PDA

View Full Version : "Gay" Huwelike die Hok geslaan in Kalifornie



Antonvs
Nov 6th 2008, 03:59 PM
Gay huwelike is die doodskoot gegee in Kalifornie (VSA). Na die uitkoms van die stembusse is daar met 'n 52 % meerderheid ten gunste beslis van wat genoem word Proposition 8 waarin daar nie "huwelik" status aan gay egpare gegee.

Om 'n 52% meederheid in 'n staat wat bekend is vir sy liberalisme ' gay aktivisme / gay regte is dit beslis 'n aanduiding dat:

a) Gays / gay aktiviste 'n baie klein minderheid is en dus nie die samelewing verteenwoordig

b) Gay huwelike / gay regte NIE goedgekeur word deur die groter samelewing nie.


Implikasies

a) Gay huwelike 'n oksimoron is - die term huwelik is beskrywend van 'n kontrak tussen 'n man en 'n vrou

b) Gay kontrakte (saamwoning) sal iets anders nou genoem moet word soos - "co-habitation" of "symbiotic existence" maar nie "huwelike" nie.

Slotsom
Viva - ware demokrasie . . . ware vryheid . . . want mense se stemme word gehoor
Viva - ware demokrasie . . . die mense het gestem . . . die mense is gehoor . . . en demokrasie het geseevier.

Gene
Nov 7th 2008, 08:23 AM
Weet jy, ek verstaan nie die bohaai nie. Ja dis goeie nuus dat die meerderheid mense teen gay huwelike gestem het en dat daar na hulle geluister is. Maar aan die einde van die dag het niks verander nie. Dieselfde geld ook die situasie in SA. Mense baklei en stry oor 'n woord, maar in wese beteken dit uiteindelik niks.

Gay verhoudings is sonde!! Einde van die saak. Maar dit word nie so deur die groter samelewing gesien nie. Die sogenaamde "regte van gays" word beskerm, en dit is waar die probleem le. Nou baklei mense oor die woord "huwelik" en daar word gesoek na 'n ander woord, omdat "huwelik" kwansuis slegs dui op 'n verbintenis tussen man en vrou. Maar verbintenisse, of kontrakte tussen gay pare word nie aangespreek nie, slegs die benaming van daardie verbintenis. "So what" as mens dit 'n "huwelik" noem? Dit is onbybels, maar dit word nie meer bybels as dit 'n ander naam kry nie. Sonde is sonde! Dis so eenvoudig soos dit!

Of redeneer ek verkeerd?

Die Filadelfieer
Nov 7th 2008, 08:44 AM
Ek is heel verbaas oor hierdie besluit, veral in KaliforniŽ wat blyk deur Hollywood en haar mense regeer te word, maar ek stem heeltemal saam met Gene dat dit 'n nikseggende gebaar is van 'n samelewing wat se morele basis in elkgeval korup is. Verstaan ek reg dat hulle "nee" stem vir homoseks-huwelike, maar "ja" vir aborsies ?

Antonvs
Nov 7th 2008, 11:46 PM
Ons moet onthou dat iets soos Gay Huwelike aandui op die verval van die samelewing - samelewing is oor die afgrond sodra dit goedkeuring gee aan homoseksualiteit,

So, ek verskil - sonde is nie "sonde" nie -daar is graad van sonde sien Romeine 1.

Sal die nuwe wet verandering bring in die hart - nee!

Aborsie - nee, aborsie is al jare lank goedgekeur. Die wetgewing waarvoor nou gestem is is dat "minderjariges nou aborsies kan kry sonder ouer / voog se toestemming."

Son of the South
Nov 8th 2008, 06:15 AM
Ons moet onthou dat iets soos Gay Huwelike aandui op die verval van die samelewing - samelewing is oor die afgrond sodra dit goedkeuring gee aan homoseksualiteit,

So, ek verskil - sonde is nie "sonde" nie -daar is graad van sonde sien Romeine 1.

Sal die nuwe wet verandering bring in die hart - nee!

Aborsie - nee, aborsie is al jare lank goedgekeur. Die wetgewing waarvoor nou gestem is is dat "minderjariges nou aborsies kan kry sonder ouer / voog se toestemming."Ek het op 'n keer 'n baie interessante preek gehoor oor Romeine 1 wat handel oor die toorn van God. Die preek en studie gids kan hier (http://www.pmchurch.tv/transaction_detail.php?id=5) afgelaai word, ongelukkig in Brits. Antonvs sÍ tereg dat iets soos gay huwelike 'n aanduiding is van die verval van die samelewing.

Lees eers die hele Romeine 1.

Kyk nou onder meer hierna:

Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

(Rom 1:24-25)
Dankie e-Sword!
So, God is nie kwaad vir hulle omdat hulle gay is nie, hulle is gay omdat God vir die samelewing kwaad is! :o Dit is 'n manifestasie van God se toorn!

Maar, lees nou ook die volgende gedeelte:

En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die GalilťŽrs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het. En Jesus antwoord en sÍ vir hulle: Dink julle dat hierdie GalilťŽrs groter sondaars was as al die GalilťŽrs, omdat hulle sulke dinge gely het? Nee, sÍ Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Of daardie agttien op wie die toring van Silůam geval en hulle gedood hetódink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sÍ Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
(Luk 13:1-6)
So, die feit dat gays so prominent in ons samelewing is, beteken nie dat ons na hulle moet vingerwys en sÍ: "O sies!" nie. Nee, dit beteken dat ons as samelewing die waarskuwing van God moet sien daarin en die vinger na ons self moet wys. Waarmee is ons samelewing besig wat God so kwaad maak? Aborsie en???

Antonvs
Nov 10th 2008, 02:31 AM
Hoor hoor Son of the South

wat God kwaad maak?

Ek wonder wat dink God waarneer jy vir iemand die Woord probeer leer, en die waarheid bekend maak soos in die Skrif, dat as ons mense jou uitjou en sÍ "ek stel nie belang wat "jou" Bybel sÍ nie - my kerk is my kerk en my taal is my taal."