PDA

View Full Version : Bid asb vir Blommetjie



simonpetra
Oct 9th 2008, 05:38 PM
Hi Almal

Ek post gewoonlik nie my gebedsversoeke nie maar hoe meer gebede hier, hoe beter.

Bid asb vir my vriendin, Blommetjie (skuilnaam weens privaatheid). Sy het op ouderdom 16 artritis ontwikkel waarvoor die dokters kortisoon voorgeskryf het. Na 8 jaar se gebruik is haar longe foos en daar is geen "cure" vir haar tipe artiritis in die mediese weld nie. Hulle probeer haar nou speen van die koortisoon maar die pyn van die artritis is onbeskryflik.

Haar siekte kom na baie erge verwerping deur sleutelfigure in haar lewe en sy verwerp haarself konstant. Sy het Jesus onlangs aangeneem as haar verlosser maar sy sukkel om te glo dat God haar nie verwerp nie. En waneer die pyn teveel word verloor sy heeltemal moed en wil opgee.

Laat die Heilige Gees julle lei en dra haar asb aan die Here op!Genesing, verlossing en openbaring van Die Waarheid

En bid vir my dat ek sensitief sal wees vir Die Heilige Gees om haar by Jesus te hou.

CFJ
Oct 9th 2008, 10:13 PM
simonpetra,

Mens bid graag vir so mooi versoek... :pray:

Likkedilla
Oct 10th 2008, 10:13 AM
Ek is maar net 'n gewone mens, maar as Rut kon bid dat God vir haar en Naomi op hulle reis beskerm en dat hulle sal oorleef, glo ek dat God na ons almal se gebede luister.

Ons Vader, tel vir Blommetjie op en dra haar deur.

protea
Oct 10th 2008, 07:35 PM
Hemelse Vader , Ons dank u dat deur U wonde aan die kruis daar ook vir Blommetjie genesing sal kom. Ons bid dat U Gees haar sal oortuig dat sy kosbaar is vir U.:pray:

simonpetra
Oct 16th 2008, 07:07 PM
Dankie CFJ, Likkedilla en Protea.

Hou asb aan bid.

Op hierdie stadium sien Blommetjie net haar pyn raak en haar soeke na genesing is die motiveering vir al haar belydenisse en denkpatrone. Bid asb vir 'n ware diep Geesgedrewe berou oor haar sondes en 'n besef van haar geestelike behoefte vir Jesus.

Bid ook dat Die Here haar die waarheid van die spirituele wereld wys en haar oe oop maak vir okkult en new age en afgode in haar lewe.

Ek sal julle op hoogte hou!