PDA

View Full Version : Naaste



Sonia Smit
Oct 31st 2008, 11:07 AM
Hi Outjies! :hug:

Mat 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod.
Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefh soos jouself.
Mat 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Volgens die gedeelte s Jesus vir die wetgeleerde dat jy jou naaste moet liefh soos jouself. Wie sou julle s is die naaste van wie Jesus praat?

simonpetra
Oct 31st 2008, 12:51 PM
Elke wese wat die vermoe het om vir Jesus of teen Jesus te kies. Plain and simple. Dit sluit die hele mensdom in.

Gene
Oct 31st 2008, 12:53 PM
As mens die gedeelte verder lees, dan sien ons dat hulle vir Jesus ook die vraag gevra het, wie is dan ons naaste? En toe vertel Jesus die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. Samaritane was mense met wie die Jode glad nie gemeng het nie, en op wie hulle neergesien het. Tog was dit die Samaritaan wat die beseerde man gehelp het terwyl sy eie mense anderpad gekyk het.

Die boodskap is duidelik. Almal wat op ons pad kom, is ons naaste!

Phil Fourie
Oct 31st 2008, 01:35 PM
Die boodskap is duidelik. Almal wat op ons pad kom, is ons naaste!

Ek het lank gedink hoe ek die vraag se antwoord gaan formuleer, maar hier het Eugene dit sommer vir my gedoen. Niks meer nie, niks minder nie:agree: