PDA

View Full Version : G_d se Feesdae



hoffie
Nov 6th 2008, 12:19 PM
Hallo
Ek is splinternuut hier en weet nie mooi hoe alles werk nie ;)

Net gewonder of enigeen belang sou stel in modules/kortkursus oor al die Feesdae van G_d ?

David2
Nov 6th 2008, 01:29 PM
Hoffie
Ek is nie so seker wat jy bedoel met die feesdae van God nie. In die NT is daar nie so iets soos dit nie en in die OT (Lev. 23) was dit die feeste van Israel. Sal graag wil hoor hoe jy dit verstaan.

Die Filadelfieer
Nov 6th 2008, 01:49 PM
Hallo Hoffie,
Ek stem saam met David, alhoewel die profetiese aard van die feeste natuurlik 'n baie interesante gesprek kan wees. Is dit wat jy graag oor wil gesels ?

hoffie
Nov 6th 2008, 02:26 PM
Hallo manne,
jammer ek nou eers "reply", ek sit hier by die huis en so af en toe dan hardloop ek na rekenaar! Doen anner werkies tussen in.
Ja dis 'n heel interesante "topic" die?
Heel eerste moet jul nie vir my kwaad word , want sien ek is nie meer 'n Christen nie.
Tweedens sal ek moet vra wat beteken dit as ek se dat ek gaan NET vir my koffie maak maar nie vir julle nie? Of wat dit beteken as ek sou se dat ek NET gaan koffie maak?
Hierdie is 'n uiters belangrike vraag, sonder 'n antwoord sal ek julle nie kan wys wat die belangrikheid is van G_d se feesdae nie.

David2
Nov 6th 2008, 02:35 PM
Hoffie
Nee, jong, ek hou nie daarvan om in raaisels te praat nie. SÍ maar wat jy oor die feeste te sÍ het en waarom jy nie 'n Christen is nie, dan kan ons gesels.

Ta-An
Nov 6th 2008, 04:41 PM
Hoe kan die hou van G_d se Fees-dae jou nie meer 'n Christen maak nie?? :hmm:

Antonvs
Nov 7th 2008, 11:56 PM
Die OT Feesdae het tot vervulling gekom met Jesus se koms,

maar daar is nog feesdae wat Hy gaan vervul.

Dis 'n baie interessante studie b.v.

Paasfees - vervul deur Jesus se Offer aan die Kruis


Loof Hutte Fees (Pentecost) vervul in Handl. 1-2


maar nou ja hier is 'n webwerf wat dit verduidelik http://endtimepilgrim.org/unleavened.htm

maar hierdie is nou baie interessante onderwerp gaan kyk gerus hier dit is nogal indrukwekkend
http://endtimepilgrim.org/feastslord.htm



Hierdie webwerf is baie goed (en veilig) http://www.chosenpeople.com/main/article/the_meaning_of_passover.html

Ta-An
Nov 8th 2008, 10:02 AM
Die OT Feesdae het tot vervulling gekom met Jesus se koms, Sommige feesdae is in Christus vervul


maar daar is nog feesdae wat Hy gaan vervul. :ppJa, inderdaad


Dis 'n baie interessante studie b.v.

Paasfees - vervul deur Jesus se Offer aan die Kruis Dit is reg,,, Dit is Passover



Loof Hutte Fees (Pentecost) vervul in Handl. 1-2 Loof Hutte Fees, is Fees van Tabernacles (Sukkot).... slegs gedeeltelik vervul....
Pentecost (Shavuot) is 50 dae na PaasFees (Pesach)..... en Loof Hutte Fees is in +- September....

So: Eerste is PaasFees / Pasga (Pesach) Passover...... vervul aan die kruis
Dan 50 dae daarna is Pinkster Fees (Shavuot) Pentecost.... Die Here bly by ons deur die uitstorting van Sy Heilige Gees...
Loofhutte Fees.... wanneer Hy weer kom sal dit vervul word, saam met Trompette en Fees van Versoening.....wanneer Hy self weer onder ons sal kom woon.
Gaan lees mooi self na die webtuistes wat jy kwoteer, hulle spel dit mooi uit veral die een : http://endtimepilgrim.org/feastslord.htm

Smuggler
Nov 8th 2008, 12:41 PM
Hallo Hoffie

Ek bespeur "Kaballa" se redenasie metodes in jou plasings. . .

Is jy besig met 'n studie hierin ?

Ek wil ook graag weet hoe die "Christene" dit reggekry het om jou "te oortuig" om nie meer 'n christen te wees nie :hmm:

groete

Phil Fourie
Nov 9th 2008, 11:25 AM
Ek sluit nou die draad mense, die gesprek is nie meer relevant hier op die ope bord nie ;)

Groete
Phil