PDA

View Full Version : Die gemis...



LienQ
Nov 3rd 2008, 07:04 PM
na my boetie wat in Februarie 2008 dood is, hou net nie op nie. Partydae gaan dit heel goed en dink ek nie eers aan hom nie. Maar ander dae is die herinneringe, die verlang en die gemis net so groot dat dit sommer regtig pyn.

Ek wou maar net met iemand deel dat ek verlang. :cry:

Dankie, nou voel ek sommer beter.

Ta-An
Nov 3rd 2008, 07:27 PM
Nolene, :hug:
Ek weet waarvan jy praat, ek het my sussie, 3 jaar jonger as ek, op die ouderdom van 21 jaar aan die dood afgestaan...... die herinneringe bly daar... :hug: die verlang ook... maar die pyn, daaraan kom die Heilige Gees Sy olie van genesing smeer, :hug:

LienQ
Nov 4th 2008, 10:46 AM
Dankie vir die :hug: !

MercyChild
Nov 6th 2008, 09:10 AM
Dit is so ongelooflik seer om iemand waardevol te verloor en ek is van die opinie dat dit maar moeilik is om kosbare juwele te vervang.

Ek het my ma en boetie afgestaan aan die dood. Beide is op die aakligste manier vermoor. Ek het baie male vir God gevra waarom dit moes gebeur het.

Nadat ek baie hard daaraan gedink het, kon ek myself darem maar troos. Want jy sien hulle is in sulke veilige arms by Jesus. Ek dink nie hulle wil plekke verruil nie.

Sommige mense trap maar net ongelooflike diep spore in 'n mens se lewe, en in Psalms skryf David, dat God self ons harte sal herstel.

Mag God dan in hierdie dag jou gebroke hart verbind, en self die trane affvee. En die gemis vul met 'n jubel!

Liefde in Christus :hug:

paidforinfull
Nov 9th 2008, 10:49 PM
Aai julle - dit is darem maar verskriklik om iemand wat so na aan mens is te verloor!

Baie baie :hug::hug::hug: vir julle almal.

Likkedilla
Nov 14th 2008, 11:19 AM
Hierdie is ons boetie se laaste paar dae:

DINSDAG 29 JANUARIE 2008

Rikus was in die hospitaal en het sy tweede beroerte vroeŽr die oggend gehad. Hy wou nie vir Denise daarmee ontstel nie, want dit was haar Ma se begrafnis. Ansie, Jan, Ma Noelie en ek was die aand met besoektyd by hom. Hy het die volgende vir ons vertel:

Nadat hy uit die koma gekom het moes hy laat plate neem van sy longe. ‘n Verpleegster het hom in ‘n rolstoel na die x-strale geneem en hom voor die deur alleen laat wag. Terwyl hy gewag het, het daar ‘n ander dame na hom gekom en gesÍ:
“Die Here het groot hande nť,”
waarop Rikus geantwoord het: “Ja”
“Hy het jou hard geslaan met daai groot Hande”
“Ja”
“Weet jy wat?”
“Nee”
“Hy gaan jou met daai groot Hande kom optel”
Rikus kon haar gladnie weer daarna opspoor nie, hy het geglo dit was ‘n engel.
Rikus het daardie aand vir ons gesÍ hy het toe gedink dat hy gaan gesond word, maar nou weet hy, die Here gaan hom kom optel na Hom toe.

Rikus het toe ook vir ons vertel dat hy in die begin van sy siekte vir die Here gevra het waarom hy. Waarom moes hy siek word? Die Here het hom toe tot sy verbasing geantwoord en gesÍ: “Rikus, noem vir my enige iemand se naam wie jy dink dit eerder moes kry, Ek sal dit wegneem van jou en vir daardie een gee.”
Rikus sÍ hy het baie lank daaroor gedink en hy kon dit nie eers vir sy grootste vyand toewens nie. Daarom het hy toe vir God terug geantwoord en gesÍ hy sal dit maar liewers self dra.




VRYDAG 1 FEBRUARIE 2008

Ma Noelie het Vrydag oggend by Rikus gaan kuier soos sy in al die dae van sy hospitalisasie maar gedoen het. Vir nog ‘n keer moes sy die verkeer trotseer. (Dankie Ma)
Toe sy by Rikus kom het hy vir haar gesÍ sy moet gou vir hom uit die Bybel lees want Denise gaan vandag te laat wees. Die volgende gedeelte was Rikus se afskeidsbrief aan ons. Daardie middag het hy die groot beroerte gehad en ongeveer agtuur die aand in sy diep koma gegaan. Hy het nie weer wakker geword nie, en het op 5 Februarie 2008 by Pa Barry aangesluit.

Jesus gryp jou vas
Filipense 3:12 – 16
12. Ek wil nie voorgee dat ek geestelik al alles het of al geestelik by die wenpaal verby is nie. Ek span nou eers alles in my in om daardie doel te bereik, juis omdat Jesus sy hand na my uitgesteek en my vasgegryp het. 13. Broers en susters, moenie my verkeerd verstaan nie. Ek wil nie maak asof ek die een is wat volmaak is nie, Alles behalwe dit, maar ek gee alles om so te probeer wees. Daarom steur ek my nie meer aan my verlede en al die dinge wat toe skeef geloop het nie. 14. Soos ‘n atleet wat sy oŽ net op die wenpaal hou, so span ek alles in my in: ek wil die prys aan die einde kry. God self sal die prys uitdeel en my dan na Hom toe roep omdat ek aan Jesus behoort.
15. So behoort volwasse Christene oor dinge te dink. As party van julle op sekere punte van my verskil, laat God vir julle wys wat julle regtig moet dink. 16. Hoe ook al, laat ons nie nou die verkeerde pad vat nie. Laat ons op die regte pad bly.

Sonia Smit
Nov 17th 2008, 12:48 PM
Dis vreeslik om iemand baie kosbaar aan jou te verloor, :hug: vir julle.

Ek het my seuntjie in 2002 aan die dood afgestaan. Ek en my man was pas getroud toe ek uitgevind het ek is swanger (2001).

Op 13 weke moes ek gaan vir 'n amniosintese want ek het nie genoeg vrug water gehad nie (ek was by Prof. Jeffrey by Kalafong hospitaal gewees). Die dokters het toe agtergekom dat daar fout is met sy niertjies. Hulle wou die swangerskap termineer, maar ek en my man het teen dit geskop en besluit ons gaan die kleinding hou.

So gaan ek 'n vreeslike moeilike tyd deur. Hoe groter die baba word, hoe sieker word ek. Ek was gereeld opgeneem in die hospitaal omdat ek baie vinnig infeksies, ensovoorts gekry het. Op 7 maande kon my liggaam dit nie meer hou nie. Ek het die vreeslikste pyne onder my ribbekas en in my rug gekry, ek het natuurlik gedink dit was my longe want ek was op daai stadium siek. Ek word toe weer opgeneem en op 7 maande 3 weke word 'n nood keiser gedoen omdat ek nier en lewer versaking gehad het.

Janco was dadelik in 'n broeikas geplaas omdat hy baie te vroeg gebore was. Net na sy geboorte is toetse op hom gedoen om 'n diagnose van sy toestand te kry en was hy gediagnoseer met Polikisteuse niere. 'n Baie seldsame siekte. Janco was van Kalafong oorgeplaas na Pretoria Akademies. Hy het op 'n stadium baie siek geword en het long onsteking gekry. Hy is op 2 maande 6 dae oorlede - hy het opgehou asemhaal. Die nadoodse ondersoek het gewys dat hy oral siste in sy klein lyfie gehad het en dat sy niere so erg vergroot was (dit was byna die grootte van 'n 7 jarige kind sin).

Ek onthou nie veel van die begrafnis nie want ek het in duie gestort, maar ek ervaar partykeer nog die pyn en verlange. Die sielkundige wat ek moes gaan sien het, het vir my gesÍ dat ek eintlik baie gelukkig was dat ek hom nie by die huis gehad het nie want dit sou dit net veel erger gemaak het. Ek was wel op anti-deprisante gewees en dit het op dae my "sain" gehou, veral die dag toe ek moes teruggaan werk toe.

Nou nog sit ek en dink, ek wonder hoe sou hy gewees het? Ek weet hy en Tiaan sou baie na mekaar gelyk het! Ek mis hom al was hy net myne vir 2 maande en 6 dae, waar hy ook eintlik nie myne was nie!

Vandag is ek geseŽn met 2 lieflike kinders wat gesond is! Alhoewel ek elke keer moes gaan vir toetse en ek 3 miskrame moes deurmaak, het die Here ons geseŽ uit ons skoene uit!

Lanie
Nov 17th 2008, 01:39 PM
Sjoe Sonia, ek het nie woorde nie...

Ek is so jammer vir die seer wat julle moes deurgaan. As mamma kan ek myself amper nie 'n groter seer voorstel nie, en mens kan met soveel vrae sit. Die gewone trosies soos, alles gebeur met 'n doel, help ook nie veel nie. Dankie dat jy dit met ons gedeel het. Dis ook wonderlik om te sien hoe ons liefdevolle Vader ons kan genees van seer in ons lewe, want soos ek jou leer ken het, met jou sonnige persoonlikheid sou ek nooit eers kon dink daar sit soveel seer in jou verlede nie. Jy doen jou naam gestand!!!!

Sonia Smit
Nov 17th 2008, 01:52 PM
Baie dankie Lanie :hug:. Dit beteken regtig baie vir my.
Ek was regtig verlig die dag toe ek vir Tiaan en Sharonize in my my arms kon vashou en die besef dat ek kinders in die lewe gebring het, nadat daar vir my gesÍ is ek sal nie kinders kan hÍ na Janco nie, was vir ons awesome gewees. Shame ek kan nog onthou hoe Christiaan gehuil het - Janco se dood het hom regtig baie hard getref, maar hy is 'n tipe mens hy wys nie sommer sy gevoelens regtig nie, en hy het sy hart uitgehuil met beide ons kinders se geboorte.

Ek sÍ net dankie vir julle almal hier! Dis wonderlik om te sien dat ons mekaar deur die goeie en slegte kan dra en dat ons so 'n hegte familie is!

Ta-An
Nov 17th 2008, 02:51 PM
Psalm 91 :1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

2 Ek sal tot die HERE sÍ: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.

3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voŽlvanger, van die verderflike pes.

4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.

5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand- na jou sal dit nie aankom nie.

8 Net met jou oŽ sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.

9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.

10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;

11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weŽ.

12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.

13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.

14 Omdat hy My liefhet, sÍ God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.

16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.



:pray: :pray: :hug: :hug: :hug: :pray: :pray:

Kruip in onder Sy vlerke, en laat Sy hande jou vashou!!