PDA

View Full Version : Help asb.



LienQ
Nov 3rd 2008, 06:48 PM
Wat is die verskil tussen Metodes en Tegnieke? ( in berading)

Ta-An
Nov 5th 2008, 07:17 PM
Nou suig ek so uit my vinger uit....
Metode: Soos uiteengesit op papier
Tegniek, the praktiese toepassing daarvan

:hmm:

Gene
Nov 6th 2008, 08:03 AM
Net soos ACCM, raai ek ook maar. Ek is nie seker wat die verskil is in terme van berading nie. Maar ek sou se metotes is die verskillende wyses (maniere) waarop berading gedoen word, terwyl tegnieke verwys na die "truuks" (kan nie 'n beter woord vind nie) wat gebruik word. Christelike of sielkundige berading is voorbeelde van die metodes, maar in elke vorm van berading, (of metode) is daar sekere tegnieke wat gebruik word om die berading meer effektief te maak.

Ek weet nie...maak dit sin?

CFJ
Nov 6th 2008, 08:35 AM
Wat is die verskil tussen Metodes en Tegnieke? ( in berading)


Hi LienQ,

Ek wonder of dit nie op presies dieselfde beginsel sou neerkom, as die P & M (prosedure en metode) in die besigheidswęreld nie?

Die prosedure is wat jy doen en die metode is hoe jy dit doen. Die prosedure is 'n spesifieke tegniek wat gebruik word en die metode is hoe jy die tegniek gebruik.

Antonvs
Nov 7th 2008, 06:09 AM
Ek weet nie maar ek sal graag wil weet watter Stroom van berading jy
gebruik: Neotheties of Bybelse Berading of Eklektiese Berading (Kombinasie van Christelike Berading en Sielkunde) of dalk Sielkunde.

Elimelek
Nov 13th 2008, 09:56 PM
Beste LienQ

Ek dink 'n metode is jou aanslag, byvoorbeeld narratiewe berading. Binne 'n metode kan 'n verskeidenheid tegnieke gebruik word. Vir alle metodes is aktiewe luistertegnieke byvoorbeeld onontbeerlik.

Hoop dit maak sin.

Vriendelike groete

;)

Elimelek