PDA

View Full Version : Die oomblik van Wedergeboorte.



CFJ
Oct 7th 2008, 08:52 AM
Na aanleiding van 'n gesprek op 'n ander plek maak ek hierdie draad oop. Kom ons gesels bietjie oor die term wedergeboorte. Na aanleiding van Ferdi se skrywe wat die gesprek open is dit belangrik dat elke individu, elke kind van die Here, intens bewus behoort te wees van die moment van sy of haar wedergeboorte. Wat verander na hierdie oomblik ? Is daar net geeestelike veranderings, of is daar fisiese veranderings in 'n kind van die Here te bespeur ?







Hier is nog 'n vraag vir julle . . .
31. Wanneer het jy in die koninkryk ingekom?
Feb 1993

Seker die belangrikste van alle vrae Smuggler. Dit was 'n Dinsdagaand in my kamer, Maart/April 1987, toe ek Jesus persoonlik ontmoet het. 'n Vriend van my onthou sy wedergeboorte tot in die fynste detail. Dit was die 4de Augustus in 2000 om 10 voor 10 die aand. Miskien sou ek ook hierdie detail kon onthou, as ek dadelik begin getuig het van hierdie ontmoeting met Jesus.

Mens moet so gou as moontlik getuig oor veral mens se wedergeboorte, want satan kom roof ons getuienis. Nie lank terug nie, het ek iemand ontmoet wat werklik vergeet het van sy eie ontmoeting. Genadiglik het die Here voorsien dat hy tussen 'n hele paar mense beland het in die sendingveld en almal het gedurig getuig. Hulle getuienisse het dit wat in hom dood gegaan het, opgehelder en aan die einde van die uitreik, toe het hy weer presies onthou hoe hy Jesus ontmoet het. Ek het nie gedink so iets is moontlik nie, tot ek dit self met my eie ore gehoor en eie o gesien het. Getuig en vertel van hierdie ontmoeting, want dit is die heel grootste ding wat Jesus vir enige mens kan doen, wanneer Hy die ou mens verander na 'n nuwe mens. Dit is ook die uitsonderlikste wonderwerk van alle wonderwerke, wanneer iemand van 'n bose of sondige natuur verander word na iemand met 'n goddelike natuur. Jy sondig egter nog, maar jou natuur is in 'n geweldige stryd daarteen. Weereens, getuig oor hierdie ontmoeting en vertel so gou as moontlik, wat Jesus vir jou gedoen het. Hy het immers self ges ons moet van Hom en Sy werke getuig!


Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom ges: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was. En hy het weggegaan en in Dekpolis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.
(Mar 5:19-20 AOV)
Mens moet weet wanneer, waar en hoekom mens Jesus ontmoet het (as dit moontlik is ook hoe, mens Hom ontmoet het). Daar is altyd 'n rede wat aanleiding gee tot hierdie ontmoeting. Die wanneer kan relatief raak en as daar net een ding is wat relatief raak, sal satan dit uitbuit om mens te laat twyfel. Tog hoef mens nie te twyfel nie, maar moenie satan se sluheid onderskat nie.

Gene
Oct 7th 2008, 09:36 AM
CFJ

Jy is heeltemal reg, om te getuig, is nie net belangrik nie - dis noodsaaklik! Persoonlik het ek ook 'n ruk lank geneem om te begin getuig. Toe ek wedergebore is, was ek so skaam en terugetrokke dat ek nie eens bereid was om hardop voor my eie vrou te bid of te getuig nie. Maar ek onthou die detail omdat ek dit neergeskryf het. Ek het ook daardie aand 'n belofte aan die Here gemaak wat ek voor in my Bybel geskryf het. Ek sien dit elke keer as ek die Bybel oopmaak...

En omdat ek bereid was om by daardie belofte te hou, het die Here Sy beloftes gehou en my lewe en selfs my persoonlikheid soos handomkeer verander (nie op een slag nie, met verdrag) Soveel so dat ek vandag op kansels staan en die Woord verkondig. My lewe is 'n getuienis dat NIKS by God onmoontlik is nie. Prys Sy Naam!!!

Die Filadelfieer
Oct 7th 2008, 09:44 AM
Mens moet weet wanneer, waar en hoekom mens Jesus ontmoet het (as dit moontlik is ook hoe, mens Hom ontmoet het). Daar is altyd 'n rede wat aanleiding gee tot hierdie ontmoeting. Die wanneer kan relatief raak en as daar net een ding is wat relatief raak, sal satan dit uitbuit om mens te laat twyfel. Tog hoef mens nie te twyfel nie, maar moenie satan se sluheid onderskat nie.


Ek hoop almal neem kennis van hierdie skrywe van jou Ferdi, ek wil amper voorstel dat ons 'n draad oopmaak spesiaal daarvoor.
Wat myself betref, kan ek presies onthou waar ek was, en waarmee ek besig was, (asof dit gister gebeur het), maar eerlikwaar gaan ek jok as ek die presiese jaar probeer onthou. Ek moet bys dat ek so sleg is met datums dat ek my eie verjaardag al vergeet het.

Ek wil egter beaam wat jy skryf en s dat dit meer belangrik is as wat ons soms besef. Ek kom dit veral agter onder ouer mense wat "in die kerk "grootgeword het as te ware, dat daar nie 'n spesifieke oomblik weergegee kan word wanneer hulle hulle harte vir die Here gegee het nie. Dit is dan ook somtyds vreeslik moeilik om teenoor so iemand te getuig..."want ek is dan 'n kerkmens ! "

Smuggler
Oct 7th 2008, 10:01 AM
Mens moet weet wanneer, waar en hoekom mens Jesus ontmoet het (as dit moontlik is ook hoe, mens Hom ontmoet het). Daar is altyd 'n rede wat aanleiding gee tot hierdie ontmoeting. Die wanneer kan relatief raak en as daar net een ding is wat relatief raak, sal satan dit uitbuit om mens te laat twyfel. Tog hoef mens nie te twyfel nie, maar moenie satan se sluheid onderskat nie.

Amen CJF AMEN !:agree: Jy raak 'n GROOT ding hier aan. Baie mense met wie ek al te doen gekry het se hoekom en hoe redes is gebaseer op hul gevoelens of hulle het skielik net die "liefde" vir Jesus ontdek by 'n hoogs emosioneel gelaaide byeenkoms. Daar is nog geen skuld/sonde besef gewees nie of die ware ontdekking dat ons het "dringend" 'n verlosser nodig om ons van die sonde te bevry nie. Hulle is gewoonlik dan ook die ouens wat 'n "valse" gerustheid het en jou geweldig "aanvat" omdat jy dit durf waag om hul "christenskap" te ondersoek. Hulle verstaan nie of wil nie verstaan wat 2Kor13:5 (Ondersoek julself of julle in die geloof is) s nie.
Hulle geloofs-huisies is op sand gebou.
Die meeste mense met wie ek tans tedoen kry is die groep wat s: "Ek is gedoop en aangeneem en daarom is ek kind van God."
Gewoonlik moet jy dan 'n lang pad van Geestelikke oorlogvoer loop om die vestings in hulle verstand (verdraaide verbonds teologie) af te breek en neer te werp sodat hulle die Woord van waarheid kan ontvang. Ek volg baie keer Paulus se riglyn in 2Kor 7:8-11 en Judas se raad in Judas 1:22-23. Jesus se woorde in Luk13:24 het ook al baie ouens "uitgeruk" uit hul "beswyming" en laat besin oor hul "wedergeboorte".

Son of the South
Oct 7th 2008, 11:49 AM
Ek kan onthou dit was in 1993, maar ek weet nie meer die dag nie.

Ek was gedoop en gekatkiseer en ge-alles, maar ek het nooit 'n werklike verhouding met Jesus gehad nie. Ek was as te ware deur 'n sekte tot bekering gebring :eek:. Eers toe die ouens aan my begin torring en my na hulle sogenaamde Bybelstudies (lees indoktrinasie sessies) toe nooi het ek 'n onvrede gehad. Dis toe dat ek my Bybel oopslaan daar in my koshuiskamer om te probeer uitvind wat glo ek nou weer en hoekom. Ek kon nie glo wat alles in die Bybel staan nie; ek kon amper nie ophou lees nie!

Ek kan onthou dat die Here op daardie stadium vir my (wat 'n baie kognitiewe mens is) ges het ek het nie 'n rede nodig om Hom te dien nie. Hy is God en basta. Net in dieselfde tyd het 'n ander meisie getuig dat die Here weer vir haar 'n klomp redes gegee het. Dit wys jou net, Hy werk verskillend met elke mens. Dit was sommer een van my eerste lesse: moenie 'n teologie bou om hoe die Here met jou te werk gegaan het nie. Baie mense dink hulle het God 'uitgefigure' en dan skryf hulle 'n boek daaroor en s: dis hoe God werk. Volg hierdie sewe stappe en dan sal God x en y in jou lewe doen...

Intussen het die Here natuurlik vir my baie redes gegee waarom ek Hom moet dien. Om die waarheid te s, ek kan nou nie aan een rede dink waarom ek Hom nie sou dien nie.


Toe s Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.

(Joh 6:67-68)
Dankie e-Sword!

Die Filadelfieer
Oct 7th 2008, 02:38 PM
Na aanleiding van 'n gesprek op 'n ander plek maak ek hierdie draad oop. Kom ons gesels bietjie oor die term wedergeboorte. Na aanleiding van Ferdi se skrywe wat die gesprek open is dit belangrik dat elke individu, elke kind van die Here, intens bewus behoort te wees van die moment van sy of haar wedergeboorte. Wat verander na hierdie oomblik ? Is daar net geeestelike veranderings, of is daar fisiese veranderings in 'n kind van die Here te bespeur ?

Willem
Oct 7th 2008, 08:41 PM
Iewers op skool het ek gelees in storie van outjie wat deur sneeu ski om dokter te gaan kry vir sy sussie? en hoe hy in storm vir Here bid en dit maak en ek glo my gebed as kind toe was die oomblik ( eerlik onskuldig opreg )? CSV NG kerk etc...

Wat ek wel weet is dat ek in 2007 op Shalom by die Mighty Men deur GOD/ HG geraak?verander is? Sondag oggend in diens ( het vir iemand gese dit was soos hart operasie in 1 sekonde ) :cry: ek het net besef hoe klein en nietig ek was en hoe groot en GOD.....GOD was/IS en begin huil en jammer se... wat anders kan jy doen? NEt 'n sondaar wat om vergifnis smeek...

Die beste was dat my pa en swaer (wat ons genooi het ) altwee langs my was .... op pad terug het ek gevra of hulle ook gehoor het en beleef het wat ek beleef het ...toe Bradley met ons gepraat het en al wat ek kan se is dat ons geweet het as ons na 'n mens luister en dit was HG?GOD wat hom daar op daai oomblik gebruik het om met ons te praat en te oortuig van hoe nietig en sondig ons is en hoe magtig en genadig en liefde en GOD GOD is en ek weet ek was op pad hel toe sonder die genade wat Hy gegee het deur dit te doen en my te verander.:pray: DIe gesiggies kan nie die dankie ooit genoeg wys nie...

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 03:19 PM
Ek onthou ook die naweek wat ek en my man - in dieselfde naweek! - tot bekering gekom het. Dit was in April 2006 tydens my ma-hulle se kerk se konferensie (paasnaweek), maar dit het 'n hele storie omtrent dit...

Ek en my man het baie gejol! En ek meen ons het gejol... Van 'n pub tot 'n gay club - dis waar ons uitgehang het. Elke geval, die naweek voor die konferensie was ons die Saterdag ook oppad uit - na 'n gay club toe - maar ons was by my pa-hulle. Toe my pa hoor ons gaan uit haak hy af en s so in die algemeen hy wens dat ons vir die Here wil jol. Dit was soos 'n warm lem op Christiaan se vel. Hy het ontplof! Hy het vir my pa ges dat hy wens hy wil ophou om sy (my pa) se christenskap in sy keel af te druk - met die gevolg 'n groot bakleiery tussen hom en my pa - en in elk geval het ons gaan jol.

Die hele week praat my man en my pa nie met mekaar nie, ons gaan kuier nie eers nie (en ons is so te s elke aand by my pa-hulle). Ek het my ma so deur die week gebel en sy was baie bekommerd want ons het belowe om te kom help met die konferensie. Ek het by ons belofte ghou en vir Christiaan ges hy beter hom regruk want ons gaan my ma help. Natuurlik was hy baie kwaad.

Die naweek breek toe aan, die konferensie begin die Donderdag, en ek en Christiaan is getrou daar om te help. So af en toe verdwyn ons want ons wil gaan rook - maar dan kom ons weer terug, maar Christiaan gaan nie na die dienste toe nie. Ek gaan sit maar in die dienste en luister en die Vrydag aand (14 April 2006) staan ek in die kombuis se deur en luister na die diens. Ek het begin huil - maar ek kan nie onthou hoekom nie. 'n Pastoor het my by die deur kom haal en my na vorentoe gevat (terwyl daar 'n spreker besig was!) en voor almal het ek tot bekering gekom. Dit was die awesome'ste tyd van my lewe en net daar en dan was ek nie meer skaam om voor mense te praat nie.

Ons begin toe vir Christiaan bid, en die Saterdag begin hy toe so stelselmatig die dienste bywoon. Teen Sondag sit hy binne in die kerk en luister na al die dienste. Sondag aand toe al die verrigtinge tot 'n einde kom het hulle 'n laaste diens waar mense uitgeroep word om voor te bid. Christian gaan toe vir gebed en net daar en dan (16 April 2008) vind my man die Here. Dit was sooooo great!

Ons het albei die Maandag ons sigarette gelos en ons het beloftes aan die Here gemaak wat ons tot nou toe probeer onderhou. Van dan af het dit net beter met ons begin gaan want op daai stadium was Christiaan werkloos, en hy het nog in daai jaar werk gekry.

David2
Oct 8th 2008, 06:00 PM
Ek weet nie wanneer ek wedergebore is nie. Ek het in 'n evangeliese Christelike huis groot geword. Van kleins af het ons evangeliese konferensies bygewoon. Vandat ek my verstand het, het ek al die konsepte van geloof, die kruis, Jesus Christus as Saligmaker, bekering en wedergeboorte. Natuurlik was ek ook somtyds stout, het afgedwaal en het dan weer op 'n konferensie tot bekering gekom. Watter een van daardie bekerings nou eintlik my wedergeboorte is, is onmoontlik om te s. Soms s mense vir my ek moet ook 'n dag en 'n datum h, anders is ek verlore. Wel, ek het niks daarteen dat party mense 'n dag en 'n datum het nie. Dit is goed, maar ek het nie. My geloofsekerheid is nie gebou op 'n dag en 'n datum nie, maar op Jesus Christus alleen en dit wat Hy 2000 jaar gelede vir my gedoen het. O, ja, en ek weet, ek weet gewis dat Hy dit VIR MY gedoen het ek het dit verskeie kere in die geloof aanvaar en ek weet nie wanneer die eerste keer was nie. Dit kon by 'n CSV kamp by Winklespruit gewees het, by 'n Dorothea-sending konferensie by Rosslyn, by 'n Kaapmuiden konferensie, Krugersdorp of Hartbeespoort dam, ek weet nie. En dan het my ma ook nog vir my stories vertel van toe ek heel klein was en by 'n biduur opgestaan het en ges het ek wil ook vir Jesus aanneem. Ek was te klein en onthou niks daarvan nie. Is ek dalk toe al wedergebore? Ek weet nie. Maar ek weet beter as wat ek my naam ken dat ek deel is van Christus en saam met Hom deel van God (Kol. 3:3,4).


Groete
David

Smuggler
Oct 10th 2008, 02:33 PM
Liewe vriende

Ek is glad nie trots op my wedergeboorte nie, want dit "ontbloot" 'n "vuil" verlede en ook my jou rebellie teen God.

Die jaar is 1992. Ek was 2 jaar getroud, 23 jaar oud, het 'n baie goeie werk gehad in JHB, het 'n huis gekoop en was oppad op met die korporatiewe leer. Ongelukkig (of moet ek eerder s gelukkig) het hierdie boerseun vannie Kaap BAIE "wintie" geword :yes:. Ek het begin lewe soos 'n Goue Pou (dis dalk waarvoor Gauteng se GP staan ???:lol:) Ek het ook al die regte dinge probeer doen, jy weet, meld aan by die kerk vir diaken (ek wou nie wag vir hulle om miskien eers oor 5 jaar my dalk te kies nie), ek gaan kuier by die Dominee en hoor waar is geld nodig vir kerk werk...ens. Dit het alles gegaan oor Gewildheid, Aansien en Status. (sien julle die akroniem, G A S ) Mense, ek kon net niks verkeerd doen nie ! :cool: Dit weet ek vandag was net 'n wolk GAS. Dis leeg en eintlik is jy BAIE eensaam. My vrou was 'n "heks" want sy het die heeltyd vir my ges ek is windg.. !
Dit het baie amper my huwelik vernietig.:blushsad:

Toe trek God 'n vuurhoudjie en my Gas-wolk-lewe "backfire" met 'n helse BOEM !
Ek verloor my werk en ek kan nie 'n ander werk kry nie. Ek probeer alles maar niks wil uitwerk nie . . .Skuld laai op, die bank met grootste helpende hand in die land, "help" my op my voete en neem my huis en my kar terug.

Ons beland toe terug in die Kaap in my ouers se huis. Ons oorleef vir 8 maande deur mense se huise op te pas wat oorsee gaan vakansie hou.

Uiteindelik kry ek 'n werk na 11 maande ! Ek word Koster by die NG kerk en spit die blomtuin dat die stof trek...!!! (ek het teruggekom aarde toe...:))

Ek persoonlik beland in 'n selfondersoekende depressie wat my uiteindelik tot die waarheid bring oor myself nl. Ek is sondaar, vol sonde, en tot niks goed instaat nie, alhoewel ek deur die kerk vertel is "ek is kind van God" het ek besef, dis nie waar nie, my lewe wys ek is slegte boom wat slegte vrugte dra en die dae van "voorgee" is getel.

O ja, iets wat ek vergeet het...ek het baie "schemes" gehad en probeer. Dit het bygedra dat ek altyd baie liegstories gehad het en dit probeer gebruik het om my te "help".

Nou ja, Feb 1993 en een middag l ek op die bed en ek voel fiesies, geestelik en emosioneel plat... Ek pleit toe al hoe lank (ongeveer 2 maande) vir uitkoms en verlossing van my sonde. Ek het 'n geweldige sonde besef gehad, en ek kon net nie loskom van dit nie. Ek het 3 keer probeer selfmoord pleeg, maar sonder sukses.

My vrou kom die kamer binne en vra my wat's fout... ek begin toe weer huil en s ek weet nie... Sy doen toe 'n "amaizing" ding. Sy kom sit by my en bid 'n eenvoudige "geloofs -gebed" dat God wat weet wat aangaan, sal doen, wat ook al nodig is, om my te help.

Op daardie stadium het ek nie geweet van die term "wedergeboorte" nie en ook nie wat dit behels nie. My mense om my het nie raad met my gehad nie want ek doen al die snaakse goed en vra al die vrae en ek wat altyd so vrolik was is nou permanent in donker dieptes. Self my Predikant was later raadop met my en het "bevryding" op my probeer sonder enige resultate.

Ek het nog so 10 minute gel en voel skielik baie beter ek staanop en stap deur kombuis toe. My vrou vraag my toe 'n vraag en ek antwoord haar toe en dadelik word ek naar ! (Sien, my antwoord was 'n leun) Ek bely dit en ek voel beter. Dit het vir 'n week aangegaan dat elke keer as ek 'n leun vertel, word ek naar. Ek het besef dat dit is 'n BAIE genadige Vader wat my nou help om vry te kom.

Van toe af het ek 'n treetjie vir treetjie pad geloop en God het my kom wys hoe self my goedste dade vir hom soos "drek" was .

Eers 2 jaar later, toe ek die vrugte van Bekering werklik begin dra, het Hy my by die doop kwessie uitgebring het. Alhoewel ek toe nog in die NGK was het ek het dit baie maklik "gevat". Die Gees het dit vir my baie duidelik gemaak en my die oortuiging gegee en God het gesorg dat ek by die regte persoon uit 'n ander kerk gemeenskap by uitkom wat my toe gedoop het en vir my gebid het vir die ontvang en toerusting van die Heilige Gees.

Volgens my, is ek toe eers klaar wedergebore. Vir my is wedergeboorte 'n proses en nie 'n oomblik se werk nie. Ja, daar is 'n oomblik waarin jy omdraai, maar dit is dan maar net die begin van jou geboorte proses.
Eers na jy gewas is tot 'n rein gewete voor God (1Pet3:21) en toegerus is, kan jy aanspraak maak op kindskap, want dan was jy gehoorsaam aan Sy woord "Bekeer julle, laat julle doop en julle sal die Gees ontvang"

Dit was eers 'n paar jaar later dat my vroulief ook deur die proses gegaan het en toe kon ek haar help. Aai dit was soooo lekker, want toe het ek tenminste geweet wat nou aangaan en kon saam met haar die pad loop
Ons is nou al 18 jaar getroud en baie gelukkig.

Laaste opmerking;
Die skrif in Lukas 13:24 lees:
Luk 13:24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, s Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

Gaan kyk na die woordjie Stry en jy sien die Griekse woord is -ag-o-nid'-zom-ahee -
en beteken: om te worstel, om te baklei, om hard daaraan te werk
Die Engelse woord "Agonise" kom hiervan.

Vir my beteken die skrif dat Jesus hier vir ons s dat ons moet in "agony" kom oor ons sonde. As ons nie daardie besef kry van hoe volledig bankrot ons is voor God nie dan sal jy te "groot" wees om by die "nou deur" te kan ingaan.:B

Smuggler
Oct 10th 2008, 02:56 PM
Na aanleiding van 'n gesprek op 'n ander plek maak ek hierdie draad oop. Kom ons gesels bietjie oor die term wedergeboorte. Na aanleiding van Ferdi se skrywe wat die gesprek open is dit belangrik dat elke individu, elke kind van die Here, intens bewus behoort te wees van die moment van sy of haar wedergeboorte. Wat verander na hierdie oomblik ? Is daar net geeestelike veranderings, of is daar fisiese veranderings in 'n kind van die Here te bespeur ?

Jammer "oom" Leeu ! :)

Ek het nou eers jou "opdrag" ordentlik gelees en nou het ek al my derms hier kom uit-hyg !

Die oomblik toe ek op my laagste was, was dit swaar in my gemoed, maar toe Hy my aanraak toe raak dit "lig" in my binneste en kon ek opstaan en 'n pad begin loop. Geleidelik het die "vrede" in my gegroei en het dit toe ook na my fisiese ligaam begin deurwerk.

Geestelik gaan die Bybel vir jou oop. Jy lees nou skielik met begrip en daar ontwikkel 'n ware behoefte om elke dag dit te wil lees. Ek het 'n bybel by my "troontjie" gesit en lees baie lekker daar ook.

Ek kan getuig dat ek fiesies ook verander het . . . My hemps knope het nie meer geroes van al my sooibrand nie. ;)
Ja, die vrede in jou gees het verseker 'n fisieke uitwerking op jou liggaam veral wat "stress" en die simptome daarvan betref.

Willem
Oct 10th 2008, 08:06 PM
Eers 2 jaar later, toe ek die vrugte van Bekering werklik begin dra, het Hy my by die doop kwessie uitgebring het. Alhoewel ek toe nog in die NGK was het ek het dit baie maklik "gevat". Die Gees het dit vir my baie duidelik gemaak en my die oortuiging gegee en God het gesorg dat ek by die regte persoon uit 'n ander kerk gemeenskap by uitkom wat my toe gedoop het en vir my gebid het vir die ontvang en toerusting van die Heilige Gees.

Laaste opmerking;
Die skrif in Lukas 13:24 lees:
Luk 13:24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, s Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

Gaan kyk na die woordjie Stry en jy sien die Griekse woord is -ag-o-nid'-zom-ahee -
en beteken: om te worstel, om te baklei, om hard daaraan te werk
Die Engelse woord "Agonise" kom hiervan.

Vir my beteken die skrif dat Jesus hier vir ons s dat ons moet in "agony" kom oor ons sonde. As ons nie daardie besef kry van hoe volledig bankrot ons is voor God nie dan sal jy te "groot" wees om by die "nou deur" te kan ingaan.:B

Die "gaan dan uit na al die nasies, maak dissipels van hulle , doop hulle en onderrig hulle " spook nou al lank by my... dit voel ek moet dit doen(doop) om gehoorsaam te wees, maar ek weet/dink dat dit nie nodig is nie?omdat Sy Gees reeds in my woon (vrugte het al verander)

Ek wil nie doop net om te doop nie, maar het ook nog nie bevestiging gekry op my gebede daaroor nie. Ek wil volheid van God en Gees en alles ervaar en he, maar eers Sy wil in alles... en daai soek en weet wat dit is ; JONG dit ... miskien leer ek geduld?

Dankie vir die agony/agonize etc. dis nogal iets om aan te dink:hmm: Lekker om ander se paaidjies te hoor/lees en dan te kan self-ondersoek doen en ook nuwe goed leer oor Woord.

Smuggler
Oct 11th 2008, 11:11 AM
Die "gaan dan uit na al die nasies, maak dissipels van hulle , doop hulle en onderrig hulle " spook nou al lank by my... dit voel ek moet dit doen(doop) om gehoorsaam te wees, maar ek weet/dink dat dit nie nodig is nie?omdat Sy Gees reeds in my woon (vrugte het al verander)


Hallo Willem

Jou skrywe maak my baie opgewonde en ek deel graag met jou hoe ek die basiese van die doop verstaan.

Ek verstaan die doop soos volg:
Dis iets wat ek baie graag sal wil doen want my Messias het ges :
Mat 3:15:"Laat dit nou toe, want s pas dit ons om alle geregtigheid te vervul."
Johannes het sy doop teegestaan en die antwoord van Jesus het vir my 'n diep betekenis.

Wanneer word ek en jy voor God geregverdig ?
Wanneer ons skuld voor hom uitgewis is.. reg ?
Hoe word ons skuld uitgewis? Ons aanvaar Jesus as God se verlosser van sonde vir die mens en bely ons skuld voor God in die Naam van Jesus en Hy was ons dan rein met die bloed van Jesus.
Hierdie gebeur in die Gees demensie hoofsaaklik.
Ons is egter nie net geestelike wesens nie, maar leef tans nog fisies in 'n wreld wat aan Satan gegee is.

Ons het 'n opdrag gekry om getuies te wees in hierdie wreld.
Die Doop vir is vir my dan 'n fisiese uitbeelding, en 'n geleentheid om 'n getuienis aan die wreld te gee, van wat in my gees gebeur het.

Jy is heeltemal reg as jy s "dit voel ek moet dit doen(doop) om gehoorsaam te wees"

Ek glo dis die Gees wat jou dring om "gehoorsaam" te wees sodat jy ook in jou getuienis voor God geregverdig kan word.

Nog iets: Direk na Jesus se Doop het hy die Gees ontvang en is hy in die woestyn in gelei om versoek te word.

(Oppas, die doop is nie 'n voor vereiste om die Gees te kan ontvang nie. daar is ouens wat dit predik . . .dis nie waar nie - Kornelius se wedergeboorte is bewys hiervan) Wat wel waar is, is dat sodra jy die Gees ontvang het sal Hy jou lei in alle waarheid oa. na die Doop. (dit is dalk wat by jou aan die gebeur is?)
Ek het met my doop wel die Gees ontvang en ek dink dit is normaalweg dan ook die norm.

Ek het al baie getuienisse gehoor dat wanneer Moslems tot bekering kom, daar nie eintlik baie probleme is nie, MAAR sodra hulle gedoop is, dan begin die probleme en word hulle vervolg.

Wat ek dus glo is dat jy sal werklik eers geestelik kan begin groei as jy, dit wat jy glo, fisies begin uitleef na buite en waar is daar nou 'n beter plek as om te begin met 'n Doop, waar jy kan getuig voor ander getuies en die wreld, van die reiningende werk wat God deur Christus in jou lewe gedoen het!

1Pe 3:21 waarvan die tebeeld, die doop, ons nou ook red, nie as n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as n bede tot God om n goeie gewete

Willem, nou is daar egter nog 'n deel van die doop wat baie belangrik is en wat ons moet besef nl.
Jou sterwe saam met Christus.

Terloops, weet jy dat die ouens wat voor Christus se sterwe gedoop is (met die doop van Johannes soos dit toe genoem was), is na sy opstanding weer gedoop!
(sien oa. Hand 19:1-5)

Die rede ? Hulle getuienis was onvolledig . . .

Die Doop is dan ook 'n teken dat ons, ons vereenselwig met Christus en dan simbolies saam met hom sterf in die doop deur onder die water in te gaan en vir 'n paar oomblikke nie meer "sigbaar" te wees vir die wreld nie en wanneer ons dan weer uitkom uit die water uit, beeld dit asteware ons opstanding tot die nuwe lewe saam met Christus uit.


Rom 6:3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
Rom 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in n nuwe lewe kan wandel.
Rom 6:5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur di aan sy opstanding;
Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Rom 6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

Kyk net wat staan hier, en dan veral vers 7 ! Man, ek is nou sommer weer van vooraf opgewonde oor my doop ! :pp

Iemand het eenkeer die doop vergelyk met die afsny van die naelstringetjie by 'n baba se geboorte. Nou eers is die baba vry van sy "verlede".:yes:

Sien jy die hele prentjie ?
In my doop
word ek gereinig in my gewete,
sterf ek aan die sondige mens
staan ek op as 'n nuwe mens wat deur God aanvaar is !
getuig ek aan die wreld dat ek het 'n nuwe Koning oor my lewe!

Daar is nog "geheimenisse" aan die doop, maar ek los dit aan jou om dit self te "ontdek". Dit is so lekker as 'n mens nog iets ontdek en die legkaart stukkies pas al meer in mekaar in en vorm 'n al groter wordende prentjie.

Eet die Woord, broeder, dit reinig jou van ou gedagtes en vul jou met Christus ! (Joh 15:3)

Blessings vir jou en ek bid dat Hemel Vader vir jou sal wys wat om te doen !
:pray::amen: