PDA

View Full Version : Węreldwye bedrog met geld wat nie geld is nie



David2
Oct 19th 2008, 08:25 PM
Iets oor die finansiële krisis in die VSA en Europa. Ons weet nou al wat daar gebeur het. Dit was nie God wat die mense versaak het nie, dit is die mense wat hulle totaal laat beheers het deur hulle passie vir geld. Hulle het total oorboord gegaan om op ongekontroleerde wyse geld aan mense te leen al weet hulle dat die nie sal kan betaal nie. Alles net om geld te maak en die ekonomie kunsmatig aan te blaas. In die proses het hulle ook bedrog gepleeg want die geld wat hulle uitgeleen het was nie werklik geld nie. Daar bestaan geen rugsteun vir daardie "geld" in die banke in die vorm van goud of silwer nie. Daardie "geld" is alles net verroeste en verrotte goud en silwer. Tog is daar iemand wat al duisende jare gelede geweet het van hierdie praktyk.

Kyk net wat staan in hierdie paar sinne geskryf. Dit kon netsowel uit laasweek se Wall Street Journal gekom het:

Jakobus 5:1 Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.

5:2 Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.

5:3 Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.

5:4 Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.

5:5 Julle het op die aarde 'n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op 'n slagdag.

5:6 Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.

Die Filadelfieer
Oct 20th 2008, 09:41 AM
Ek stem saam dat dit absolute gretigheid is wat hierdie krisis veroorsaak, maar wat van as daar diepere dinge agter die skerms roer ?

Hoeveel nader is ons aan 'n een-węreld ekonomie met die sogenaamde ingrypings van die onderskeie groot moontheid-regerings ? Die grootste finansiele instellings word feitlik oornag genasionaliseer, en die mense is maar al te bly dat dit gebeur !
Ek is nie 'n ou wat op hol gaan met samesweringsteorië nie, maar dit pas mynsinsiens perfek in by die voorspelde einde van dae gebeure.

David2
Oct 20th 2008, 03:23 PM
Fila
Jy is alweer reg. Dit is inderdaad die grootste rede waarom ek die draad geopen het. Ek beskou hierdie finansiele krisis as 'n besliste teken van die tyd.

Die hele storie gaan oor baasskap en sentrale beheer. Die ou mense het altyd vir ons gesę geld is die wortel van alle kwaad en miskien was hulle reg. Hoe lank is dit nou nog voor die teken in die hand en op die voorkop geplaas gaan word? Die tegnologie lę alreeds en wag.

CFJ
Oct 20th 2008, 05:16 PM
David,

Ek verstaan dat korrupsie in Suid Afrika so geweldig groot is, dat 50% van die bruto binnelandse produk, slegs aan steel en bedrog gekoppel word. Ons betaal weens bedrog en korrupsie tot 3 keer meer belasting en dit kring uit na bykans alles wat geld aan gekoppel kan word.

Philip dT
Oct 20th 2008, 05:52 PM
Die totale bankwese węreldwyd is op die beginsel gegrond dat jy slegs 10% van die bates hoef te besit van die totale hoeveelheid wat jy uitleen. 90% wat jy as bank uitleen, leen jy by iem anders, en hy leen weer by iem anders.

Dit is eintlik al lankal so, die pawpaw begin maar net nou die fan strike. En ek stem saam, dit gaan oor totale beheer. Die regering(s) van die węreld soek totale beheer oor jou lewe.

CFJ
Oct 20th 2008, 06:12 PM
Die totale bankwese węreldwyd is op die beginsel gegrond dat jy slegs 10% van die bates hoef te besit van die totale hoeveelheid wat jy uitleen. 90% wat jy as bank uitleen, leen jy by iem anders, en hy leen weer by iem anders.

Dit is eintlik al lankal so, die pawpaw begin maar net nou die fan strike. En ek stem saam, dit gaan oor totale beheer. Die regering van die węreld soek totale beheer oor jou lewe.

Hmmm, Philip, jy wil nie dalk vir my 'n R100 000 leen nie, jy kan mos weer by jou oom gaan leen man... :D

David2
Oct 20th 2008, 07:02 PM
Ek dink mens kan die storie nog 'n ent verder vat. Die finansiele krisis in die węreld dui op die geldmag se oorname van die węreld. Big brother gaan elke mens se lewe beheer. Hulle wil die węreld en elke individu se bestemming bepaal. Maar nou my groot probleem. Onder ons wat Christene is: Is daar nie te veel van ons wat ons daarvoor oopgestel het dat geld ons baas sal wees nie? As geld my baas is dan sien my kinders dit. Hulle kom agter wat my oë die maklikste laat blink. As geld my baas is, is ek gevaarlik aan die kant van die mense wie se bestemming deur die heersers van hierdie węreld bepaal sal word.

Rom. 6:16
julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie

Wie gaan vir ons 'n preek maak oor hierdie woorde van Rom. 6:16? "Wie is meester van jou eindbestemming?"

Roelof
Oct 21st 2008, 08:08 AM
Hoeveel nader is ons aan 'n een-węreld ekonomie met die sogenaamde ingrypings van die onderskeie groot moontheid-regerings ? Die grootste finansiele instellings word feitlik oornag genasionaliseer, en die mense is maar al te bly dat dit gebeur !
Ek is nie 'n ou wat op hol gaan met samesweringsteorië nie, maar dit pas mynsinsiens perfek in by die voorspelde einde van dae gebeure.

Fila

My eie navorsing steun jou 100%

protea
Oct 21st 2008, 02:51 PM
węrel
Ek dink mens kan die storie nog 'n ent verder vat. Die finansiele krisis in die węreld dui op die geldmag se oorname van die d. Big brother gaan elke mens se lewe beheer. Hulle wil die węreld en elke individu se bestemming bepaal. Maar nou my groot probleem. Onder ons wat Christene is: Is daar nie te veel van ons wat ons daarvoor oopgestel het dat geld ons baas sal wees nie? As geld my baas is dan sien my kinders dit. Hulle kom agter wat my oë die maklikste laat blink. As geld my baas is, is ek gevaarlik aan die kant van die mense wie se bestemming deur die heersers van hierdie węreld bepaal sal word.

Rom. 6:16

Wie gaan vir ons 'n preek maak oor hierdie woorde van Rom. 6:16? "Wie is meester van jou eindbestemming?"

David , kan ek die naam Big Brother vervang met die Illuminatie wat op die ou end beheer wil uitoefen oor jou hele menswees? Deur dit te bereik wil hulle die wereld se ekonomie beheer, die wereldpolitiek, een godsdiens ens . Die wereld media beheer hulle reeds in n groot mate , so hulle wil jou tot in jou denke , jou emosies , jou wilsbesluite manipuleer totdat jy dink soos hulle , voel soos hulle en dan besluite neem wat jou duur te staan gaan kom.:cry: Net Jesus kan ons wereld red van hierdie geldhonger, magshonger en honger na beheer (control ) van andere. Mag ons ons oe op Jesus hou , die Meester van ons eindbestemming!

mari
Oct 23rd 2008, 10:38 AM
......... Die ou mense het altyd vir ons gesę geld is die wortel van alle kwaad en miskien was hulle reg.........


David.... die Skrif se dit ::eek:

1 Tim 6 :10 Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Engels : the love of money is the root of all evil .....


........ so eintlik is die nie geld self wat die kwaad bewortel nie, maar gierigheid ( LOVE of money ) .........

:hmm: m