PDA

View Full Version : Die beste geskenk van jou pa aan jou as dogter.



protea
Oct 29th 2008, 05:40 PM
Wat is die beste geskenk wat n pa aan sy dogter kan gee?
Gister toe ons jongste dogter ook haar bestuurderslisensie gekry het, het dit my weer laat terugdink aan die dag toe ek myne gekry het. Ek is nie naastenby so deeglik getoets soos sis nie en het net op en af gery en toe myne gekry. (Daarom dat parrallelparkering vandag nog nie my sterk punt is nie!) Sis was gisteroggend 3 keer in trane van spanning en dit was vir haar BAIE erger as die Matriekeksamen wat voorle.
Nietemin bly dit vir my een van die lekkerste geskenke om n dogter vir die lewe voor te berei. Ons ken n ou tannie wat nooit haar lisensie gekry het nie en nou toe haar man oorlede is , was sy letterlik gestrand en van ander afhanklik. n Bestuurderslisensie gee mens darem so n heerlike onafhanklikheid.
Wat was jou as vrou se lekkerste geskenk van jou pa?

Lanie
Oct 29th 2008, 08:13 PM
Ai, hier krap jy nou 'n kokkerotnes vir my oop, :cry: maar ek sou sÍ dat die lekkerste geskenk wat ek by my (meestal afwesige) pa gekry het, niks tasbaars was nie, maar die tye wat hy wel tyd net vir my gemaak het en saam met my spandeer het. Ek dink met baie emosie terug aan take wat hy saam met my gemaak het wat hy meer geniet het as ek. Ook die verskriklike lekker gesinsvakansies waarmee hy ons bederf het.

Ta-An
Oct 29th 2008, 08:37 PM
.....maar ek sou sÍ dat die lekkerste geskenk wat ek by my (meestal afwesige) pa gekry het, niks tasbaars was nie, maar die tye wat hy wel tyd net vir my gemaak het en saam met my spandeer het.
Hier stem ek met jou saam, finasieel was ons nie wel-af nie..... vier kinders in die huis, met 'n ouma wat inbly...... so, my ma het die sente moes omdraai en fyn beplanning doen ......

....Maar die grootste geskenk wat my Pa my gegee het, was om by elke hokkie wedstryd en elke atletiek byeenkoms te wees, hy het geweet presies hoe vÍr ek die skyfwerp geooi het, wat my posisie was, hoeveel doele ek aan geteken het by hokkie....... My Pa was daar, elke Saterdag wat die atletiek by ons skool was, as dit by ander skool was, het hy gesorg dat hy by die bus was wanneer ons terugkom.....

Ons het ook Vrydag aande by die skool gefliek.... en sommer huis toe geloop, ons het net 'n blok van die skool af gebly,,, en wanneer ons by die hek uitgekom het, kon ons al my Pa sien staan voor die huis om vir ons te wag. :pp

My Pa het my aangespoor om Engels te praat, elke Woesdag was Engelse -dag in ons huis, hy het Woesdae halfdag gewerk..... so dit was maar 'n stil dag in ons huis,,, maar hy het altyd kom geselskap soek :lol: en toe trou ek met 'n engels-man

My Pa se liefde en omgee was sy grootste geskenk aan my :pp
(Ek was sy witbroodjie) :pp oorlat ek die mirrel-kind was het hy meer aandag aan my spandeer.......

paidforinfull
Oct 30th 2008, 10:42 PM
Wat was jou as vrou se lekkerste geskenk van jou pa?

My ouers het geskei toe ek 10 was, en my ma het gou-gou weer getrou. Haar tweede man was waaragtig 'n probleem-geval, en die uiteinde van die saak was dat ek toe by my pa gaan bly het.

Ag, al wat ek kan se is dat ek 'n wonderlike pa het. Baie wys, geduldig, vol energie, ens. Seker die dat ek vandag so 'n positiewe beeld van God as Vader het.

Ek glo dat die beste geskenk wat ek ooit van my pa gekry het juis dit was: 'n goeie Vadersbeeld. (Ek het hom juis so 'n rukkie terug gebel en spesiaal daarvoor bedank. Hy was nogal uit die veld geslaan - het nooit so daaraan gedink nie.)
Prys die Here vir goeie pappas! :pp

Ta-An
Oct 31st 2008, 07:13 PM
.... Seker die dat ek vandag so 'n positiewe beeld van God as Vader het.

Ek glo dat die beste geskenk wat ek ooit van my pa gekry het juis dit was: 'n goeie Vadersbeeld.
Weet jy, dit is waar....

Ek was onlangs op 'n vroue kamp, en 'n Predikant het my kom sit en gesels,,,, en uitgevra na oor hoe ek G_d die Vader sien,,,,,, hy was skoon uit die veld geslaan .... want hy het al 'n "pet-antwoord" vir vroue met 'n swak Vader beeld.... en toe hy my aanhoor, sÍ hy net, "...nou het jy die wind uit my seile uit, want dit is nie elke dag dat mens 'n vrou raakloop met 'n goeie Vader-beeld nie".

Ek was mal oor my Pa :pp

protea
Nov 3rd 2008, 04:33 PM
Vir enige kind , dogter of seun, is naskoolse opleiding werklik vir my n erfporsie 'wat mot en roes nie kan verniel nie'! Dit is vir my vanselfsprekend van die wonderlikste geskenke wat n ouer sy kind kan gee.
Toe ons 3 dogters nog klein dogterTJIES was het my pa eendag op n besoek aan ons vir my n nebuliseerder (hy werk met krag) gebring wat hy deur my broer (n dokter ) by n farmaseutiese maatskappy gekoop het. En kan jy jou die waarde van so n geskenk indink in n gesin waar die ma en 2 van die drie dogtertjies aan asma gely het op daardie stadium!!! Op daardie stadium het ek in my 'plaasapteek' 5 soorte 'borsoopskietertjies' gehad en ek kon in n krisis rustig alles wat n hospitaal vir my kind of myself kon bied, by die huis doen . Daar word nie ore deur die nek in dorp toe gejaag met n benoude kind nie. En dit was baie keer nodig om dit te gebruik en dan het ek die volgende dag vir Oups gebel en weereens dankie gese.
Dankie Vader vir sulke dierbare aardse vaders wat U aan ons mensekinders geskenk het.:pray: