PDA

View Full Version : Wat gemaak?



Sonia Smit
Oct 10th 2008, 09:01 AM
Hi outjies :hug:,

Ek weet nou nie of ek die vraag op die regte plek plaas nie, maar dis 'n vraag wat my nou al die hele week pla :confused.

Hoe gemaak met die bedelaars wat jy om elke hoek en draai kry? Waar trek jy die streep, want om vir elkeen 'n geldjie te gee gaan jy jouself mos platsak maak?:hmm:

Ek weet ons geld is nie ons geld nie, dis God se geld, maar hoekom wanneer jy nie vir een van die bedelaartjies 'n ietsie gee nie, voel 'n mens skuldig? Of vloek hulle jou :mad:? Help my verstaan asseblief? :help:

Gene
Oct 10th 2008, 09:21 AM
Sonia

Dit is ongelukkig so dat (in 99% gevalle) as jy vir so iemand geld gee, jy hom verder die verderf in help, want hy gaan dit verseker gebruik om drank mee te koop. Maar daar is ander maniere om hom te help, as jy op jou hart voel om te help. Gee liewer kos, klere, slaapplek of wat ookal, maar nie geld nie (tensy jy seker is dat daardie geld reg aangewend sal word). En die belangrikste van alles natuurlik, is geestelike kos. Jy het 'n geleentheid om Jesus se liefde en die boodskap van die Evangelie uit te dra en dalk 'n siel vir die Here te wen...

Die ander waarheid is natuurlik dat jy nie almal kan help nie. Dis onrealisties en onmoontlik om almal wat jy teekom, te probeer help. Daarom moet 'n mens jou maar laat lei deur die HG. As Hy dit op jou hart le om iemand te help, mag jy nie wegstap nie.

Sonia Smit
Oct 10th 2008, 10:06 AM
Wanneer ek by my venster uitkyk, kyk ek op die robort af. Daar loop elke dag twee mensies ('n man en 'n vrou) by die karre op en af. Dis net sad om dit te sien en dit laat my sleg voel.

Hoe sal ek die verskil tussen my eie gevoelens en die leiding van die Heilige Gees kan onderskei?

Gene
Oct 10th 2008, 10:26 AM
Persoonlik voel ek dat as iemand (soos daardie twee mense) op jou hart le, dan is dit die Heilige Gees.

Matteus 25:42 - 45 "Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. 43 Ek was 'n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. 44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sÍ: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of 'n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? 45 Dan sal Hy hulle antwoord en sÍ: Voorwaar Ek sÍ vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie."

CFJ
Oct 10th 2008, 11:54 AM
Sonia

Dit is ongelukkig so dat (in 99% gevalle) as jy vir so iemand geld gee, jy hom verder die verderf in help, want hy gaan dit verseker gebruik om drank mee te koop. Maar daar is ander maniere om hom te help, as jy op jou hart voel om te help. Gee liewer kos, klere, slaapplek of wat ookal, maar nie geld nie (tensy jy seker is dat daardie geld reg aangewend sal word). En die belangrikste van alles natuurlik, is geestelike kos. Jy het 'n geleentheid om Jesus se liefde en die boodskap van die Evangelie uit te dra en dalk 'n siel vir die Here te wen...

Die ander waarheid is natuurlik dat jy nie almal kan help nie. Dis onrealisties en onmoontlik om almal wat jy teekom, te probeer help. Daarom moet 'n mens jou maar laat lei deur die HG. As Hy dit op jou hart le om iemand te help, mag jy nie wegstap nie.

My siening is ook soos joune Eugene. Daar is egter dae wat ek ge-irriteerd is met sulke mense en dan ignoreer mens hulle. Ek staan verseker skuldig oor hoeveel ekself kan doen vir hulle. Iets wat mens net graag wil noem, is dat mens sulkes opreg moet uitvra oor hoekom hulle in sulke omstandighede beland het. Net die belangstelling is vir sulke mense soms 'n lawenis. Meeste jaag hulle of weg of gee maar iets, dat hulle tog net nie opgeskeep moet wees met hulle nie. My eie ondervinding is dat 9 uit 10 sal lieg oor wat Jesus vir hulle beteken. Daarom begin ek nooit met Jesus nie, maar met hulle eie omstandighede.

Op hierdie wyse kan mens hulle gewete begin aankla en daarvolgens, moet mens optree. As iemand aanhou leuens vertel, onttrek jou dan van so iemand. My ondervinding is dat meeste van hulle mens dan begin ontwyk, sonder dat jy dit self hoef te doen. Hulle wil nie aangekla wees nie en as hulle rekenskap moet gee oor die waarheid, dan vlug hulle eerder. As hulle egter die waarheid vertel, beloon dit op die wyse wat God aan jou wys. As mens nie iewers hierdie mense se gewete begin aankla nie, bly hulle in sulke omstandighede en kom nooit daaruit nie. Die oomblik as ek sien hulle reaksies op my vrae is eerlik, eers dan begin ek oor Jesus praat en hulle saligheid. As so persoon positief reageer, moet mens probeer om een of ander dissipline in hulle te kry..., iets soos 'n vaste dag waar mens 'n bepaalde ding doen en hulle teenwoordig moet wees (dit kan enige iets wees en mens moet maar net kreatief dink). Dit is nie noodwendig die formule waarvolgens mens moet werk nie, maar vir my werk dit nogal. Ek moet dit net meer doen en ek besef ek skiet vÍr tekort...

Sonia Smit
Oct 10th 2008, 12:56 PM
Baie dankie julle. Van hier waar ek hulle kan sien lyk hulle vir my nog jonk, maar dis bietjie ver. Ek sal vanmiddag verby hulle ry om te kyk.

Baie dankie vir julle hulp en raad :D

marline
Oct 10th 2008, 02:18 PM
Twee jong gesonde mans het eendag na ons gekom en vertel hoe honger en dors hulle is. Die geluksgodin het haar rug op hulle gedraai, hulle kon nie werk kry nie, ens ens. Julle ken al die lang stories. Ons het 'n bestelling by 'n wegneem ete plek vir hulle geplaas, en dit betaal. Eers het hulle die geld by die bestuurder probeer kry, daarna het hulle die kos gevat, dit net so in die asblik gegooi, en gevloek en geraas, want eintlik wou hulle geld gehad het. Nou werk ek maar deur die regte kanale om mense te help, want 9 uit 10 gebruik die bedelaars op die hoek die geld vir drank of drugs.

Son of the South
Oct 12th 2008, 09:22 AM
Twee jong gesonde mans het eendag na ons gekom en vertel hoe honger en dors hulle is. Die geluksgodin het haar rug op hulle gedraai, hulle kon nie werk kry nie, ens ens. Julle ken al die lang stories. Ons het 'n bestelling by 'n wegneem ete plek vir hulle geplaas, en dit betaal. Eers het hulle die geld by die bestuurder probeer kry, daarna het hulle die kos gevat, dit net so in die asblik gegooi, en gevloek en geraas, want eintlik wou hulle geld gehad het. Nou werk ek maar deur die regte kanale om mense te help, want 9 uit 10 gebruik die bedelaars op die hoek die geld vir drank of drugs.

Ek het ook al vir 'n man op so manier 'n wegneemete gegee, maar by daardie geleentheid was hy werklik honger. Selfs laas week het iemand by ons huis kom vra vir kos, nie geld nie, kos. Toe my vrou vir hom 'n pakkie met kos gee, was daar opregte dankbaarheid en het hy gesÍ: ek kan sien julle is gelowiges aan die manier waarop julle gee.

Daar is 'n vrou wat altyd hier by 'n verkeerslig staan en bedel. Een van my kollegas het eenkeer gestop en haar 'n werk aangebied, wat sy toe van die hand gewys het. Sy het gesÍ sy maak meer geld daar waar sy staan.

Ek wil eintlik so ver gaan om ten sterkste 'n beroep op julle doen om NIE GELD TE GEE VIR ENIGE BEDELAARS NIE! :mad: Dit is sosiaal onverantwoordelik en sterk die mense net in hulle kwaad. Om die waarheid te sÍ, JOU GELD HOU HULLE OP STRAAT. Vind eerder uit wat die regte kanale is en maak jou bydrae daar. Dit beteken nie dat jy onvriendelik moet wees met bedelaars en hulle moet afjak nie; 'n gewone ferm NEE is al wat nodig is. Erken hulle teenwoordigheid en groet selfs vriendelik, MAAR MOENIE GELD GEE tensy die Heilige Gees dit so sterk op jou hart druk dat jy geen ander keuse het nie.

Ta-An
Oct 12th 2008, 09:35 AM
Ek gee geld aan die ou wat in my asblik krap vir 'n stukkie brood...

paidforinfull
Oct 16th 2008, 02:01 AM
Daar is wereldwyd vreeslik baie bedelaars. Frankryk se strate le blykbaar vol mense wat ouer as 40 jaar is wat nie kan werk kry nie.

Hier is Suid-Amerika gaan dit erger as erg. Dit gaan so erg dat van die regerings nou al op tv en met plakkate adverteer dat mens asseblief nie vir die straatkinders wat bedel moet geld gee nie, want die ouer mense hou die kinders uit die skole uit en misbruik die kinders om geld deur bedelary in te samel.

Nou ja - hoe nou gemaak? Hier is wel kinders wat op straat lewe en glad geen ander heenkome of toegang tot kos het nie (die welsyn in Suid-Amerika is pateties). Mens kan natuurlik nie vir almal gee nie, maar soms le die Here tog 'n spesifieke bedelaar op mens se hart, en dan voel ek is dit nodig om te help.

Baie sad, en die situasie vergerger by die dag.

Lanie
Oct 16th 2008, 05:43 AM
Ek het Írens gehoor dat as jy "net" die 3 rykste mense in die wÍreld se geld saamgooi sal dit genoeg wees om armoede en hongersnood regoor die wÍreld vir altyd uit te wis...

mari
Oct 16th 2008, 08:32 AM
Ons bikeshop is in dieselfde blok as ons plaaslike "night shelter", sowel as 'n groot drankwinkel.... dit gebeur gereeld dat die straatmensies wat saans in die shelter oorly met allerande stories by ons aankom vir hulle R15 wat nodig is vir 'n bed en bord kos ....... die besigheidsmense in die omgewing ondersteun nou die shelter self ( want die geldjies beland gans te maklik by die "Ultra" as die shelter ) ...... en ons het 'n stelsel dat as ons wel iemand wil help met shelter geld, gee ons 'n kaartjie met die datum en die shelter omie kom haal dit later self by ons........ hy het ook baie streng reels met drankasems saans as die hekke oopgaan......

die motorhandelaars om ons het ook 'n karwas langs die shelter gebou begin wat deur die gewilliges wat daar oorslaap, beman word .... sodat die wat regtig desperaat is en daar land, en wie wil werk, wel iets kan verdien en soms daarvandaan ander werk kan bekom......

mens kan nie almal help nie, maar planne kan gemaak word ........

m