PDA

View Full Version : "Two by Two"



Gene
Oct 15th 2008, 12:58 PM
Ek wil graag inligting he oor 'n sekere kerkgroep, maar ek weet nie wat hulle naam is nie. Sover ek kan vasstel, het hulle nie 'n naam nie, hulle noem hulself bloot "Christene" Maar hulle staan in die algemeen bekend as die "Two-by-two's" omdat hulle predikers twee-twee uitgestuur word. Hulle is 'n wereldwye kerk/groep en hulle hou hoofsaaklik in huise kerk.

Het iemand dalk al van hulle gehoor, of is daar iemand wat my meer inligting kan gee oor hulle lering? Iemand wat ek ken, is een van hulle en ek is onlangs na een van hulle byeenkomste uitgenooi. Ek moet se dat ek niks negatief beleef het tydens die byeenkoms nie, maar dis moeilik om meer inligting oor hulle te bekom. Dit lyk asof hulle om een of ander rede bietjie sku is om oor hulself te praat, en dit maak my nogal bekommerd.

CFJ
Oct 15th 2008, 02:00 PM
Hi Gene,

My ouers het al baie van hulle gepraat uit ondervindinge in hulle jongdae en hulle is dus nie 'n nuwe denominasie nie. Ekself weet nie baie van hierdie mense nie, maar hulle word beskou as 'n sekte. Jy kan hier gaan kyk wat hulle glo en nie glo nie. (http://www.bible.ca/cr-2x2.htm)

CFJ
Oct 15th 2008, 02:11 PM
Hulle is bekend as 'n naamlose groep, maar lees gerus hier... (http://www.religio.de/sekten/workr.html)

Gene
Oct 16th 2008, 06:29 AM
Ferdi

Baie dankie vir die waardevolle inligting. Ek is nogal teleurgesteld, want ek het regtig van die mense gehou. Hulle is baie mooi mense, en op die oppervlak kon ek regtig niks negatief vind nie. Hulle oenskynlike eenvoud en kinderlike manier van aanbidding het my nogal getrek. Die feit dat hulle nie vasgevang is in die tradisies en die rituele van die meeste christelike kerke vandag nie, en hulle opregte liefde teenoor mekaar is ook baie positiewe eienskappe.

Nadat ek egter die links gelees het wat jy verskaf het, kan ek sien dat hulle tog die pad byster is, en dit is jammer. Ek kry die indruk dat die gewone ou op grondvlak nie werklik kennis dra van presies wat hulle glo en nie glo nie - die dat hulle traag is om daaroor uit te wei. Nietemin, ek dink 'n mens moet regtig vir hierdie mense bid, want soos ek se, dit is mooi mense, wat die Here baie opreg dien, op die manier hoe hulle voorgese word. (En daar is geweldig baie van hulle wereldwyd.)

Nogmaals dankie vir die inligting

Groetnis!

CFJ
Oct 16th 2008, 06:37 AM
Dit is 'n plesier Eugene. Aanvanklik het ek gedink dit is Jehovah Getuies, maar net soos met die Jehovah Getuies, so glo ek, al ken ekself geen 'Two by Two's' nie, is dit van die mooiste mense wat mens kry. Ek ken nogal baie Jehovah Getuies en een ding wat uitstaan, is hulle sedelikheid en hulle mooi maniere. Wys mens maar net, om mislei te word is nie te moeilik nie...

Gene
Oct 16th 2008, 06:56 AM
Ek het gewonder.....Hierdie mense glo, volgens die inligting op die links wat hierbo verskaf is, onder andere nie in die Drie-eenheid van God nie. Hulle glo ook nie dat die Heilige Gees God is nie. Hulle glo ook nie dat Jesus in ons plek gestraf is vir ons sonde nie. Dan is daar nog 'n hele paar ander afwykings van die Woord in hulle doktrine, onder andere die rol van hulle predikers - hulle glo bv dat slegs hulle predikers die Woord kan uitle en geestelik kan verstaan. Duidelik 'n sekte.

Maar..... hulle glo ook onder andere die volgende (verskoon die engels):

They believe that Salvation comes ONLY by Grace
They believe that Salvation can NEVER be earned (NOBODY DESERVES IT).
they believe that Salvation comes through faith and the shed blood of Jesus Christ
They believe that Jesus JESUS, THE SON OF GOD, DID INDEED COME TO SHOW THE WAY; TO BE THE ONLY PERFECT EXAMPLE; TO BE THE PATTERN MINISTER. They believe that Jesus' death is all-important for Salvation
Die Bybel leer dat 'n mens slegs deur geloof in Jesus Christus gered kan word. M.a.w. 'n mens moet glo dat Jesus die enigste Weg tot saligheid is, dat 'n mens vol sonde is en dat jy op geen ander manier gered kan word nie. Daarom moet 'n mens slegs op Jesus vertrou en Hom aanneem as Verlosser en Saligmaker.

Nou my vraag. Gaan sulke mense noodwendig verlore, of is dit moontlik dat hulle wel gered kan wees? (op grond van hulle geloof in Jesus Christus as die enigste Weg tot saligheid) Wat dink julle?

paidforinfull
Oct 24th 2008, 08:40 PM
Hi Gene - skies, ek sien nou eers hierdie draad. Die Mormone staan ook as die 'two-by-two's' bekend omdat hulle altyd twee (gewoonliik jong mans) saam uitstuur wanneer hulle evangelisasie doen. Mens sien hulle die wereld oor. Die mormone het nog 'n ander naam ook - sal vir my man vra en later vir jou laat weet.

Hoop dit help.

paidforinfull
Oct 27th 2008, 12:29 AM
Hi Gene - skies, ek sien nou eers hierdie draad. Die Mormone staan ook as die 'two-by-two's' bekend omdat hulle altyd twee (gewoonliik jong mans) saam uitstuur wanneer hulle evangelisasie doen. Mens sien hulle die wereld oor. Die mormone het nog 'n ander naam ook - sal vir my man vra en later vir jou laat weet.

Hoop dit help.

Hi weer, Gene. Ek het my man gevra - die ander naam vir die Mormone is "The Church of the Latter Day Saints" of die "LDS Church".