PDA

View Full Version : Lekker verjaar kleinboet Phil!



Lanie
Oct 16th 2008, 05:52 AM
Hi Phil, ek sien dis jou verjaarsdag vandag! Baie geluk! Mag jy 'n wonderlike lewensjaar h en dankie dat jy, al is jy jonger as die meeste van ons, vir almal 'n voorbeeld is van hoe mens jou liefde vir Jesus moet uitleef. Geniet jou dag!

(P.S. - Dalk kan ons nog hierdie jaar vir jou rens 'n vroutjie kry! :lol:)

Die Filadelfieer
Oct 16th 2008, 06:46 AM
Ahaaaa ! Geluk broer Phil, ons besef met jou ouderdom gaan daar heel moontlik nog baie van hierdie wees, so geniet hierdie ene.
Ek hoop ons kry koek.

Gene
Oct 16th 2008, 07:04 AM
Baie geluk Phil! Hoop daar gaan nog baaaaaie sulke dae wees, en dat jy in die jare wat kom, uit jou skoene uit geseen sal word. Jou liefde vir die Here en jou wysheid is 'n voorbeeld vir baie van ons "ouer" mense. Doe so voort!! (En as Fila koek kry, wil ek ok he)

mari
Oct 16th 2008, 07:04 AM
http://msp53.photobucket.com/albums/g52/mabiery/EagleBirthdayWish.jpg


Mag die dag en die nuwe jaar vol verrassings wees !

:hug:
m

CFJ
Oct 16th 2008, 07:10 AM
http://msp53.photobucket.com/albums/g52/mabiery/EagleBirthdayWish.jpg




Wat vir 'n dingetjie dit daar op ou rimpels se kop, ek wil ook so enetjie h... :pp

Geluk Phil, dalk kry jy so enetjie vandag!

Phil Fourie
Oct 16th 2008, 07:25 AM
Haai dankie julle, ek is net bly om te sien julle is nie meer kwaad vir my nie :lol: :blush:

Ai as julle maar kan besef hoeveel die mense op hierdie forum vir my beteken, hoeveel bemoediging ek al uit die hele Bibleforums gekry het, veral vanaf die Afrikaanse lede, ek sit elke dag met so 'n groot verwagting my rekenaar aan om te sien wat die mense gesels, om partykeer bietjie self kontrovers te raak :P

Dit is vir my regtig 'n wonderlike voorreg om elkeen van julle hier te kan ken, al is dit net vir sommiges van julle via die kuberruim.

Lanie
Dankie vir die inisiatief met hierdie draad, jy is waarlik vir hierdie forum 'n groot seen en jy het 'n nuwe dinamika hier gebring, 'n opregtheid waarna ek myself net kan strewe.

Fila
My KK tweelingboetie soos ons altyd bekend gestaan het. Ai, ons ken mekaar al seker so amper twee jaar en het ons al baklei, maar weet jy, ek is vir jou lief soos my eie broer en dank die Here dat ek bevoorreg was om jou Mamma Fila en Boetie Fila persoonlik te kon leer ken, julle is wonderlike mense en dit is vir my lekker as ek weet ek kan altyd jou bel vir enige probleem. Skies oor noudie aand, jy sal nie glo nie, maar toe jy terugbel was ek al aan die slaap :blush:

Eugene
Dankie vir jou insig, jou wysheid hier op die forum, ons verskil soms nogals rof, maar ek wil net he jy moet weet, ek het baie respek vir jou, soms misverstaan ons mekaar deur hierdie erg beperkte medium, ek sal werk maak daaraan om te let op hoe ek my punt oorbring, ek hoop ons sal mekaar nog eendag van aangesig tot aangesig kan ontmoet.

mari
Ons kom ook al 'n redelike lang pad saam, dankie vir jou deelname hier op Lighuis, weet dat ek steeds ook baie vir julle bid, veral vir jou en die kleinding en ek weet die Here sal julle dra waar julle soms self sukkel om te loop, dankie vir die mooi prentjie, ek lyk darm nie heeltemal so nors nie :lol:

Oom Ferdi
Ai, ek het admirasie vir jou dat jy maar steeds kans sien om hier met my opgeskeep te sit, ek weet ek maak die lewe soms nogals vir jou moeilik, maar kom nou, verwag jy enigsins minder van my :lol: Dankie vir die wysheid en insig wat jy my ook al so gereeld gedeel het, dit is maar gewoonlik jy wat my weer hier tot kalmte moet bring as ek effe warm raak, dankie dat jy dit doen en jammer dat jy dit moet doen :P

Weereens dankie julle almal, julle is kosbare mense.

Groete
Phil

Die Filadelfieer
Oct 16th 2008, 07:32 AM
Wat vir 'n dingetjie dit daar op ou rimpels se kop, ek wil ook so enetjie h... :pp




Kan ek vra, nou dat Phil so mooi gereageer het, dat ons hierdie draad oordentlik ontspoor en by Ferdi uitvind wat hy met so 'n dingetjie wil maak ?

Phil Fourie
Oct 16th 2008, 07:33 AM
Hy wil hom aanhou as 'n pocket dog :lol:

Lanie
Oct 16th 2008, 07:35 AM
Ag nee, man! Nou's al my make-up afgegrens!!!!!

mari
Oct 16th 2008, 08:17 AM
mari
Ons kom ook al 'n redelike lang pad saam, dankie vir jou deelname hier op Lighuis, weet dat ek steeds ook baie vir julle bid, veral vir jou en die kleinding en ek weet die Here sal julle dra waar julle soms self sukkel om te loop, dankie vir die mooi prentjie, ek lyk darm nie heeltemal so nors nie :lol:



dankie Phil...... my makeup is nou wel nie gesmudge soos Lani s'n nie ( nie plek daarvoor hier tussen die gries en spenners nie. ) ... maar myse hartsnare gee so 'n twing...:hug:

ja, ons kom 'n redelike lang pad - vol hobbels, maar gelukkig ry ons altwee quad ( ek darem nie so rof soos jy nie :lol: - die ouderdom laat dit nie meer toe nie :rolleyes: ) ....... !!! .... al stamp ons menigmale kop, weet ek jou hart sit in die regte plek.... en hou maar die helmit byderhand as dit te rof raak ;) ......


die prentjie het my net herinner aan jou Chad van KK..... en die brak droom van 'n mooie dame.... so.... anyway..... you catch my drift :pp:pp ....

:bounce:
m

Willem
Oct 16th 2008, 08:23 AM
Geluk Phil,

mag al ons Vader se wense vir die jaar vir jou waar word.:hug:

Ek WEET jy maak Hom bly..

Lanie
Oct 16th 2008, 08:33 AM
Haai dankie julle, ek is net bly om te sien julle is nie meer kwaad vir my nie :lol: :blush:

:huh: Was iemand kwaad? Ek is ok nooit heelemal by nie! My manlief s die naweek vir my hy gee op want ek leef op my eie planeet!

Phil Fourie
Oct 16th 2008, 08:46 AM
Willem
Baie dankie, ek ken jou nog nie so goed nie, maar ek geniet jou plasings gewoonlik baie, ek hoop ons kan nog 'n lang pad hier saam stap.

Lanie
Almal is altyd kwaad vir my hier, dit is nie 'n vreemde verskynsel nie :rofl:

mari
Jy praat seker van hierdie outjie... Ek het dit seker al hier gese, maar Chad is actually my regte Rottweiler se naam, toemaar, hy is nie so kwaai soos ek nie :lol:

mari
Oct 16th 2008, 08:52 AM
Ek het dit seker al hier gese, maar Chad is actually my regte Rottweiler se naam, toemaar, hy is nie so kwaai soos ek nie :lol:

Ja, Phil... ek onthou, daarom die prentjie..... hoop die regte woef Chad kry ook koek vandag....... en julle kan mos altwee droom ;) .....

.... ja, jy is kwaaier !:rofl:.... maar daar's darem nie soveel byt in jou blaf nie.....

lekker dag
m

Phil Fourie
Oct 16th 2008, 09:40 AM
My persoonlike gunsteling prentjie daar was hierdie een... Die mense gaan hom net nie so baie hier geniet nie :lol:

mari
Oct 16th 2008, 10:02 AM
Jip.... die cute puppy het in die willeding verander soos ons tweetjies al verder gesels het..... wonder why ???.... ;)

... anyways.... dis ou koeie !!!:o

Die Filadelfieer
Oct 16th 2008, 10:27 AM
dis ou koeie !!!:o


Sal julle nou vir oompie Gene uitlos oor sy ouderdom ! Hy is darem nie so' oud nie........ ;)

Sonia Smit
Oct 16th 2008, 11:04 AM
Phil,

Mag Jesus jou die skatte van Sy hart wys
Mag Sy Hande jou dra waar jy moeg word
Mag Sy voetspore die rigting wys waar jy moet gaan en Sy o jou met liefde bestraal
Dit alles begeer ek vir jou omdat God lief is vir jou!

Lekker verjaar en mooi jaar vorentoe! :hug:

Phil Fourie
Oct 16th 2008, 12:02 PM
Sonia

Baie dankie, jou seenbede beteken vir my baie en ek hoop ook ons sal mekaar gereeld kan bemoedig hier op die forum en dat jy ook deel sal kan word van die meubels (aka Ferdi :saint:) hier rond.

protea
Oct 16th 2008, 12:19 PM
Baie geluk Phil,
Ons bid jou wysheid , insig en visie toe en mag die Vader jou in Sy diens lei om altyd net Sy wil te doen:hug:

Phil Fourie
Oct 16th 2008, 01:02 PM
Dankie Protea

Ek waardeer die gebede vreeslik baie, ek het darm al 'n persentjie van jou af gekry vroeer die jaar :hug:

Sonia Smit
Oct 16th 2008, 01:20 PM
Dis 'n plesier. Ek dink ek moet vir baie op die forum oom of tannie s, en soos ek kan afly dink ek Gene;) is een van die persone... :rofl:

Gene
Oct 16th 2008, 01:55 PM
Sal julle nou vir oompie Gene uitlos oor sy ouderdom ! Hy is darem nie so' oud nie........ ;)
:huh::huh::huh:

simonpetra
Oct 16th 2008, 06:47 PM
Baie Geluk Phil!

Soos die jaar verby kruip hou ons maar aan loop en loop om te kyk wat op ons pad gebring word. Hier `n rots, daar 'n donga maar darem blomme waterfalle en vrugtebome ook. Aan die einde van die jaar kan mens terug kyk en vir die eerste keer sien dat mens eintelik geklim het en nou 'n beter uitsig het van die pad wat ons geloop het. So is die pad saam met Die Here.

Mag die pad wat vir die volgende jaar voor jou le gevul wees met die seeninge wat God vir jou het! Voorwaarts mars!

CFJ
Oct 16th 2008, 07:27 PM
Kan ek vra, nou dat Phil so mooi gereageer het, dat ons hierdie draad oordentlik ontspoor en by Ferdi uitvind wat hy met so 'n dingetjie wil maak ?

Ek soek 'n oulike waghondjie, wat my kan bystaan deur duk en din...

Smuggler
Oct 16th 2008, 08:16 PM
Baie geluk "oom" Phil ;)

Ek bid dat ons Hemel Vader jou sal sen met dit wat Hy weet jy nodig het.

Ons loof U Vader vir nog 'n lewens jaar wat U vir Phil geskenk het om vir U te arbei op die aarde. :amen:



Terloops, miskien moet jy dit oorweeg om op te hou verjaar... Dit maak mens net oud !:rofl:

paidforinfull
Oct 16th 2008, 08:41 PM
Veels geluk met jou verjaarsdag, Phil. Mag die Here Sy begeertes in jou hart plaas, en mag Hy dan al daardie begeertes vervul (nie net die komende jaar nie, maar vir al die jare wat vir jou voorle).

Roelof
Oct 17th 2008, 03:35 AM
Phil

Baie geluk, mag die Here jou bediening seen

Phil Fourie
Oct 17th 2008, 07:29 AM
SP, Smuggler, Paidfor en Roelof

Baie dankie vir julle seenwense, dit word werklik opreg waardeer, mag ons nog saam mekaar baie slyp hier op die forum en waarlik soek na die waarheid in God se Woord.

Groete
Phil