PDA

View Full Version : Fotos van Paraguay ens.



paidforinfull
Oct 18th 2008, 06:56 PM
Hallo julle almal:

Ek is nou glad nie 'n goeie fotograaf (soos sommige andere op hierdie forum ;)) nie, maar ek het 'n paar fotos van Paraguay, Uruguay, Argentinie en Taiwan in die albums onder my profiel geplaas. Ek sou graag nog fotos van ander plekke ook wou plaas, maar ek nie nie meer spasie daarvoor nie. Miskien sal ek die fotos so nou en dan verander :idea: .

Dus, as iemand dalk sou wou sien hoe dit in hier by ons (ens.) lyk, kyk maar gerus.

PS - Ek sien party van julle het julle 'profile page' te lieflik gemaak. Hoe op aarde het julle dit reggekry?

Geniet julle naweek.
Blessings
Belinda

Lanie
Oct 19th 2008, 05:16 AM
Hi Belinda...

Dankie vir die kykie in jou lewe in. Dis vir my baie lekker om die Lighuis mense beter te leer ken want ons is mos familie in Christus. Dit help nogal om 'n gesig by die persoonlikheid wat jy op die forum ken te kan sit. :)

As jy jou profile page wil mooi maak kliek jy net op "customize your profile" op jou profile page. Jy kan dan die kleure, die font en nog ander goed verander. Jy kan ook background images laai. Onthou net om die save changes te kliek voor jy uitgaan anders moet jy als weer oordoen! :rolleyes:

CFJ
Oct 19th 2008, 07:32 AM
Hallo julle almal:

Ek is nou glad nie 'n goeie fotograaf (soos sommige andere op hierdie forum ;)) nie, maar ek het 'n paar fotos van Paraguay, Uruguay, Argentinie en Taiwan in die albums onder my profiel geplaas. Ek sou graag nog fotos van ander plekke ook wou plaas, maar ek nie nie meer spasie daarvoor nie. Miskien sal ek die fotos so nou en dan verander :idea: .

Dus, as iemand dalk sou wou sien hoe dit in hier by ons (ens.) lyk, kyk maar gerus.

PS - Ek sien party van julle het julle 'profile page' te lieflik gemaak. Hoe op aarde het julle dit reggekry?

Geniet julle naweek.
Blessings
Belinda

Pragtige foto's Belinda, ek wou nog altyd Suid Amerika gaan sien..., net my Spaans opkikker. Olé! :rolleyes: :)

paidforinfull
Oct 19th 2008, 11:17 AM
Dankie vir die 'tips', Lanie - ek gaan definitief kyk of ek my bladsytjie ook mooi kan maak. Gaan dit nou beter met Marius?

CFJ - Suid-Amerika is amazing! Miskien kan jy eendag met jou kanoe saam met 'n groep die Amazone gaan afvaar. Daar is toergroepe wat sulke dinge doen. (Ek is nou nie een vir die muskiete en goggas nie, maar julle ouens gee nou mos nie om vir sulke dinge nie.:D)
Tatta en blessings.