PDA

View Full Version : Gedig: Lighuis ('n gedig)



paidforinfull
Oct 8th 2008, 05:22 PM
Ek het hierdie gedig eers in Engels geskryf, en dit toe in Afrikaans vertaal. Ek gee die Afrikaanse weergawe hier mee, en die Engelse een in die Engelse Forum.

Lighuis
deur Belinda van Rensburg

'n Baken in die donker nag
flits seine skerp en sterk van krag;
waarskuwings teen die skuil-gevaar
vir iedereen wat herwaarts vaar.

Rondgeslinger deur die weer
en deur getye meegesleur
maak vaarders staat op 'n lighuis
om hul die regte weg te wys.

So moet ons ook Christus verklaar
om die wat sterwend is te spaar;
om ongereddes in te lig
en hul te lei na God se Lig.

Lanie
Oct 8th 2008, 05:48 PM
Dis regtig pragtig! Dankie! :kiss:

CFJ
Oct 8th 2008, 06:06 PM
'n Gedig vir Lighuis, dis spesiaal! Dankie Belinda! :)

Ta-An
Oct 8th 2008, 07:09 PM
Baie Dankie....Dit is waarlik spesiaal