PDA

View Full Version : Inligting Die A-Z van Openbaring



Lanie
Oct 30th 2008, 09:31 AM
Hi almal!

Ek wil al 'n geruime tyd die boek Openbaring aanpak, maar was om eerlik te wees nog net te lui :blush: want dit lyk vir my nog altyd vreeslik ingewikkeld. Ek het nou 'n boek ontdek (het hom nog nie gekoop nie), Die A-Z van Openbaring van Jan du Rand. Die boek lyk baie interresant en lyk of dit 'n breedvoerige studie van Openbaring is. Ek wil graag weet of enige iemand al die boek gelees het en dit kan aanbeveel, of ten minste die skrywer ken en hom kan aanbeveel.

Groete :spin:

Gene
Oct 30th 2008, 11:12 AM
Hi Lanie

Ek wil jou nie ontmoedig nie, ek het self 'n aantal jare gelede Openbaring bestudeer. Maar weet jy, ek het een ding daaruit wys geword. Jy kan 30 boeke oor Openbaring gaan lees, en jy gaan 30 verskillende interpretasies kry. Elke ou dink hy het die waarheid agter die boek ontdek, maar aan die einde van die dag verstaan niemand dit werklik ten volle nie. Daarom al die verskillende sieninge.

Ek glo dat Openbaring nie geskryf is sodat ons in detail vooraf moet weet wat en hoe alles gaan gebeur nie. Die Bybel is tog nie 'n ingewikkelde Boek nie en dis ook vir eenvoudiges geskryf. Ek dink Openbaring is slegs geskryf, sodat ons dinge kan herken wanneer dit gebeur, en sodat ons op ons hoede kan wees. Maar dit is en bly 'n geweldige interressante boek, veral as mens bietjie dieper begin krap.

Sterkte met jou studie. (Jammer, ek ken nie die boek waarvan jy melding maak nie)

Die Filadelfieer
Oct 30th 2008, 11:51 AM
Ek het vinnig geloer na die boek en besluit om dit nie te koop nie. Dit wil vir my voorkom asof die skrywer meer na die liberale-teologie kant toe oorhel.... daardie teologie wat die bestaan van die duiwel ontken ensovoorts. Vir 'n briljante studie oor openbaring, kyk gerus na Johan Malan se werk wat hier (http://www.bibleguidance.co.za/) gelees kan word.

Phil Fourie
Oct 30th 2008, 02:07 PM
Lanie

Ek gaan saam met Fila stem hier en vir jou Die Dag van die Here deur Prof Johan Malan aanbeveel, hy is werklik een van die ouens wat gereken word as 'n kenner op die gebied van die eskatelogie.

As jy wil, sal ek vir jou 'n gratis kopie van hierdie boek stuur ;)

Groete
Phil

Lanie
Oct 30th 2008, 02:11 PM
Sjoe, dit sal baie gaaf wees. Dalk kan ek my man vra om dit sommer by jou af te haal, dan is dit nie nodig vir posgeld nie. :hug:

Roelof
Oct 30th 2008, 03:46 PM
Hi almal!

Die A-Z van Openbaring van Jan du Rand. Die boek lyk baie interresant en lyk of dit 'n breedvoerige studie van Openbaring is.

Lanie

Ek het reeds 'n Engelse boek oor Openbaring voltooi en het reeds die genoemde boek se eerste 200 bladsye gelees. Dit is baie deeglik nagevors en lees baie lekker. Van liberale teologie kon ek sover nog niks optel nie. Lees gerus verskeie boek oor Openbaringe, dis die mees interessante Bybelboek van almal !!!

Lanie
Oct 30th 2008, 05:21 PM
Lanie

Ek het reeds 'n Engelse boek oor Openbaring voltooi en het reeds die genoemde boek se eerste 200 bladsye gelees. Dit is baie deeglik nagevors en lees baie lekker. Van liberale teologie kon ek sover nog niks optel nie. Lees gerus verskeie boek oor Openbaringe, dis die mees interessante Bybelboek van almal !!!

Dankie Roelof. Ek is deesdae maar versigtig om sommer enige ou se boeke te lees omdat ek besef het ek is nog nie fyn genoeg ingestel om die baie keer subtiele dwalinge op te tel nie. Dis hoekom ek maar rondvra voor ek christelike leesstof aanskaf. VroeŽr het ek net links en regs gekoop want ek is so lief/verslaaf/behep met boeke dat dit grens aan 'n obsessie! :lol:

David2
Oct 30th 2008, 06:56 PM
Lanie
Dit kom maar weer terug op die ou verskil tussen Chiliasme en anti-Chiliasme. Prof. Malan se boek in Chiliasties, maw hy glo (en ek ook) dat die koninkryk wat in die Ou Testament aan Israel beloof is, letterlik verstaan moet word soos dit in die Bybel beskryf is en dat die koninkryk na die wederkoms ingestel sal word.

Let op dat volgens die profesie in die OT is daar nie regtig 'n onderskeid gemaak word tussen die eerste koms en die wederkoms van Christus nie. Eintlik word daar maar net in die OT gesÍ dat die Messias gaan kom, dat Hy Israel se vyande gaan verslaan en dat Hy 'n groot koninkryk vir Israel sal instel met Jerusalem as middelpunt. Die OT kon nie onderskei tussen die eerste koms en die tweede koms nie, want dit sou impliseer dat die OT ook Israel se verwerping van die Messias moes profeteer. Dit kon die OT nie doen nie. Ek meen, jy kan tog nie iets so groots soos die Jerusalem-koninkryk vir 'n volk aanbied en dan ter self der tyd vir hulle sÍ julle gaan dit in elk geval nie aanvaar nie, julle gaan die Messias verwerp, en daarom gaan Hy weer weg om 2000 jaar later weer terug te kom en dan eers weer die koninkryk aan te bied. Nee, dit staan nie alles in die OT nie, en daarom het die Jode tereg verwag dat Jesus die koninkryk by sy eerste koms sou kom instel. Maar Hy kon nie. Israel het Hom verwerp.

Toe kom die boek Openbaring en beskryf meer oor die profesie as wat die OT gesÍ het. Openbaring beskryf in detail die tyd van groot verdrukking op aarde wat sal kom om Israel te beproef en hulle op hulle knieŽ te bring sodat hulle diť keer wel die Messias by sy tweede koms sal aanvaar. Daarna kom die wederkoms (Openbaring 19) en daarna die duisendjarige vrederyk (na die wederkoms) in Openbaring 20. Dit is wat jy in Prof Malan se boek te wagte kan wees.

Maar in Jan du Randt se boek is dit suiwer anti-Chiliasme. Hy glo dat die koninkryk nou in ons tyd al reeds voor die wederkoms ingestel is. Dit is in ooreenstemming met die algemene Gereformeerde siening dat die koninkryk by die hemelvaart begin het. Nou ja, ons weet dat die koninkryk soos hy in die OT beskryf is, hoegenaamd nie vandag bestaan nie, en daarom "vergeestelik" die gereformeerde teoloŽ al die voorspellings van die koninkryk. Vir hulle is dit nie iets fisies wat hier op aarde gaan gebeur nie en die werklike Jerusalem het vir hulle ook niks met die storie uit te waai nie. Vir hulle is Jerusalem maar net een van die stede van die wÍreld an of Israel nou in Jerusalem herstel word of nie, maak vir hulle nie saak nie en het ook vir hulle niks met die Bybel te doen nie.

Die uiteindelike effek van hierdie benadering van "vergeesteliking" is dat daar eintlik ook nie so iets soos tekens van die tye is nie. Hulle sien bv. geen "teken" in die herstel van die volk Israel nie. Dit is wat my betref baie baie tragies want so word 'n geweldige groot massa van profesie effektief uit die Bybel uit weggeneem. Verder het die benadering die effek dat daar bitter min van 'n "toekomsverwagting" vir Christene oorbly. Hulle verwag nie die wegraping nie, nie die herstel van Israel nie, nie die instelling van die koninkryk by die wederkoms nie ens. Eintlik verwag hulle maar bitter min, en dit wat hulle wel verwag is vaag en onverstaanbaar.

Daarom beveel ek uit my benadering aan dat jy 'n boek soos die een van Prof. Malan sal vat wat wel die Bybel reguit lees soos wat hy daar staan. Ons noem dit grammaties-historiese interpretasie. Ons verstaan die Bybel in die lig van die presiese historiese ontwikkeling wel plaasgevind het en ook in die lig van die werklike grammatiese samestelling van die teks.

Goed, hier mag wel andere op die forum wees wat die Gereformeerde benadering tot Openbaring sal voorstaan. Jy moet maar self besluit.


David

Willem
Oct 30th 2008, 09:07 PM
Dankie David,

nou verstaan ek hoekom ek nie lekker by was toe hy by ons gepreek het so paar weke terug nie. Dit het so half sin gemaak, maar die Bybel maak mos hellemal sin en nie net halfpad nie?

Is openbaring nie ook die boek wat se dat jy geseen sal wees as jy dit lees nie?

Phil Fourie
Oct 31st 2008, 06:07 AM
Sjoe, dit sal baie gaaf wees. Dalk kan ek my man vra om dit sommer by jou af te haal, dan is dit nie nodig vir posgeld nie. :hug:

Ek sal een vir jou kry, dan laat weet ek jou wanneer hy dit kan optel ;)

Die Filadelfieer
Oct 31st 2008, 06:44 AM
Uitstekende pos David.
Lanie,
Jy sal agterkom met die lees van Malan en selfs 'n paar ander boeke dat Openbaring beter verstaan word as dit saam met Daniel en selfs Jesaja betrag word. Sterkte met jou studie, en mag jy die sŽen ontvang wat in die openingskrywe van Openbaring beskryf word :



Op 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.


Hou ook in gedagte waar hierdie boek vandaan kom :



Op 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,



Laat ons weet hoe dit gaan !

Son of the South
Nov 2nd 2008, 06:07 AM
Ek vind dit ook nuttig om ander skrifgedeeltes wat oor die eindtye handel saam met Openbaring te lees. Die geheim is om die Bybel te gebruik om die Bybel te verklaar en nie inlegkunde te doen waar jy jou eie insigte gebruik om die Bybel te interpreteer nie.

Byvoorbeeld: Ek het altyd gesukkel met al die snaakse gediertes en kon geen sin daaruit maak nie. As jy in Daniel lees van die beeld met die goue kop, dan word dit vir jou in die Bybel self uitgelÍ. Tot Daniel het self ook nie altyd verstaan wat die dinge beteken nie, dan het hy gevra en het hy sy antwoord gekry. Daniel was in die Babiloniese era (goue kop) en het vooruit gekyk. Johannes was in die Romeinse era (bene van yster) en kon dus terugkyk en dan vorentoe ook kyk. As jy Daniel gelees het en jy lees dan die dele in Openbaring oor die diere, dan sal jy sommer dadelik daardie aha gevoel kry en besef dit is ander beelde wat dieselfde beginsel uitbeeld

Hooflesse vir my: 1) God het van die begin af die einde geweet. 2) Satan en sy trawante (Illuminatie, Vrymesselaars, whatever) probeer nog altyd die wereld MANUPILEER (en kry dit seker tot 'n groot 'n groot mate reg), maar God is nog al die tyd IN BEHEER! :pp 3) Die Jode het 'n koning verwag wat op die wit perd sou kom om sy koninkryk te kom vestig en die Romeinse juk af te gooi. Toe kom Hy as die verlosser op die donkie. Met sy wederkoms verwag almal die verlosser op die donkie wat sal sÍ: "Vrede, vrede.", maar Hy kom as die koning op die Wit perd om sy vyande te verbrysel. As jy dit snap, dan is jy geÔmmuniseer teen die Antichris en as hulle sÍ "Hier is Hy, of daar." , sal jy weet dit is nie Hy nie. Ons wag dat Hy ons kom haal!


Dit is vir my uiters hartseer dat Openbaring deur sekere mense vermy word soos die pes. Dit is dan alles goeie nuus! Definitief die moeite werd om bestudeer te word; dit sal vir jou soos Openbaring self belowe 'n groot sŽen wees.

protea
Nov 3rd 2008, 11:06 AM
Baie dankie David vir jou glashelder onderskeid tussen die 2 soorte interpretasies van die Bybel en Openbaring meer spesifiek. Ek kan ook nie verstaan (plasing van Son of the South?) dat predikante nie meer daaroor preek nie ,want dit is soos SOTS genoem het so n boodskap van HOOP en dis presies wat ons wereld so n behoefte aan het!
Ek het die afgelope 3 jr vir Openbaring 4 keer deur gewerk by verskillende Bybelstudiegroepe en wel uit Die ontsluiting van die Toekoms deur pastoor Raymond Lombard. Ken julle dit? Lombard het n gemeente in Parow en die boek kan bestel word by tel no Parow 021 939 1898. Dis n teks vir teks verklaring en het my ook n baie goeie geheelbeeld van Openbaring gegee. Bv van hfst. 6 tot 19 het ons te doen met die Groot Verdrukking. Voor dit het ons die kerkdispensasie en die laaste hoofstukke het dan te doen met die Nuwe Jerusalem en die Nuwe Aarde.
Die erg Gereformeerdes sal nie die boek geniet nie , want daar word onder meer oor die Wegraping gepraat, wat nie eers genoem of erken word in ons plaaslike NGK nie. Vir my persoonlik het die boek veroorsaak dat ek Openbaring van die rak met die etiket: Onverstaanbare leesstof ! kon verwyder ;)

Phil Fourie
Nov 3rd 2008, 01:31 PM
Die erg Gereformeerdes sal nie die boek geniet nie , want daar word onder meer oor die Wegraping gepraat, wat nie eers genoem of erken word in ons plaaslike NGK nie.

Ek sal eintlik net graag hier wil se dat die wegraping, die 1,000 jarige vrederyk, alles Chiliasties eintllik erg gereformeerd is, om die waarheid te se, dit is wat gereformeerdheid was voor die 1940's toe die NGK die leer van Chiliasme verwerp het. Daarvandaan kom die Nuwe Protestante Kerk, vandag bekend as die Evangelies Gereformeerde Kerk, waarvan ek lidmaat is en ek kan jou verseker, meer gereformeerd as ons fundamentaliste sal jy nie kry nie :lol:

As ek so luister na wat jy hier se Protea, dan klink dit vir my na 'n baie goeie boek, een wat ek baie sal geniet, ek sal bietjie meer studie aangaande die boek gaan doen. Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het :hug:

Groete
Phil

protea
Nov 3rd 2008, 04:08 PM
Phil, hierdie boek is heeltemal in lyn met wat Dr Soon Zevenster en Ds Prinsloo van die Evangelies Gereformeerde Kerk by 2 inligtingsweke so 4 jr uitmekaar te vertelle gehad het tydens n reeks Wederkomsdienste. Dit was my eerste kennismaking as NG lid met inligting oor die Wederkoms op hierdie vlak en dit was vir my UITERS interessant. Dit het my laat wonder hoekom ons so min Openbaring/ Wederkoms-dienste hoor in ons eie denominasie. Ek wil nie eers begin bespiegel oor moontlike redes nie! Maar hulle het verseker ou 'Nassie-naskierag' se dringendste vrae beantwoord.:hug:

Phil Fourie
Nov 4th 2008, 06:25 AM
Hi Protea

Skies, dit gaan nou weer klink asof ek probeer my kerk adverteer hier, dit is glad nie wat ek doen nie, verskoon tog maar.

Jy sal oplet dat die EGK van die vernaamste leeraars het in eskatelogie, hier praat ons van manne in die lyn van Prof Hennie Prinsloo en dies meer, mense wat waarlik erns maak met Openbaring (die hele Woord natuurlik), eindtye ens. Ek se vir jou met 'n geruste hart, jy kan gerus na hierdie manne luister, hulle maak nie sommer net stories op soos hulle gaan nie, hulle doen diepe studie in die Woord.

Groete
Phil

David2
Nov 4th 2008, 03:27 PM
Wie wil gou in 10 preke deur Openbaring werk (luister)? Dis ongelukkig in Engels maar dit is suiwer Skrifgetrou en fundamenteel.

Kliek op die link hieronder, gaan dan na "Sermons" en kyk dan vir die "Omega code" preke no. 1 - 10. Daar is in die lys ook Afrikaanse preke maar hierdie oor Openbaring is sover nog net in Engels.

http://www.stmarks.org.za/

protea
Nov 4th 2008, 04:51 PM
Hi Protea

Skies, dit gaan nou weer klink asof ek probeer my kerk adverteer hier, dit is glad nie wat ek doen nie, verskoon tog maar.

Jy sal oplet dat die EGK van die vernaamste leeraars het in eskatelogie, hier praat ons van manne in die lyn van Prof Hennie Prinsloo en dies meer, mense wat waarlik erns maak met Openbaring (die hele Woord natuurlik), eindtye ens. Ek se vir jou met 'n geruste hart, jy kan gerus na hierdie manne luister, hulle maak nie sommer net stories op soos hulle gaan nie, hulle doen diepe studie in die Woord.

Groete
Phil

Hi Phil,
Die feit dat jy so opgewonde is oor jou kerk spreek boekdele ! Dit vertel vir ons dat jy geestelik na wense gevoed word en wat bevredig n mens meer as dat die WAARHEID gepredik word. Ek is so dankbaar dat daar nog sulke kerke is oor wie se boodskap mens kan 'brag'... Doet zo voort Vriend!