PDA

View Full Version : Bespreking Nou wat nou van Iran ?



Die Filadelfieer
Nov 7th 2008, 07:55 AM
Nou dat die Amerikaanse presedentsverkiesing verby is ( dankie tog ) , moet hierdie vraag seker weer gevra word : Wat van Iran ? Israel en die weste gaan nie 'n Iran wat 'n kernmoontheid is oorleef nie, maar wat gaan wie daaromtrent doen ? Israel is bekend as 'n "een bom" land, betekende dat dit net een kernbom gaan vat om die land basies te vernietig, en het reeds militÍre oefeninge begin doen met Iranese kernaanlegte as die enigste logiese teiken. Ek sien geen aanduiding in die internasionale pers dat hierdie onderwerp aandag kry nie, dit wil amper voorkom asof hierdie onderwerp heeltemal te syde geskuif is. Is dit 'n teken van manipulasie en polering van die nuus van die "powers that be" ?

Wat dink julle, wie gaan die volgende skuif maak ? Kan die nuwe president van Amerika bekostig om hierdie onderwerp te ignoreer tot volgende jaar toe ?

RR van Wyk
Nov 7th 2008, 08:28 AM
Ek sal maar 'n raaikans vat deur te sÍ dat as israel nog Iran wil aanvat, hulle dit heel moontlik gaan probeer doen voor die einde van hierdie jaar. Hulle weet dat met 'n Obama regering in Amerika, ondersteuning van daardie kant feitlik onmoontlik gaan wees.
As ek egter die bybel letterlik opneem, is dit totaal fataal vir enige land om Israel aan te vat, al is dit net 'n "een bom" land

protea
Nov 7th 2008, 09:11 AM
R R van Wyk ,
ek stem saam . Net soos in 1967 toe die Here teen alle menslike verwagtinge in vir Israel teen n oormag beskerm het go ek Hy gaan sy uitverkore volk en land weer beskerm teen nog n groter en meer fatale oormag. So n land moet werklik 2 keer dink om in hierdie eindtyd-dae vir Israel aan te vat.
Vriende van ons se seun is in die Britse weermag en die 4e Nov , op stemdag is hy vinnig opgeroep Afganistan toe en die volgende dag moes hy klim. Sy vrou en seuntjie kom nou tot vermoedelik in April 2009 SA toe . So dit klink na n langtermyn storie. Wat weet die Engelse en Amerikaners wat ons nie weet nie? En word die wereld werklik oor die intensiteit van die oorlog aldaar ingelug?:hmm: