PDA

View Full Version : Uitleg van drome



Sonia Smit
Oct 14th 2008, 02:58 PM
Ek het 'n vraag. Is dit Bybels reg om mense se drome uit te lÍ? En wanner iemand 'n persoon se drome uitlÍ, hoe weet jy die iemand is reg?:hmm:

Okay dit was twee vrae :D

paidforinfull
Oct 14th 2008, 04:55 PM
Ek het 'n vraag. Is dit Bybels reg om mense se drome uit te lÍ? En wanner iemand 'n persoon se drome uitlÍ, hoe weet jy die iemand is reg?:hmm:

Okay dit was twee vrae :D
Sonia, drome van die Here af is definitief skriftuurlik, en wat help drome as mens dit nie kan verstaan of uitle nie?

Die Here kommunikeer met alle mense - wedergebore of te nie. Een van die maniere waarop Hy met ons kommunikeer, is deur drome.

Dit beteken nie dat elke droom van die Here af is nie. Meeste drome is maar net gedagtes wat in ons eie onderbewussyn(e) is. Sommige drome is aanvalle van die duiwel, en andere is drome van die Here af. Hier is onderskeiding en gebed nodig.

As dit by die uitleg van drome kom, is dit beter om self met die Here te praat en Hom vir 'n uitleg te vra. Ek voel drome is persoonlik, en die Here praat met ons as individue met simbole wat vir die dromer iets beteken, maar nie noodwendig vir ander mense nie. ('n Horlosie kan bv. vir een persoon een ding beteken, en vir 'n ander persoon iets heeltemal anders.) Daar is wel Skriftuurlike simbole wat vir almal dieselfde betekenis het, soos bv. 'n slang wat gewoonlik maar die vyand beteken.

As mens voel dis nodig, kan mens 'n ander wedergebore Christen vra om saam met mens te bid, en dan kan mens die uitlegte vergelyk - veral as die drome oor iets of iemand anders as die dromer self gaan. (Dit beteken nie enige ou kan sommer vir jou jou drome probeer uitle nie.)

As mens gebid het en nog steeds nie weet wat 'n droom beteken nie is dit sekerlik net 'n vleeslike droom, so plaas dit maar op die rak. Die Here gaan most nie die moeite doen om vir mens 'n droom te gee wat onverstaanbaar en onverklaarbaar is nie.

In die geval waar 'n droom oor 'n ander persoon gaan, sal ek voorstel dat mens eers daaroor bid, en as mens voel die droom is van die Here af, kan dit aan een van die kerleiers vir oorweging voorgele word voordat mens dit met die persoon oor wie dit handel deel. Ons mag dalk self nooit weet wat die droom beteken nie, maar die persoon wat dit ontvang behoort dit te verstaan. As dit niks vir die ontvanger beteken nie, was dit heelwaarskynlik uit ons vlees uit. Ons moet ook nooit vir iemand se ons het 'n droom van die Here vir hulle nie; baie veiligter om te se mens voel mens het 'n droom van die Here, en laat dit daar. Ons moet dit ook nie probeer uitle as die Here die uitleg nie duidelik vir ons gegee het nie.


Ek kan hierdie onderwerk baie meer breedvoerig bespreek, maar ek het ongelukkig nie nou baie tyd nie. Ek hoop dit help darem 'n bietjie.

Blessings.

CFJ
Oct 14th 2008, 06:49 PM
Ek het 'n vraag. Is dit Bybels reg om mense se drome uit te lÍ? En wanner iemand 'n persoon se drome uitlÍ, hoe weet jy die iemand is reg?:hmm:

Okay dit was twee vrae :D

Hallo Sonia,

paidforinfull het jou 'n baie goeie antwoord gegee, maar my persoonlike mening is dat die uitleg van drome meesal subjektief sal wees en mens moet dit ook so hanteer. Daar is egter, sou mens wag op die Here, 'n 100% korrelasie tussen dit wat mens droom en dit wat daarna in die werklike lewe gebeur. Drome berei mens voor hiervoor en as mens wel vooruit verklarings vir drome ontvang of selfs aanneem, is dit te betwyfel of dit 100% so gaan gebeur. Mens voel nogal baie spesiaal as die Here mens vooraf waarsku en as mens terugkyk, dan staan mens verstom oor alles wat gebeur het en presies net soos Hy dit aan jou gewys het. Ek sal graag die volgende ook wil byvoeg. Die Skrif sÍ duidelik dat dit 'n wyse is, waarop God met ons persoonlik praat...


Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seŽl op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
(Job 33:14-18 AOV)
By 'n paar geleenthede waar ekself gedroom het, het ek weens hierdie gedeelte in Job, so te sÍ 100% antwoorde verkry, maar die geheim was om te wag op die Here. Dit is onwaarskynlik dat mens elke keer vooruit sal weet, wat die betekenis van 'n droom is, maar mens kry later 'n idee waaroor die waarskuwing handel, al is dit net in die breŽ. Ek sal graag later van hierdie drome en ook die bevestigings daarvan wil deel...

Sonia Smit
Oct 15th 2008, 06:33 AM
Baie dankie julle:hug:. Ek sal baie graag meer wil leer oor drome en die uitlÍ daarvan. Dit wat julle met my gedeel het help my baie!

My man droom baie en dan vertel hy vir my die drome, maar vir my klink die drome baie deurmekaar, dan gebeur daar iets, dan onthou ons hy het daarvan gedroom. Ek droom baie selde, en as ek iets droom onthou ek dit gewoonlik nie :hmm:

Ek begin besef dat ons meer ag moet slaan op sy drome, maar ek verstaan nie heeltemal hoe die uitleg daarvan moet gebeur nie, en wie dit moet doen nie. Ek sal baie graag meer by julle wil hoor wanneer julle tyd het :D.

protea
Oct 15th 2008, 07:12 AM
Sonia,
Langs my bed le permanent n 'scrap' boekie en n pen . As ek in die nag van iets droom , skryf ek dit sonder om die lig aan te skakel op die papier neer . Die meeste kere kan ek die vlgde dag nie eers onthou dat ek dit gedroom het totdat ek dit lees nie. Dan skryf ek dit netjies oor in n notaboekie en DAN vra ek die Here om AS dit enige boodskap of waarskuwing van Hom af bevat, dit aan my te openbaar. Daar het partykeer weke verby gegaan en dan skielik op n dag WEET jy net wat n sekere droom se boodskap of waarskuwing is. Maar soos reeds gese: As jou droom van God af is , SAL sy Woord dit bevestig. Ek weet nie of ek nou ook al in die kategorie val van ' die oumense sal drome droom ' nie...;)

CFJ
Oct 15th 2008, 08:44 AM
Baie dankie julle:hug:. Ek sal baie graag meer wil leer oor drome en die uitlÍ daarvan. Dit wat julle met my gedeel het help my baie!

My man droom baie en dan vertel hy vir my die drome, maar vir my klink die drome baie deurmekaar, dan gebeur daar iets, dan onthou ons hy het daarvan gedroom. Ek droom baie selde, en as ek iets droom onthou ek dit gewoonlik nie :hmm:

Ek begin besef dat ons meer ag moet slaan op sy drome, maar ek verstaan nie heeltemal hoe die uitleg daarvan moet gebeur nie, en wie dit moet doen nie. Ek sal baie graag meer by julle wil hoor wanneer julle tyd het :D.

Hallo Sonia,

Ekself was 'n geruime tyd die modereerder in die "Dreams and Visions and Prophecies" forum. Daar is werklik mense wat 'n gawe het om drome uit te lÍ, maar as mens redelik nou betrokke was in byvoorbeeld so forum, dan leer mens sulke uitlegte is deurgaans subjektief en mens moet werklik versigtig wees om dit 100% net so aan te neem. Tog is dit nie verkeerd as mens dit uitlÍ nie en wil mens geensins op valsheid sinspeel nie. Hieronder is Bibleforums se amptelike standpunt oor drome, visioene ensomeer. Dit is ook my eie siening en ek hoop en vertrou dat dit so naby aan korrek is, soos die Here wil hÍ ons moet dit sien.


Welcome to the Dreams, Visions and Prophecy Forum!


Because of the uncertain and sometimes bizarre nature of dreams and visions, we would like all members to bear in mind that moderating this forum is not easy. Therefore we will be bold in our actions regarding the deleting or closing of threads. We trust that you will understand this and that our actions should not be viewed in a personal manner.

This forum is for Christians only. All NON-Christian dreams, visions, prophecies and interpretations will be removed. Threads or posts relating to occult phenomena will be deleted. This includes anything related to:

-hypnosis,
-parapsychology,
-stigmata,
-OBEs,
-speaking with the dead,
-meditation (except meditating on the Word of God),
-or any other related practice.


To make the rules for posting in this forum purposeful and simple, please look at the following scriptural guidelines.

1Cr 14:26 How is it then, brethren? when ye come together, every one of you hath a psalm, hath a doctrine, hath a tongue, hath a revelation, hath an interpretation. Let all things be done unto edifying.

Heb 1:1 God, who at sundry times and in divers manners spake in time past unto the fathers by the prophets,
Heb 1:2 Hath in these last days spoken unto us by [his] Son, whom he hath appointed heir of all things, by whom also he made the worlds;


Job 33:14For God speaketh once, yea twice, [yet man] perceiveth it not.
Job 33:15 In a dream, in a vision of the night, when deep sleep falleth upon men, in slumberings upon the bed;
Job 33:16Then he openeth the ears of men, and sealeth their instruction,Job 33:17That he may withdraw man [from his] purpose, and hide pride from man.
Job 33:18He keepeth back his soul from the pit, and his life from perishing by the sword

Gods word is the standard we need to hold ourselves up to. AS A RULE, all revelations and interpretations must be backed by Scripture. If you cannot back your interpretation with Scripture, please make sure that everybody knows it is your own interpretation.

In order to offer clarity, please present your posts in the following manner.


If the interpretation is based on what Scripture says, post your support of it in red.
If it is what someone thinks Scripture is saying, do so in orange.
If it is your own interpretation, do so in blue.



ďThus sayeth the LORDĒ posts will be removed.

Always remember to think before you post in this forum and always remember this...

We don't know of anyone on this board or elsewhere, who is a prophet in the biblical sense of the word and therefore all interpretation can only be subjective at best.

As we are to take all things to scripture, interpretation of your own dream must accompany and be in agreement with at least one other person prior to you giving a full interpretation or statement. In this way we can confirm with the body of believers which surround us what is from the Lord. 2Corinthians 13 [ Examine Yourselves ] 1This is the third time I am coming to you EVERY FACT IS TO BE CONFIRMED BY THE TESTIMONY OF TWO OR THREE WITNESSES.

Does anyone here today have a direct message for mankind from God?
(The answer is NO.)

We thank you in advance!

paidforinfull
Oct 15th 2008, 05:09 PM
Ja - dis waar wat CFJ gese het - die Here gee nie altyd dadelik die uitleg van 'n droom nie, maar die tyd sal wel vertel of dit van die Here af was of nie. Soms kry ek dadelik 'n uitleg, soms neem dit 'n paar dae, of selfs 'n paar maande voordat ek dit verstaan.

Ek het ook 'n boekie langs my bed, en as ek in die nag 'n droom kry of voel die Here praat met my, maak ek 'n nota daarvan.

Ek wil ook beaam dat alle drome en woorde van die Here af aan die Bybel gemeet moet word. God sal niks se wat teenstrydig is met Sy Woord nie.

paidforinfull
Oct 15th 2008, 09:14 PM
Hallo Sonia,

Ekself was 'n geruime tyd die modereerder in die "Dreams and Visions and Prophecies" forum.
Hi CFJ - bestaan die "Dreams and Visions and Prophecies" forum nog? Ek kry dit nie.

CFJ
Oct 16th 2008, 06:45 AM
Hi CFJ - bestaan die "Dreams and Visions and Prophecies" forum nog? Ek kry dit nie.

Die forum bestaan nog paidforinful. Dit is deel van die "Special Forums", en gewone lede kan dit nie sien nie, stuur vir my 'n privaat boodskap, dan werk ons daaraan. :)

Phil Fourie
Oct 16th 2008, 07:11 AM
Ferdi

Ek dink nie daardie forum bestaan meer nie, daar is net 1 spesiale forum oor, dit is die evangelisasieforum en mens kan net toegang tot daardie forum kry via uitnodiging van een van die "leiers" van daardie forum :hmm:

CFJ
Oct 16th 2008, 07:46 AM
Phil,

Ek het net gou doodseker gaan maak, die forum bestaan nog. Ek sien die laaste plasing is op die 13de Oktober 2008 gemaak en dit was deur Saved gemaak, wat 'n gewone lid is. Daar is 6 forums in die spesiale forums, mens kyk die DVP forum redelik maklik mis. Op die oomblik modereer niemand spesifiek die forum nie, omdat elke plasing gemodeer moet word is dit nie nodig nie.

Phil Fourie
Oct 16th 2008, 08:32 AM
Haai skies Ferdi, ek het gedink aan Small Groups, jy is reg, die forum is nog daar. Sorry man, kan jy nou meer, 'n keer wat jy reg is en ek verkeerd, dit gebeur nie baie nie ;) :P :lol:

Sonia Smit
Oct 16th 2008, 02:02 PM
Die forum bestaan nog paidforinful. Dit is deel van die "Special Forums", en gewone lede kan dit nie sien nie, stuur vir my 'n privaat boodskap, dan werk ons daaraan. :)

Ek het ook gister die forum gesoek en kry dit nie, nou verstaan ek hoekom.
Ek sal ook baie graag soontoe wil gaan...

CFJ
Oct 18th 2008, 02:16 PM
Ek het ook gister die forum gesoek en kry dit nie, nou verstaan ek hoekom.
Ek sal ook baie graag soontoe wil gaan...

Hi Sonia,

Jy behoort die forum te kan sien, want jy het meer as 40 plasings en was die 10de Oktober, 30 dae lid.

paidforinful sal die 26ste Oktober 30 dae lid wees met oorgenoeg plasings en beide van julle het gelukkig 'n goeie reputasie, wat alles net makliker maak! :P :)

Julle moet my net laat weet as hierdie vereistes nagekom is en julle nog nie die spesiale forums kan sien nie.

forladyjane
May 12th 2009, 08:07 AM
Hi daar. Ek wil graag weet wie en hoe ek te werk moet gaan om 'n droom te laat uitlÍ? Ek het 'n vriendin wat nou al 'n paar keer dieselfde droom, droom en dit pla haar vreeslik.

Lanie
May 12th 2009, 08:17 AM
Welkom hier by bibleforums forladyjane!

Ek ontken nie dat God soms in ons drome vir ons iets kan wys nie, maar die manier om daarmee te deel is NIE om iemand te gaan soek wat daarop aanspraak maak dat hulle drome kan uitlÍ nie, want dan stel jy jou oop vir iemand anders se menslike interpretasie. Wat jou vriendin moet doen, is om met haar Bybel te gaan sit en te bid en God direk te vra wat hierdie droom beteken, indien sy 'n verhouding met die Here het en Hy haar iets wil wys, sal Hy haar ook die antwoord gee op die droom. Moenie haar aanmoedig om iemand te gaan soek nie. Josef is al lankal dood. :lol: Dit is ook baie moontlik dat sy hierdie herhaalde droom het agv iets wat in haar onderbewussyn is waarmee sy dalk moet handel.....

Tonton
May 12th 2009, 11:46 AM
Hand 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

Die uitleg van drome word nie in die Nuwe Testament behandel nie, daarom sal ek nie gemaklik wees met andere se uitleg van jou drome nie. Vra vir die Here om die drome te verklaar. Wanneer die Here goed verklaar weet jy dat dit van hom is. Byvoorbeeld sal iemand vir jou Woord gee wat met die droom harmoniseer (dikwels iemand wat nie eers weet van die droom nie).

Groete in Jesus,
Anton

RR van Wyk
May 12th 2009, 12:51 PM
Oppas net, nie alle drome kom van ons Hemelse Vader nie! (Nagmerries wat jou in 'n koue sweet laat uitslaan, bv.)

CFJ
Jul 6th 2009, 02:23 PM
Hi daar. Ek wil graag weet wie en hoe ek te werk moet gaan om 'n droom te laat uitlÍ? Ek het 'n vriendin wat nou al 'n paar keer dieselfde droom, droom en dit pla haar vreeslik.

Hallo forladyjane,

Jammer ek sien nou eers jou plasing, maar ek glo uitleg van drome is iets wat mens maar versigtig voor moet wees. 'n Droom is hoofsaaklik om mens te waarsku oor iets wat mens beoog om te doen of wat op jou pad kan kom. Jy kan jou vriendin se droom vir ons bring, maar moet nie te veel daarvan maak nie. Mens sal as mens die droom sien, vrae wil vra oor haar lewe, wat miskien 'n verband kan bring om haar te help hierin en dan is dit nog steeds haar plig om vÍrder biddend en geduldig op die Here te wag. Jy kan ook privaat hierdie gesprek voer in Chat to the Moderators (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=84). Maak net 'n draad oop vir my aandag.

Christoline
Jun 23rd 2014, 01:11 PM
Ek wil ook graag weet want ek is iemand wat baie droom en soms haat ek dit want ek raak bang vir wat gaan gebeur, want ek weet nie wat die beteknis daarvan is nie. daar is ook n droom wat ek oor en oor kry al is dit elke keer iets aners wat gebeur maar dit is elke keer diselfde persoon en elke keer word ek seer gemaak en is ek baie baang.

CFJ
Jun 24th 2014, 06:54 AM
Ek wil ook graag weet want ek is iemand wat baie droom en soms haat ek dit want ek raak bang vir wat gaan gebeur, want ek weet nie wat die beteknis daarvan is nie. daar is ook n droom wat ek oor en oor kry al is dit elke keer iets aners wat gebeur maar dit is elke keer diselfde persoon en elke keer word ek seer gemaak en is ek baie baang.

Hallo Christoline en baie welkom by ons!

Die persoon wat jy oor en oor van droom, wat weet jy in die werklike lewe van hierdie persoon? As jy dit gemakliker sal vind, kan jy in Chat to the Moderators (http://bibleforums.org/forumdisplay.php/84-Chat-to-the-moderators) (klik net op die skakel) 'n draad oopmaak dan kan mens privaat gesels, maar dit is jou keuse... :)

Louwrens Erasmus
Jun 25th 2014, 09:30 AM
Hallo Christolene

Ek het 'n boek wat ek die afgelope seker 20 jaar al gebruik. Dit verwys net na waar die item of wat ook al in die Bybel gebruik word en gee aan die hand daarvan 'n betekenis. Jy kan dit gratis aflaai by http://shamaministries.org.za/boeke/Dreams.pdf. Die boek word so gemiddeld 50 keer 'n maand afgelaai, so mense droom nogal baie. Ek het jare gelede op ons webtuiste 'n forum vir drome en gesigte bedryf maar het dit toegemaak omdat dit net te veel tyd geneem het om elke droom uit te lÍ. Dit was gratis maar die mense het nogsteeds ongeskik geraak as dit nie dieselfde dag beantwoord was nie.

Sterkte en geniet die drome.