PDA

View Full Version : Protea se versoek vir Gerrie-Dirk



Likkedilla
Oct 14th 2008, 10:57 AM
Gerrie-Dirk was verlede week in n baie ernstige motorongeluk betrokke en is met menigvuldige beenbreuke en ernstige hoofbeserings Bloemfontein toe gevlieg vir behandeling. Kom ons tree ook vir hom by ons Vader in asb?:pray:

Die Filadelfieer
Oct 14th 2008, 11:24 AM
Ek bid dat die Here se Wil geskied met Gerrie-Dirk en sy gesin.

Phil Fourie
Oct 14th 2008, 11:58 AM
Ek bid saam met julle

protea
Oct 14th 2008, 05:48 PM
Jammer oor die slegte nuus. Gerrie Dirk is vandag oorlede aan sy beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het verlede Vrydagaand. n Vrou het oor n stopstraat gery en hulle voertuig vol getref. Die ander jongmense in die voertuig het niks oorgekom nie. Bid asb nog steeds vir sy ouers en dat die VREDE van God hulle sal omvou. :pray:

Phil Fourie
Oct 15th 2008, 07:15 AM
Ai, ek sal verseker vir sy familie en vriende bid :pray:

Likkedilla
Oct 15th 2008, 09:02 AM
Jammer oor die verlies, sterkte vir die pad vorentoe.

Willem
Oct 15th 2008, 09:17 PM
:cry::pray:
En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.