PDA

View Full Version : Help asseblief Bid asseblief vir Marius



Lanie
Oct 17th 2008, 11:01 AM
Hi almal....

Ek wil groot asseblief vra dat julle saam met my vir my man sal bid. Hy het van verlede naweek af verskriklike maagkrampe. Hy kry ook so erg koors en koue koors dat hy nie mooi weet waar hy is nie. Ek sal nou nie verder op enige detail ingaan nie maar sy ingewande lyk of dit oplos. Hy was by 'n mediese sentrum in Pretoria en moes binneaars antibiotika kry. Hulle het baie toetse gedoen en hy moet nou vir 'n kolonoskopie gaan. Bid asseblief saam met my dat dit niks ernstig is nie....

Dankie.

Phil Fourie
Oct 17th 2008, 11:06 AM
Ek weet waarvan jy praat Lanie, ek het 'n vriend wat deur dieselfde gaan en dit is baie erg ek weet, nie dat ek self weet hoe dit voel nie, maar ek kan sien wat dit aan hom doen en dit is nie lekker nie.

Ek bid saam met jou vir hom ook dat die Here hom sal aanraak en ook vir die doktors vir wysheid.

David2
Oct 18th 2008, 08:14 AM
Lanie
Dankie dat jy die saak hier met ons deel. Ek dra julle in gebed aan die Here op.

simonpetra
Oct 18th 2008, 11:33 AM
Hey Lanie

Ons bid hard saam. Hou ons op hoogte asb!

paidforinfull
Oct 19th 2008, 12:39 AM
Haai Lanie - ja, ek sal ook bid. Hou ons asb. op hoogte van sake.