heeltemal af van kaffiŽne is 'n week voor jy begin vas.
3) jy moet van enige verslawende middel af wees voordat jy begin vas - 'n week of wat voor dit. Om te rook tydens vas is nie 'n goeie idee nie. Hou betyds op rook voordat jy begin vas (verkieslik 'n week).
4) jy moet verkieslik ook jou etes afskaal en probeer om baie gesond te eet voordat jy begin vas: 5 klein porsies op 'n dag. Moet ook nie te veel vleis eet voordat jy begin vas nie. Sny vleis verkieslik uit twee dae voordat jy begin vas. Konsentreer op veselryke kos (vrugte en groente). Dinge soos pasta is goed om bietjie stamina te gee voordat jy begin vas.
5) Die oomblik as jy begin vas moet jy nie werk doen nie. Oor 'n naweek of vakansie is die beste. Jou liggaam moet dan rus, want hy het al sy reserwe energie dan nodig. Jy moet spaarsamig wees met jou eie energie en ook genoeg slaap.
6) Volgens die Bybel gaan vas altyd saam met gebed. Die doel van vas is om by die Here uit te kom en sy stem te hoor. Dit is nie 'n "hunger strike" nie.
7) Neem genoeg vloeistof in as jy vas. Jy kan 'n suiwer water-vas doen. Hoe skoner die water, hoe beter. Kraanwater is nie altyd ideaal nie. Sommige mense drink onversoete, natuurlike sap ook tydens vas, of rooibostee. Beslis net nie koffie of drankies met kaffiŽne in nie.
8) As jy jou vas breek moet jy dit geleidelik doen. Moenie te veel eet as jy jou vas breek nie. Vermy vleis aan die begin. Begin met groente en vrugte. Vrugte smaak op hulle lekkerste as jy 'n vas breek.

YOLANDI HORN
Nov 20th 2008, 11:14 AM
Dankie Philip, ek sal dit inelkgeval ook ingedagte hou.