PDA

View Full Version : 'n e-pos wat die rondte doen,,, wat is jou opinie??



Ta-An
Nov 5th 2008, 06:51 PM
Lees die getuienis :)
Moet jou net eers vertel! VroeŽr vanoggand het 'n vriend van Coenie by die Excell garage se quick shop ingehardloop om koeldrank te koop. Hy sien toe 'n vrou in spierwit klere en maak 'n grappie met haar met haar en vra "wanneer is die troue ..." Sy antwoord hom:" die bruilof is vinniger as wat jy besef, as jy jou oŽ knip is dit tyd. Ek sien jy is 'n man van God en die Heilige Gees is baie by jou, want jy en jou vrou bid baie." Sy gee hom toe 2 bybel versies Ė Openbaring 19:7-9 en Matteus 25, om te lees. Toe is sy weg. Hy vra vir 'n man daar naby of hy gesien het waarheen die vrou is met wie hy nou net gepraat het, en die antwoord toe dat hy niemand gesien het nie!

Openbaring 19:7-9

"Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee,

Want die bruilof van die Lam het aangebreek,

En sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.

God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.

Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.

Toe sÍ die engel vir my:" skryf op: GeseŽnd is hulle wat na die

Bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is."

Verder sÍ hy vir my:"Dit is die woorde van God, en hulle is waar.""

Matteus 25 is die gelykenis van die 10 maagde met die olielampies!

Wat hy agterna onthou wat sy vir hom gesÍ het is dat kan ons nie sien die dae het baie korter geword nie, God het die tyd verander sodat Sy koms vinniger kan kom, want Sy mense kry baie swaar. Ons moet kyk na die Morester, sy posisie het geskuif! Die blou lug wat jy nou sien sal jy een van die dae nie meer sien nie.

Ek kry hoendervleis op hoendervleis. Hoop dit stig jou soos vir my!!!

++++++++++++++++++++++++++++

Net nadat ek dit uitgestuur het kry ek hierdie getuienis al die pad van Somerset Wes af:

Danie, ek het nie net hoendervleis geword nie. Ek het koud geword....ek het dieselfde ondervinding gehad. Maar ek het gedink ek het gedroom. Dit was op die 29ste Oktober om 19:30. Ek het op die stoep buite in 'n ou riempie stoel neergesink omdat ek so moeg was. Gewag dat my hond klaar eet. Ek sit gewoonlik by hom om te eet. Toe dag ek ek het aan die slaap geraak. Want ek sien 'n vrou in wit geklee daar staan. Sy is mooi. Ek hou van haar. Toe gee sy vir my 'n bybelvers Openbaring.19: 7-9. Sy het gesÍ ek moet my nie meer bekommer oor die dinge van die wÍreld nie, die tyd is naby God sien al die dinge raak. Maar ek moenie ophou bid nie. Dit was asof ek vir 'n oomblik nie in daardie stoel was nie. Asof ek van iewers anders af kom. Toe dag ek: kyk ek is so moeg ek beter gaan bad en slaap. Hier sit ek en droom op die stoep in 'n stoel. Ek het niks daarvan gemaak nie. Want ek tree die 7de November in die huwelik en ek dag my onderbewussyn hardloop rond met die huwelik op hande. Nou lees ek hierdie getuienis. Kan dit wees dat ek dieselfde engel gesien het? Danie ek het al voorheen drome gehad van dinge wat gaan gebeur. Ek het byvoorbeeld gedroom van my oudste sussie 'n week voor haar dood, dat sy saam met my kerk toe stap en vir my sÍ van nou af sal ek alleen kerk toe gaan. Ek het gedroom van die swartes wat vir die leeus gevoer was drie dae voordat dit gebeur het. Ag en menige dinge. Danie dis wonderlike nuus is dit nie!!!! Ek huil sommer want ek weet die morester sit nie meer waar dit was nie. Ek het in September agtergekom en gereken dis omdat die seisoen verander en die son skuif en die maan skuif die ooreenkomstig. Maar more oggend gaan ek spesiaal kyk... O God is goed. Ek voel verheug om hierdie tyding te hoor. Nou verstaan ek ook hoekom dinge so vinnig in plek val in my lewe. hoekom ek huil vir die geringste ding. Ek is broos voor God en baie keer skaam omdat ons nie die wese van God ervaar nie. Ons lewe asof ons geregtig is op nog 'n dag. Asof ons die lewe in pag het. Besef ons nie .. weet ons nie dat die eindtyd daar is nie. Mag God aan meer mense hierdie tyding openbaar. Mag ons die harde werklikheid van God se almag ervaar. Vader weet ek bid sommer nou op die plek dat God Sy hand oor ons moet hou sodat ons gereed sal wees.

Dat twee mense duisend kilometers uit mekaar soortgelyke ervaring het is "awesome". Ongeag of jy dit vat of nie. Mag die Here se genade en vrede met jou wees en mag JY gereed wees wanneer Hy ons kom haal.



Die tyd is min en die tyd is nou. MŰre behoort nie aan ons nie. Vandag behoort nie eers aan ons nie. Al wat ons het is nou. Maak die beste daarvan en kom in lyn met God se Wil en plan vir jou lewe. Lewe voluit vir Hom!!! Twee van my vriende het in 'n oogwink geliefdes aan die dood afgestaan. Laat ons dan gereed wees, wanneer Jesus ons kom haal.

Willem
Nov 5th 2008, 07:24 PM
Dit maak my opgewonde, maar ook bang en hartseer.

Opgewonde omdat ek by Hom altyd wil wees en nie meer so sukkel om te weet en worstel wil he nie, maar bang vir dit wat moet kom voor die tyd as mens openbaring letterlik vat.

Dan hartseer en skaam en skuldig oor mens elke dag kanse kry om vir mense te bid of met hulle te praat en te min doen....

MAAR of dit waar is of nie, nie een van ons weet hoeveel tyd ek het nie en ons weet ook nie wanneer Hy weer kom nie, so ek moet lewe asof dit more gaan gebeur en aangaan met my dagtake en suiwer op Hom vertou. Ek kan niks doen op my eie nie en genadiglik hang dit nie van my werke af of ek gered is of nie. Dis net onverdiende genade

paidforinfull
Nov 5th 2008, 10:21 PM
Ek weet nie of dit waar is of nie, of van die Here af is of nie, maar dit kan moontlik waar wees.

Al wat ek voel is dat ons aan die begin van die eindtye staan.

Die Filadelfieer
Nov 6th 2008, 05:45 AM
Verstaan iemand wat die verwysing na die morester beteken ?

Ta-An
Nov 6th 2008, 06:53 AM
Verstaan iemand wat die verwysing na die morester beteken ?
Dit wat die Bybel sÍ oor die MŰrester : 2 Petrus 1:19 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=61&CHAP=1&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=19) En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die mŰresteropgaan in julle harte;

Openb 2:28 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=66&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=28) En Ek sal hom die mŰrester gee.

Openb 22:16 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=66&CHAP=22&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=16) Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink mŰrester.

Die Filadelfieer
Nov 6th 2008, 06:58 AM
Dankie An, ek verstaan egter nog steeds nie wat die veranderde posisie van die morester hiermee uit te waai het nie. Die persoon skryf :


Ek huil sommer want ek weet die morester sit nie meer waar dit was nie. Ek het in September agtergekom en gereken dis omdat die seisoen verander en die son skuif en die maan skuif die ooreenkomstig. Maar more oggend gaan ek spesiaal kyk...

Wat beteken dit ?

Antonvs
Nov 6th 2008, 07:19 AM
Mense, moet ons weer deur hierdie tipe van ding gaan - die saak van buite-Bybelse openbaringe.

Ek verstaan nie, waarom ouens wat s.g. visione gehad het altyd so "kripties" moet wees nie - die Bybel is geensins kripties oor openbaringe en visione nie.

Dis ook opmerklik dat nog nooit in die Bybel daar van "vroulike" engele gepraat is nie maar altyd slegs van "manne" gepraat is.

Nogal snaaks, ek is jammer - ek het groot twyfel in die waarde van hierdie profesiŽ behalwe vir die teks verse self - natuurlik in konteks van die Bybel.

Son of the South
Nov 6th 2008, 08:11 AM
Mense, moet ons weer deur hierdie tipe van ding gaan - die saak van buite-Bybelse openbaringe.

Ek verstaan nie, waarom ouens wat s.g. visione gehad het altyd so "kripties" moet wees nie - die Bybel is geensins kripties oor openbaringe en visione nie.

Dis ook opmerklik dat nog nooit in die Bybel daar van "vroulike" engele gepraat is nie maar altyd slegs van "manne" gepraat is.

Nogal snaaks, ek is jammer - ek het groot twyfel in die waarde van hierdie profesiŽ behalwe vir die teks verse self - natuurlik in konteks van die Bybel. Ek kan nie anders as om saam te stem nie Antonvs

As ons dan vir 'n oomblik van die standpunt mag uitgaan dat hierdie NIE 'n boodskap van God is nie, wat is dan die misleiding?

My teorie is dat die angel dalk sit in die dae wat al vinniger verbygaan hoe nader ons aan Sy wederkoms is. As ons kyk na:

En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

(Mat 25:5)
Dankie e-Sword!
En ook kyk na:

Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sÍ: My heer talm om te komó en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van diť dienskneg kom op Ďn dag dat hy dit nie verwag nie en op Ďn uur dat hy dit nie weet nie;
(Mat 24:48-50)
Dan wil dit vir my eerder lyk asof die gewag vir party te lank raak. Ja, ons verwag die wederkoms en sien baie uit daarna. Maar ons gaan nie so opgesweep raak dat ons sommer die eerste beste een wat kom en sÍ hy is die christus sal aanvaar nie. Ons sal ook nie ontmoedig word as ons nog so bietjie moet wag nie, nee ons sal aanhou en uithou:

Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mat 24:13)

Ta-An
Nov 6th 2008, 08:17 AM
Dis ook opmerklik dat nog nooit in die Bybel daar van "vroulike" engele gepraat is nie maar altyd slegs van "manne" gepraat is.

Anton, het jy al gehoor van wanneer, net voor mense die dood binnegaan, wat hulle sÍ, wie hulle sien hulle kom haal????

My Ma het Bv. haar oorlede skoon-ma , in witklere gesien, in 'n vision, toe my Oupa oorlede is, "om hom te kom haal"

mari
Nov 6th 2008, 09:05 AM
Dis ook opmerklik dat nog nooit in die Bybel daar van "vroulike" engele gepraat is nie maar altyd slegs van "manne" gepraat is.

.....

anton......... ek mag verkeerd wees, maar word engele in die Bybel nie as onsydig beskryf nie - hulle trou ens tog nie, so waarom manlik / vroulik....

daar word wel na van die engele as "die seuns van God" verwys, maar ons mensekinders wat glo in Jesus se versoening, is almal die "bruid" van Christus.....:hmm: ......

Antonvs
Nov 6th 2008, 04:05 PM
Engele word altyd as manlik verwys - maar nooit as vroulik nie - so mense waaraan Engele verskyn is het altyd die indruk gekry dat hulle manlik is, nooit vroulik, nooit geslagsloos maar manlike eienskappe vertoon het.

Tweedens, Engele is nie die bruid van Christus nie - slegs die kerk is.

Hierdie ding van vroulike Engele lyk vir my meer iets uit die mistiese-katolieke of okkulte of selfs net feminisme te wees.

Mense, onthou die eindtyd of eerder die wederkoms is "voorspelbaar," maar slegs na die "wegraping" i.e. +_ 7 jaar na die wegraping.

Waarneer is die wegraping - - - dis soos 'n dief in die nag - - - onvoorspelbaar.

Geen waarskuwings sal gegee word oor die wegraping nie - - - die wederkoms ja - - maar slegs na die wegraping sal selfs engele mense kom waarsku - - - maar weereens slegs na die wegraping i.e. in die groot verdrukking

paidforinfull
Nov 6th 2008, 04:25 PM
Engele word altyd as manlik verwys - maar nooit as vroulik nie - so mense waaraan Engele verskyn is het altyd die indruk gekry dat hulle manlik is, nooit vroulik, nooit geslagsloos maar manlike eienskappe vertoon het.

Tweedens, Engele is nie die bruid van Christus nie - slegs die kerk is.

Hierdie ding van vroulike Engele lyk vir my meer iets uit die mistiese-katolieke of okkulte of selfs net feminisme te wees.

Mense, onthou die eindtyd of eerder die wederkoms is "voorspelbaar," maar slegs na die "wegraping" i.e. +_ 7 jaar na die wegraping.

Waarneer is die wegraping - - - dis soos 'n dief in die nag - - - onvoorspelbaar.

Geen waarskuwings sal gegee word oor die wegraping nie - - - die wederkoms ja - - maar slegs na die wegraping sal selfs engele mense kom waarsku - - - maar weereens slegs na die wegraping i.e. in die groot verdrukking

Ja, Antonvs - dit is waar. Engele word as manlik in die Bybel beskryf. (Die feit dat hulle nie trou nie beteken nie hulle is geslagloos nie).

Ek het 'n vraag - dink julle dis moontlik 'n visie wat die persoon gesien het om ons te waarsku dat die einde nou naby is (nie die wegraping nie). Die Here het al vir my ook visies en drome oor hierdie onderwerp gegee.

mari
Nov 8th 2008, 10:52 AM
Engele is nie die bruid van Christus nie - slegs die kerk is.

Anton , lees net my sin ;) .... ons mense wat glo, mans en vroue saam, is die bruid van Christus......:pp



Hierdie ding van vroulike Engele lyk vir my meer iets uit die mistiese-katolieke of okkulte of selfs net feminisme te wees.

maak dit regtig enigsins saak ???

.... ons aanbid nie engele nie, maar vertrou ons Vader vir beskerming, voorsiening, leiding, ens....
die engele word deur Hom rondgestuur om sy boodskap uit te dra, om ons te beskerm ens.......
baie van ons ontmoet engele wat ons nooit eers erken as hierde godgestuurde weses nie, al wat ons gewaarword is God se ingryping in 'n gevaar situasie, God se voorsieningheid in nood, ens.....

....... dit gaan nie om die engele nie, dat gaan om hulle Meester.....

m

Ta-An
Nov 8th 2008, 11:17 AM
....... dit gaan nie om die engele nie, dat gaan om hulle Meester.....

mAmen :pray: .

Smuggler
Nov 8th 2008, 12:52 PM
Ag nee wat mense . . .

Hierdie is maar net nog 'n stukie emosionele "hype" wat lekker in kerke gebruik kan word om mense se goedvoel ervaring van Christenwees te voed.

Hierdie val vir my in die selfde klas as "David van Jerusalem" se profetiese gemorskos "uitbraakings" wat hy so mildelik uitdeel aan Suid-Afrikaners wat Jerusalem besoek (oa. Elize Botha wat volgens David 'n "mamma van Suid Afrika" is).:thumbsdn:

Dit strook nie met God se handelinge en met sy Woord nie . . .

Vrede-groete

MercyChild
Nov 8th 2008, 10:39 PM
Hierdie is nogal Sceary stuff. Ek het toe ook my huiswerk gaan doen aangaande engele, en ja iemand het genoem dit word net manlik aangewys en is reg.

Ek weet nie aldag wat om te glo nie, en oefen nog hard om God se stem te hoor, so verder het ek geen ander kommentaar nie, mits ek iets in die Bybel kan lees waarmee ek dit kan vergelyk, wat ek ongelukkig nog nie opgespoor het nie. Ek soek nog.:hmm:

Antonvs
Nov 10th 2008, 02:40 AM
Jy's reg - dit gaan oor die Meester -

Die tyd waarneer die Meester Sy bruid kom haal is so 'n geheimsinnige saak ek wil nie een spekuleer daaroor nie - geen Engel weet dit eens nie.

Die Wederkoms van die Meester - is 7 jaar na die Wegraping en ja die Bybel praat dat selfs Engele die evangelie / wederkoms gaan proklameer.

Natuurlik om weer terug te kom na ons onderwerp - Die profesie kan dalk waar wees - maar dan beteken dit die Wegraping het reeds geskied en dat ons nou in die "groot verdrukking" is.

Gene
Nov 10th 2008, 07:25 AM
...... Die profesie kan dalk waar wees - maar dan beteken dit die Wegraping het reeds geskied en dat ons nou in die "groot verdrukking" is.

OF natuurlik dat daar glad nie 'n wegraping gaan plaasvind nie.........!!??:hmm: (Toemaar, ek weet.....)

RR van Wyk
Nov 10th 2008, 08:21 AM
Sal 'n mens werklik dit waag om 'n onwaar storie op te maak? Ek stem saam met baie van julle argumente teen hierdie saak.
Dit is net vir my kommerwekkend dat ware Godvresende Christenmense hul lewe en ewigheid in gevaar sal stel om leuens te versprei.

As die storie egter waar sou wees, dat 'n vrou aan die man verskyn het, maak dit nie meer sin dat dit 'n vrou is? 'n manlike figuur in 'n wit rok wat soos 'n bruid lyk gaan taamlik snaaks lyk.

'n mens kan egter nie als wat jy hoor te ernstig opneem, ek plaas dit maar iewers in my agterkop, as daar wel waarheid daarin is sal dit eendag bevestig word.

mari
Nov 10th 2008, 01:35 PM
In die tyd van Jesus se lewe op Aarde, was die skrifgeleerdes en fariseers - die wat die Ou Testamentiese profesiee oor die komende messias, die beste geken het, voor in die koor met Sy kruisiging........ die profisiee het eers jare later, na die verwaarording daarvan, duidelik geword vir die wat die Skrif Geesgelei in geloof bestudeer en geleef het......


Met Openbaring loop ons dalk dieselfde paadjie - die teoloe en Bybelwetenskaplikkes het almal hulle eie opinies en interpretasies en sieninge van die laaste boek in ons Nuwe Testament ...... maar op die ou end gaan dit weereens Jesus Christus self wees wat Openbaring openbaar.........:pp

groete
m

Antonvs
Nov 12th 2008, 08:05 AM
Linda jy kan God se stem hoor deur die Bybel te lees.

Dit is hoe God praat vandag - slegs deur Sy woord.

Deur slegs na Sy woord te luister soos in die Bybel is die enigste "veilige" manier om God se stem te hoor.

D.w.s. dit was jy lees is dit wat jy moet hoor

Sterkte,

MercyChild
Nov 12th 2008, 12:26 PM
Dankie Anton

Dit maak soveel sin vir my!:idea:

Roelof
Nov 13th 2008, 03:30 AM
ACCM

Dankie vir hierdie wonderlike getuienisse, ek glo dat dit 'n Engel van God was wat met hulle gepraat het. Die wat skeptiesis is, nou ja, dis baie jammer

Ekself het so drie weke gelede 'n Goddelike ervaring gehad. Tydens 'n pragtige, Geesvervulde erediens het die Here baie duidelik vir my vertel dat ek moet aanhou skryf op Bibleforums (Engels en Afrikaans) oor die Laaste Dae totdat Hy kom !!

Ek is baie sensitief vir die Heilige Gees en terwyl ek nou skryf, ervaar ek Hom in dieselfde mate as tydens daardie erediens.

Ek glo en my navorsing ondersteun dit, dat die Here se Wederkoms naby is. Ons moet voluit werk om siele vir Christus te wen, Satan probeer sy bes dat siele in hierdie Laaste Dae verlore gaan !!!

lukeskywalker
Jun 15th 2009, 06:59 AM
Wel, elke dag is ons een dag nader!

Mens moet seker oppas vir misleiding, en ek skat die Anti-Chris sal kom VOOR die wederkoms van ons HERE, so dalk kan hierdie 'n soort van 'n voorbereiding vir die nagebootste wederkoms wees. Wees maar net waaksaam!

Ek glo nie daar is iets soos 'n wegraping nie, want dit impliseer 'n weggesteekte 2 de wederkoms en dan 'n 3de wederkoms aan die einde van die groot verdrukking.