PDA

View Full Version : 'Skrou-gear' of 'lag-gear' ?



protea
Oct 19th 2008, 01:05 PM
Is dit net ons vroue-geslag wat kan 'huil van die lag'? Of is daar mans ook wat so heerlik uit rat uit kan lag sodat die trane later loop ?
So 3 jr gelede het Hubby en ek tydens n Somervakansie besluit: Ons is beide so lief vir verf dat ons die huis se buitekant so bietjie n 'face-lift' wil gee. So gemaak. Ek verf met die kwas die presisie dele en Hubby verf met die roller. Ons is net so fluks besig op dag 2 toe stop so n paar jaar gelede se bure om hulle nuwe Griekse skoonseun aan ons te kom voorstel.
Maar nou moet julle eers die volgende agtergrondskennis he: Mens trek nou nie juis jou kerkklere aan as jy bo-op n steier staan en verf nie en jy dra ook nie grimmering nie en jou verfbroek en baadjie en Ampie-laphoedjie het ook 3 keer gelede se verfspatsels op... So n mode-aanwins is jy beslis nie.
Die bure moes beslis hulle skoonseun so n bietjie tou -wys gemaak het met die 'groet-maniere' van ons geweste en toe die skoonseun uitklim toe vat hy my hand en se: GOOD DAY, MY GRACIOUS LADY! Ek wat soos Ampie se sussie lyk en voel in my verfmondering....
Maar toe hulle hier wegry , gaan ek aan die lag dat ek later in 'skrou-gear' is ..:rofl::rofl::rofl:

Ta-An
Oct 19th 2008, 01:29 PM
:lol: :lol: :lol: 'skrou-gear' dis nogals 'n goeie uitdrukking....
Maar Ja, dit gebeur..... seker ook maar waar die sÍding vandaan kom: Van lekker lag kom lekker huil ;)