PDA

View Full Version : Benodig raad As dit jy was, sou jy??



Ta-An
Nov 1st 2008, 07:38 PM
Ek is uitgenooi om 'n dans-bediening in 'n Anglikaanse kerk te gaan doen....
...maar daar is 'n beeld aan 'n kruis daar binne die kerk, en ek voel ongemaklik.... het ek rede om so te voel?? :hmm:

Wat is die verskil tussen Anglikaans en Rooms Katoliek??

:hmm: :hmm: :hmm: :hmm: :hmm: :hmm: :hmm:

David2
Nov 2nd 2008, 05:11 AM
Anneke
Daar is baie geloofstradisies in die Anglikaanse kerk. Jy kry van evangelies tot Katoliek en van charismaties tot ortodoks.

Wat die beeld betref sal ek my nie veel steur nie. Natuurlik glo ek nie aan beelde nie, maar ek sal in enige plek optree waar ek gevra word, selfs by die Katolieke en die Mormone. As ek maar net die kans kry om 'n getuienis van die waarheid te lewer. Al word jy nie gevra om te preek nie, gaan jy tog sekerlik die kans kry om hier en daar te praat.

Ta-An
Nov 2nd 2008, 05:47 PM
Ek het 'n maand terug vir die eerste keer in my lewe in 'n kerk ingeloop wat 'n beeld aan 'n kruis het,,,, en dit was baie 'eerie'.... die mense buig voor die beeld aan die begin van die gang..... solank hulle nie van my verwag om dit te doen nie :o

David2
Nov 2nd 2008, 07:33 PM
Ja, jy is reg. Ons is nie gewoond aan daai soort van dinge nie en ons het ook gebooie teen die aanbidding van beelde. Tog is daar nie 'n wet daarteen om in 'n plek in te gaan waar ander mense voor beelde buig nie. Veral nie as die doel waarom jy daar ingaan nie is om hulle gebruike goed te keur nie, maar om eerder 'n getuienis van die waarheid uit te dra.

Prophet Daniel
Nov 2nd 2008, 07:49 PM
Paulus se dat jy kan tot vleis eet wat aan 'n afgod ge-offer is. Hy maar as iemand wat 'n swak gewete het vjou sien sondig jy teenoor daai een met die swak gewete.

Dus is dit net sonde as jy iemand laat struikel wat jy in afgodery inlei. Ek persoonlik glo dat daar niks mee fout is nie maar het 'n hekel in iemand wat my wil oortuig dat dis hoe 'n kruis moet lyk. My vryheid om te glo hoe ek dit sien word dan ingeperk! 1Cor8:10:P

Ta-An
Nov 2nd 2008, 08:26 PM
Welkom Daniel.....

Ja,,,,, om 'n aanbiddings dans te doen voor die kruis met die beeld op..... :hmm: :hmm: :hmm: :hmm: :hmm: :hmm: :hmm: :hmm: :hmm:

David2
Nov 3rd 2008, 04:22 AM
Anneke
Ek moet erken, as jy dit so stel begin dit al hoe moeiliker te klink ... Moenie worry oor die beeld en die kruis nie. Dit is niks. Dink net aan jou getuienis. As jy reken dat die mense dit gaan sien assou jy ook voor die beeld aanbid, dan raak dit 'n probleem. Miskien moet mens dan vir die mense sÍ "ek dans nie voor 'n beeld nie" en luister wat hulle reaksie daarop is????

Gene
Nov 3rd 2008, 11:53 AM
Ek stem saam met al die antwoorde op hierdie draad. Maar ek kan nie help om te wonder nie......waarom voel jy onrustig? Is dit nie dalk die Heilige Gees wat jou onrustig maak nie? My motto is, as mens nie volkome vrede het nie, bly liewer weg.

paidforinfull
Nov 3rd 2008, 04:43 PM
Haai - ja-nee, dis nou 'n moeilike vraag hierdie.

Sou ek dit doen? Jong, ek weet nie. Ek dink gebed is hier nodig. Gene het heeltemal reg deur voor te stel dat die Heilige Gees jou dalk ongemaklik laat voel.

Aan die een kant word ons geroep om 'n lig in die donker te skyn, en aan die ander kant wil mens nie voor afgode-beelde vir die Here dans nie (dis nou eintlik waarop dit neerkom hier).

Sjoe - jammer om so onhulpvaardig te wees, maar ek dink jy moet maar hieroor bid en kyk hoe die Here jou lei.

Prophet Daniel
Nov 3rd 2008, 06:41 PM
Dawid het voor die ark gedans. Die ark het gestaan waar afgode was die afgode het toe om geval...

Die ark is nou in jou 2Kor13:5. Die ware versoendeksel en die ware bloed wat besprinkel is. Die lig van die wereld. Lig verdryf duister.

Maar nog steed ons het hier te doen met wat jy voel die Here in jou hart spreek! :)

Groete

LienQ
Nov 3rd 2008, 06:53 PM
Sterkte Anneke, hoop jy kry jou antwoord!

Ta-An
Nov 7th 2008, 08:30 PM
:pp :idea: Die HERE is getrou!!!!! :idea: :pp


Die byeenkoms is na die saal geskuif..... nie meer in die kerk nie!!! :pp :pp :pp :pp :pp :pp:pp

paidforinfull
Nov 7th 2008, 11:18 PM
:pp :idea: Die HERE is getrou!!!!! :idea: :pp


Die byeenkoms is na die saal geskuif..... nie meer in die kerk nie!!! :pp :pp :pp :pp :pp :pp:pp


Aai man, daar het jy dit nou! Dit is net die Here wat dit gedoen het. Prys Sy Naam!!!!!

:pp:pp:pp