PDA

View Full Version : Dit is wat ek doen



Ta-An
Oct 7th 2008, 07:23 PM
Ek doen Lof danse

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 08:44 AM
OOOOHHH, toe ek in die VEK was - in my baie jonger dae;), het ons dit ook gedoen en ek het dit sooooo geniet. Dis vir my so mooi! Ek doen dit nou wel nie meer nie, wonder hoekom nie :hmm:

Dit lyk baie mooi!

Ta-An
Oct 8th 2008, 11:42 AM
Hoe oud is jonger???? Al die dames wat daar dans, behalwe vir die dogtertjie is OOR 50!!!!! die oudste dame daar is 57, die jongste 51 :pp
As mens vir die Here dans..... dan vra Hy nie hoe oud ons liggame is nie, maar hoe jonk ons harte is :D

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 01:58 PM
Dit was toe ek nog in die hoërskool was...
Ek het nie bedoel ek is nou te oud nie... :blush:, ek het ook nie bedoel julle is oud nie...:blush:, miskien moet ek ophou verduidelik... :lol:

My punt bly dit is baie mooi...

Ta-An
Oct 8th 2008, 06:27 PM
.
Ek het nie bedoel ek is nou te oud nie... :blush:, ek het ook nie bedoel julle is oud nie...:blush:, miskien moet ek ophou verduidelik... :lol:
Dit klink soos Simon says : You put the right foot in, you put the right foot out...
You put the left foot in, you put the left foot out......:rofl:
...en dan proe jy tone :lol:

paidforinfull
Oct 8th 2008, 07:53 PM
Hoe oud is jonger???? Al die dames wat daar dans, behalwe vir die dogtertjie is OOR 50!!!!! die oudste dame daar is 57, die jongste 51 :pp
As mens vir die Here dans..... dan vra Hy nie hoe oud ons liggame is nie, maar hoe jonk ons harte is :D
Ja-nee, het ook in my 'prille jeug' lofdanse gedoen, maar sedert ons SA verlaat het moes ek ophou. Ek mis dit vreeeeeeeeslik baie. Dit gee my nou 'n goeie idee - hier is 'n hele paar SA dames en meisies in Asuncion- miskien moet ons kyk of ons so 'n groepie kan begin. Net een ding: ek is nie goed met 'choreography' nie. Kan mens iewers DVD's of iets bestel om te leer?
(Ek sien die foto-clip het 'Brits' in die titel - ek het op Brits skoolgegaan - klein ou wereldtjie hierdie). Blessings.

Ta-An
Oct 9th 2008, 09:40 AM
Ja-nee, het ook in my 'prille jeug' lofdanse gedoen, maar sedert ons SA verlaat het moes ek ophou. Ek mis dit vreeeeeeeeslik baie. Dit gee my nou 'n goeie idee - hier is 'n hele paar SA dames en meisies in Asuncion- miskien moet ons kyk of ons so 'n groepie kan begin. Net een ding: ek is nie goed met 'choreography' nie. Kan mens iewers DVD's of iets bestel om te leer?
(Ek sien die foto-clip het 'Brits' in die titel - ek het op Brits skoolgegaan - klein ou wereldtjie hierdie). Blessings.Daar is seker op die net goed beskikbaar.... jy sal maar moet soek. Die danse op my website is my eie choreography...of sal ek eerlik wees en sę Abba gegewe danse, Hy gee my die danse tussen my stoof en opwasbak :pp

simonpetra
Oct 9th 2008, 01:06 PM
[quote=ACCM;1817735]Abba gegewe danse, Hy gee my die danse tussen my stoof en opwasbak :pp

Dis vir my so wonderlik waneer mens jou liefde vir God so fisies kan uitleef en Hy daarin ook met jou kommunikeer. Ek probeer soms in woorde omsit hoe ek Die Heilige Gees ervaar in my lewe en dit flop elke keer. Jy maak my nou lus om iets meer ekspresief te probeer:idea:

paidforinfull
Oct 9th 2008, 06:14 PM
Daar is seker op die net goed beskikbaar.... jy sal maar moet soek. Die danse op my website is my eie choreography...of sal ek eerlik wees en sę Abba gegewe danse, Hy gee my die danse tussen my stoof en opwasbak :pp
Dankie - ek gaan beslis meer inligting hieroor soek. Sal sommer hierdie naweek kyk of daar belangstelling onder die vrouens is.
Tatta.

Ta-An
Oct 9th 2008, 07:04 PM
[quote]

Dis vir my so wonderlik waneer mens jou liefde vir God so fisies kan uitleef en Hy daarin ook met jou kommunikeer. Ek probeer soms in woorde omsit hoe ek Die Heilige Gees ervaar in my lewe en dit flop elke keer. Jy maak my nou lus om iets meer ekspresief te probeer:idea: Isak Coetzee gee klas in Pretoria ...... ek sal sy e-pos vir jou PM ;)

Sonia Smit
Oct 10th 2008, 08:01 AM
Isak Coetzee gee klas in Pretoria ...... ek sal sy e-pos vir jou PM ;)


Sal jy asseblief vir my ook sy e-pos pm?

simonpetra
Oct 11th 2008, 05:10 PM
:blush: Ek het eers die privaat boodskap gekry en nie verstaan wie is Isak Coetzee nie. Nou het die liggie aan gegaan.:idea: Dankie ACCM, ek sal dit opvolg. 'n Vreindin van my het ook 'n Christelike dansskool bygewoon maar as ek reg onthou was dit 'n baie intensiewe kurses met lesse drie keer per week. Daarvoor sien ek nie nou kans nie.

Die bewegings wat julle doen... Is daar spesifieke bewegings wat spesifieke betekenisse het of werk julle bewegings uit soos julle aangaan?

Ta-An
Oct 11th 2008, 07:24 PM
.... 'n Vreindin van my het ook 'n Christelike dansskool bygewoon maar as ek reg onthou was dit 'n baie intensiewe kurses met lesse drie keer per week. Daarvoor sien ek nie nou kans nie. Kan Isak s'n wees :D Maar vind maar liewers uit

Die bewegings wat julle doen... Is daar spesifieke bewegings wat spesifieke betekenisse het of werk julle bewegings uit soos julle aangaan? Beide :)

Jou beweging is 'n interpretasie van die song, en die emosie, en die simboliek...;)... en soos die Here my lei :)