PDA

View Full Version : Kindertuinkonserte.



protea
Oct 13th 2008, 05:57 PM
Kindertuinkonserte is iets wat ek vir NIKS mis nie. So 2 jr gelede het die kindertuingroep by ons laerskool in hulle Kerskonsert van n klein ponie gebruik gemaak en 'moeder Maria' kom toe die saal van agter ingery op die 'donkie' . Die opgewondenheid van die kinders moes die ponie seker aangevoel het want die 'onvermydelike' gebeur toe REG VOOR DIE INSPEKTEUR wat langs die skoolhoof sit in die voorste ry. Maar die kindertuindepartement is vir alles gerat en vanuit die niet verskyn hulle met n plankie en n skoppie en verwyder die 'onvermydelike' en siedaar , die konsert kan aangaan!

My eie 'verhoogloopbaan' in die kindertuin was redelik vervelig ,want ek was DRIE KEER N KOEI.... Liewe aarde , ek het mos ook n binneste... Ek was gelukkig al drie keer die voorste deel van die koei ( ek kon sien ,maar die 'agterste deel' van die koei nie!) en die pret wat ons gehad het deur die kinders te jaag trappe op en trappe af van die verhoog af as die onderwysereresse nog nie daar was nie. Aan die arme 'agterste deel' van die koei het ek nie gedink nie...:rofl:

Ta-An
Oct 17th 2008, 07:18 PM
Ahhhh dit klink so lekkerrrrrrrrrrrrrrr ek sal wat wil gee om al ouma te word vir so 'n kinder konsert ;)